Toonaangewende lande van die
węreld (8): Russiese Federasie  

   
Rusland
— reus sonder rus

   

REGS: Hierdie samegestelde foto van Russiese vroue wat by verskillende geleenthede oor verskillende kwessies betoog het, verbeeld iets van die volgehoue worstelinge in wat geografies die grootste land op aarde is.

Betogende vroue

   
Detail van foto’s deur
Yevgeny Stetskov en Vladimir Filonov / U.S. Library of Congress

 

Rusland is sy naam—maar watter on-Rus het hy nie al belewe nie! Hoeveel kruit het daar nie ontplof sedert die romantiese ou dae toe die węreld rondom Moskou nog die "Slapende Beer van Europa" genoem is nie. En vandag veg hierdie geografies grootste land ter węreld ’n heel nuwe oorlog om sy ekonomie in pas met moderne ontwikkelings te kry...

Vereenvoudigde kaart van Rusland

 Vereenvoudigde weergawe van ’n kaart van die CIA uit hul World
Factbook wat tot openbare besit verklaar is (“in the public domain”).
Name is verafrikaans.

 

Hoofteks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Węreld; opdatering deur Mieliestronk.com
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

 

DAAR is die ou Russiese gesegde dat Rusland "nie ’n land is nie; dis ’n węreld". En vandag beteken die naam steeds baie verskillende dinge vir verskillende mense.

 

Party mense sal by die aanhoor van die naam eerste aan Rusland se lang en veelbewoë geskiedenis dink.

 

Aan die wreedhede van Iwan die Verskriklike; aan die "Tyd van Troebele" toe die land deur invallers en ’n burgeroorlog verskeur is; aan die geboorte van Kommunisme en hoe dit sewentig jaar later dramaties verwerp is—storms en drange wat kykers net ’n aantal jare gelede nog daagliks op hul TV-skerms sien voortwoed het.

 

Vir ander mense roep Rusland weer beelde voor die gees van die ontsaglike haaivlakte van Siberië, eindeloos onder ’n gryse hemel, waar talle misdadigers of politieke gevangenes vroeër tot ’n lewe van afsondering en ellende gedoem was.

 

Miskien, as jy ’n kunsliefhebber is, sal jy dink aan die beroemde kerkmuurskilderye of ikone, of aan Rusland se gevierde teater en ballet. Of aan die manjifieke bouwerke in stede soos Moskou en St. Petersburg (die ou Leningrad). Bouwerke soos die Kremlin. Dit lę binne-in ’n ongelyke vierhoek van mure wat versier word deur torings en waarbinne daar ’n indrukwekkende aantal paleise en kerke is.

 

KremlintoringsREGS: Kremlintorings—’n foto uit die negentiende eeu.

 

Foto: U.S. Liberary of Congress / openbare besit vanweë die verval van kopiereg weens ouderdom.

 

Sy argitektuur, wat meestal van die einde van die vyftiende eeu dateer, roep die dae in herinnering toe die bolwerke teen invallers net so belangrik in ’n stadsontwerp was as hul estetiese trefkrag.

 

Die hoogste toring van die Kremlin, die 73 m hoë Trojitskaja, herinner ons aan die tyd toe Napoleon na Moskou opgeruk het in sy roekelose poging om Rusland in 1812 te verower.

 

Buite die Kremlinmure is ’n ander skouspelagtige gebou—die vierhonderd jaar oue Katedraal van St. Basilius, ’n merkwaardige kerk wat bestaan uit afsonderlike kapelle wat om ’n sentrale kern gegroepeer is. Elke kapel is versier met toringspitse en uivormige koepels in ’n oorlade styl wat in die Weste as "troukoek" bekend staan.

 

Katedraal van St. BasiliusLINKS: Die Katedraal van St. Basilius.

 

Foto deur David Crawshaw, wat dit in die Wikipedia-ensiklopedie op die węreldwye web beskikbaar stel ingevolge die GNU Free Documentation License, weergawe 1.2 of enige latere weergawe soos gepubliseer deur die Free Software Foundation. Die artikel oor die Katedraal van St. Basilius verskyn op hierdie bladsy in die Engelse weergawe Wikipedia-ensiklopedie en ’n groot weergawe van die bygaande foto verskyn hier. Besonderhede oor David Crawshaw kan gevind word deur op hierdie skakel te klik.

 

 

Die imposante Winterpaleis aan die oewer van die Newarivier wat deur Italiaanse en Franse argitekte ontwerp is, is weer een van Europa se voortreflikste paleise. Ondanks skade wat in die Oktober-revolusie van 1917 en artillerievuur tydens die Tweede Węreldoorlog berokken is, word sy argitektuur en versameling kunswerke regoor die węreld bewonder.

 

Maar die Russiese Federasie is veel meer as bloed en skouspel. Meer omtrent die land, sy geskiedenis en sy mense, asook van die geografie en ekonomie word hieronder vertel...

 

   AGTERGRONDINLIGTING OOR RUSLAND EN DIE SOWJET-UNIE: Baie mense is vandag steeds taamlik verward oor hoe die vurk eintlik in die hef steek. Presies hoe is Rusland saamgestel en waar lę sy grense? Hulle weet moontlik dat dit nie werklik dieselfde land is as die Sowjet-Unie wat so ’n groot rol in die twintigste-eeuse geskiedenis gespeel het nie, maar hoe dan nou?

 

Om al die verwarring te ontrafel moet ’n mens teruggaan in die geskiedenis.

 

Die Rusland van vóór die Eerste Węreldoorlog was die enorme keiserryk van die tsare. Dit het gestrek van die Oossee tot by die Stille Oseaan en van die Noordelike Yssee tot by die Swart See.

 

Met die Revolusie van 1917 is die heerskappy van die tsare vernietig en ’n hersamestelling van die komponente van ou Rusland het gevolg. In Desember 1922 is die Unie van Sosialistiese Sowjet-Republieke (USSR)—kortweg die Sowjet-Unie—in die lewe geroep, en dit het oorspronklik uit vier Sowjet-republieke bestaan.

 

Mettertyd is nog republieke bygevoeg. Teen die einde van die jare twintig het die Sowjet-Unie omtrent 93 persent van die ryk van die tsare beslaan. Dit het egter nooit die grootte van die ou ryk geëwenaar nie.

 

Die grootste van die uiteindelike vyftien Sowjet-republieke, wat ’n magdom van verskillende nasionaliteite verteenwoordig het, was die Russiese Federasie, wat inderdaad die kern van die USSR was. Dit was die tuiste van die etniese Russe en het meer as die helfte van die bevolking van die hele Sowjet-Unie gehad.

 

Maar die Kommunistiese saambondeling van ongelyksoortige mense het die kiem van sy eie ondergang gedra. Die Sowjet-Unie het uiteindelik, in Desember 1991, ná sewe veelbewoë dekades in vyftien onafhanklike state uiteengespat.

 

Die Russiese Federasie voer steeds die botoon in dié węrelddeel. Dit is hierdie, die grootste, brokstuk van die ou Sowjet-Unie wat vandag allerweë as Rusland bekend staan. Dit is ook dié Rusland wat in hierdie artikel behandel word.

 

Sedert sy ontstaan het die nuwe Rusland geworstel om ’n demokratiese bestel en vrye ekonomie te bou wat die streng beheer van die Kommunistiese tydperk moes vervang. ’n Verbete guerrilla-konflik in Tsjetsjnië het ’n bykomende probleem geskep.

   

   SAMESTELLING: Die Russiese Federasie bestaan uit 89 territoriale eenhede: 21 republieke, 10 outonome okroegs (gebiede), 6 krais (territoriale gebiede), 49 oblasts (streke), een outonome oblast en twee federale stede (Moskou en St. Petersburg) met oblast-status.

 

   AMPTELIKE NAAM: Rossiskaja Federatsija (Russiese Federasie).

 

   OPPERVLAKTE: 17 075 200 vk. km (16 995 800 vk. km land en 79 400 vk. km water). Dit strek oor twee vastelande—Europa en Asië. Die landoppervlakte van Rusland is 1,8 keer so groot soos dié van die VSA. Dit is geografies die grootste land op aarde en gelyk aan sowat ’n negende van die aarde se landoppervlakte. Die oppervlakte van die ou Sowjet-Unie was 22 400 000 vk. km—toe was die land éérs groot!

 

   HOOFSTAD: Moskou.

 

   AMPSTAAL: Russies. Baie ander tale word egter ook gepraat.

 

   VOLKSLIED: Die ou tsaristiese volkslied is in ere herstel.

 

   GELD: Die Russe koop met roebels. (Let wel: Die roebel van ná 1 Januarie 1998 is gelyk aan 1000 roebels van voor daardie datum.)

 

   BEVOLKING EN HERKOMS: 142 893 540 (raming vir Julie 2006). Voor die tyd van die Christendom is die groot gebied wat later die Russiese Ryk sou word, yl bewoon deur groepe nomadiese stamme. Die grootliks onbekende noorde, ’n streek van uitgebreide woude, is bewoon deur stamme wat later gesamentlik as die Slawe bekend sou staan, die voorouers van die moderne Russiese volk. In die suide is die streek bekend as Skithië agtereenvolgens deur verskillende Asiatiese volkere beset. Rusland het uit die oorspronklike klein vorstedom van Moskou gegroei.

 

Die grootste etniese groep in vandag se Rusland is die Russeook bekend as die sogenaamde Groot-Russe om hulle te onderskei van die Klein-Russe (die Oekrainers) en die Wit-Russe. Laasgenoemde twee groepe het nou hul eie onafhanklike state buite Rusland.

 

Volgens die sensus van 2002 was Rusland se bevolking in daardie jaar só saamgestel: Russe 79,8%, Tatare 3,8%, Oekrainers 2%, Basjkirs 1,2%, Tsjoewasje 1,1% en ander of ongespesifiseer 12,1%. Volgens ’n raming van 2006 was daar ’n negatiewe groeikoers in die populasie van -0,37%. Die land se mense raak dus minder.

 

   GODSDIENSTE: Talle godsdienstige organisasies word amptelik erken. Dit sluit die Russies-Ortodokse Kerk, Soennitiese en Sjiďtiese Moslems en Grieks-Katolieke Kerk in. (Laasgenoemde kerk is Grieks-Ortodoks van aard, maar erken die gesag van die Pous.)  

 

Volgens ’n berekening was 15-20% van die bevolking in 2006 Russies-Ortodoks,  2% het tot ander Christelike kerkgroepe behoort en 10-15% was Moslems. Die persentasies het betrekking op praktiserende belyers. Rusland het groot groepe nie-praktiserende gelowiges en ongelowiges, ’n nalatenskap van meer as sewe dekades onder die Sowjet-bewind.

 

   REGERINGSTELSEL: In 1990 het die Kommunistiese Party, wat tot in daardie stadium die enigste wettige party was, sy grondwetlike leiersrol prysgegee en ander partye is toegelaat. Ná die mislukte Kommunistiese staatsgreep van Augustus 1991, wat aanleiding gegee het tot die verbrokkeling van die Sowjet-Unie, is die Kommunistiese Party in Rusland verbied.

 

Rusland is nou formeel ’n veelparty-demokrasie met ’n parlement wat wette maak, ’n president, ’n premier en ’n regbank. Aan die spits van die uitvoerende mag is die president wat, ingevolge die grondwet van 1993, uitgebreide magte het.

 

Die enkele Kommunistiese Party van die Sowjet-Unie is deur honderde politieke groeperings, faksies, bewegings en partye vervang.

 

Ingevolge die grondwet van 1993 is Rusland se nasionale wetgewende liggaam, die Federale Vergadering, ’n tweekamer-liggaam wat uit die Staat-Doema (laerhuis) en die Federale Raad (hoërhuis) bestaan.

 

As ’n lid van die Verenigde Nasies (VN) het Rusland die setel van die ou Sowjet-Unie geërf, en hy is een van die vyf permanente lede van die VN se Veiligheidsraad.

 

   EKONOMIE: Nadat die Sowjet-Unie verbrokkel het, moes Rusland spook om ’n vrye ekonomie te vestig en sterk ekonomiese groei te bewerkstellig.

 

Anders as sy handelsvennote in Sentraal-Europa—wat daarin geslaag het om hul groeipyne in die vryemerkstelsel binne drie tot vyf jaar grootliks te versag—sou Rusland ’n vyf jaar lange verskrompeling van sy ekonomie beleef. Die rede is dat die wetgewers en uitvoerende mag geweifel het oor hoe om baie van die basiese grondslae van ’n vrye ekonomie te implementeer.

 

Rusland het in 1997 ietwat herstel, maar was kwetsbaar toe die internasionale finansiële krisis hom in 1998 tref. Die roebel het gedrepresieer en die lewenstandaard van die meeste mense het skerp gedaal.

 

Die ekonomie het wel daarna sy kop opgetel, met ’n gemiddelde jaarlikse groei van meer as 6%. Hernieude pogings van die regering om strukturele hervormings teweeg te bring, het groter vertroue by sakelui en beleggers gewek.

   

Maar daar is steeds ernstige probleme. Rusland bly intens afhanklik van die uitvoer van goedere, veral olie, aardgas, metale en hout, wat die land kwesbaar vir wisselings in die węreldpryse maak. Kenners van buite sę die land se industriële basis word ál meer weggekalwe en moet vervang of gemoderniseer word as die land werklik ’n sterk en volgehoue ekonomiese groei wil handhaaf.

 

Ander probleme sluit in ’n swak bankstelsel, ’n powere sakeklimaat wat sowel plaaslike as buitelandse beleggers afskrik, korrupsie, die inmenging van plaaslike en streekregerings in die howe en ’n wydverspreide wantroue in instellings. Sekere waarnemers is erg bekommerd oor die toenemende staatsbeheer oor die ekonomie. 

 

Basies, word gesę, het Rusland weinig vordering gemaak met die uitbouing van die oppergesag van die reg, die kern van ’n moderne vrye ekonomie.

 

Wat dit so ironies maak, is dat die land van die vrugbaarste grond ter węreld het, met ’n massiewe rykdom van minerale en volop woude vir al sy houtbehoeftes. Geen ander land het ook meer potensiële bronne van hidroëlektriese krag nie.

 

Dat al hierdie welvaart in die hande moes beland van ’n Kommunistiese dwingelandy, is stellig een van die grootste tragedies in die twintigste-eeuse geskiedenis. Vandag kan ’n mens net gis wat in ’n vrye land met ’n vrye ekonomie vermag sou kon gewees het.

 

Weliswaar het die Sowjet-Unie ook ’n nywerheidsreus geword. Sedert 1928 het dit so geďndustraliseer geraak dat slegs Amerika dit naderhand oortref het wat die waarde van fabrieksgoedere betref. Maar die beleid van kollektivisasie het die bevolking verarm. Eindelik kon die verset nie langer gekeer word nie.

 

Voor die verbrokkeling van die Sowjet-Unie is die grappie glo alom daar vertel van ’n Westerse besoeker en ’n Sowjet-burger. Hulle het gehoor van ’n nuwe Kommunistiese regulasie dat die mense nie meer toegelaat sou word om in toue te staan om wors te koop nie.

 

"Wat is ’n tou?" het die Westerling gevra.

 

"Wat is ’n wors?" het sy Sowjet-vriend gereageer.

 

Des te meer rede waarom die Russiese Federasie nie moet ophou om vir privatisasie te werk om die lewensgehalte van sy burgers te verbeter nie.

 

   GEOGRAFIE: Daar is vyf groot landstreke in die Russiese Federasie:

 

(1) Die Europese Vlakte strek van die weste tot by die Oeralgebergte. Dit is die grootste nywerheidsgebied in Rusland en baie van die grond is vrugbaar. Die Kaukasiese gebergte lę in die suide.

 

(2) Die Oeralgebergte tussen die Europese Vlakte en Siberië is met verloop van tyd baie geërodeer en is op die hoogste maar net sowat 1860 m. Die berge is ryk aan minerale en daar is baie nywerhede.

 

(3) Die Wes-Siberiese Vlakte (2 600 000 vk. km) wes van die Oeralgebergte is die mees uitgestrekte plat landstreek in die hele węreld. Dis nęrens hoër as 150 m bokant seevlak nie en die gebied is baie moerasagtig. Die Obrivier en sy takriviere vloei noordwaarts deur hierdie streek onderweg na die Arktiese See.

 

(4) Die Sentraal-Siberiese Plato oos van die Jeniseirivier styg tot op ’n hoogte van 610 m. Die streek is ryk aan minerale. Riviere keep deur die plato en vloei ook soms deur steil canyons. Die manjifieke Baikalgebergte lę in hierdie streek, asook die Baikalmeer (1737 m diep), die węreld se diepste varswatermeer.

 

(5) Die Oos-Siberiese Hooglande is meestal ’n wildernis van plato's en berge, wat tot 3048 m hoog is. Op die Kamtsjatka-skiereiland is nagenoeg 25 aktiewe vulkane.

 

Baie Westerlinge het net een idee van hoe Siberië moet lyk. In hul geestesoog sien hulle ’n ontsaglike en troostelose haaivlakte, ewig onder die onder die sneeu. Dit is immers die węreld waar talle misdadigers of politieke gevangenes vroeër tot ’n lewe van afsondering en ellende gedoem was. Die foto REGS van ’n kind en hond in Noord-Siberië pas stellig by hierdie beeld. Die foto ONDER van Nowosibirsk, die hoofstad van Siberië, vertel egter ’n totaal ander storie.

Kind en hond in besneeude Noord-Siberië

   
Nowosibirsk

Foto van kind en hond: Vladimir Filonov / U.S. Liberary of Congress (detail)

Foto van Nowosibirsk: Sasha (Alexandre) Telnov, wat vrye gebruik van die foto op die web vergun mits sy webbladsy erken word waarop dit verskyn: http:// design. lbl. gov/ ~telnov

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie reeks oor toonaangewende lande van die węreld


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad