|
Flambojante
Toonaangewende
lande van die węreld (2): Franse Republiek
Baie Suid-Afrikaners van Europese herkoms se wortels lę op Franse bodem... die węreld van chateaus en sjampanje, van mannekyne en finesse, van argitektuur en die kunste, van filosowe en cuisine. En natuurlik van die Paryse Eiffeltoring, die beroemdste metaaltoring ter węreld, wat egter deur party puristiese Franse self as ’n "onding" beskou word!
•
Kaart uit die World Factbook van die CIA is tot openbare besit verklaar
• Plekname verafrikaans
Foto: BACKGROUNDS ARCHIVE / PD PHOTO (cropped)
Teks
gedeeltelik uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Węreld; opdatering deur
Mieliestronk.com
I
S jou van Le Roux? Dalk
Marais, Du Preez, Joubert, Du Toit, De Villiers of
nog een van die vele Afrikaanse vanne met ’n Franse
"kleur"? Dan is jy heel waarskynlik een van die talle mense in
ons land wat hul stamboom kan naspeur tot by die Hugenote van weleer. En
dus verder tot in Frankryk... mooi land van die vier groot riviere. Binne
sy grof-seskantige grense is Frankryk byna ’n kontinent in die klein.
Geleë in ’n gematigde klimaatstreek, met die Atlantiese Oseaan en
Middellandse See aan weerskante, is daar groot klimaatsverskille tussen
sy Alpynse bergwęreld, uitgestrekte valleie en sonnige strande. En sy mense is niks minder verskillend sover dit hul voorkoms en gebruike aangaan nie. Maar van die wynboer in Provence of die visser van Bretagne tot by die Paryse sakeman wat deur die spitsverkeer worstel, het almal een ding gemeen: hulle is besonder trots daarop om Frans te wees.
Foto: J. Taljaard Frankryk
het uitmuntend herstel van sy donkerste tye in die jare dertig van die
twintigste eeu. Sy ekonomie was bedroewend, die bevolking aan die krimp,
die gemoedere swartgallig. Maar vreemd genoeg het die Duitse inval van
1940 en die jare van besetting daarna die Franse volk versterk. Vandag
is Frankryk een van die węreld se rykste en tegnologies mees gevorderde
lande. Sedert
die Renaissance het Frankryk homself as die spil van die beskawing
beskou. Agttiende-eeuse skrywers en filosowe soos Voltaire, Rousseau,
Montesquie en Diderot het die węrelddenke beďnvloed. Hul
opvolgers het hulle eweneens laat geld. Name soos Sartre en Camus het
wel deeglik hul stempel op die letterkundige węreld van die middel
twintigste eeu afgedruk. En
dan is daar die Franse skilders. Stel jou die węreld voor sonder die
werke van die impressioniste of Matisse, Braque en Lautrec. Die
Franse argitektuur het baie praggeboue opgelewer. Party Franse is
trouens so puristies dat hulle die beroemdste baken in hul hoofstad, die
Eiffeltoring, as ’n "onding" beskou en verkies om liefderyk
na die imposante massa van die Notre Dame of na van hul moderne geboue
te staar. En
hoe kosbaar is kos nie vir hierdie mense nie! Van die eenvoudige
baguette of Franse brood tot die mees eksotiese smulgereg, is hulle die
meesters van cuisine. Hul kase en wyne is węreldberoemd, en soos die land self sal die Franse spyskaart altyd ’n aangename verrassing bevat.
Foto: J. Taljaard
•
AMPTELIKE NAAM: Franse
Republiek (Republique Française). •
OPPERVLAK: 547
030 vk. km
(sluit slegs die metropolitaanse Frankryk in en nie die oorsese
administratiewe divisies nie; 1400 vk. km hiervan is water). Die
landsgrense strek oor 2889 km en die kuslyn is 3427 km lank. •
HOOFSTAD: Parys. •
VLAG: Driekleur. •
AMPTELIKE TAAL: Frans. Ander
tale: Bretons en Baskies (in die minderheid). • VOLKSLIED: La Marseillaise.
• STAATKUNDIGE AGTERGROND: Hoewel hy uiteindelik in die Eerste sowel as die Tweede Węreldoorlog as ’n oorwinnaar uit die stryd getree het, het hierdie oorloë Frankryk ekonomies en polities geweldig benadeel en ook sy status as ’n dominante moondheid erg geknou.
Historiese foto; openbare besit vanweë die verval van kopiereg weens ouderdom.
Nogtans is Frankryk vandag een van die modernste lande ter węreld en ’n leier in die statery van Europese nasies.
Die land hou sedert 1958 ’n presidensiële demokrasie in stand wat weerstand kan bied teen die onbestendighede wat vroeëre parlementęre demokrasieë ondermyn het. In onlangse jare was sy versoening en samewerking met Duitsland ’n kernaspek in die ekonomiese integrasie van Europa, wat ook gekenmerk is deur die aanvaarding van ’n gemeenskaplike geldeenheid, te wete die euro.
Frankryk is op die oomblik aan die voorpunt van pogings om die Europese Unie se militęre vermoëns te ontwikkel ter bevordering van ’n geďntegreerde buitelandse beleid vir die Unie.
Foto: National Geophysical Data Center / NOAA •
MUNT: Meer
as sewe eeue lank was die frank die onbetwiste baas in Frankryk—totdat hy in Januarie 2002 deur die euro onttroon is. Verskillende lande
in Europa het van hul uiteenlopende soorte geld ontslae geraak om die
euro tot hul gemeenskaplike supermunt te verhef. •
BEVOLKING EN AFKOMS: 60
876 136, volgens
’n raming vir Julie 2006. Die
bevolking is natuurlik meestal Franse (insluitende Baske, Bretons en
ander), met ’n mindere persentasie immigrante uit Algerië, Marokko,
Tunisië, Italië, Portugal, Spanje, Turkye en Indo-China. Die
Franse is afstammelinge van die Galliërs, ’n Keltiese volk wat in die
antieke tye hier gewoon het, asook van Romeine,
Germane
en Noormanne wat hierdie węrelddeel vanuit die suide, ooste en noorde
binnegeval het. •
GODSDIENSTE: Rooms-Katoliek
83%-88%, Protestant 2%, Joods 1%, Moslem 5%-10%, onverbonde 4%. •
REGERING: Frankryk is ’n
republiek met ’n sterk nasionale regering. Die regering het drie
afdelings: ’n uitvoerende afdeling met ’n president aan die spits
wat ’n eerste minister en ’n ministerraad aanstel; ’n wetgewende
afdeling bestaande uit ’n parlement met twee kamers—die senaat (hoërhuis)
en nasionale vergadering (laerhuis); en ’n regterlike afdeling. •
GEOGRAFIE: Frankryk kan in
tien hooflandstreke ingedeel word: (1)
Die Bretagne-Normandië-heuwels, ’n streek van lae, geronde
heuwels en golwende vlaktes. Dis ’n węreld van appelboorde,
suiwelplase en grasvelde. Langs die ruwe kus is baie baaie, asook
belangrike vissershawens. (2)
Die Noord-Franse Vlakte is ’n streek van vrugbare vlaktes
onderbreek deur boomryke heuwels
en
digbevolkte nywerheidsgebiede. Dit sluit Parys in, wat in die Paryse kom
of Ile-de-France lę, wat deur die Seine en ander belangrike riviere
gedreineer word. (3)
Die Noordoostelike Plato’s deel die Ardenne-gebergte met België.
Dit is ’n beboste gebied wat na die suidooste ruwer raak. Hier is
groot neerslae ystererts, en die boere boer met vee en gesaaides. (4)
Die Rynvallei. Bome en wingerde bedek die hange en ryk landerye lę
langs die Ryn. (5)
Die Aquitaanse Laaglande is ’n streek van dennewoude, golwende
vlaktes en sandduine en strande langs die kus. Die baie wingerde lewer
druiwe vir Frankryk se wynbedryf. Daar is olie- en aardgasvelde in die
Landes-gebied suid van Bordeaux. (6)
Die grond van die Sentrale Hooglande, of Massif Central,
is swak, buiten in sekere valleie waar saaiboerdery beoefen word. Beeste
en skape wei in die laagliggende grasvelde, en woude oordek die hoër
hange. Die Loire-rivier vloei hierdeur. (7)
Die Franse Alpe en Jura-gebergte aan die grens met Italië
en Switserland is gewild by toeriste. Bergstrome lewer ruim hidroëlektriese
krag. (8)
Die Pirenese gebergte word met Spanje gedeel. Die grond is swak
en die berge yl bevolk. (9)
Die Mediterreense Laaglande en Rhône-Saone-vallei het ryk
landbougebiede wat vrugte, groente en druiwe lewer. Die kus sluit die
beroemde Riviera in. 10)
Korsika, ’n Meditterreense eiland suidoos van die hoofland. Dit
is bergagtig met swak grond en ’n steil, rotsagtige kus. •
KLIMAAT: Frankryk het in die
reël ’n gematigde seeklimaat, maar die klimaat verskil ook baie van
streek tot streek en hou verband met die afstand van die land van die
Atlantiese Oseaan of die Middellandse See en die aanwesigheid van berge. Westewinde
wat van oor die Atlantiese waters kom, het byvoorbeeld ’n groot
invloed op die westelike kusstreke. Die Alpe beskut ’n groot deel van
die jaar die sonnige Riviera teen koue noordewinde. •
RIVIERE: Die hoofriviere is
die Ryn (1320 km)—Europa se vernaamste binnelandse waterweg—die
Loire (1020 km), die Rhône (812 km) en die Seine (780 km). • EKONOMIE: Frankryk is een van die groot nywerheidslande. Die regering het talle groot maatskappye, banke en versekeraars geprivatiseer, maar behou steeds groot aandele in verskeie toonaangewende firmas, waaronder Air France en Renault, en oorheers nog sekere sektore, veral kraglewering, openbare vervoer en die verdedigingsbedryf. In
die onlangse jare was Frans-Duitse samewerking die kern van die
ekonomiese integrasie van Europa en die instelling van die euro as
Europese betaalmiddel. Die
vernaamste landbouprodukte is onder meer graangewasse, vleis,
suiwelprodukte, suikerbeet en wyndruiwe. Natuurlike hulpbronne sluit in steenkool, ystererts, koper, aluminiumerts, wolfram, petroleum en aardgas. Groot nywerhede is onder meer dié vir tekstielware, chemikalieë, staal, voedselverwerking, motorvoertuie, vliegtuie en meganiese en elektriese ingenieurswerke, en dan is daar ook die alombekende parfuumbedryf.
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad |