|
Klik hier vir kaart van Algerië
ALGERIË
Ligging:
Noord-Afrika, aan die Middellandse See tussen Marokko en Tunisië
Hoofstad:
Algiers
Oppervlakte:
2 381 740 vk. km
Onafhanklikheid
verkry:
5 Julie 1962 (van Frankryk)
Bevolking:
34 994 937 (raming vir Julie 2011)
Etniese
groepe:
Arabiese Berbers 99%, Europeërs minder as 1%
Godsdienste:
Soennitiese Moslemse godsdiens (staatsgodsdiens) 99%, Christelik en
Joods 1%
Tale:
Arabies (amptelik), Frans, Berber-dialekte
Natuurlike
hulpbronne:
petroleum, aardgas, ystererts, fosfate, uraan, lood, sink
Geldstelsel:
Algerynse dinar = 100 centime |
Klik hier vir kaart van Marokko
MAROKKO
(Engels Morocco)
Ligging:
Noord-Afrika, aan die Noord-Atlantiese Oseaan en die Middellandse See,
tussen Algerië en Wes-Sahara
Hoofstad:
Rabat
Oppervlakte: 446 550 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
2 Maart 1956 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
31 968 361
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Arabies-Berbers 99,1%, ander 0,7%, Joods 0,2%
Godsdienste: Moslems 98,7%, Christelik
1,1%, Joods 0,2%
Tale: Arabies (amptelik), Berber-dialekte,
Frans dikwels die taal van die handel, regering en diplomatieke verkeer
Natuurlike hulpbronne:
fosfate, ystererts, mangaan, lood, sink, vis, sout
Geldstelsel: 1 Marokkaanse dirham
= 100 centime
|
|
Klik hier vir kaart van Angola
ANGOLA
Ligging:
Suidelike Afrika, aan die Suid-Atlantiese Oseaan, tussen die
Demokratiese Republiek van die Kongo en Namibië
Hoofstad:
Luanda
Oppervlakte:
1 246 700 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 11 November 1975 (van Portugal)
Bevolkingstal:
13 338 541 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Ovimbundu 37%, Kimbundu 25%, Bakongo 13%, mestico (Europeërs en
Afrikane gemeng) 2%, Europeërs 1%, ander 22%
Godsdienste:
inheemse gelowe 47%, Rooms-Katoliek 38%, Protestant 15% (1998-raming)
Tale:
Portugees (amptelik), Afrika-tale
Natuurlike hulpbronne:
petroleum, diamante, ystererts, fosfate, koper, veldspaat, goud,
aluminiumerts, uraan
Geldstelsel:
1 kwanza = 100 lwei
|
Klik hier vir kaart van
Mauritanië
MAURITANIË
Ligging:
Noord-Afrika, aan die Noord-Atlantiese Oseaan, tussen Senegal en
Wes-Sahara
Hoofstad:
Nouakchott
Oppervlakte: 1 030 700 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 28 November 1960 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
3 281
634 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
gemengd Moor/swart 40%, Moor 30%, swart 30%
Godsdienste: Moslem 100%
Tale: Arabies (amptelik en nasionaal),
Pulaar, Soninke, Wolof (alle landstale), Frans, Hassaniya
Natuurlike hulpbronne:
ystererts, gips, vis, koper, fosfaat
Geldstelsel: 1 ouguiya = 5 khoum
|
|
Klik hier vir kaart van Benin
BENIN
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Baai van Benin, tussen Togo en Nigerië
Hoofstad: Porto-Novo is die amptelik
hoofstad; Cotonou is die regeringsetel
Oppervlakte:
112 620 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 1 Augustus 1960 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
9 325 032 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe: Afrika-groepe 99% (42 etniese groepe, die
belangrikste is Fon, Adja, Yoruba, Bariba), Europeërs 5 500
Godsdienste:
inheemse
gelowe 70%, Moslems 15%,
Christelik 15%
Tale:
Frans (amptelik), Fon en Yoruba (algemeenste tale in die suide),
stamtale (minstens ses vernames in die noorde)
Natuurlike hulpbronne:
klein olieneerslae in see langs kus, kalksteen, marmer, hout
Geldstelsel:
1 Communaute Financiere Africaine-frank = 100 centime
|
Klik hier vir kaart van
Mauritius
MAURITIUS
Ligging:
Eiland oos van Madagaskar in die Indiese Oseaan
Hoofstad:
Port Louis
Oppervlakte: 1 860 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 12 Maart 1968 (van Brittanje)
Bevolkingstal:
1 303
717 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Indiese Mauritiane 68%, Kreole 27%, Chinese Mauritiane 3%, Franse
Mauritiane 2%
Godsdienste:
Hindoes
48%, Rooms-Katolieke 23,6%, ander Christene 8,6%, Moslems 16,6%,
ander 2,5%, ongespesifiseer 0,3%, geen 0,4% (sensus van 2000)
Tale: Kreools 80,5%, Bhojpuri 12,1%,
Frans 3,4%, Engels (amptelik; gepraat deur minder as 1% van die
bevolking), ander 3,7%, ongespesifiseer 0,3% (sensus van 2000)
Natuurlike hulpbronne:
bewerkbare grond, vis; land grootliks afhanklik van toerisme
Geldstelsel: 1 Mauritiaanse roepee
= 100 sent
|
|
MAYOTTE (nou oorsese departement
van Frankyk) Klik
hier vir 'n kaart van Mayotte
Ligging:
Suidelike Afrika, eiland in die Mosambiek-kanaal, tussen
Noord-Madagaskar en Noord-Mosambiek
Hoofstad:
Mamoutzou
Oppervlakte: 374 vk km
Status van afhanklikheid:
Mayotte het op 31 Maart 2011 ’n oorsese departement van Frankryk geword.
Dit beteken dat dit nou ’n integrerende deel van Frankryk is. Daar was
egter ’n getalm met hierdie stap, met Mayotte wat dekades lank
staatkundig met ander soorte bande aan die Franse moederland gekoppel
was. Agtergrondinligting: Dit is
in 1843 saam met ander eilande in die Comore-eilandgroep aan Frankryk
toegestaan. Mayotte was egter die enigste eiland in die argipel wat in
1974 gestem het om sy bande met Frankryk te behou en om nie onafhanklik
te word nie. Maar, omdat die
Comore-staat graag Mayotte by hom wou inlyf, het die eiland in 'n
internasionale dispuut gewikkel geraak. In ’n volkstemming (referendum)
in 2009 het nie minder nie as 95,2 persent van die bevolking van Mayotte ten gunste
van die status van ’n oorsese departement van Frankryk gestem. Dit is
nou die 101ste Franse departement.
Bevolkingstal:
209 530 (raming vir Julie 2011)
Godsdienste: Moslems 97%, Christelik
(meestal Rooms-Katoliek)
Tale: Mahoriaans ('n Swahili-dialek) en Frans (die amptelike taal)
wat deur 35% van die bevolking gepraat word
Ekonomie:
DIe ekonomie is grootliks op akkerbou en lewende hawe gegrond, terwyl
visvangste ook belangrik is. Mayotte is nie selfonderhoudend nie en moet
'n groot deel van sy voedsel invoer, veral uit Frankryk. Die feit dat
die eiland so afgeleë is, strem die ontwikkeling van
toerisme.
Geldstelsel: Euro (die Europese
geldstelsel)
|
|
Klik hier vir kaart van Botswana
BOTSWANA
Ligging:
Suidelike Afrika, noord van Suid-Afrika
Hoofstad:
Gaborone
Oppervlakte:
600 370 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 30 September 1966 (van Brittanje)
Bevolkingstal:
2 065 398 (raming vir Julie 2011). Weens die
steeds onsekere polititieke situasie in die buurstaat Zimbabwe is daar egter
’n aansienlike instroming van mense uit Zimbabwe na Botswana, soos ook
na Suid-Afrika.
Etniese groepe:
Tswana of Setswana) 79%, Kalanga 11%, Basarwa 3%, ander, insluitende
Kgalagadi en blank, 7%
Godsdienste:
Christelik 71,6%,
Badimo 6%, ander 1,4%, ongespesifiseer 0,4%, geen 20,6% (2001-sensus)
Tale: Setswana 78,2%, Kalanga 7,9%, Sekgalagadi 2,8%, Engels 2,1%
(amptelik), ander 8,6%,
ongespesifiseer
0,4% (2001-sensus)
Natuurlike hulpbronne:
diamante, koper, nikkel, sout, soda-as, potas, steenkool, ystererts,
silwer
Geldstelsel:
1 pula = 100 thebe
|
Klik hier vir kaart van
Mosambiek
MOSAMBIEK
Ligging:
Suidoos-Afrika, aan die Mosambiek-kanaal, tussen Suid-Afrika en
Tanzanië
Hoofstad:
Maputo
Oppervlakte: 801 590 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 25 Junie 1975 (van Portugal)
Bevolkingstal:
22 948
858 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Afrikane 99,66% (Makhuwa, Tsonga, Lomwe, Sena en ander), Europeërs 0,06%, Euro-Afrikane 0,2%,
Indiërs 0,08%
Godsdienste:
Katolieke 23,8%, Moslems 17,8%, Sionistiese Christene 17,5%, ander
17,8%, geen 23,1% (1997-sensus)
Tale:
Emakhuwa 26,1%, Xichangana 11,3%, Portugees 8,8% (amptelik; word deur
27% van bevolking as ’n tweede taal gepraat), Elomwe 7,6%, Cisena 6,8%,
Echuwabo 5,8%, ander Mosambiek-tale 32%, ander vreemde tale 0,3%,
ongespesifiseer
1,3% (1997-sensus)
Natuurlike hulpbronne:
steenkool, titaan, aardgas, hidroëlektriese krag
Geldstelsel: 1 metical = 100
centavo
|
|
Klik hier vir kaart van
Burkina Faso
BURKINA FASO
Ligging:
Wes-Afrika, noord van Ghana
Hoofstad:
Ouagadougou
Oppervlakte:
274 200 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
5 Augustus 1960 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
16 751 455 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe: Mossi meer as 40%,
ander nagenoeg 60% (sluit in Gurunsi, Senufo, Lobi, Bobo,
Mande en Fulani)
Godsdienste:
Moslems 50%,
inheemse
gelowe 40%, Christelik (hoofsaaklik Rooms-Katoliek) 10%
Tale: Frans (amptelik), inheemse Afrika-tale
van die Soedan-taalfamilie gepraat deur 90% van die bevolking
Natuurlike hulpbronne:
mangaan, kalksteen, marmer; klein neerslae goud, antimoon, koper, nikkel,
aluminiumerts, lood, fosfate, sink, silwer
Geldstelsel:
1 Communaute Financiere Africaine-frank = 100 centime
|
Klik hier vir kaart van Namibië
NAMIBIË
Ligging:
Suidelike Afrika, aan die Suid-Atlantiese Oseaan, tussen Angola en Suid-Afrika
Hoofstad: Windhoek
Oppervlakte: 825 418 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
21 Maart 1990 (van Suid-Afrikaanse beheer ingevolge ’n ou mandaat van
Volkerebond)
Bevolkingstal:
2 147 585
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe: swart 87,5%, blank 6%, gemeng 6,5%;
let wel: sowat 50% van die bevolking behoort tot die Ovambo-stam
en 9% tot die Kavangos-stam; ander etniese groepe sluit in: Herero’s
7%, Damaras 7%, Namas 5%, Capriviane 4%, Boesmans (San) 3%, Basters 2%,
Tswanas 0,5%
Godsdienste: Christelik 80% tot 90% (Lutherane
minstens 50%), inheemse gelowe 10% tot 20%
Tale: Engels 7% (amptelik), Afrikaans
is die omgangstaal van die grootste deel van die bevolking en word deur
sowat 60% van die blankes gepraat, Duits 32%, inheemse tale 1%
(sluit in Oshivambo,
Herero, Nama)
Natuurlike hulpbronne:
diamante, koper, uraan, goud, lood, tin, litium, kadmium, sink, sout,
vanadium, aardgas, hidroëlektriese krag, vis; let wel: neerslae olie,
steenkool en ystererts word vermoed
Geldstelsel: 1 Namibiese dollar =
100 sent
|
|
Klik hier vir kaart van Burundi
BURUNDI
Ligging:
Midde-Afrika, oos van Demokratiese Republiek van die Kongo.
Hoofstad:
Bujumbura
Oppervlakte:
27 830 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 1 Julie 1962 (van VN-voogdyskap onder
Belgiese administrasie)
Bevolkingstal:
10 216 190 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Hutu
(Bantu)
85%, Tutsi
(Hamities)
14%, Twa (Pigmee) 1%, Europeërs 3 000, suidelike Asiate
2 000
Godsdienste:
Christelik 67% (Rooms-Katoliek 62%, Protestant 5%), inheemse gelowe 23%,
Moslems 10%
Tale: Kirundi (amptelik), Frans (amptelik),
Swahili (langs Tanganjika-meer en in die Bujumbura-gebied)
Natuurlike hulpbronne:
nikkel, uraan, oksiede van seldsame aardmetale, moerasturf, kobalt,
koper, platina (nog nie ontgin nie), vanadium, bewerkbare grond, hidroëlektriese
krag
Geldstelsel:
1 Burundi-frank = 100 centime

BO: ’n Meisie van
Burundi.
Foto: Wendy Henning / US
State Department
|
Klik hier vir kaart van Niger
NIGER
Ligging:
Wes-Afrika, suidoos van Algerië
Hoofstad: Niamey
Oppervlakte: 1,267 miljoen vk. km
Onafhanklikheid verkry: 3 Augustus 1960 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
16 468 886
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Haoussa
55,4%, Djerma Sonrai 21%, Touareg 9,3%, Peuhl 8,5%, Kanouri Manga 4,7%,
ander 1,2% (2001-sensus)
Godsdienste: Moslems 80%, die res
inheemse gelowe en Christelik
Tale: Frans (amptelik), Hausa, Djerma
Natuurlike hulpbronne: uraan, steenkool, ystererts, tin, fosfate,
goud, petroleum
Geldstelsel: 1 Communaute Financiere
Africaine-frank = 100 centime

BO: Vroue van Niger met
kleipotte
waarin hulle water aandra.
Foto: Kelley Sams /
US Peacecorps
|
|
Klik hier vir kaart van die Comore
COMORE
Ligging:
Suidelike Afrika, groep eilande in die noordelike monding van die
Mosambiek-kanaal, tussen Noord-Madagaskar en Noord-Mosambiek
Hoofstad:
Moroni
Oppervlakte:
2 170 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
6 Julie 1975 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
794 683
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Antalote, Cafre, Makoa, Oimatsaha, Sakalava
Godsdienste:
Soennitiese Moslems 98%, Rooms-Katoliek 2%
Tale:
Arabies (amptelik), Frans (amptelik),
Shikomoro (’n vermenging van Swahili en Arabies)
Geldstelsel:
1 Comore-frank = 100 centime
|
Klik hier vir kaart van Nigerië
NIGERIË
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Golf van Guinee, tussen Benin en Kameroen
Hoofstad: Abuja (op 12
Desember 1991 is die hoofstad amptelik van Lagos na Abuja verskuif)
Oppervlakte: 923 768 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
1 Oktober 1960 (van Brittanje)
Bevolkingstal: ’n Enorme 155 215 573
(raming vir Julie 2011)
— kyk net hoe vergelyk dit met
byvoorbeeld
die geringe
794 683
van die Comore in die kolom hiernaas.
Etniese groepe: Nigerië is die land met die meeste mense in Afrika
en huisves meer
as 250 etniese groepe; die volgende is die talrykste en polities
die invloedrykste: Hausa en Fulani 29%, Yoruba 21%, Igbo (Ibo) 18%, Ijaw
10%, Kanuri 4%, Ibibio 3,5%, Tiv 2,5%
Godsdienste: Moslems 50%, Christelik
40%, inheemse gelowe 10%
Tale: Engels (amptelik), Hausa, Yoruba,
Igbo (Ibo), Fulani, plus nog ’n magdom ander inheemse tale
Natuurlike hulpbronne:
petroleum, tin, columbiet, ystererts, steenkool, kalksteen, lood, sink,
aardgas, hidroëlektriese krag, bewerkbare grond
Geldstelsel: 1 naira = 100 kobo
|
|
Klik hier vir kaart van Côte
d'Ivoire
CôTE
D’IVOIRE (IVOORKUS)
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Noord-Atlantiese Oseaan, tussen Ghana en
Liberië
Hoofstad: Yamoussoukro. Let wel:
ofskoon Yamoussoukro al sedert 1983 die hoofstad is, bly Abidjan die
administratiewe sentrum
Oppervlakte:
322
460 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 7 Augustus 1960 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
21 504 162 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Akan 42,1%, Voltaiques of Gur 17,6%,
Noordelike Mandes 16,5%, Krous 11%, Suidelike Mandes 10%, ander 2,8%
(sluit in 130 000 Libanese en 14 000 Franse) (1998)
Godsdienste:
Moslems 35-40%,
inheems 25-40%, Christene 20-30% (2001); let op: die meeste vreemdelinge
(trekarbeiders) is Moslems (70%) en Christene (20%)
Tale: Frans (amptelik), 60 inheemse
dialekte met Dioula wat oor die grootste gebied gepraat word
Natuurlike hulpbronne:
petroleum, diamante, mangaan, ystererts, kobalt, aluminiumerts, koper,
hidroëlektriese krag
Geldstelsel:
1 Communaute Financiere Africaine-frank = 100 centime
|
Klik hier vir kaart van Réunion
RÉUNION (onder
die Franse vlag)
Ligging: Suidelike Afrika,
eiland oos van Madagaskar in die Indiese Oseaan
Hoofstad: Saint-Denis
Oppervlakte: 2 512 vk. km
Status van afhanklikheid:
oorsese departement van Frankryk
Bevolkingstal: In 2009 is die eiland deur ’n geraamde sowat 827
000
mense bewoon
Etniese groepe:
Franse, Afrikane, Malgasse, Chinese, Pakistani’s, Indiërs
Godsdienste: Rooms-Katoliek 86%, Hindoe,
Moslems, Boeddhisties (1995)
Tale: Frans (amptelik), Kreools wyd
gebruik
Natuurlike hulpbronne:
vis, bewerkbare grond, hidroëlektriese krag
Geldstelsel: 1 Franse frank = 100
centime
|
|
Klik hier vir kaart van Djiboeti
DJIBOETI
Ligging:
Oos-Afrika, aan die Golf van Aden en die Rooi See, tussen Eritrea en
Somalië
Hoofstad:
Djiboeti
Oppervlakte:
22
000 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 27 Junie 1977 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
757 074 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Somali 60%, Afar 35%, ander 5% (sluit
in Franse, Arabiere, Ethiopiërs en Italiane)
Godsdienste:
Moslems 94%, Christene 6%
Tale: Frans (amptelik), Arabies (amptelik),
Somali, Afar
Natuurlike
hulpbronne: geotermiese gebiede
Geldstelsel:
1 Djiboetiese frank = 100 centime
|
Klik hier vir kaart van Rwanda
RWANDA
Ligging:
Midde-Afrika, oos van die Demokratiese Republiek van die Kongo
Hoofstad: Kigali
Oppervlakte: 26 338 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
1 Julie 1962 (van Belgies-geadministreerde VN-voogdyskap)
Bevolkingstal:
11 370 425 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe: Hutu
(Bantu)
84%, Tutsi
(Hamities)
15%, Twa (Pigmee) 1%
Godsdienste: Rooms-Katolieke 56,5%,
Protestante 26%, Adventiste 11,1%, Moslems 4,6%, inheemse gelowe 0,1%,
geen 1,7% (2001)
Tale: Kinyarwanda (amptelik), algemene
Bantu-spreektaal, Frans (amptelik), Engels (amptelik), Kiswahili
(Swahili) gebruik in kommersiële kringe
Natuurlike hulpbronne:
goud, tin-erts, wolframiet, metaan, hidroëlektriese krag, bewerkbare
grond
Geldstelsel: 1 Rwanda-frank = 100
centime
|
|
Klik hier vir kaart van
Ekwatoriale Guinee
EKWATORIALE GUINEE
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Baai van Biafra, tussen Kameroen en Gaboen
Hoofstad:
Malabo
Oppervlakte:
28 051 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 12 Oktober 1968 (van Spanje)
Bevolkingstal:
668 225
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Fang 85,7%, Bubi 6,5%, Mdowe 3,6%,
Annobon 1,6%, Bujeba 1,1%, ander 1,4% (1994-sensus)
Godsdienste:
nominaal Christelik en oorheersend Rooms-Katoliek, heidense praktyke
Tale: Spaans 67,6% (amptelik), ander
32,4% (sluit in Frans [amptelik], Fang, Bubi) (1994-sensus)
Natuurlike hulpbronne:
olie, petroleum, hout, klein onontginde neerslae goud, mangaan, uraan
Geldstelsel:
1 Communaute Financiere Africaine-frank = 100 centime
|
Klik hier vir kaart van Senegal
SENEGAL
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Noord-Atlantiese Oseaan, tussen
Guinea-Bissau en Mauritanië
Hoofstad: Dakar
Oppervlakte: 196 190 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
4 April 1960 van Frankryk; algehele onafhanklikheid is verkry met die
ontbinding van die federasie met Mali op 20 Augustus 1960. (Gambië en
Senegal het op 12 Desember 1981 ’n ooreenkoms onderteken vir die
instelling van ’n losse konfederasie
onder die naam Senegambiê, maar die ooreenkoms is 30 September
1989 opgehef)
Bevolkingstal:
12 643 799
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Wolof 43,3%, Pular 23,8%, Serer 14,7%, Jola 3,7%, Mandinka 3%, Soninke
1,1%, Europeërs en Libanese 1%, ander 9,4%
Godsdienste: Moslems 94%, Christene 5% (meestal Rooms-Katolieke), aanhangers van inheemse
gelowe 1%
Tale: Frans (amptelik), Wolof, Pulaar,
Jola, Mandinka
Natuurlike hulpbronne:
vis, fosfate, ystererts
Geldstelsel: 1 Communaute Financiere
Africaine-frank = 100 centime
|
|
Klik hier vir kaart van Egipte
EGIPTE
Ligging:
Noord-Afrika, aan die Middellandse See, tussen Libië en die Gaza-strook,
en die Rooi See noord van Soedan, en sluit die Asiatiese Sinai-skiereiland
in
Hoofstad:
Kaïro
Oppervlakte:
1
001 450 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 28 Februarie 1922 (van Brittanje)
Bevolkingstal:
82 079 636
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Egiptenare
99,6%, ander 0,4%
(volgens sensus van 2006). Ander sluit in Berbers, Nubiërs, Bedoeïne en Bejas,
Grieke, Armeniërs, ander Europeërs (hoofsaaklik Italiane en Franse)
Godsdienste:
Moslems (meestal Soennities) 90%, Kopties
9%,
ander Christene 1%
Tale: Arabies (amptelik), Engels en
Frans wyd verstaan deur opgevoede klasse
Natuurlike hulpbronne:
petroleum, aardgas, ystererts, fosfate, mangaan, kalksteen, gips, talk,
asbes, lood, sink
Geldstelsel:
1 Egiptiese pond = 100 piaster
|
Klik hier vir kaart
van die Sentraal-Afrikaanse Republiek
SENTRAAL-AFRIKAANSE
REPUBLIEK
Ligging:
Midde-Afrika, noord van die Demokratiese Republiek van die Kongo
Hoofstad: Bangui
Oppervlakte:
622 984 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 13 Augustus 1960 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
4 950 027
(raming vir Julie 2011)
Etniese
groepe:
Baya
33%, Banda 27%, Mandjia 13%, Sara 10%, Mboum 7%, M'Baka 4%, Yakoma 4%,
ander 2%
Godsdienste:
inheemse gelowe
35%, Protestante 25%, Rooms-Katolieke 25%, Moslems 15%. Let wel: animistiese gelowe en praktyke het ’n sterk
invloed op die Christelike meerderheid
Tale:
Frans (amptelik), Sangho (verkeers-
en landstaal), stamtale
Natuurlike
hulpbronne: diamante, uraan, hout, goud, olie, hidroëlektriese
krag
Geldstelsel:
1 Communaute Financiere Africaine-frank = 100 centime
|
Klik hier vir kaart van Eritrea
ERITREA
Ligging:
Oos- Afrika, lê aan die Rooi See, tussen Djiboeti en Soedan, met
Ethiopië aan sy suidekant
Hoofstad:
Oppervlakte:
121 320 vk. km
Onafhanklikheid
verkry: 24 Mei 1993 van
Ethiopië
Onafhanklikheidstryd:
Eritrea in in 1952 aan Ethiopië toegeken as deel van 'n federasie.
Ethiopië se anneksasie van Eritrea as 'n provinsie tien jaar later het
'n dertig jaar lange stryd om onafhanklikheid ontketen wat in 1991
geëindig het toe Eritreaanse rebelle die regeringsmagte verslaan het;
onafhanklikheid is met 'n oorweldigende meerderheid goedgekeur in 'n
referendum wat in 1993 gehou is. 'n Twee en 'n halwe jaar lange
grensoorlog met Ethiopië wat in 1998 uitgebreek het, het op 12 Desember
2000 onder VN-toesig geëindig, maar die geskil met Ethiopië is nie
bygelê nie.
Bevolkingsgetal:
5 939 484 (raming vir Julie 2011)
Etniese
groepe: Tigrinya 55%, Tigre
30%, Saho 4%, Kunama 2%, Rashaida 2%, Bilen
2%, ander (Afar, Beni Amir, Nera) 5% (raming vir 2010)
Godsdienste:
Moslems, Kopties Christelik, Rooms-Katoliek, Protestant
Tale: Tigrinya (amptelik), Arabies
(amptelik), Engels (amptelik), Tigre, Kunama, Afar,
ander Kusitiese tale
Ekonomie:
Sedert onafhanklikheid in 1993 moet Eritrea die mas probeer opkom as
'n klein en wanhopig arm landjie. Soos is in baie Afrika-lande is die
ekonomie grootliks op selfversorgende boerderye gegrond, met 80% van die
bevolking betrokke by grondbewerking en die aanhou van vee.
Geldeenheid:
nakfa.
|
|
Klik hier vir kaart van Ethiopië
ETHIOPIË
Ligging:
Oos-Afrika, wes van Somalië
Hoofstad:
Addis Abeba
Oppervlakte:
1 127 127 vk. km
Onafhanklikheid verkry: Oudste onafhanklike land in Afrika en een
van die oudstes ter wêreld -- minstens 2 000 jaar
Bevolkingstal:
90 873 739 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe: Oromo 34,5%, Amara 26,9%,
Somalie 6,2%, Tigraway 6,1%, Sidama 4%, Guragie 2,5%, Welaita 2,3%,
Hadiya 1,7%, Affar 1,7%, Gamo 1,5%, Gedeo 1,3%, ander 11.3% (sensus van
2007)
Godsdienste:
Ortodoks 43,5%, Moslem 33,9%, Protestant 18,6%, tradisioneel 2,6%,
Katoliek 0,7%, ander 0,7% (sensus van 2007)
Tale:
Amarigna (Amharic) (amptelik) 32,7%, Oromigna (amptelik per streek)
31,6%, Tigrigna (amptelik per streek) 6,1%, Somaligna 6%, Guaragigna
3,5%, Sidamigna 3,5%, Hadiyigna 1,7%, ander 14,8%, Engels (amptelik)
(belangrikste vreemde taal wat in skole geleer word), Arabies (amptelik)
(sensus van 1994)
Natuurlike hulpbronne:
klein reserwes goud, platinum, koper, potas, aardgas, hidroëlektriese
krag
Geldstelsel:
1 birr = 100 sent
|
Klik hier vir kaart van die
Seychelle
SEYCHELLE
Ligging: Groep eilande noordoos van
Madagaskar in die Indiese Oseaan
Hoofstad: Victoria
Oppervlakte: 455 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
29 Junie 1976 (van Brittanje)
Bevolkingstal:
89 188
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
vermenging van Franse,
Afrikane, Indiërs, Chinese en Arabiere
Godsdienste:
Rooms-Katoliek
82,3%, Anglikaans 6,4%,
Sewendedag-Adventiste 1,1%, ander Christene 3,4%, Hindoes 2,1%, Moslems
1,1%, ander nie-Christene 1,5%, ongespesifiseer 1,5%, geen 0,6%
(2002-sensus)
Tale: Kreools 91,8%, Engels 4,9%
(amptelik), ander 3,1%,
ongespesifiseer 0,2% (2002-sensus)
Natuurlike hulpbronne:
vis, gedroogde klapper, kaneel
Geldstelsel: 1 Seychelle-roepee =
100 sent

BO: Die Seychelle.
Foto: Geodesy Collection / NOAA Photo Library
|
|
Klik hier vir kaart van Gaboen
GABOEN
(Engels: Gabon)
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Atlantiese Oseaan by die ewenaar, tussen die
Republiek van die Kongo en Ekwatoriale Guinee
Hoofstad:
Libreville
Oppervlakte:
267 667 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
17 Augustus 1960 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
1 576 665 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
swart Afrika-stamme waaronder vier vername stamgroeperings (Fang,
Bapounou, Nzebi, Obamba); ander Afrikane en Europeërs 154 000, onder wie
10 700
Franse en 11 000 mense met dubbele burgerskap
Godsdienste:
Christene 55%-75%, animiste, Moslems
minder as 1%
Tale: Frans (amptelik),
Fang, Myene, Nzebi, Bapounou/Eschira,
Bandjabi
Natuurlike hulpbronne:
petroleum, mangaan, uraan, goud, hout, ystererts, hidroëlektriese krag
Geldstelsel:
1 Communaute Financiere Africaine-frank = 100 centime
|
Klik hier vir kaart van Sierra
Leone
SIERRA LEONE
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Noord-Atlantiese Oseaan, tussen Guinee en
Liberië
Hoofstad: Freetown
Oppervlakte: 71 740 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
27 April 1961 (van Brittanje)
Bevolkingstal: 5 363 669 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Temne 35%, Mende 31%, Limba 8%, Kono 5%, Kreole 2% (afstammelinge
van bevryde slawe van Jamaika wat hulle in die laat agttiende eeu in die
Freetown-gebied gevestig het;
ook bekend as Krio), Mandingo 2%, Loko 2%, ander 15% (sluit in
vlugtelinge van Liberië se onlangse burgeroorlog, en klein getalle Europeërs, Libanese,
Pakistani’s en Indiërs)
(2008-sensus)
Godsdienste: Moslems 60%,
Christelene 10%,
inheemse gelowe 30%
Tale: Engels (amptelik, gereelde
gebruik beperk tot geletterde minderheid), Mende (vernaamste spreektaal
in die suide), Temne (vernaamste spreektaal in die noorde), Krio (Engels-gebaseerde
Kreools, gepraat deur afstammelinge van bevryde slawe van Jamaika, ’n
eerste taal vir 10% van die bevolking, maar verstaan deur 95%)
Natuurlike hulpbronne:
diamante, titaan-erts, aluminiumerts, ystererts, goud, chromiet
Geldstelsel: 1 leone = 100 sent
|
|
Klik hier vir kaart van Gambië
GAMBIË
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Noord-Atlantiese Oseaan en aangrensend aan Senegal
Hoofstad:
Banjul
Oppervlakte:
11 300 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
18 Februarie 1965 (van Brittanje). Let wel: Gambië en Senegal het op 12
Desember 1981 ’n ooreenkoms onderteken vir die instelling van ’n losse konfederasie onder die naam Senegambië, maar die ooreenkoms is 30 September
1989 opgehef.
Bevolkingstal:
1 797 860
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Afrikane 99% (Mandinka 42%, Fula 18%, Wolof 16%, Jola 10%, Serahuli 9%,
ander 4%), nie-Afrikane 1%
(sensus
vir 2003)
Godsdienste:
Moslems 90%, Christene 8%, inheemse gelowe 2%
Tale:
Engels (amptelik), Mandinka, Wolof,
Fula, ander inheemse tale
Natuurlike hulpbronne:
vis
Geldstelsel:
1 dalasi = 100 butut
|
Klik hier vir kaart van hele Soedan
(voor afstigting van Suid-Soedan)
SOEDAN
LET WEL:
Met die opdatering
van hierdie webbladsy, kort ná die afstigting van Suid-Soedan op 9 Julie
2011, moes betroubare inligting nog gevind word sover dit (Noord)-Soedan
én Suid-Soedan afsonderlik aangaan. Hieronder word nog vertel hoe Soedan
daar uitgesien het voordat Suid-Soedan onafhanklik geword het. Kyk
nietemin die nuwe afdeling oor Suid-Soedan verder
ondertoe.
Ligging:
Noord-Afrika, aan die Rooi See, tussen Egipte en Eritrea
Hoofstad: Khartoem
Oppervlakte: 2 505 810 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
1 Januarie 1956 (van Egipte en Brittanje). Land van onrus wat in res van
die twintigste eeu in uitgerekte burgeroorloë betrokke was.
Konflik wat in 2003 in
die westelike streek van Darfur ontstaan het, het byna twee miljoen
mense ontwortel en ’n geraamde 200 000 tot 400 000 sterftes veroorsaak.
Bevolkingstal:
45 047 502
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
swart 52%, Arabiere 39%, Beja 6%, vreemdelinge 2%, ander 1%
Godsdienste: Soennitiese Moslems 70%
(in noorde), inheemse gelowe 25%, Christene 5% (meestal
in suide en Khartoem)
Tale: Arabies (amptelik),
Engels
(amptelik), Nubiaans, Ta
Bedawie, diverse dialekte van Nilotiese, Nilo-Hamitiese, Soedannese
tale; nota: program van Arabisering word onderneem
Natuurlike hulpbronne:
petroleum; klein reserwes ystererts, koper, chroom-erts, sink, wolfram,
mika, silwer, goud, hidroëlektriese krag
Geldstelsel:
Soedannese pond.
Let op: in Oktober 2007 het Soedan sy geldstelsel verander deur 100
Soedanese dinar om te skakel in een Soedannese pond
|
Klik hier vir kaart van
hele Soedan (voor afstigting van Suid-Soedan)
SUID-SOEDAN
Word op 9 Julie 2011 die jongste
onafhanklike land op aarde en die 54ste Afrika-land ná sy afstigting van
Soedan, wat nou sy buurman in die noorde is. Die onafhanklikheid van
Suid-Soedan het gevolg op ’n bloedige jarelange burgeroorlog, wat sowat
twee miljoen menselewens gekos het. Teenoor die Soennitiese Moslems, wat
in die noorde oorheers, is daar ’n konsentrasie van Christene en mense
wat tradisionele gelowe aanhang in die suide. Uiteindelik was daar ’n
politieke skikking gevolg deur ’n referendum of volkstemming waarin
verreweg die meeste Suid-Soedannese ten gunste van afstigting gestem
het. Oud-president Thabo Mbeki van Suid-Afrika is met Suid-Soedan se
onafhanklikheid vir sy bemiddelingsrol geloof.
LINKS:
Salva Kiir Mayardit (gebore 1951), die eerste president van die
onafhanklike Republiek van Suid-Soedan.
Foto: US White House
Photo (cropped)
Ligging:
Suid-Soedan word heeltemal deur ander lande omring: Soedan lê noord;
Ethiopië aan die oostekant; die Demokratiese Republiek van die Kongo,
Kenia en Uganda is suid; en die Sentraal-Afrikaanse Republiek lê aan die
westekant. Self is Suid-Soedan in tien state verdeel wat ooreenstem met
drie historiese streke van Soedan, te wete Bahr el Ghazal, Ekwatorië en
die Groter Bo-Nyl
Hoofstad: Djoeba (Juba)
Oppervlakte:
619 745 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
9 Julie 2011 (van Soedan)
Bevolkingstal: 8 260 490 (2008-sensus—word betwis)
Tale: Engels (amptelik); erkende streektale; Djoeba-Arabies is
die verkeerstaal rondom Djoeba
Etniese groepe: Dinka, Nuer, Bari, Lotuko, Kuku, Zande, Mundari,
Kakwa, Pojulu, Shilluk, Moru, Acholi, Madi, Lulubo, Lokoya, Toposa,
Lango, Didinga, Murle, Anuak, Makaraka, Mundu, Jur, Kaliko en andere
Godsdienste:
Die Suid-Soedannese is meestal Christene en aanhangers van tradisionele
gelowe
Natuurlike hulpbronne: hout, petroleum, ystererts, koper,
chroom-erts, sink, wolfram, mika, silwer, goud, hidroëlektriese krag.
Ekonomie is baie afhanklik van die landbou, en produkte soos katoen,
grondboontjies, sorghum, millet, koring, akasiagom, rietsuiker, kassawe,
mango’s, papajas, piesangs, patats en sesam word gelewer
Geldstelsel:
Soedannese pond
|
|
Klik hier vir kaart van Ghana
GHANA
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Golf van Guinee, tussen Côte d'Ivoire en Togo
Hoofstad:
Accra
Oppervlakte:
238
540 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
6 Maart 1957 (van Brittanje)
Bevolkingstal:
24 791 073 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Akan 45,3%,
Mole-Dagbon 15,2%, Ewe 11,7%, Ga-Dangme 7,3%, Guan 4%, Gurma 3,6%, Grusi
2.6%, Mande-Busanga 1%, ander stamme 1,4%, ander 7,8% (2000-sensus)
Godsdienste:
Christene 68,8% (Pinksterl/Charismaties
24,1%, Protestants 18,6%, Katoliek 15,1%, ander 11%), Moslems 15,9%,
tradisioneel 8,5%, ander 0,7%, geen 6,1% (2000-sensus)
Tale: Asante 14,8%, Ewe 12,7%, Fante
9,9%, Boron (Brong) 4,6%, Dagomba 4,3%, Dangme 4,3%, Dagarte (Dagaba)
3,7%, Akyem 3,4%, Ga 3,4%, Akuapem 2,9%, ander 36,1% (sluit in Engels
[amptelik]) (2000-sensus)
Natuurlike hulpbronne:
goud, hout, nywerheidsdiamante, aluminiumerts, mangaan, vis, rubber,
hidroëlektriese krag
Geldstelsel:
Ghana-cedi
|
Klik hier vir kaart van Somalië
SOMALIË
Ligging:
Oos-Afrika, aan die Golf van Aden en die Indiese Oseaan, oos van
Ethiopië
Hoofstad: Mogadishu
Oppervlakte: 637 657 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
1 Julie 1960 (van ’n samesmelting van Brits-Somaliland, wat op 26
Junie 1960 sy onafhanklikheid van Brittanje verkry het, en Italiaans-Somaliland,
wat op 1 Julie 1960 onafhanklik geword het van die
Italiaans-geadministreerde VN-voogdyskap, om die Somaliese Republiek te
vorm)
Bevolkingstal:
9 925 640 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Somali 85%, Bantu en ander nie-Somali's 15% (insluitende 30.000
Arabiere)
Godsdiens: Soennitiese Moslemse
godsdiens
Tale: Somali (amptelik), Arabies,
Italiaans, Engels
Natuurlike hulpbronne:
uraan en grootliks onontginde reserwes ystererts, tin, gips,
aluminiumerts, koper, sout
Geldstelsel: 1 Somali-sjieling
= 100 sent
|
Klik hier vir
kaart van Guinea-Bissau
GUINEA-BISSAU
Ligging:
Wes- Afrika, aan die Noord-Atlantiese Oseaan, tussen Guinee en Senegal
Hoofstad:
Bissau
Oppervlakte: 36 120 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
24 September 1973 (eensydig verklaar deur Guinea-Bissau); 10 September
1974 (erken deur Portugal)
Bevolkingstal:
1 596 677 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Afrikane 99% (sluit in Balanta 30%, Fula 20%, Manjaca 14%, Mandinga 13%, Papel
7%), Europeërs en mense van gemengde herkoms minder as 1%
Godsdienste:
Moslems 50%,
inheemse gelowe 40%, Christene
10%
Tale: Portugees (amptelik), Kreools, Afrika-tale
Ekonomie:
As een van die armste lande op aarde steun Guinea-Bissau
hoofsaaklik op boerdery en visvangste
Geldstelsel: Communaute Financiere
Africaine-frank
|
|
Klik hier vir kaart van Guinee
GUINEE
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Noord-Atlantiese Oseaan, tussen Guinea-Bissau en Sierra Leone
Hoofstad:
Conakry
Oppervlakte:
245 857 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 2 Oktober 1958 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
10 601 009
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Peuhl 40%, Malinke 30%, Soussou 20%, kleiner etniese groepe 10%
Godsdienste: Moslems 85%, Christene
8%, inheemse gelowe 7%
Tale: Frans (amptelik), elke etniese
groep het sy eie taal
Natuurlike hulpbronne:
aluminiumerts, ystererts, diamante, goud, uraan, hidroëlektriese krag,
vis
Geldstelsel: 1 Guinese frank = 100
centime
|
Klik hier vir kaart van
Suid-Afrika
SUID-AFRIKA
Ligging:
Suidelike Afrika, aan die suidpunt van die vasteland van Afrika
Hoofstede: Pretoria (uitvoerend) en
Kaapstad (wetgewend); Bloemfontein is die geregtelike sentrum
Oppervlakte: 1 219 912 vk. km;
let wel: sluit in Prins Eduard-eilandgroep (Marion-eiland en Prins
Eduard-eiland)
Onafhanklikheid verkry:
Kry op 31 Mei 1910 selfregering as dominium van Brittanje, verkry onafhanklikheid binne die Britse Gemenebes met die Statuut van
Westminster in 1931. Tree in 1960 uit die Statebond en word 'n republiek.
Word in die nuwe Suid-Afrikaanse bedeling ná 1994 weer tot die
Statebond toegelaat.
Bevolkingstal:
49
004 031
(raming
vir Julie 2011)
Etniese groepe:
swart Afrikane 79%,
blankes 9,6%, bruinmense 8,9%, Indiërs/Asiate 2,5%
(2001-sensus)
Godsdienste: Volgens die Suid-Afrikaanse amptelike sensus van 2001
sou 79,77% van die land se mense tot verskillende Christelike kerke
behoort, met die volgende verdere indelings:
Tradisionele Afrika-geloof 125 898 (0,28%);
Judaïsme 75 549 (0,17%);
Hindoeïsme 551 668 (1,23%);
Islam 654 064 (1,46%);
Ander gelowe 283 815 (0,63%);
Geen godsdiens 6 767 165 (15,1%);
Nie vasgestel nie 610 974 (1,36%).
Die persentasies is by benadering.
Tale: elf amptelik tale, naamlik
Afrikaans, Engels, Ndebele, Pedi, Sotho, Swazi, Tsonga, Tswana, Venda,
Xhosa, Zoeloe
Natuurlike hulpbronne:
goud, chroom, antimoon, steenkool, ystererts, mangaan, nikkel, fosfate,
tin, uraan, juweel-diamante, platinum, koper, vanadium, sout, aardgas
Geldstelsel: 1 rand (ZAR) = 100 sent
|
|
Klik hier vir kaart van Kameroen
KAMEROEN
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Baai van Biafra, tussen Ekwatoriale Guinee en
Nigerië
Hoofstad:
Yaounde
Oppervlakte:
475 440 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 1 Januarie 1960 (van VN-voogdyskap onder
Franse administrasie), 1 Oktober 1961 (gebiede onder Britse beheer
kragtens VN-voogdyskap)
Bevolkingstal:
19 711 291
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Kameroense
hooglandbewoners 31%, ekwatoriale swart Afrikane 19%, Kirdi 11%, Fulani
10%, noordwestelike swart Afrikane 8%, oostelike Nigritiese mense 7%,
ander Afrikane 13%, nie-Afrikane minder as 1%
Godsdienste:
inheemse gelowe 40%, Christene 40%, Moslems 20%
Tale: 24 vername Afrika-taalgroepe,
Engels (amptelik), Frans (amptelik)
Natuurlike hulpbronne:
petroleum, aluminiumerts, ystererts, hout, hidroëlektriese krag
Geldstelsel:
1 Communaute Financiere Africaine-frank = 100 centime
|
Klik hier vir kaart van
Swaziland
SWAZILAND
Ligging:
Suidelike Afrika, tussen Mosambiek en Suid-Afrika
Hoofstad: Mbabane; let wel --
Lobamba is die koninklike en geregtelike hoofstad
Oppervlakte: 17 363 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
6 September 1968 (van Brittanje)
Bevolkingstal:
1 370 424 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe: Afrikane 97%, Europeërs 3%
Godsdienste: Sioniste 40% (hul geloof
is ’n vermenging van die Christendom en inheemse voorvaderverering),
Rooms-Katolieke 20%, Moslems 10%, ander (sluit in Anglikane, Bahai,
Metodiste, Mormone, Jode) 30%
Tale: Engels (amptelik, regeringsake in
Engels gedoen), siSwati (amptelik)
Natuurlike hulpbronne:
asbes, steenkool, klei, kassiteriet, hidroëlektriese krag, woude, klein
goud- en diamantneerslae, breekklip en talk
Geldstelsel: 1 lilangeni
= 100 sent |
|
Klik hier vir kaart van Kenia
KENIA
Ligging:
Oos-Afrika, aan die Indiese Oseaan, tussen Somalië en Tanzanië
Hoofstad:
Nairobi
Oppervlakte: 582 650 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
12 Desember 1963 (van Brittanje)
Bevolkingstal: 41 070 934 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Kikuyu 22%, Luhya 14%, Luo 13%, Kalenjin 12%, Kamba 11%, Kisii 6%, Meru
6%, ander Afrikane 15%, nie-Afrikane (Asiate, Europeërs en Arabiere) 1%
Godsdienste:
Protestante 45%,
Rooms-Katolieke
33%, Moslems 10%, inheemse gelowe
10%, ander 2%. Let op: verreweg die meeste Keniane is Christene, maar
ramings oor die persentasie Moslems en mense wat inheemse gelowe
aanhang, wissel baie
Tale: Engels (amptelik), Kiswahili (amptelik),
talle inheemse tale
Natuurlike hulpbronne:
goud, kalksteen, soda-as, sout, bariete, robyne, vloeispaat,
granaatstene, wilde diere, hidroëlektriese krag
Geldstelsel: 1 Keniaanse sjieling = 100 sent
|
Klik hier vir kaart van Tanzanië
TANZANIË
Ligging:
Oos-Afrika, aan die Indiese Oseaan, tussen Kenia en Mosambiek
Hoofstad: Dar es Salaam; let wel:
sekere regeringskantore is verskuif na Dodoma, wat as die nuwe hoofstad
beplan word; die Nasionale Vergadering vergader nou gereeld daar
Oppervlakte: 945 087 vk. km; let wel:
sluit die eilande Mafia, Pemba en Zanzibar in
Onafhanklikheid verkry:
26 April 1964; Tanganjika het op 9 Desember 1961 sy onafhanklikheid
verkry (van ’n Brits-geadministreerde VN-voogdyskap); Zanzibar het op
19 Desember 1963 onafhanklik geword (van Brittanje); Tanganjika het op
26 April 1964 met Zanzibar saamgesmelt om die Verenigde Republiek van
Tanganjika en Zanzibar te word; hernoem tot Verenigde Republiek van
Tanzanië op 29 Oktober 1964
Bevolkingstal:
42 746 620 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe: op die vasteland -- inheemse Afrikane 99% (van wie 95%
tot die volkekundige Bantu-groepering behoort wat uit meer as 130
stamme bestaan), ander 1% (bestaande uit Asiërs, Europeërs en
Arabiere); Zanzibar -- Arabiere, Afrikane, vermenging van
Arabiere en Afrikane
Godsdienste:
op die vasteland -- Christene 30%, Moslems 35%, inheemse gelowe 35%; Zanzibar -- meer as 99% Moslems
Tale:
Kiswahili of Swahili (amptelik), Kiunguju (naam vir Swahili in
Zanzibar), Engels (amptelik, vernaamste taal van die handel, administrasie en hoëre opvoeding), Arabies
(word wyd in Zanzibar gepraat), baie plaaslike tale; let wel: Kiswahili
(Swahili) is moedertaal van die swart Afrikane wat in Zanzibar en die
nabygeleë kus van Tanzanië woon; hoewel Kiswahili in sy struktuur en
oorsprong ’n “swart” taal is, kom baie van sy woorde uit verskeie ander
tale soos Arabies en Engels en het dit die verkeerstaal van Midde- en
Oos-Afrika geword; die eerste taal van die meeste mense is een van van
die plaaslike tale
Natuurlike hulpbronne:
hidroëlektriese krag, tin, fosfate, ystererts, steenkool, diamante,
edelstene, goud, aardgas, nikkel
Geldstelsel: 1 Tanzaniese sjieling = 100 sent
|
|
Klik hier vir kaart van die DRK
KONGO (DEMOKRATIESE
REPUBLIEK VAN DIE KONGO)
Ligging:
Midde-Afrika,
noordoos van Angola
Hoofstad:
Kinshasa
Oppervlakte:
2 345 410 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 30 Junie 1960 (van België)
Bevolkingstal:
71 712 867
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe: meer as 200 Afrika-etniese groepe van wie die
meeste swart Afrikane is; die vier grootste stamme -- Mongo, Luba,
Kongo (almal swart Afrikane) en die Mangbetu-Azande (Hamities) -- vorm
sowat 45% van die bevolking
Godsdienste:
Rooms-Katoliek 50%, Protestant 20%, Kimbanguisties 10%, Moslems 10%,
ander )sluit in sinkretiese sektes en inheemse gelowe) 10%
Tale: Frans (amptelik), Lingala (’n
verkeerstaal in die sakewêreld), Kingwana (’n dialek van Kiswahili of
Swahili), Kikongo, Tshiluba
Natuurlike hulpbronne:
kobalt, koper, kadmium, petroleum, nywerheids- en juweel-diamante, goud,
silwer, sink, mangaan, tin, germanium, uraan, radium, aluminiumerts,
ystererts, steenkool, hidroëlektriese krag, hout
Geldstelsel:
Kongolese frank
|
Klik hier vir kaart van Togo
TOGO
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Baai van Benin, tussen Benin en Ghana
Hoofstad: Lome
Oppervlakte: 56 785 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
27 April 1960 (van Frans-geadministreerde VN-voogdyskap)
Bevolkingstal:
6 771 993 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe: Afrikane (37 stamme; grootste en
belangrikste is Ewe, Mina en Kabre) 99%, Europeërs en Siriërs-Libanese
minder as 1%
Godsdienste:
Christene 29%, Moslems 20%,
inheemse gelowe 51%
Tale: Frans (amptelik en die taal van
die handel), Ewe en Mina (die twee vernaamste Afrika-tale in die suide),
Kabye (soms Kabiye gespel) en Dagomba (die twee vernaamste Afrika-tale
in die noorde)
Natuurlike hulpbronne:
fosfate, kalksteen, marmer, bewerkbare grond
Geldstelsel: 1 Communaute Financiere
Africaine-frank = 100 centime
|
|
Klik hier vir kaart van
Kongo-republiek
KONGO (REPUBLIEK VAN DIE
KONGO)
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Suid-Atlantiese Oseaan, tussen Angola en Gaboen
Hoofstad:
Brazzaville
Oppervlakte:
342 000 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 15 Augustus 1960 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
4 243 929 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe: Kongo 48%, Sangha 20%, M’Bochi 12%, Teke 17%,
Europeërs en ander 3%
Godsdienste:
Christene 50%, animiste 48%, Moslems 2%
Tale: Frans (amptelik), Lingala en
Monokutuba (verkeerstale in die handel), baie plaaslike tale en dialekte
(waarvan Kikongo die meeste gebruik word)
Natuurlike hulpbronne:
petroleum, hout, potas, lood, sink, uraan, koper, fosfate, aardgas,
hidroëlektriese krag
Geldstelsel:
1 Communaute Financiere Africaine-frank = 100 centime
|
Klik hier vir kaart van Tsjad
TSJAD
Ligging:
Midde-Afrika, suid van Libië
Hoofstad: N’Djamena
Oppervlakte:
1 284 000 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 11 Augustus 1960 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
10 758 945
(raming vir Julie 2011)
Etniese
groepe: Sara 27,7%, Arabiere 12,3%, Mayo-Kebbi 11,5%,
Kanem-Bornou 9%, Ouaddai 8,7%, Hadjarai 6,7%, Tandjile 6,5%, Gorane
6,3%, Fitri-Batha 4,7%, ander 6,4%, onbekend 0,3% (1993-sensus)
Godsdienste:
Moslems 53,1%, Katolieke 20,1%, Protestante 14,2%, animiste 7,3%, ander
0,5%, onbekend 1.7%, ateïste 3,1% (1993-sensus)
Tale:
Frans (amptelik), Arabies (amptelik), Sara (in suide), meer as
120 verskillende tale en dialekte
Natuurlike
hulpbronne: petroleum (onontgin, maar ontginning is onderweg), uraan, wassoda, kaolien, vis
(die Tsjad-meer)
Geldstelsel:
1 Communaute Financiere Africaine-frank = 100 centime
|
|
Klik hier vir kaart van Lesotho
Nuwe vlag op
4 Okt.2006 in
gebruik
geneem
LESOTHO
Ligging:
Suidelike Afrika, word heeltemal omring deur Suid-Afrika
Hoofstad:
Maseru
Oppervlakte: 30 355 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 4 Oktober 1966 (van Brittanje)
Bevolkingstal:
1 924 886
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe: Sotho 99,7%; Europeërs, Asiate en ander 0,3%
Godsdienste: Christene 80%, inheemse
gelowe 20%
Tale: Sesotho (Suid-Sotho), Engels (amptelik),
Zoeloe, Xhosa
Natuurlike hulpbronne:
water, saai- en weigrond, ’n hoeveelheid diamante en ander minerale
Geldstelsel: 1 loti = 100 lisente;
let wel -- maloti is meervoudsvorm van loti
|
Klik hier vir kaart van Tunisië
TUNISIË
Ligging:
Noord-Afrika, aan die Middellandse See, tussen Algerië en Libië
Hoofstad: Tunis
Oppervlakte: 163 610 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
20 Maart 1956 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
10 629 186
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Arabiere 98%, Europeërs 1%, Jode en ander 1%
Godsdienste: Moslems 98%, Christene 1%,
Jode en ander 1%
Tale: Arabies (amptelik en een van die
tale van die handel), Frans (in die handel)
Natuurlike hulpbronne:
petroleum, fosfate, ystererts, lood, sink, sout, bewerkbare grond
Geldstelsel: 1 Tunisiese dinar = 1
000 millime
|
|
Klik hier vir kaart van Liberië
LIBERIË
Ligging:
Wes-Afrika, aan die Noord-Atlantiese Oseaan, tussen Côte d'Ivoire
en Sierra Leone
Hoofstad:
Monrovia
Oppervlakte: 111 370 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
26 Julie 1847; is in 1821 deur die American Colonization Society gestig
as nedersetting vir bevryde Negerslawe uit die VSA; ’n republiek is in
1847 uitgeroep wat in 1862 deur die VSA erken is
Bevolkingstal:
3 786 764
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
inheemse Afrika-stamme 95% (waaronder Kpelle, Bassa, Gio, Kru, Grebo,
Mano, Krahn, Gola, Gbandi, Loma, Kissi, Vai.
Dei,
Bella, Mandingo en Mende), Amerikaanse
Liberiërs 2,5% (afstammelinge van bevryde slawe uit die VSA),
Kongo-mense 2,5% (afstammelinge van immigrante van die Karibiese Eilande
wat slawe was)
Godsdienste: inheemse gelowe 40%,
Christene 40%, Moslems 20%
Tale: Engels 20% (amptelik),
sowat twintig etniese groeptale, waarvan ’n paar as skryftale
bestaan en in korrespondensie gebruik word
Natuurlike hulpbronne:
ystererts, hout, diamante, goud, hidroëlektriese krag
Geldstelsel: 1 Liberiese dollar =
100 sent
|
Klik hier vir kaart van Uganda
UGANDA
Ligging:
Oos-Afrika, wes van Kenia
Hoofstad: Kampala
Oppervlakte: 236 040 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
9 Oktober 1962 (van Brittanje)
Bevolkingstal: 34 612 250 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Baganda 16,9%, Banyakole 9,5%, Basoga 8,4%, Bakiga 6,9%, Iteso 6,4%,
Langi 6,1%, Acholi 4,7%, Bagisu 4,6%, Lugbara 4,2%, Bunyoro 2,7%, ander
29,6% (2002-sensus)
Godsdienste:
Rooms-Katolieke
41,9%, Protestante 42% (Anglikaans 35,9%, Pinkster 4,6%,
Sewendedag-Adventiste 1,5%), Moslems 12,1%, ander 3,1%, geen 0,9%
(2002-sensus)
Tale: Engels (amptelik, onderrig in
skole, gebruik in howe en deur die meeste koerante en sekere
radiostasies), Ganda of Luganda (mees gebruikte taal van die Niger-Kongo-tale,
verkies vir publikasies in inheemse taal in die hoofstad en kan in
skole geleer word), ander Niger-Kongo-tale, Nilo-Sahara-tale, Swahili,
Arabies
Natuurlike hulpbronne:
koper, kobalt, hidroëlektriese krag, kalksteen, sout, bewerkbare grond
Geldstelsel: 1 Ugandese sjieling
= 100 sent
|
|
Klik hier vir kaart van Libië
LIBIË
Ligging:
Noord-Afrika, aan die Middellandse See, tussen Egipte en Tunisië
Hoofstad:
Tripoli
Oppervlakte: 1 759 540 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
24 Desember 1951 (van Italië)
Bevolkingstal:
6 597 960 (sluit 166 510 nie-burgers in) (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Berbers en Arabiere 97%, ander 3% (sluit in Grieke, Maltese, Italiane, Egiptenare,
Pakistani’s, Turke, Indiërs en Tunisiërs)
Godsdienste:
Soennitiese Moslems 97%, ander 3%
Tale: Arabies, Italiaans, Engels word
al drie goed verstaan in die vernaamste stede
Natuurlike
hulpbronne: petroleum, aardgas, gips
Geldstelsel: 1 Libiese dinar = 1
000 dirham
|
Klik hier vir kaart van
Wes-Sahara
WES-SAHARA
Ligging:
Noord-Afrika, aan die Noord-Atlantiese Oseaan, tussen Mauritanië en Marokko
Agtergrond: Marokko het in 1976 feitlik
die noordelike twee derdes van Wes-Sahara (voorheen Spaans-Sahara)
geannekseer en die res van die gebied in 1979, ná die onttrekking van
Mauritanië. ’n Guerrilla-oorlog waarin die Polisario Front Rabat se
soewereiniteit betwis, het in 1991 met ’n wapenstilstand geëindig;
’n referendum oor die finale status is al herhaaldelik uitgestel
Hoofstad: Geen
Oppervlakte: 266 000 vk. km
Bevolkingstal:
507 160
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Arabiere, Berbers
Godsdienste: Moslem
Tale: Hassaniya-Arabies, Marokkaanse
Arabies
Natuurlike hulpbronne:
fosfate, ystererts
Geldstelsel: 1 Marokkaanse dirham
= 100 centime
|
|
Klik hier vir kaart van
Madagaskar
MADAGASKAR
Ligging: Suidelike Afrika,
Afrika se
grootste eiland, in die Indiese Oseaan, oos van Mosambiek
Hoofstad:
Antananarivo
Oppervlakte: 587 040 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 26 Junie 1960 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
21 926 221
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Maleis-Indonesiërs (Merina en verwante Betsileo), Cotiers (van gemengde
Afrika-, Maleis-Indonesiese en Arabiese afkoms -- Betsimisaraka,
Tsimihety, Antaisaka, Sakalava), Franse, Indiërs, Kreole, Comorese
Godsdienste: inheemse gelowe 52%,
Christene 41%, Moslems 7%
Tale: Frans (amptelik), Malgasies (amptelik),
Engels
Natuurlike hulpbronne:
grafiet, chromiet, steenkool, aluminiumerts, sout, kwarts, teersande,
halfedelstene, mika, vis, hidroëlektriese krag
Geldstelsel: 1 Malgassiese frank = 100 centime
|
Klik hier vir kaart van Zambië
ZAMBIË
Ligging:
Suidelike Afrika, oos van Angola
Hoofstad: Lusaka
Oppervlakte: 752 614 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
24 Oktober 1964 (van Brittanje)
Bevolkingstal:
13 881 336
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Afrikane 99,5% (sluit in Bemba, Tonga, Chewa, Lozi, Nsenga, Tumbuka,
Ngoni, Lala, Kaonde, Lunda en ander Afrika-groeperings), ander 0,5%
(sluit in Europeërs, Asiërs en Amerikaners) (2000-sensus)
Godsdienste: Christene 50%-75%,
Moslems en Hindoes 24%-49%, inheemse gelowe 1%
Tale:
Bemba
(amptelik) 30,1%, Nyanja (amptelik) 10,7%, Tonga (amptelik) 10,6%, Lozi
(amptelik) 5,7%, Chewa 4,9%, Nsenga 3,4%, Tumbuka 2,5%, Lunda (amptelik)
2,2%, Kaonde (amptelik) 2%, Lala 2%, Luvale (amptelik) 1,7%, Engels
(amptelik) 1,7%, ander 22,5% (2000-sensus)
Natuurlike hulpbronne:
koper, kobalt, sink, lood, steenkool, smaragde, goud, silwer, uraan,
hidroëlektriese krag
Geldstelsel: 1 Zambiese kwacha =
100 ngwee
|
|
Klik hier vir kaart van Malawi
MALAWI
Ligging:
Suidelike Afrika, oos van Zambië
Hoofstad:
Lilongwe
Oppervlakte: 118 480 vk. km
Onafhanklikheid verkry: 6 Julie 1964 (van Brittanje)
Bevolkingstal:
15 879 252 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe: Chewa, Nyanja, Tumbuko, Yao, Lomwe, Sena, Tonga,
Ngoni, Ngonde, Asiate, Europeërs
Godsdienste: Christene 79,9%, Moslems
12,8%, ander 3%, geen 4,3% (1998-sensus)
Tale: Chichewa 57,2% (amptelik),
Chinyanja 12,8%, Chiyao 10,1%, Chitumbuka 9,5%, Chisena 2,7%, Chilomwe
2,4%, Chitonga 1,7%, ander 3,6% (1998-sensus)
Natuurlike hulpbronne:
kalksteen, bewerkbare grond, hidroëlektriese krag, onontginde neerslae
uraan, steenkool en aluminiumerts
Geldstelsel: 1 Malawiese kwacha =
100 tambala
|
Klik hier vir kaart van Zimbabwe
ZIMBABWE
Wat eenmaal die “broodmandjie van Afrika” was, het in die afgelope jare
verander in ’n bankrot land met
geweldige probleme op politieke, ekonomiese, sosiale en ander
gebiede. Zimbabwiërs het in hul hordes na Botswana en
Suid-Afrika gestroom om liggaam en siel aanmekaar te probeer hou en/of vervolging
vry te spring
Ligging:
Suidelike Afrika, tussen Suid-Afrika en Zambië
Hoofstad: Harare
Oppervlakte: 390 580 vk. km
Onafhanklikheid verkry:
18 April 1980 (van Brittanje)
Bevolkingstal:
12 084 304 (raming vir Julie 2011)
Etniese groepe: Afrikane 98% (Shona
82%, Ndebele
14%,
ander 2%),
van gemengde afkoms en Asiate 1%,
blankes minder as 1%
Godsdienste: sinkreties (vermening van
Christelike en inheemse gelowe) 50%, Christene 25%, inheemse gelowe
24%, Moslems en ander 1%
Tale: Engels (amptelik), Shona,
Sindebele (die taal van die Ndebele, soms Ndebele genoem), talle maar mindere
stamdialekte
Natuurlike hulpbronne:
steenkool, chroom-erts, asbes, goud, nikkel, koper, ystererts, vanadium,
litium, tin, metale van die platinum-groep
Geldstelsel: Zimbabwe se betaalmiddel
was die Zimbabwiese dollar,
maar weens hiperinflasie het dit niks meer werd geword nie en is dit in
April 2009 as betaalmiddel onttrek. Buitelandse geld soos die
Suid-Afrikaanse rand, pula van Botswana, pond sterling, euro en die
Amerikaanse dollar word nou vir alle transaksies gebruik.
|
|
Klik hier vir kaart van Mali
MALI
Ligging:
Wes-Afrika, suidwes van Algerië
Hoofstad:
Bamako
Oppervlakte: 1,24 miljoen vk. km
Onafhanklikheid verkry:
22 September 1960 (van Frankryk)
Bevolkingstal:
14 159 904
(raming vir Julie 2011)
Etniese groepe:
Mande 50% (Bambara, Malinke, Soninke), Peul 17%, Voltaic 12%, Songhai
6%, Tuareg en Moor 10%, ander 5%
Godsdienste: Moslems 90%, inheemse
gelowe 9%, Christene 1%
Tale: Frans (amptelik), Bambara 80%,
talle Afrika-tale
Natuurlike hulpbronne:
goud, fosfate, kaolien, sout, kalksteen, uraan, hidroëlektriese krag;
let wel: neerslae aluminiumerts, ystererts, mangaan, tin en koper is
bekend, maar word nie ontgin nie
Geldstelsel: 1 Communaute Financiere
Africaine-frank = 100 centime
|
Klik
hier om terug te keer na die inhoudsblad

|