KaartBritse vlag (Union Jack)

Toonaangewende lande van die wÍreld (1):
Die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-lerland

Brittanje
ó
die eeue van glorie

Die Britse verhaal is diť van ín klein eilandjie wat die wÍreld se magtigste staat geword hetóen toe weer van sy mag moes prysgee. Op sy toppunt het die Britse Ryk oor ín kwart van die aarde se oppervlak gestrek. Vandag is dit steeds ín gesogte land vir mense uit baie wÍrelddeleóook vir duisende Suid-Afrikaners wat in die jongste tyd hul heil daar gaan soek het...
  
ē Kaart deur CIA tot openbare besit verklaar
ē Plekname verafrikaans

Teks gedeeltelik uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld; opdatering deur Mieliestronk.com
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

B

RITTANJE ... die naam beteken soveel verskillende dinge vir verskillende mense. Vir ín vorige geslag van Afrikaners was dit diť van ín onwelkome veroweraaródie land van die tommies en die imperialiste met hul politiek van magsuitbreiding en wÍreldheerskappy.

Sů word egter lank nie meer hier aan Brittanje gedink nie. Die invloed van die Britse kultuur op die Suid-Afrikaanse lewenswyse was immers so verrykend dat ín mens jou kwalik ons land sonder al die enorme Engelse bydraes kan voorstel.

Wat meer sÍ: dat ín eilandstaat so klein soos omtrent twee derdes van ons Noord-Kaapóof ietwat groter as die Vrystaat en KwaZulu-Natal tesameó soveel invloed kon uitoefen dat hy die Engelse taal as diť groot wÍreldtaal kon vestig, is al genoeg rede om die Britse ondernemingsgees met die grootste agting te bejeŽn.

Britse parlement aan die TeemsREGS: ín Bastion van die demokrasieódie Britse parlement aan die Teems in Londen.

Foto: NASA

Maar hoe dink, sÍ nou maar, die toeris vandag aan Brittanje as ín land? Daar is ewe veel sienswyses vanweŽ die groot verskeidenheid wat dit bied.

 Vir liefhebbers van die stadslewe is dit byvoorbeeld ín plek van groot rooi busse, patrollerende konstabels genaamd "bobbies", helderrooi posbusse, moltreine, die Buckingham-paleis met die omruiling van die wagte, inkopies by Harrods...

Vir diť wat van ín stiller lewenswyse hou, is dit bekoorlike dorpies met strooidakhuise wat teen groen heuwels aanvly of tussen die varings skuil, ín kerk uit klip gebeitel en "Bed and Breakfast" om elke draai.

Vir die voetslaner roep Brittanje weer tonele voor die gees van golwende vlaktes met brŻe oor bruisende strome, silwer mere, wit skape op groen velde, heinings gedrapeer met blomme, herte en Europese ratels ("badgers") wat rondskarrel. En vir die navorser is daar die kastele uit die dae van die ou Noormanne, die bouvalle van forte wat die Romeine gebou het, pragwonings met die kosbaarste skatte...

Brittanje het so baie fasetteósy skoonheid, sy geskiedenis, sy baie prestasies in die kunste en op wetenskaplike en staatkundige gebiedódat ín beskrywing van alles nie net boekdele nie, maar hele biblioteke sal vul.

DIE Britse verhaal is diť van ín klein eilandjie wat die wÍreld se magtigste staat geword hetóen toe weer van sy mag moes prysgee.

In die agttiende eeu het die Britte die IndustriŽle Omwenteling begin en Brittanje die wÍreld se rykste fabrieksland gemaak. Hulle het die seŽ beheers en was die grootste handelaars op aarde. Teen 1900, ten tyde van die Anglo-Boereoorlog, het die Britse Ryk oor sowat ín kwart van die wÍreld gestrek.

Toe kom die twintigste eeuóen die skokke van twee verlammende wÍreldoorloŽ. Met die een ekonomiese krisis nŠ die ander het die ryk begin verbrokkel. Vandag is die Verenigde Koninkryk steeds ín toonaangewende nywerheids- en handelsland, maar nie langer die supermagtige wÍreldmoondheid wat hy eenmaal was nie.

Nogtans maak Brittanje steeds sy stem dik op die internasionale toneel. As een van die vyf permanente lede van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (saam met Amerika, Rusland, Frankryk en China), is hy geen tandelose bulhond op die wÍreldverhoog nie.

Hieronder word die land verder onder verskillende hofies beskryf. 

ē   AMPTELIKE NAAM: Die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-lerland.

Baie mense weet dit stellig nie, maar die "Great" in "Great Britain" verwys nie na ín groot moondheid nie, maar is gebruik omdat dit die grootste van die Britse eilande is en ook omdat onderskei moes word tussen hierdie groot eiland en Bretagne ("Brittany" of "Klein Brittanje").

Bretagne, oorkant die Engelse Kanaal, is ín westelike skiereiland van Frankryk, vroeŽr ín onafhanklike hertogdom, wat sowat 240 km ver in die Atlantiese Oseaan in die see insteek.

Die Romeine het die skiereiland in 56 v.C. binnegeval en daarna het dit ín Romeinse provinsie geword. In die vyfde en sesde eeu n.C., nadat die Romeine hulle onttrek het, het baie Britte (Keltiese inboorlinge van Brittanje), wat gevlug het vir die Germaanse Angele en Saksers wat hul vaderland binnegeval het, hulle in Noordwes-Frankryk gaan vestig. Hulle het die gebied Brittanje genoem, om dit te onderskei van Groot-Brittanje ("Grande Bretagne").

ē   GEBIED: Altesaam  244 820 vk. km (sluit 3 230 vk. km water en die eilande Shetland en Rockall in). Die kuslyn strek oor 12 429 km.

ē   SAMESTELLING: Die Verenigde Koninkryk, ook bekend as Groot-Brittanje of Brittanje, bestaan in werklikheid uit vier lande wat onder een regering verenig is, naamlik Engeland, Skotland, Wallis en Noord-lerland.

 

Engeland het al sedert die tiende eeu n.C. as ín verenigde entiteit bestaan; die eenwording van Engeland en Wallis, waarmee in 1284 ín begin gemaak is met die Statuut van Rhuddlan, is eers in 1536 met ín unifikasiewet geformaliseer. In nog ín unifikasiewet het Engeland en Skotland in 1707 ooreengekom om permanent as Groot-Brittanje te verenig.

 

Die wetlike vereniging van Groot-Brittanje en Ierland is in 1801 geÔmplementeer, toe die naam die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland aanvaar is. Met die Anglo-Ierse verdrag van 1921 is ín verdeling van Ierland geformaliseer. Ses Noord-Ierse graafskappe het as Noord-Ierland ín deel van die Verenigde Koninkryk gebly, en die huidige naam van die land,  te wete die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland, is in 1927 aanvaar.

   

Die tyd toe daar gesÍ is dat die "son nooit ondergaan oor die Britse Ryk nie" (omdat Brittanje soveel kolonies en besittings regom die aardbol gehad het) is lankal verby.

 

Ver en naby is daar darem nog flentertjies van ín verlore glorie oor. Die eilande Guernsey, Jersey en Man is kroonafhanklikes, wat beteken dat hulle met Brittanje verbind, maar nie deel daarvan is nie. Daar is ook etlike ander afhanklike gebiede, soos die Falkland-eilande en die eiland St. Helena.

Maar Brittanje het vermoŽnd en vooruitstrewend gebly, selfs sonder sy wÍreldryk. Die land het nie verniet alles nie, van ryke kultuurgoed tot natuurprag. Sů is Skotland die wÍreld van die legendariese held en koning Robert the Bruce ó van die vleisgereg haggis, van doedelsakke en Skotse whisky en die geruite wolstof tartan.

Dan is daar Wallis met sy steil berge en beknopte steenkoolmyndorpies, en Noord-lerland met sy onstuimige politiek, skouspelagtige kustonele en bisarre rotsformasies.

En Engeland. Met die wit kranse van Dover. Met reŽndeurdrenkte dorpies en antieke klipkerke en die universiteite van Oxford en Cambridge. Met swaar Devonshire-aksente. Met roomryke tee.

Hoewel baie van die stede oorbevolk raak en fabrieke die omgewing besoedel, het Brittanje hier in die begin van die 21ste eeu nog baie van die geroemde prag wat digters van weleer geÔnspireer het tot van die mooiste poŽsie wat ooit geskryf is.

Ruimtefoto van Brittanje en IerlandREGS: ín Ruimtefoto van Brittanje en Ierland.

Foto: GSFC / NASA

 

ē   HOOFSTAD: Londen (dis ook die grootste stad).

ē   VLAG: Die Union Jack, wat in 1801 amptelik aanvaar is.

ē   AMPSTAAL: Engels. Ander tale wat gepraat word: Wallies (sowat 26% van die bevolking van Wallis), Skotse vorm van Gaelies (ongeveer 60 000 in Skotland).

ē   VOLKSLIED: God Save the Queen (of King).

ē   BEVOLKING EN AFKOMS: 60 609 153 (raming vir Julie 2006 ). Die verskillende bevolkingsgroepe is blankes 92,1% (onder wie Engelse 83,6%, Skotte 8,6%, Wallissers 4,9%, Noord-Iere 2,9%), swartes 2%, IndiŽrs 1,8%, Pakistaniís 1.3%, gemengd 1,2% en andere 1.6% (volgens die sensus van 2001). Die meeste Britte is afstammelinge van talle vroeŽ volkere wat Brittanje binnegeval het. Dit sluit die Kelte, Romeine, Angele, Sakse, SkandinawiŽrs en Noormanne in. Sedert die laat vyftigerjare van die twintigste eeu het swerms immigrante uit Statebondslande hulle daar gaan vestig. In die jare sestig het Brittanje die jaarlikse immigrante-groei streng begin beperk. Baie Suid-Afrikaners wat tans in Brittanje is, is jong mense met tydelike permitte om daar te mag werk.

ē   GODSDIENSTE: Christelik (Anglikaans, Rooms-Katoliek, Presbiteriaans, Metodisties) 71,6%, Moslem 2,7%, Hindoe 1%, ander 1,6%, ongespesifiseer of geen 23,1% (2001-sensus).

ē   REGERING: ín Konstitusionele monargie. Die parlement bestaan uit ín HoŽrhuis en Laerhuis. Die monarg (tans koningin Elizabeth II) is die staatshoof, maar die uitvoerende gesag setel in ín kabinet van ministers. Die monarg stel ín premier aan, wat die leier van die meerderheidsparty in die Laerhuis is.

Koningin Elizabeth ontvang ín ruiker tydens ín besoek aan die Johnson-ruimtesentrum in AmerikaREGS: Koningin Elizabeth van Brittanje ontvang ín ruiker tydens ín besoek aan die Johnson-ruimtesentrum in Amerika. Die foto is deur die Amerikaanse ruimte-agentskap NASA beskikbaar gestel. Die Britse monargie en vorstehuis is so ín integrerende deel van die Britse kulturele besit dat die afskaffing daarvan vir baie mense ondenkbaar is. Siniese waarnemers sÍ weer dat die Britse toerismebedryf in elk geval nie daarsonder sal kan klaarkom nie!

Foto: NASA (ietwat gewysig)

Die Britse HoŽrhuis (House of Lords) bestaan uit nagenoeg 500 lords met nie-oorerflike titels, 92 lords met erftitels en 26 geestelikes. In die Britse Laerhuis (House of Commons) is daar sedert die verkiesing van 2005 altesame 646 setels. Lede van die Laerhuis word deur algemene stemreg vir ín termyn van vyf jaar gekies, tensy die Laerhuis voor die tyd ontbind.

Koningin Elizabeth II is al sedert 6 Februarie 1952 die staatshoof. Die troonopvolger is haar seun prins Charles, wat op 14 November 1948 gebore is.

ē   BUITELANDSE SAKE: Brittanje is een van die vyf permanente lede van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies en ín stigterlid van sowel die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) as die Statebond. Die land kyk nog die kat uit die boom oor hoe en of hy moet integreer met ín kontinentale Europa wat Šl meer na vereniging neig. Tot dusver het die Britte vasgeskop en byvoorbeeld nog nie die euro as die amptelike geldeenheid in die plek van hul pond aanvaar nie.

ē   GEOGRAFIE: 

 Hoofstreke van die Verenigde Koninkryk:

Kaart: natuurstreke van BrittanjeDIE Verenigde Koninkryk se grondgebied kan in agt hoofstreke ingedeel word:

(1)  Die Skotse Hooglande ("Highlands"), ín streek van berge, plato's en valleie in Noord-Skotland. Die hooglande is meestal ín heiveld, met ru-gras, ín paar klein boompies en laaggroeiende, immergroen Skotse heidestruike. Die hoogste punt op die Britse eilande is hier geleŽóBen Nevis (1343 m).

(2)  Die Sentrale Laaglande, suid van die Skotse Hooglande. Dit bestaan uit sagte, golwende vlaktes en bevat Skotland se beste plaasgrond en rykste steenkoolneerslae.

(3)  Die Suidelike Hooglande ("Uplands"), suid van die Sentrale Laaglandeóín streek van golwende heuwels waar skape wei. In die suide is die Cheviot Hills, wat die grens tussen Skotland en Engeland vorm.

(4)  Die Penniniese gebergte (Pennines), ín hooglandstreek met ryk steenkoolneerslae teen die hange. Na die weste lÍ die beroemde Merestreek ("Lake District").

(5)  Wallis, wat meestal deur die Kambriese Gebergte oordek word. Die meeste mense woon op die smal kusvlaktes of in die diep, groen valleie van Suid-Wallis, aangesien die res van die land te steil vir gesaaides is. Wallis het groot steenkoolneerslae in die suide.

Soldate van die Skotse Hooglande in tradisionele drag(6)  Die Suidwestelike Skiereiland, suid van Wallis. Dit is ín plato waarvan die oppervlak deur groot massas graniet gebreek word. Naby die kus eindig die plato meestal skielik in manjifieke kranse wat bokant die see uittroon. Klein vissersdorpies lÍ in beskutte baaie langs die kus. Die sagte winters en nie te droŽ somers dra by tot die belangrikheid van die landbou, en boere kweek groente en hou melkbeeste aan. VanweŽ sy skoonheid en klimaat lok die streek jaarliks baie kunstenaars en honderdduisende vakansiegangers.

(7) Die Engelse Laaglande beslaan die hele Engeland suid van die Pennines en oos van Wallis en die Suidwestelike Skiereiland. In hierdie streek is die meeste van Brittanje se bewerkbare plaasgrond, fabrieke en mense. Die laaglande bestaan meestal uit breŽ, sag golwende vlaktes, hier en daar onderbreek deur lae heuwels en bulte. Die land is meestal ín lappieswerk van velde en weilande, begrens deur hoŽ hegge, klipheinings of rye bome.

In die middel van die Engelse Laaglande is ín grasvlakte wat die Middelland (die "Midlands") genoem word. Hier is die industriŽle hart van Brittanje en lÍ stede soos Birmingham en Wolverhampton. Suid van die Middelland strek ín reeks heuwels en valleie na die vallei van die Teemsrivier. Londen, die Britse hoofstad en groot handel- en kultuursentrum, lÍ aan diť rivier. Suid van die Teems is lae krytheuwels en valleie, wat groot wit kranse vorm waar hulle en die see mekaar ontmoet. Die beroemdste rotswande is naby Dover.

REGS: Die beroemde "white cliffs of Dover".

Foto met vergunning van Dover District Council

(8) Noord-lerland vorm die agtste streek. Dit is ín wÍreld van lae berge, diep valleie en vrugbare laaglande. Die vernaamste natuurlike hulpbronne is ryk landerye en weilande, en die land word meestal vir gesaaides of vee gebruik. Sowat ín vyfde van die Noord-Iere woon in die hoofstad, Belfast.

ē  KLIMAAT: Brittanje het ín gematigde klimaat. Dit word deur die Golfstroom beÔnvloed, ín warm seestroom wat uit die Golf van Mexiko kom en al langs Noord-Europa vloei. Gereelde suidwestewinde waai oor hierdie stroom en bring warmte in die winter. In die somer is die seewater koeler as die land. Die winde waai oor die water na Brittanje as verkwikkende briese. In Brittanje reŽn dit die hele jaar, en dit gebeur selde dat enige deel van die land langer as drie weke geen reŽn kry nie.

ē   RIVIERE EN MERE: Die langste riviere is onder meer die Severn (354 km) en Teems (346 km). Baie Britse riviere het breŽ mondings waarin die seegetye opstoot. Dit vorm uitstekende hawens. Bristol, Hull, Liverpool, Londen en Southampton is van die belangrike hawens wat aan of naby sulke mondings lÍ.

Lough Neagh in Noord-lerland is die grootste meer van die Britse eilande. Dis sowat 29 km lank en ongeveer 18 km breed. Loch Lomond in Skotland is die grootste meer op die eiland van Groot-Brittanje en is nagenoeg 35 km lank en 7,2 km op sy breedste.

ē   EKONOMIE: Die Verenigde Koninkryk, ín toonaangewende handelsmoondheid en finansiŽle sentrum, is een van die vyftal makro-ekonomieŽ van Wes-Europa. Die belangrikste bedrywe is diť van yster en staal, motorvoertuie, elektronika en elektriese ingenieurswese, tekstielware en klerasie, vliegtuie en verbruikersgoedere. Die Britse nywerhede steun swaar op ingevoerde onverwerkte materiaal.

Daarbenewens is die landbou intensief, hoogs meganiseerd en word sowat 60% van die voedselbehoeftes met minder as  2% van die arbeidsmag geproduseer. Die ekonomie is een van die sterkstes in Europa, en inflasie, rentekoerse en werkloosheid bly laag.

Die land is selfonderhoudend wat petroleum (uit die Noordsee) betref en het belangrike reserwes van aardgas en steenkool, ofskoon die steenkoolbedryf kwyn namate die lae in tradisionele ontginningsgebiede onekonomies raak.

Aangesien Brittanje so ín vername handelsland is, is Londen dan ook een van die wÍreld se toonaangewende bank-, finansiering- en versekeringsentrums, en die "onsigbare verdienstes" uit hierdie dienste lewer ín belangrike bydrae tot die uitvoere. Toerisme is nog ín groot verdiener van valuta.

Wat boedery aanbetref, word meestal met skape en beeste geboer. Saaiboerdery word veral in die ooste beoefen, waar die vernaamste gewasse gars, koring, aartappels en suikerbeet is. Baie Britse boere pas gemengde boedery toe, dit wil sÍ hulle verbou verskillende gewasse, maar boer ook met vee.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie reeks oor toonaangewende lande van die wÍreld

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad