|
|||||
|
Kaart van die CIA uit hul World Factbook wat tot openbare besit verklaar is (“in the public domain”). Name is verafrikaans, behalwe Chinese plekname wat volgens die internasionale Pinyin-stelsel geskryf is en dus nie deur ons in Afrikaans getranslitereer is nie.
Elke
slag as jy een van hierdie dinge doen... wie moet jy bedank? Die
Chinese, natuurlik. Papier, papiergeld, die drukkuns, porselein,
verwerkte sy, buskruit, die kompas en vele meer is alles Chinese
uitvindsels. Ook
wat nywerhede betref, was die Chinese die Europeërs hoeka ver voor.
Lank voordat die laasgenoemdes yster kon giet, het die vernuftige
mense van China dit reeds gedoen. Ook
met hul nalatenskap in die wêreld van die kunste en letterkunde
oortref hulle baie ander nasies ver, om nie eens van hul bekoorlike
tempels en paleise en formidabele vestings te praat nie. Die
Chinese praat van hul land as Zhongguo, wat Middelland beteken.
Dit kan wees dat hulle dit só begin noem het omdat hulle dit
tradisioneel
as die middelpunt van die beskaafde wêreld beskou het. In
die negentiende eeu is Wes-Europese handelaars en seevaarders deur die
Chinese as barbare beskou, en die ambassadeurs van magtige Europese
moondhede moes genoeë daarmee neem om voor die keiser van China te
kniel en met die kop aan die vloer te raak as teken van eerbied. China
is ’n reuse-land, geografies die wêreld se derde grootste. En geen
ander land het soveel mense nie—trouens, hier woon sowat ’n vyfde
van al die mense op aarde.
Foto: GSFC / NASA Die
land is Kommunisties, maar sedert laat in 1978 het die owerheid
verslappings in die rigiede sosialisme ingestel wat tot groot voordeel
van die land was. In 2001, met al sy massas
mense en ’n bruto-binnelandse besteding van slegs $4300 per kop, het
China selfs die wêreld se naasgrootste ekonomie ná die VSA gehad
(gemeet aan die koopkrag). Die
uitdagings bly nietemin geweldig. •
AMPTELIKE NAAM: Die Volksrepubliek van China. •
OPPERVLAKTE: 9 596 960 vk. km (9 326
410 vk. km land en •
VLAG: In 1949 aanvaar. Die groot ster dui op die leierskap van
die Kommunistiese Party en die kleintjies verteenwoordig die
werkersgroep. • HOOFSTAD: Beijing (eers Peking genoem deur Westerlinge wat die naam ook só geskryf het. Vroeë Europeërs wat op groot skaal op China toegesak het, het die klanke wat hulle gehoor het volgens hul eie taalreëls probeer neerskryf, maar dit was nie gegrond op Mandaryns, die amptenaarstaal en belangrikste taal in die land nie. Die Chinese het self werk daarvan gemaak en die sogenaamde Pinyin-stelsel ontwikkel om vir Westerlinge en ander aan te dui hoe Peking en ander name eintlik uitgespreek en geskryf behoort te word. Dié stelsel is in 1979 op ’n internasionale konferensie wêreldwyd aanvaar).
•
AMPTELIKE TAAL: Chinees (Potonghua- of Mandarynse dialek in die
meerderheid, met plaaslike dialekte in die suide en suidooste, bv.
Kantonees).
Nog
tale is Mongools, Tibetaans en ander minderhede. •
VOLKSLIED: Mars van die Vrywilligers. •
GELD: Yuan.
•
BEVOLKING: 1 313 973 713,
volgens ’n raming vir Julie 2006.
Die Chinese regering is lankal hoogs bekommerd oor die oorbevolking en
het allerhande stappe ingestel om dit teen te werk. Mans mag
byvoorbeeld slegs trou ná die ouderdom van 22 en vroue ná 20. Mense
word aangemoedig om eers in hul laat twintigerjare te trou en nie meer
as een kind te hê nie. Die opvallendste kenmerke van die
Chinese is hul geel velkleur, skrefiesoë en die gebrek aan baard by
die mans. Die Noord-Chinese is in die reël groter gebou as hul
volksgenote in die suide. Lank
nie alle inwoners van China is egter Chinese nie. In die bergagtige
gebiede in die suidweste is ’n aantal klein bergstamme en byna elk
van dié volke het sy eie taal.
China
se bevolkingsdigtheid is iets ysingswekkends. Hoewel dit vir die land
as geheel reeds ’n ongemaklike meer as 130 mense per vierkante
kilometer is, kan dit in stedelike gebiede gebeur dat 2200 en meer
mense ingeprop moet saamlewe in ’n gebied van een by een kilometer.
Vergelyk dit met die Suid-Afrikaanse gemiddelde van slegs omtrent 36
mense per vierkante kilometer. •
GODSDIENS: Amptelik ateïsties, maar sekere van die godsdienste
en filosofieë wat wel beoefen word, is Confucianisme, Daoïsme en
Boeddhisme. •
REGERING: Ingevolge die grondwet van 1982 is China ’n
sosialistiese diktatuur van die proletariaat, gelei deur die
Kommunistiese Party en gegrond op ’n verenigde front wat ander
demokratiese partye insluit. In die praktyk is die Kommunistiese Party
egter ten volle in beheer van die nasionale politieke werksaamhede. Die
afgevaardigdes van die regering se Nasionale Volkskongres word vir vyf
jaar gekies deur die volkskongresse van die 22 provinsies, vyf
outonome provinsies en drie munisipale provinsies, en deur die
Volksbevrydingsleër. Die Kongres kies ’n vaste komitee, ’n
president (vir vyf jaar) en ’n staatsraad (of kabinet) wat almal aan
die Kongres verantwoording doen. Die
Chinese Kommunistiese Party het elke vyf jaar ’n kongres. Die
partykongres kies ’n sentrale komitee, wat op sy beurt ’n
politburo kies, en die effektiewe mag berus by hierdie twee liggame. •
GEOGRAFIESE EN STAATKUNDIGE
GESKIEDENIS: Die
China van vandag is nie die China van gister nie. Dis nou
aardrykskundig gesproke. Net
duisend jaar gelede, word vertel, was die hawestad Shanghai en
omstreke byvoorbeeld onder die see. Die Yangtze-rivier, wat in die
Tibetaanse Hooglande ontspring, het laag op laag slik in die gebied
neergelê totdat die grondvlak so hoog was dat mense daar kon woon. En
die berugte Huang He (of Geel Rivier), wat ook uit die Tibetaanse
Hooglande vloei en in die Geel See uitmond, het met verloop van tyd al
verskeie kere sy lope verander. Boonop
was Suid-China en ’n deel van die Noorde, wat nou ’n miernes van
mense is, eenmaal deur manjifieke woude bedek. Maar
ook op politieke terrein is China vandag ingrypend anders as in die
verlede. En dit geld veral die afgelope iets meer as ’n halfeeu. Van ’n
oorspronklike nedersetting in die vallei van die Geel Rivier het die
Chinese oor die afgelope vierduisend jaar hul kultuur en oorheersing
verbreed totdat die reus ná die groot omwenteling van 1949 in ’n
Kommunistiese land verander het. Die
Rooi Chinese het die Nasionaliste oorwin en Zhongua Renmin
Gongheguo, of die Volksrepubliek van China, in die lewe geroep.
Die Nasionaliste het na die eiland Taiwan gevlug en hul eie regering
daar gevestig. Die Kommuniste glo
dat
Taiwan ook ’n deel van hul grondgebied moet wees. •
GEOGRAFIE: Daar is agt hoof-landstreke: (1)
Die Tibetaanse Hooglande in die suidweste bestaan uit ’n
plato begrens deur die magtige Himalaja in die suide, die Pamir in die
weste en die Kunlun in die noorde. ’n
Groot deel van Tibet is ’n rotsagtige en uiters koue en droë
woesteny. Gewasse word slegs in die laagste gebiede gekweek, en die
jak (’n swartbruin hoefdier) verskaf kos en vervoer. (2)
Die Xinjiang-Mongoolse Hooglande is ’n enorme
woestyngebied in Noordwes-China. Hoewel daar baie minerale is, is dit
yl bevolk weens die afgesonderdheid en gure klimaat. Na
die ooste lê die Ordos-woestyn en ’n deel van die Gobi-woestyn. In
die suidweste is ’n laagte wat op 154 m onder die seevlak die
laagste plek in China is. (3)
Die Mongoolse Grens-Hooglande lê tussen die Gobi-woestyn en
die Oostelike Laaglande. In die noorde is die ruwe
Groot-Hinggan-gebergte, waar slegs ’n geringe mate van boerdery
moontlik is. Die suidelike deel van hierdie streek is bedek met loess,
’n fyn, gelerige, windverwaaide sand. Die Huang He-rivier het baie
loess in suspensie. (4)
Die Oostelike Hooglande sluit in
die
beboste heuwels van Oos-Mantsjoerye en die Shandong-skiereiland, ’n
heuwelagtige gebied met goeie hawens. Hout en steenkool is belangrike
produkte. (5)
Die Oostelike Laaglande tussen die Mongoolse Grens-Hooglande en
Oostelike Hooglande bestaan uit die golwende heuwels van die
Mantsjoeryse Vlakte, die Noord-Chinese Vlakte en die
Yangtze-riviervallei. Almal is vrugbare landbougebiede. Steenkool
en ystererts word op die Mantsjoeryse Vlakte ontgin. Die Noord-Chinese
Vlakte lê in die vallei van die Huang He. Waar dit vroeër vir hewige
oorstromings verantwoordelik was en trouens
"China
se Verdriet" genoem is, word die rustelose rivier van ouds nou
deur ’n reeks damme en dyke vasgevat. Die
Yangtze-vallei is een van China se voortreflikste boerderygebiede. In ’n
gebied genaamd die Vrugbare Driehoek tel die landvolk meer as 1900 per
vierkante kilometer. (6)
Die Sentrale Hooglande sluit die Qin Ling-gebergte in, wat ’n
groot invloed op China se klimaat uitoefen deur die vogtige suidewinde
en stowwerige noordewinde te stuit. Koring aard goed in die noorde en
rys in die suide. (7)
Die Sichuan-bekken, waar vier riviere in die Yangtze loop,
bestaan uit heuwels en valleie omring deur hoë berge. Dit is ’n
uitstekende landbougebied en die meeste gewasse
word op terrasse gekweek. Die riviere het diep klowe in die
gebied ingesny, wat die verkeer beperk. (8)
Die Suidelike Hooglande in Suidoos-China bestaan uit
heldergroen heuwels en berge en sluit die eiland Hainan in. Min van
die grond kan bewerk word. Die Xi Jiang-rivier vorm egter ’n delta
by sy monding en die vrugbare grond daar maak dit ’n baie
produktiewe boerderygebied. In
die middel van die streek is een van China se skouspelagtigste
natuurtonele—geïsoleerde kalksteenheuwels wat van 30 tot 180 m hoog
is. •
EKONOMIE: Laat in 1978 het die
Chinese leiers die ekonomie begin verskuif van ’n dooierige,
sentraal-beplande ekonomie soos dié van die destydse Sowjet-Unie na ’n
meer vryemark-georiënteerde stelsel, volgens die World Factbook van
die Amerikaanse CIA. Terwyl die stelsel binne die politieke raamwerk
van streng Kommunistiese beheer fungeer, het die ekonomiese invloed
van nie-staatsorganisasies voortdurend toegeneem. Die
owerheid het van die ou kollektivisasie na ’n stelsel oorgeskakel
waar huishoudings en dorpies die verantwoordelikheid vir die landbou
oorgeneem het. Die gesag van plaaslike amptenare en
fabrieksbestuurders is ook vergroot en ’n groot verskeidenheid van
klein ondernemings is toegelaat. Die ekonomie is ook vir groter
buitelandse handel en beleggings oopgestel. Die
gevolg was dat die bruto-binnelandse besteding sedert 1978 meer as
tienvoudig
toegeneem het. In 2001, met ver meer as duisendmiljoen mense en ’n
bruto-binnelandse besteding van slegs $4300 per kop, het China reeds die
naasgrootste ekonomie ná die VSA gehad (gemeet aan die koopkrag). Daarteenoor
het die leierskap dikwels in sy gemengde stelsel die ergste resultate
van sosialisme (burokrasie en traagheid) en kapitalisme (meevallers en
toenemende ongelykhede in inkomste) ervaar. Beijing het dus periodiek
teruggegekrabbel en die sentrale klem van tyd tot tyd weer aangedraai.
Tog bly buitelandse beleggings ’n sterk element in China se merkwaardige opgang in die wêreldhandel en was dit ’n belangrike faktor in die toename van stedelike werkgeleenthede. (Suid-Afrika en ander handelsvennote het egter al terdeë agtergekom dat hulle versigtig moet wees om nie hul eie nywerhede te benadeel deur massas goedkoop Chinese goedere ten koste van plaaslik vervaardigde produkte in te voer nie.)
Chinese
boere
kweek natuurlik steeds rys op ’n enorme skaal. Ander
landbouprodukte is koring, aartappels, sorghum, grondboontjies, tee,
millet, gort, katoen, oliesaad en varkvleis. Vis is nog ’n
belangrike produk.
Foto: George Saxton, NESDIS, NOAA
Daar
is beduidend baie minerale en fossiel- Maar
die moderne China het steeds twee verskillende gesigte. Aan die een
kant is daar die landelike, die behoudende, die amperse statiese, waar
eeue-oue tradisies so ingeburger bly dat byna lyk of die tyd self
stilgestaan het. Aan
die ander kant is daar die meganisasie, die verstedelikings, die dolle
gejaag na groter welvaart—en die verskriklike besoedeling weens die
massas steenkool wat die ratte van die mega-staat aan die draai moet
hou. China het groot steenkoolneerslae. In
die moderne China lê die antieke en die eietydse vreemd vervleg oor
’n landoppervlakte wat net effens kleiner as die Verenigde State van
Amerika is. |
|||||
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad
|