n Laslappie van Mieliestronk

KREMETART OF BAOBAB:

Die onderstebo-boom

 

Kremetartbome in drie Afrika-lande en Madagaskar

  
FOTOVERSAMELING BO: Kremetartbome of baobabs van Madagaskar en drie Afrika-lande. Van heel links bo, soos die horlosiewysers loop, troon "onderstebo-bome" van Senegal, Tanzani, Suid-Afrika en Madagaskar
oor die onderskeie landskappe.

Fotokrediete in dieselfde volgorde: U.S. Geological Survey & USAID USAID
 
Kopiereg South African Tourism / Suid-Afrikaanse Toerisme
Madagascar National Parks and Reserves /  USGS

 

KYK na die bome rondom jou. Wat merk jy omtrent hul vorm? Die meeste, sal jy oplet, het n tipiese stokkielekker-fatsoen: n lang, smal stam met uitgespreide takke vol blare bo-op. Maar op plekke waar die groeitoestande moeilik is, byvoorbeeld weens periodieke droogtes, het party soorte bome n heeltemal ander vorm sodat hulle n beter kans kan h om te oorleef.

 

S is daar die beroemde baobabbome van Afrika, Australi en Madagaskar (plaaslik kremetartbome genoem) wat hul waterprobleem te bowe kom met een van die verbasendste soorte stamme van alle bome. Trouens, die boom se fatsoen is so eienaardig dat n Arabiese legende dit wil h dat ''die duiwel die baobab uitgepluk, sy takke in die aarde gedruk en sy wortels in die lug gelos het''.

 

Die stam is monsteragtig groot, met n deursnee heeltemal buite verhouding met sy hoogte. Met n rolronde vorm wat boontoe afdun soos n bottelnek, dien dit as n reuse-waterreservoir vir die dorre tye.

 

Daar is trouens al bereken dat party van die grootste bome byna duisend vate water kan bevat. Die water vir hierdie yslike reservoir kom van die wortels af, wat n enorme horisontale stelsel onder die grond vorm om elke druppel oppervlakvog op te raap.

 

Die takke van die baobab, wat bo-aan die stam uitsprei, lyk meer na wortels, wat dan ook die boom onderstebo laat lyk.

 

Verdeelde blare sit aan takkies aan die takke, en groot, wit blomme met hul meeldrade hang aan lang, touagtige stingels soos sprokieslanterns. Die blomme, wat snags oopgaan, ontwikkel tot houterige vrugte bedek met geelgroen, wollerige hare, wat n smaaklike, wit pulp omhul, waarin die sade l.

 

Blom en vrug van die kremetartLINKS: Blom en vrug van die kremetart.

  

Foto van blom: U.S. Geological Survey & USAID
Foto van vrug: Richard Nyberg,  USAID / Senegal

 

Bobbejane is baie lief vir die pulp, wat apebrood genoem word. Maar die kese is nie die enigste apebrood-genieters nie. Ook mense eet dit as versnapering of gebruik dit om kos te kruie, koeldrank te geur en melk te laat dik word. Boonop word die pulp, sade en blare soms aangewend om disenterie, koors en nierkwale te behandel. Die bas is ook al as plaasvervanger vir die geneesmiddel kinien gebruik.

 

Die boom het baie ander gebruike. Die vrugte en sade kan in seep en kunsmis gebruik word. Papier, verpakkingsmateriaal, doek en tou kan van die basvesels gemaak word.

 

Informele geselsies onder die kremetartboomREGS: Op verskillende plekke in Afrika is die kremetartboom hoeka n deel van die plaaslike inwoners se lewenswyse en kultuur. Op hierdie foto, wat in 1959 in die Ivoorkus geneem is, is mans van verskillende ouderdomme besig met informele gesprekke onder een s n boomreus.

 

Foto: U.S. Library of Congress

 

Hoewel die hout te sponsagtig is om as timmerhout te dien, word dit dikwels uitgehol om kanos, vlotte vir vissersnette en waterhouers te maak. Party mense beskou die boom as n gerieflike onderdak en hol hom van binne uit.

 

Op die koop toe is die baobab ook n ''Metusalem'' in die bomeryk. Met die radiokoolstofmetode is vasgestel dat baie bome ouer as duisend jaar is. Hy lyk maar so onderstebo, maar as dit by oorlewing kom, is die kremetart stewig in Moeder Aarde geplant.

 

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad