Opskrif: ItaliŽ: Land van passie en pizza!

Brug van Sugte in VenesiŽ

Italiaanse vlag

Toonaangewende lande van die wÍreld (4): Italiaanse Republiek


Die Italiane is hartstogtelike mense, vol emosie, uitwaarts, wilwillend,
maar ook wroegendóen ewe driftige liefhebbers van pasta en pizza! Die Brug van Sugte in VenesiŽ [foto HIERBY] is nogal ín toonbeeld van die Italiane se emosionele natuur. Daar, in die bekende bouwerk hoog bokant die smal kanaal tussen die Dogepaleis en die ou gevangenis, sou die ĎĎsugteíí van veroordeeldes opgestyg het wanneer hulle oor die brug hul droewige lot tegemoet geloop het. Sů is die hele ItaliŽ ook ryk aan boeiende verhale en legendesó terwyl die land verder self met ín ryke verskeidenheid van besienswaardighede kan spog...  

 



    
Hoofteks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld; opdatering deur Mieliestronk.com
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

 

KaartKaart van die CIA uit hul World Factbook wat tot openbare besit verklaar is (ďin the public domainĒ). Plekname verafrikaans.

 

SOOS ín knewel van ín steweló sů sit hy mos daar onderaan Europa. Dan mik hy boonop om ín voetbal (SiciliŽ) tot diep in die Middellandse See te skop!

 

En praat van ín ryke verskeidenheid. ItaliŽ het dit. Van sonnige strande tot granietberge met sneeu op die kruine, van velde tot vulkane... om van sy klassieke kunsskatte nie eens te praat nie.

 

Wit huise wat hurk teen rotsagtige steiltes; die ruÔnes van ou vestings; opelug-restaurante; die kleurrykste stede soos Rome, die middelpunt van die antieke wÍreld, of Florence, setel van die Renaissance-kunstenaars, of VenesiŽ, die stad op water.

 

Florence

 

BO: Florence, die setel van die ou
Renaissance-kunstenaars.

    

Foto: GSFC / NASA

 

Ruimtefoto van VenesiŽ

 

BO: ín Ruimtefoto van VenesiŽ,
die
stad op water.

  

Foto: ESA, PROBA / GSFC / NASA

 

    

Dan is daar ook nog Assisi, die tuiste van die heilige Franciscus, of Pompeji, waar ons vandag steeds kan sien hoe die Romeine byna tweeduisend jaar gelede gelewe het. Noem maar op.

 

Geen wonder die beroemde Engelse skrywer Charles Dickens is tydens sy reise geÔnspireer om van ItaliŽ se "full and awful grandeur" te skryf nie...

 

ē   AMPTELIKE NAAM: Repubblica Italiana (Italiaanse Republiek).

 

ē   OPPERVLAKTE: Altesaam 301 230 vk. km (sluit SardiniŽ and SiciliŽ in). Die landoppervlakte is 294 020 vk. km, terwyl 7210 vk. km water is.

 

ē   HOOFSTAD: Rome. Dit is ook die land se grootste stad en, vir toeriste, een van die gewildste stede in Europa. Twintig eeue gelede was dit die sentrum van die magtige Romeinse Ryk.

 

Bouvalle in Rome van die Romeinse Forum

 

BO: Bouvalle in Rome van die Romeinse Forum, waar die groot Romeinse volksvergaderings destyds plaasgevind en sprekers die skare van rostra af toegespreek het. Dit was ín gebouekompleks van tempels, seremoniŽle boŽ en openbare geboueódie politieke, godsdienstige en kommersiŽle sentrum van ou Rome.

Drie fotoís saamgeheg deur B.J. Samelsonjones, wat die kopiereg daarop opgehef en dit tot openbare besit (ďpublic domainĒ) verklaar het

ē   VLAG: Die Italiaanse vlag is deur Napoleon ontwerp. Hy het die blou van die Franse vlag deur groen, sy gunsteling-kleur, vervang. Dit is die eerste keer in 1796 gebruik deur Italiane wat hom gesteun het.

 

ē   AMPTELIKE TAAL: Italiaans. Ander tale: Minderhede praat onder meer Duits, Frans, Sloweens, Grieks en Albanees.

 

ē   VOLKSLIED: Fratelli d'ltalia (Broers van ItaliŽ).

 

ē   MUNT: Die euro. Die einde van die lire (sedert 1860) is in Januarie 2002 met ín groot vuurwerkvertoning in Rome gevieró en baie Italiane het ín sug van versugting geslaak oor die laaste sien van die blikkantien. Hul verwarrende geldnote was maar altyd gelaai met hopeloos te veel nulle, soseer dat omtrent elkeen in die land ín "miljoenÍr" kon wees!

 

ē   BEVOLKING: Volgens ín raming  vir Julie 2006 was die bevolking 58.133.509, terwyl daar sowat sestien jaar vroeŽr, in 1990, ín geraamde 57. 380. 000 mense wasódie toename was dus baie opmerklik kleinerig oor ín betreklike lang tyd. Wat meer sÍ, sedert die middel van die tagtigerjare het ItaliŽ se bevolking kwalik ín beduidende jaargroei getoon. Ńl minder gesinne het meer as twee kinders.

 

Sowat 98 persent van ItaliŽ se mense is etniese Italiane. ín Aantal Duitsers woon in die Trentino-Alto Adige-streek en Slowene in die Trieste-gebied. Daar is ín aantal Franse in die DíAosta-valleistreek.

 

ē   GODSDIENS: Sowat 90% is Rooms-Katoliek (sowat ín derde is getroue kerkgangers); daar is ook Protestantse en Joodse gemeenskappe en ín groeiende immigrante-gemeenskap van Moslems.

 

ē   REGERING: ItaliŽ het ín parlementÍre demokrasie. Die staatshoof is die president, wat vir sewe jaar verkies word. Hy (of sy) mag die parlement ontbind en nuwe verkiesings uitskryf. Hy is ook die bevelhebber van die weermag en kan oorlog verklaar. Die president stel ín premier aan, wat ín regering saamstel. Die parlement het twee huise wat vir vyf jaar gekies word: die Senaat en die Kamer van Afgevaardigdes. Elk van die twintig streke van ItaliŽ het sy eie streekregering.

 

ē   GEOGRAFIE: ItaliŽ het agt streke:

 

(1) Die Alpynse Hang, wat oor die noordelikste deel van ItaliŽ loop. Dit bestaan uit groot berge en diep valleie, bedek met woude van beuke-, eike en kastaiingbome op die laer vlakke, en grasvelde en naaldboomwoude hoŽr op. Net lae bosse groei verder boontoe en op die hoogste bergkruine is slegs rotse en gletsers.

 

HidroŽlektriese installasies langs Alpynse riviere lewer die meeste van ItaliŽ se elektrisiteit. Die mense van die Alpynse streek woon in klein, verspreide gemeenskappies en is landbouers en herders. Die Alpe lok ook baie skiŽrs.

 

(2) Die Po-vallei is ín breŽ vlakte tussen die Alpe in die noorde en die Apennyne in die suide. WaterweŽ wat gevoed word deur smeltende sneeu uit hierdie berge, deurkruis die valleie en loop in die Po-rivier.

 

Die Po-vallei is die rykste en modernste landboustreek in ItaliŽ en byna al sy grond word bewerk. Dit is ook ItaliŽ se digs bevolkte gebied, met baie stede en steeds meer nywerheidsvoorstede. Stede sluit in Milaan en Turyn.

 

(3) Die Adriatiese Vlakte is ín klein strekie noord van die Adriatiese See. Die oostelike helfte, die Carso-plato, is ín kalksteengebied waarop daar nie geboer kan word nie.

 

(4) Die Apennyne loop byna dwarsdeur die lengte van ItaliŽ. Die noordelike dele bevat baie weiveld en van die grootste woude in die land. Die sentrale dele het vrugbare plaasgrond en weilande. In die suidelike Apennyne is die armste deel van ItaliŽ, van Molise tot Calabria. Sy plato's en hoŽ berge bied min natuurlike hulpbronne.

 

(5) ApuliŽ en die Suidoostelike Vlakte vorm die "hak" van die stewelvormige Italiaanse skiereiland. Hierdie streek bestaan uit plato's wat as kranse in die Middellandse See eindig.

 

Dit het baie groot landgoedere en lewer meer olyfolie as enige ander Italiaanse streek. Vissery is belangrik langs die kus. Bari en Taranto, twee hawestede, is die vernaamste nywerheidsentrums.

 

(6) Die Westelike Hooglande en Vlaktes strek langs die Tirrheense See van La Spezia, ín hawestad net suid van Genua, suidwaarts verby Napels en Salerno. Dit is ín ryk landboustreek, wat met produksie net deur die Po-vallei oortref word.

 

Die noordelike deel sluit die ryk heuwelwÍreld van Toskane en UmbriŽ in. Hierdie gebied is veral bekend om sy graan en vee. Die suidelike deel sluit Rome en Napels in. Die vlakte langs die kus is dig bevolk.

 

In die warm klimaat van die kusvlaktes kweek die boere appelkose, kersies, suurlemoene, perskes en groente. Wingerde is oral.

 

(7) SiciliŽ word deur die Straat van Messina van die hoofland geskei. Hier is berge en vlaktes. Die berg Etna, een van die grootste aktiewe vulkane ter wÍreld, oorheers die landskap van Noordoos-SiciliŽ.

 

NASA-ruimtefoto: uitbarsting van die berg Etna op die eiland SiciliŽREGS: ín Dramatiese ruimtefoto van die Amerikaanse ruimte-agentskap NASA toon hoe die atmosfeer met vulkaan-rook besoedel word deur ín uitbarsting van die berg Etna op die eiland SiciliŽ.

 

Ernstige erosie, deels veroorsaak deur die skoonmaak van woude, het al die landbou erg geknou en die verkeer in binnelandse gebiede in die nat seisoen belemmer. Koringboerdery en skaap- en bokteelt is belangrik in die binneland. SiciliŽ het die grootste visbedryf in ItaliŽ.

   

(8) SardiniŽ is ín eiland wes van die Italiaanse skiereiland in die Tirrheense See. Sy landskap word oorheers deur berge en hoŽ plato's.

 

Veeboerdery is belangrik in die berggebiede. Die enigste goeie landbougrond is op die laagliggende kusvlaktes, waar graangewasse, artisjokke en druiwe gekweek word.

 

ē   KLIMAAT: ín Mediterreense klimaat met warm, droŽ somers en sagte winters. SiciliŽ en SardiniŽ neig om warmer en droŽr as die hoofland te wees. Die Alpe en die Po-vallei het kouer, natter winters.

 

ē   EKONOMIE: Die kapitalistiese ekonomie bly verdeel in ín ontwikkelde industriŽle noorde, oorheers deur private maatskappye, en ín minder ontwikkelde boerewÍreld in die suide, met 20% werkloosheid.

 

Die goed ontwikkelde nywerhede in Noord-ltaliŽ, wat maklik met die res van Europa kan skakel, sluit aanlegte vir elektriese en elektroniese goedere, motorvoertuie en fietse, tekstielware, klerasie, leergoedere, sement, glas, porselein en keramiek in. Die noorde is ook ín belangrike geld- en bankstreek, en Milaan is die kommersiŽle hoofstad van ItaliŽ.

 

Die suide, daarenteen, lewer druiwe, suikerbeet, koring, mielies, tamaties en sojabone. Die meeste plase is kleinó en baie boere in die suide hou nie van veranderings nie. Die inkomstes in Suid-ltaliŽ is in die reŽl dus aansienlik minder.

 

Die landbou in die noorde is meer gemeganiseer. Die vernaamste gewasse is onder meer koring, mielies, rys, druiwe, vrugte en voergewasse vir melkbeeste.

 

Buiten klip, veral marmer, en Alpynse riviere wat vir hidroŽlektriese krag ingespan word, het ItaliŽ min natuurlike hulpbronne. Die meeste van die onverwerkte stowwe wat die fabrieke nodig het en meer as 75% van die energie-benodigdhede word ingevoer.

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie reeks oor toonaangewende lande van die wÍreld
 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad