Nederland

Blommesee agter die dyke

 

Bolblomme op n beboude land... die middelste rye is in die kleure van die Nederlandse vlagVlag van Nederland

 

Toonaangewende lande van die wreld (3): Koninkryk van die Nederlande

 

Nederland... se van blomme onderkant seevlak. As blommetooi n Olimpiese sport was, het iemand al ges, sou di land loshande al die medaljes gewen het. En vir die Nederlanders is blommekwekery inderdaad n wetenskap. Die kosbare bloemen word nougeset versorg, en gedurig word getrag om spesies te veredel en nuwe soorte te skep. Maar soveel vlyt verwag jy mos van n volk wat hul eie land geskep hetdeur dit stuk-stuk oor eeue heen van die see af te rokkel...

 

Foto bo: U.S. Government Export Portal

 



    

Hoofteks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Wreld; opdatering deur Mieliestronk.com
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

Kaart hieronder uit World Factbook vsn die CIA, wat dit tot openbare besit verklaar het
   

  
KaartONS taal se wortels l hierook die plekke op die polders en tussen die windmeulens waar ons vroegste Europese volksplanters eenmaal gewoon het. Hiervandaan het Jan van Riebeeck immers heengevaar om n verversingspos aan die Kaap te gaan stig, wat sou groei tot n kolonie en uiteindelik tot die land Suid-Afrika.

 

Hier woon die Nederlanders. Arbeidsaam en welvarend. Kwekers van tulpe en bouers van dyke en volhardende vegters teen die see.

 

Sedert die Middeleeue moes die mense van Nederland teen die see se waters stry om grond en weilande te herwin ten einde hul alte klein landjie te vergroot.

 

Vandag is meer as twee vyfdes van Nederland grond wat eers onder water was.

 

Drooglegging
 

Drooglegging

Die IJsselmeer,  n vlak varswatermeer in Noord-Nederland, is n deel van n langtermyn-projek om grond van die see te win. Die meer is in 1932 gevorm met die voltooing van die IJsselmeer-damwal oor die gewese Zuider Zee, wat n inham van die Noordsee was. n Deel van die oorspronklike 3691 vk. km van die IJsselmeer is drooggel en is nou bewerkbare grond. Sulke gewonne gebiede staan bekend as polders.

Die fotos hierbo illustreer hoe daar in die vroe jare met die drooglegging gevorder is. Op die foto LINKS BO is die eiland Urk soos dit in 1938 in die Zuider See gelyk het toe net 'n aantal vissers nog hier n bestaan gevoer het. Op die foto REGS BOin 1949 geneemis Urk geen eiland meer nie... en is daar landerye wat n bedrywige gemeenskap onderhou.

 

Fotos: U.S. Library of Congress

 

Die blote naam Nederland vertel n mens reeds dat dit n land is wat laag l. (Die Holland waarvan baie mense praat, is nie regtig Nederland nie, maar slegs n gebied aan die Nederlandse weskus.)

 

Die land is werklik een groot vlakte. Die gemiddelde hoogte is slegs sowat 12 m bokant seevlak, en n groot deel van die land sou met elke springgety oorstroom gewees het as dit nie vir die indrukwekkende stelsel van dyke was wat oor honderde jare gebou is nie.

 

Hier keep strome en kanale deur landerye vol helder tulpe, met windmeulwieke wat stadig in die seebries wentel. Netjiese dorpies l gesprinkel oor die land. Dis ook n wreld van prettige volksfeeste en Middeleeuse kastele.

 

REGS: Water en weelde... n toneeltjie rens in Nederland.

 

Foto: U.S. Government Export Portal

 

REGS ONDER: n Nederlandse windmeul.

 

Foto: U.S. Environmental Protection Agency (EPA) 

Water en weelde... n toneeltjie rens in Nederland

Nederlandse windmeul   
Maar daarby is Nederland ook n dinamiese fabrieksland. Hy het ten volle herstel van die verwoesting van die Tweede Wreldoorlog en die verlies van sy oorsese kolonies.

 

Suksesvol in die landbou, fabriekswese, handel en verskeping, geniet die Nederlanders n ho lewenstandaard.

 

En hulle is beroemd vir hul netheid. Hoewel hul klein landjie een van die digs bevolkte lande ter wreld is, het die vlyt en trots van die Nederlandse volk dit vry gehou van die smerige toestande wat in ander oorbevolkte lande voorkom.

 

   AMPTELIKE NAAM: Koninkrijk der Nederlanden.

 

   OPPERVLAKTE: 41 785 km (binnelandse water ingesluit).

 

   HOOFSTAD: Amsterdam, hoewel die regering en administrasie in Den Haag gesetel is.

 

   VLAG: Die huidige vlag is omstreeks 1630 in gebruik geneem.

 

   AMPTELIKE TAAL: Nederlands. (Fries word in die noordelike provinsie Friesland gepraat.)

 

   VOLKSLIED: Wilhelmus van Nassouwe.

 

   MUNT: Die euro is n aantal jare gelede in die stad Maastricht in Suid-Holland gebore toe n verdrag te dien effekte onderteken is. In Januarie 2002 het die Nederlanders finaal vaarwel ges aan hul ou gulde, waarvan die wortels tot doer in die Middeleeue strek. Die "pyn" is darem versag deurdat die Nederlandse regering agt euro-muntstukke pasella aan almal bokant ses jaar gegee het om hulle met die nuwe geld vertroud te maak.

 

   BEVOLKING: 16 491 461, volgens n raming vir Julie 2006. Kort voor die jongste eeuwisseling is bereken dat daar 83% Nederlanders en 17% mense van ander nasionaliteite in die land is (van wie 9% van nie-Westerse oorsprong is, meestal Turke, Marokkane, Antilliane, Surinamers en Indonesirs).

 

   GODSDIENSTE: Rooms-Katoliek 31%, Nederlands Gereformeerd 13%, Calvinisties 7%, Moslems 5,5%, ander 2,5%, geen 41% (2002). Dat daar so n groot persentasie nie-gelowiges in die land is, is uiteraard vir baie Christene kommerwekkend.

 

   REGERING: Nederland is n konstitusionele monargie met n demokratiese regering. Die 75 lede van die Eerste Kamer van die State-Generaal word vir n termyn van 6 jaar deur die 12 provinsiale rade gekiesmet die helfte van die lede wat elke 3 jaar uittree. Die 150 lede van die Tweede Kamer word vir 4 jaar gekies by wyse van algemene volwasse stemreg volgens n stelsel van proporsionele verteenwoordiging. Die staatshoof, wat n koning of koningin kan wees (tans koningin Beatrix), stel n eerste minister aan, wat die meeste steun in die State-Generaal geniet. Die eerste minister stel op sy beurt n kabinet saam.

 

   AFHANKLIKE GEBIEDE: Aruba, n Karibiese eiland, en die Nederlandse Antille, twee eilandgroepe wat ook in die Karibiese See l, vorm ook deel van die Koninkryk van die Nederlande.

 

   GEOGRAFIE: Daar is vier hooflandstreke en n delta.

 

[]   Die Duine. Hierdie sanderige gebied, tussen 4,6 en 7,6 m bokant seevlak, kan nie veel plante of boerdery onderhou nie.

 

[]   Die Polders l meestal onderkant seevlak en word deur sandduine of deur dyke teen die see beskerm. Hierdie gebied beslaan meer as twee vyfdes van die land.

 

[]   Die Sandvlaktes. Vir die grootste gedeelte minder as 30 m bokant seevlak, bestaan dit uit vlaktes met sandbulte wat n golwende landskap skep. Die grond is onvrugbaar, rnaar bemesting maak landbou moontlik.

 

[]   Die Suidelike Hooglande is die hoogste van die landstreke. Die hoogste punt, Vaalserberg (321 m), is naby Maastricht. Die grond is vrugbaar en geskik vir die kweek van vrugte.

 

[]   Delta. n Groot deel van die suidwestelike deel van Nederland bestaan uit eilande en skiereilande in die Noordsee. Hierdie moerasagtige gebiede l in n delta wat deur die riviere Maas en Schelde en takke van die Ryn gevorm word.

 

Die Nederlandse kus is egter reguit gemaak deur seewerings wat Zeeland in die suidweste beskerm, asook die afsluiting van die IJsselmeer in die Noorde.

 

   RIVIERE: Die 950 km lange Maas en die Ryn van 1320 km is belangrike waterwe. Kanale verbind hulle met ander riviere en kanale om n vervoernetwerk te vorm.

 

   KLIMAAT: Die land het n gematigde seeklimaat, met koel somers en milde winters. Daar is geen berge wat die winde keer nie, met die gevolg dat daar nie groot klimaatsverskille tussen die verskillende streke is nie.

 

   EKONOMIE: Hoewel hulle min natuurlike hulpbronne hetmet die uitsondering van aardgasis die Nederlanders welvarend. Die landbou en tuinbou is hoogs gemeganiseer met die klem op suiwelboedery en kweekhuis-gewasse, veral blomme.

 

Kosverwerking is n belangrike bedryf, en die land is n toonaangewende uitvoerder van kaas. Die vervaardigingswese sluit chemiese aanlegte, petroleumraffinaderye en metallurgiese en elektriese ingenieurswerke in. Onverwerkte stowwe word ingevoer deur Rotterdam, die grootste hawe ter wreld, wat ook n groot deel van Wes-Europa bedien. Die bank- en geldwese is goed ontwikkel.

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie reeks oor toonaangewende lande van die wreld

  


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad