Kaart van die VSA

Toonaangewende lande van die wÍreld (6): Verenigde State van Amerika

  

Amerika

Smeltkroes van die nasies

 

Vryheidstandbeeld (Statue of Liberty)Sedert 1886 hou sy haar gloeiende fakkel omhoogódie beroemde Amerikaanse Vryheidstandbeeld (Statue of Liberty) [REGS] op Liberty Island, New York. Diť standbeeld, wat deur die Franse aan die Amerikaners geskenk is, is ín volmaakte voorstelling van die volk wat dit in ontvangs geneem het: mense wat met hart en siel die gees van vryheid en geleenthede najaag...

 

Foto: US National Park Service Digital Image Archives (detail)

 

Groot kaart bo-aan van die CIA uit hul World Factbook wat tot openbare besit verklaar is (ďin the public domainĒ). Plekname verafrikaans.

Hoofteks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld; opdatering deur Mieliestronk.com
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

      



   


Gee my jul armes, gee my jul
vermoeides,
Jul skares wat so dring om lug te kry,
Die droewe uitskot van vervuilde strande.
Stuur hul, gebeuk en dakloos, hier na my.

DIE woorde hierbo weerspieŽl die wese van Amerika. Dit is ín vertaalde weergawe van ín deel van ín gedig op ín bronsplaket onderaan die bekende Vryheidstandbeeld op Liberty Island, New York.

 

Dit verwys na ín nasie wat deur uitgewekenes gebou isómense wat van oral oor die wÍreld op die land van geleenthede toegesak het, hunkerend na ín beter lewe.

 

Moeg vir die politieke, godsdienstige en maatskaplike beperkings in hul vaderlande, het hulle vryheid in die Nuwe WÍreld kom soek.

 

Uit dertien Engelse kolonies aan die Atlantiese kus het die Verenigde State van Amerika gegroei tot ín reus onder die reuseó48 state wat die Noord-Amerikaanse vasteland oorspan, plus nog Alaska en Hawaii, altesaam 50 state.

 

As toonaangewende wÍreldmoondheid het die VSA sedert die 1890ís voortdurend sy invloed uitgebrei, toe die land die eerste keer sy aandag op gebeurde buite die grense van Noord-Amerika toegespits het.

 

Geskiedkundiges sal ook die laaste helfte van die twintigste eeu aanteken as die tyd toe Amerika en die nou verbrokkelde Sowjet-Unie as die twee magtigste lande op aarde in die hewige Koue Oorlog gewikkel was.

 

En die Amerikaanse prestasie om die eerste mense op die maan te laat land, word dekades later steeds met die grootste verwondering onthou.

 

Maar dis eintlik onmoontlik om selfs net die hoogtepunte van die Amerikaanse verlede en hede in ín kort artikel soos hierdie uit te lig. Wat meer sÍ, ín enkele aspek soos byvoorbeeld die Amerikaanse rolprentwese sal ín hele biblioteek kan vul.

 

John WayneREGS: John Wayne, ín legendariese rolprentster van weleer. Hy kan beskou word as ín uitstekende verteenwoordiger van die rolprentkultuur sowel as die cowboy-kultuur van die VSA.

 

Foto: hoover.archives.gov

 

Die Mieliestronk-werf is nietemin vol verwysings na onder meer Amerikaanse ruimteprestasies en ander bedrywighede. Die belangstellende leser kan verder daaroor lees deur ons inhoudsblad te raadpleeg en/of ons soekfunksie te benut.

  


State van die VSA

State van die VSA
(Engelse spelwyse meestal behou, soos deesdae meermale gedoen word ter wille van eenvormigheid. Pennsylvania word dus nie verafrikaans tot PennsilvaniŽ nie. Die enigste uitsondering is KaliforniŽ.)
   
Kaart: U.S. Department of Labor van hul webtuiste by http://www.dol.gov/index.htm (ďpublic domainĒ)
    
Wat die afkortings op die kaart beteken:
    

AL = Alabama 
AK = Alaska
AZ = Arizona
AR = Arkansas
CA = KaliforniŽ (California)
CO = Colorado
CT = Connecticut
DC = Washington, District of Columbia 
DE = Delaware
FL = Florida
GA = Georgia
HI = Hawaii
ID = Idaho
IL = Illinois
IN = Indiana
IA = Iowa 
KS = Kansas
KY = Kentucky
LA = Louisiana
ME = Maine 
MD = Maryland
MA = Massachu-
setts
MI = Michigan
MN = Minnesota 
MS = Mississippi
MO = Missouri
MT = Montana
NE = Nebraska 
NV= Nevada
NH = New Hampshire
NJ = New Jersey
NM = New Mexico
NY = New York
NC = North Carolina
ND = North Dakota
OH = Ohio 
OK = Oklahoma
OR= Oregon
PA = Pennsylvania
PR = Puerto Rico 
RI = Rhode Island
SC = South Carolina
SD = South Dakota
TN = Tennessee 
TX = Texas
UT = Utah
VT = Vermont
VA = Virginia 
WA = Washington
WV = West Virginia
WI = Wisconsin
WY = Wyoming

    
Ou trekkers met hul waens... en ín man op die maan

LINKS BO en REGS BO: Amerikaanse pioniers van verskillende eeueóou trekkers met hul waens en ín man op die maan.

Foto van waens: histories; foto van ruimteman by Amerikaanse vlag op die maan: NASA


   
ē   AMPTELIKE NAAM: Verenigde State van Amerika.  

ē   OPPERVLAKTE: Altesaam  9 631 420 vk. km (9 161 923 vk. km land en 469 497 vk. km water). Dit sluit slegs die vyftig state en die Distrik van Columbia in. Die VSA is omtrent die helfte so groot soos Rusland, sowat drie tiendes die grootte van Afrika, ietwat groter as China en byna twee en ín halwe keer die grootte van die Europese Unie.

ē   HOOFSTAD: Washington, D.C. (Distrik Columbia). Die federale distrik waarin Washington geleŽ is, en wat net so groot as die hoofstad is, is in 1790-í91 in die lewe geroep op grond wat deur die state Maryland en VirginiŽ afgestaan is. Die Amerikaanse Kongres het in 1800 hierheen verskuif van sy tydelike hoofkwartier in Philadelphia. In 1847 is grond van die distrik weer aan VirginiŽ teruggegee. Die Distrik Columbia beslaan 174 vk. km.

 

ē   VLAG: Die Stars and Stripes, wat reeds uit 1777 dateer. Daar is tans vyftig sterre op die vlag, een vir elke staat in die Verenigde State. Die dertien strepe (sewe rooi en ses wit) stel die oorspronklike dertien state voor.

 

ē   TALE: Engels 82,1%, Spaans 10,7%, ander Indo-Europese tale 3,8%, tale van AsiŽ en eilande in die Stille Oseaan 2,7%, ander 0,7% (2000-sensus).

 

ē   VOLKSLIED: The Star Spangled Banner.

 

ē   GELD: Die Amerikaners koop met dollars.

   

ē   BEVOLKING EN HERKOMS: 303 824 640, volgens ín raming vir Julie 2008. Die Amerikaanse bevolking bestaan uit mense wie se voorouers van feitlik oral oor die wÍreld gekom het. In 2007 is bereken dat die bevolkingsverdeling sů daar uitsien: blankes 79,96%, swartmense 12,85%, Asiate 4,43%, Amerindiane en Alaska-inboorlinge 0,97%, Hawaii-inboorlinge en ander mense van eilande in die Stille Oseaan 0,18%, twee of meer rasse 1,61%. Spaans-Amerikaners is nie afsonderlik gelys nie, want die Amerikaanse sensusburo beskou ďHispanicsĒ as Latyns-Amerikaners wat tot enige rassegroep kan behoort. Sowat 15,1% van die totale Amerikaanse bevolking is ďHispanicsĒ.

 

Die eerste Amerikaanse setlaars was Indiane wat sowat 25 000 jaar gelede van AsiŽ soontoe beweeg het. Die Eskimoís het sowat 6000 jaar gelede gekom en hulle in die noordelike dele gevestig. Sowat 2000 jaar gelede het PolinesiŽrs geseil na wat tans Hawaii is.

 

Kinders van AlaskaREGS: Kinders van Alaska.

 

Foto: U.S. National Park Service

 

Die oerinwoners van die Amerikaanse vastelande het mettertyd merkwaardige jagwapens en -tegnieke ontwikkel, groot stede gebou, landbouers en handelaars en vervaardigers geword en komplekse gemeenskappe gevorm.

 

Maar, nŠ die koms van groot getalle EuropeŽrs en veral in die onstuimige tyd van die Wilde Weste, is hul geskiedenis deur bloed en geweld gekenmerk. Hul grond is van hulle weggegryp, hul getalle het drasties afgeneem en hul kultuur is vernietig.

 

Die eerste EuropeŽrs wat Noord-Amerika bereik het, was die Noormanne, wat hulle in Groenland gevestig het. Omstreeks 1000 nC het Leif Ericsson glo in Nova Scotia aan wal gestap.

 

Die eerste permanente kontakte is egter in die laat vyftiende eeu deur Christopher Columbus gemaak, en Šl meer EuropeŽrs het soontoe geÔmmigreer. Aanvanklik was die meeste setlaars van Engeland, maar later het hulle uit Ierland, Skotland, Frankryk, Duitsland, Nederland en die Skandinawiese lande gearriveer.

 

Talle immigrante het ook van Asiatiese lande soos China, IndiŽ, Indo-China, Japan en Korea gekom, of van die Filippyne, en van Suid- en Oos-Europese lande soos Griekeland, ItaliŽ, Pole en Rusland. Die meeste swart Amerikaners is afstammelinge van Afrikane wat van die sewentiende tot die negentiende eeu as slawe na die VSA gebring is.

 

Geen wonder die land word dikwels ín smeltkroes genoem nie. Die tem van Amerika is ook deur groot dapperheid en saamhorigheid gekenmerkówat uiteindelik gelei het tot die hipermagtige en welvarende land wat die Verenigde State vandag is.

 

ē   GODSDIENSTE: Protestant 52%, Rooms-Katoliek 24%, Mormoonse geloof  2%, Joods 1%, Moslem 1%, ander 10%, geen 10% (raming vir 2002).

   

ē   SELFREGERENDE STATE IN DEELGENOOTSKAP MET DIE VSA: Marshall-eilande, Gefedereerde State van MikronesiŽ.

 

ē   GEMENEBES-GEBIEDE IN DEELGENOOTSKAP MET DIE VSA: Noord-Mariana-eilande en Puerto Rico.

 

ē   EKSTERNE GEBIEDE: Amerikaans-Samoa, Guam, Palau, Maagde-eilande van die Verenigde State (daar is ook ander Maagde-eilande wat nie aan die VSA behoort nie).

 

ē   GEBIEDE GEADMINISTREER DEUR DIE AMERIKAANSE DEPARTEMENT VAN VERDEDIGING: Johnston-atol, Kingman-rif, Midway-eilande, Wake-eiland.

 

ē   REGERING: Die Amerikaanse Kongres bestaan uit die Senaat (hoŽrhuis) en Huis van Verteenwoordigers (laerhuis). Die honderd senatore (twee van elke staat) word by wyse van algemene volwasse stemreg vir ses jaar verkies, met ín derde van die senaat wat elke twee jaar verkies word. Die Huis van Verteenwoordigers se 435 lede word vir ín termyn van twee jaar verkies. Die getal verteenwoordigers vir elke staat word deur die inwonertal bepaal, maar elke staat is geregtig op minstens een verteenwoordiger. Bykomende lede sonder stemreg in die huis word verkies deur die Distrik Columbia, Guam, Puerto Rico, Maagde-eilande van die Verenigde State en Amerikaans-Samoa.

 

KongresgebouREGS: Die "Capitol" (Kongresgebou) in Washington, D.C.

 

Foto: U.S. House of Representatives: http://www.house.gov  

 

Die uitvoerende federale gesag berus by die president, wat nie langer as twee termyne van vier jaar elk mag dien nie.

 

Die president en vise-president word gekies deur ín kieskollege van afgevaardigdes wat daartoe verbind is om individuele presidentskandidate te steunódie kollege self word by wyse van algemene volwasse stemreg verkies.

 

Elk van die vyftig state het ín afsonderlike grondwet en wetgewende liggaam met omvattende magte. Die uitvoerende gesag in elke staat is gesetel in ín goewerneur wat regstreeks deur die kiesers verkies word.

 

ē   GEOGRAFIE: Amerika is besonder ryk aan natuurprag en verskeidenheid. Welige woude en berge met besneeude kruine (waaronder Alaska se Mount KcKinley, wat op 6000 m hoŽr is as die hoogste Alpe) word deur moerasse, woestyne en prÍries afgewissel. En daar is ín netwerk van riviere, waaronder die wÍreld se langste rivierstelsel, die Mississippi-Missouri-Ohio.

 

In Amerika, sů word nie verniet gekorswel nie, is alles groter en alles beter!

 

Daar is sewe hoofstreke:

 

(1) New England is een van die VSA se mooiste gebiede. Dit lÍ in ín hoek in die noordooste en het verspreide landelike dorpies en vissershawens. In die herfs, wanneer die blare verkleur, is die streek in ín gloed van oranje getooi. Dit is wesenlik ín nywerheidsgebied met fabrieke as die vernaamste bedryf. Toerisme is ook belangrik. Boston, in die suide, is die grootste stad in diť streek.

 

Van die wÍreld se voorste opvoedkundige inrigtings is hier geleŽ, waaronder die Harvard-Universiteit en die Massachusetts Institute of Technology.

 

(2) Die Middel-Atlantiese State strek weswaarts van New England en die Atlantiese Oseaan af. Dit is ín streek van welvaart, krag en geweldige etniese verskeidenheid en is die digs bevolkte deel van die VSA.

 

New York, die loeiende monster van ín stad, is hier geleŽ, asook groot nywerheidsentrums soos Philadelphia en Pittsburgh. Ander bedrywe sluit steenkoolontginning en verwante nywerhede, boerdery en toerisme in.

 

Stadsprofiel van New York vanuit die lug gesienREGS: Die stadsprofiel van New York vanuit die lug gesien.

 

Foto:  Julia Brownlee / NOAA

 

(3) Die Suidelike State lÍ suid van die Middel-Atlantiese State en be-staan uit golwende heuwels, berge en vlaktes, en grens aan die Atlantiese kus en die Golf van Mexiko.

 

Waar dit vroeŽr afhanklik was van warmklimaat-gewasse soos suikerriet, tabak en katoen, is die fabriekswese nou diť streek se toonaangewende bedryf. Die stede sluit Baltimore, Memphis en New Orleans in. Washington DC is nie deel van ín staat nie, maar lÍ ook in diť streek.

 

Die mense van die Suide se voorvaders was meestal Britte of Afrikane. Laasgenoemde is as slawe ingevoer om in die plantasies te werk en hul nakomelinge vorm vandag ín groot minderheidsgroep in die streek.

 

(4) Wes van die Middel-Atlantiese State is die Middel-Westelike State, ín groot en meestal plat boerderygebied. Mielies en koring word hier gekweek en suiwel- en veeboerdery is belangrik.

 

Groot fabriekstede soos Chicago, Detroit en Indianapolis is ook hier geleŽ. ín Groot deel van diť streek word dreineer deur die Mississippirivier-stelsel, wat saam met die Groot Mere ín uitmuntende vervoernetwerk vorm.

 

(5) Die State van die Rotsgebergte (Rockies) is ín hoŽ, ruwe streek met uitgestrekte woude in baie dele. Ofskoon baie dele yl bevolk is, groei sekere van die stede hier vinnig. Denver is die grootste stad. Die gebied is ryk aan mineraleógoud, silwer en ander metaleóen die mynbedryf is van groot belang, hoewel die fabriekswese die grootste inkomste genereer.

 

Bees- en saaiboedery is belangrik, asook toerisme in hierdie baie pragtige deel van Amerika.

 

(6) Die Suidwestelike State is ín uitgebreide streek met die bynaam "the wide open spaces". Hier is die grond volmaak vir beeste se weilande en katoenkwekery, hoewel groot neerslae petroleum, aardgas en minerale tot diť streek se welvaart bydra.

 

In die 1900ís het raffinaderye en petrochemiese fabrieke opgeskiet en diť het op hul beurt tot die groei van stede soos Houston, Dallas, San Antonio en Phoenix gelei.

 

Die streek spog met die verstommend pragtige Grand Canyon en Painted Desert.

 

(7) Die State langs die Stille Oseaan oorspan ín ketting van lae, ruwe, met bome begroeide berge, diep valleie en ín dramatiese kuslyn. Landbouprodukte sluit vrugte, neute, groente en wyndruiwe in, en die streek is ryk aan hout, minerale en vis.

 

Fabriekstede soos Los Angeles, San Diego, San Francisco, San Josť en Seattle is hier geleŽ. Die bevolking is van uiters gemengde afkoms met meer mense van Asiatiese herkoms as in enige ander streek in die VSA.

 

ē   EKONOMIESE GESKIEDENIS: Getik, getik, getikódie horlosiemaker moet van lotjie getik wees, het almal gedink. Ou Eli Terry het jou waarlik ín kontrak onderteken om die onderdele van vierduisend hoŽ staanhorlosies te maak en die uurwerke inmekaar te sit. En dit alles vir slegs $4 per horlosie.

  

Eli TerryDit was die jaar 1807 en horlosiemakery was nog ín moeisame harmansdrup-proses. Die knapste vakkundige op hierdie gebied kon, selfs met die beste hulp, op die meeste twintig sulke "grandfather clocks" in ín jaar maak. Die minimum-prys van elke horlosie was om en by $50.

 

Maar die ondernemende Terry was ín man met ín plan. Hy sou masjiene gebruik om die werk vir hom te doen. Met die hulp van twee vakleerlinge het hy ín ou koringmeul omgeskakel deur die waterwiel te koppel aan die draaibanke, sae en ander gereedskap waarmee horlosiedele vervaardig sou word. Sů gedink, sů gedaan.

 

Voor die einde van daardie jaar het Terry reeds drieduisend uurwerke klaar gehad. Die groot ou "oupa-horlosies" was te duur vir die meeste Amerikaners, maar hy het ín nuwe, kleiner horlosie ontwerp wat die prys daadwerklik laat daal het.

 

Dit was moontlik die eerste geval in die geskiedenis van die massaproduksie van ín huishoudelike gebruiksartikel. Maar dit was allermins die laaste. NŠ die Amerikaanse burgeroorlog het die Verenigde State se nywerhede bly groei en groei en is daar met rasse skrede gemeganiseer.

 

ín Netwerk van spoorweŽ het regoor die land ontstaan. Uitvinders het hul kant gebring. Nuwe sake is ontwikkel en oues het uitgebrei. Natuurlike hulpbronne is benut. Stede het soos paddastoele opgeskiet, en selfs tot vandag toe is die land soos ín besige bynes.

 

Die gevolg is ín ekonomie van groot welvaartótalle Amerikaners geniet vandag van die hoogste lewenstandaarde op aarde.

 

ē   DIE EKONOMIE VANDAG: Die VSA het die grootste en tegnologies magtigste ekonomie op aarde en is, wat die meeste produkte betref, selfonderhoudend. Die Amerikaanse ekonomie is trouens so oorheersend dat die bekende stelling geformuleer is dat die hele wÍreld verkoue kry as Amerika nies.

 

Dit is nÍrens beter geÔllustreer as met wÍreldwye ekonomiese krisisse soos die Groot Depressie van ouds en die nuwe sorgwekkende internasionale ineensinkings wat in 2008 kop uitgesteek het nie.

 

Die VSA se landbou is hoogs gemeganiseer en produseer groot oorskotte vir uitvoer. Die vernaamste landbougewasse is onder meer mielies, koring, sojabone, suikerriet, gort, katoen, aartappels en ín breŽ verskeidenheid van vrugte (waaronder sitrusvrugte in Florida en KaliforniŽ).

 

Meer as ín kwart van die VSA is weiland, en beeste en skape is belangrik op die Groot Vlakte. Woude oordek meer as 30 persent van die land en vorm die grondslag van die enorme bosboubedryf.

 

Die VSA het massiewe natuurlike hulpbronne, waaronder steenkool (hoofsaaklik in die Appalache), ystererts, petroleum en aardgas (hoofsaaklik in Texas, Alaska en KaliforniŽ), koper, bauxiet, lood, silwer, sink, molibdeen, wolfram, kwik en fosfate, en groot riviere wat geskik is vir die lewering van hidroŽlektriese krag.

 

Die vernaamste bedrywe sluit in diť wat gemoeid is met yster en staal, motorvoertuie, elektriese en elektroniese ingenieurswese, kosverwerking, chemikalieŽ, sement, aluminium, lug- en ruimtevaart, telekommunikasie, tekstielware en klerasie en ín groot reeks verbruikersgoedere.

 

Toerisme is ín belangrike verdiener van valuta.

    

Om te sÍ dat die VSA ín ekonomiese reus is wat sy invloed regoor die wÍreld laat geld, is eintlik ín onderbeklemtoning.

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie reeks oor toonaangewende lande van die wÍreld
 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad