|
Kunstande: |
|
|
|
|
UNSGEBITTE raak ál skaarser namate die mens se tandhigiëne toeneem, maar daar is nog duisende Suid-Afrikaners wat met ’n mond vol tande sit wat nie uit hul kakebene gekom het nie maar uit die “tandewinkel”.
Die stryd van die mens om iets in die plek van sy verlore tande te plaas—ter wille van ’n beter voorkoms of om beter te kan kou—het reeds meer as 2 500 jaar gelede begin. Die Etruriërs van Toskane in Italië het al in 700 v.C. gedeeltelike kunsgebitte begin maak om sekere tande, maar nie almal nie, te vervang. Hulle het goud vir die basisse van die kunsgebitte gebruik en tande uit ander mensmonde bygevoeg. So nie is nuwe tande gemaak wat van beestande gekerf is. ’n Gewilde raat teen tandbederf was destyds ’n mondspoelmiddel wat gemaak is deur hondetande in wyn te kook. “Geen wonder,” skerts ’n tandarts, “dat hulle kunstande nodig gehad het nie!” In
die sestiende eeu het tandartse los tande met goud bedraad en kunstande
van seekoei- of walrus-ivoor vervaardig. Maar hoewel ivoor etlike
honderde jare lank gebruik is, was dit nooit ’n bevredigende
plaasvervanger nie. Soos een skrywer dit in 1850 gestel het: “Ivoor verleen aan die lug wat van die longe af terugkeer ’n onuitstaanbare afstootlike reuk, wat nie voorkom of reggestel kan word nie...” Miskien
was dit juis die soeke na iets beters as ivoor wat in die negentiende
eeu tot ’n grusame episode in die geskiedenis van die kunsgebit gelei
het. Gesneuweldes in die Slag by Waterloo is naamlik van hul tande
beroof om kunstande te kon maak. Voor 1900 het die draers van kunstande dit werklik bitter gehad. Die gebrek aan behoorlike vervaardigingsmateriaal of die onvermoë om kunsgebitte stewig op hul plek te laat bly, het—volgens een bron—selfs groot manne soos die Amerikaanse president George Washington buierig en opvlieënd gemaak.
BO: George Washington en sy kunstande. Met affêres soos hierdie in sy mond, verbaas dit ’n mens nie dat die ou Amerikaanse volksheld erg knorrig kon geraak het nie. Herrangskikking van Washington se kunstande van foto deur NIDCR / U.S. National Institutes of Health Engeland
se koning Elizabeth I, wat haar voortande verloor het, het glo in die
openbaar verskyn met ’n mond wat met fyn lap opgestop is. Haar kommer
dat haar gesig binnetoe ingesak het, onderstreep die feit dat vroeë
kunstande soms net om kosmetiese redes gedra is en nie om ’n mens te
help kou nie. Trouens, die draers sou maklik hul kunstande uithaal
voordat hulle by ’n tafel gaan aansit het om te eet. Maar
kunstande is darem ook in die poësie geprys. William Green, die
tandarts van koning George III, se produkte is met die volgende
gevleuelde woorde deur ’n digter opgehemel: Tog
was maar eers in die twintigste eeu dat die dra van kunstande rêrig
draaglik geword het. Ná die
Eerste Wêreldoorlog het verskeie soorte plastiek en kunshars hul
verskyning gemaak. Dit het nagemaakte tande so natuurlik laat lyk en so
gemaklik gemaak om te dra dat dit die einde van een van die mens se
oudste beproewings beteken het.
Vandag
speel kunstande boonop ’n belangrike rol in die oplossing van misdade
omdat dit feitlik vuurvas is en nie in suur opgelos kan word nie. Reeds
is 1849 is die lyk van ene dr. George Parkman slegs aan sy kunstande
uitgeken. En in 1949 het John Haigh, die "suurbadmoordenaar",
aan die pen gery omdat een van sy slagoffers, mev. Durand Deacon,
kunstande gehad het. |
|