Vlag

Toonaangewende lande van die wreld (9): Volksrepubliek van China  


China
die kloosterland

Chinese jong meisie met waaiervan 1,3 duisend miljoen mense

 

REGS: Hierdie jong meisie lyk baie gelukkig waar sy n tradisionele Chinese waaier vashou. En die tradisionele sy is dan ook die n gesig van die Volksrepubliek van China. Maar die ander gesig staan in die teken van n massiewe tegnologiese revolusie. En die enorme kloosterland is met rasse skrede besig om uiteindelik n deel van die wreld te word.
  

Foto www. cepolina. com/freephoto 

 

Die Chinese is tradisioneel n eenkant-nasie wat min sin het in buitelandse inmenging in hul politiek en kultuur. Maar nuwe ontwikkelings het gemaak dat hulle in die afgelope dekades meer sou uitreik na die buitewreld. Want totale isolasie kan nooit ekonomies voordelig wees vir n nasie van soveel hordes niever meer as duisend miljoen (oftewel sowat 1,3 miljard) mense wat in een land saamwoon. Daar is trouens al bereken dat een uit elke vyf mense op aarde n Chinees is...

Kaart van China

 

Kaart van die CIA uit hul World Factbook wat tot openbare besit verklaar is (in the public domain). Name is verafrikaans, behalwe Chinese plekname wat volgens die internasionale Pinyin-stelsel geskryf is en dus nie deur ons in Afrikaans getranslitereer is nie.

 

REGS: n Mensemassa vul n Chinese straat.

Foto: George Saxton, NESDIS, NOAA

Artikelteks deur Mieliestronk.com en uit Ons Wonderlike Wreld; grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

Mensemassa vul n Chinese straat

   

SKRYF n brief. Lees die koerant. Vat n slukkie tee uit n porseleinkoppie. Koop n sybloes. Betaal met banknote. Raadpleeg n kompas. Kyk na n vuurwerkvertoning. Plaas n sonbril oor jou o.

 

Elke slag as jy een van hierdie dinge doen... wie moet jy bedank? Die Chinese, natuurlik. Papier, papiergeld, die drukkuns, porselein, verwerkte sy, buskruit, die kompas en vele meer is alles Chinese uitvindsels.

 

Ook wat nywerhede betref, was die Chinese die Europers hoeka ver voor. Lank voordat die laasgenoemdes yster kon giet, het die vernuftige mense van China dit reeds gedoen.

 

Ook met hul nalatenskap in die wreld van die kunste en letterkunde oortref hulle baie ander nasies ver, om nie eens van hul bekoorlike tempels en paleise en formidabele vestings te praat nie.

 

Die Chinese praat van hul land as Zhongguo, wat Middelland beteken. Dit kan wees dat hulle dit s begin noem het omdat hulle dit tradisioneel as die middelpunt van die beskaafde wreld beskou het.

 

In die negentiende eeu is Wes-Europese handelaars en seevaarders deur die Chinese as barbare beskou, en die ambassadeurs van magtige Europese moondhede moes genoe daarmee neem om voor die keiser van China te kniel en met die kop aan die vloer te raak as teken van eerbied.

 

China is n reuse-land, geografies die wreld se derde grootste. En geen ander land het soveel mense nietrouens, hier woon sowat n vyfde van al die mense op aarde.

 

Netwerk van snelwe in ShangaiREGS: Wees baie dankbaar jy woon nie in n bedrywige Chinese stad waar jy daagliks die geweldige verkeer moet trotseer nie. Hierdie ruimtefoto toon n Babelse netwerk van snelwe in Shangai. Dit moet omtrent n rekord wees.

 

Foto: GSFC / NASA

 

Die land is Kommunisties, maar sedert laat in 1978 het die owerheid verslappings in die rigiede sosialisme ingestel wat tot groot voordeel van die land was. In 2001, met al sy massas mense en n bruto-binnelandse besteding van slegs $4300 per kop, het China selfs die wreld se naasgrootste ekonomie n die VSA gehad (gemeet aan die koopkrag).

 

Die uitdagings bly nietemin geweldig.

 

   AMPTELIKE NAAM: Die Volksrepubliek van China.

 

   OPPERVLAKTE: 9 596 960 vk. km (9 326 410 vk. km land en
270 550 vk. km water).

 

   VLAG: In 1949 aanvaar. Die groot ster dui op die leierskap van die Kommunistiese Party en die kleintjies verteenwoordig die werkersgroep.

 

   HOOFSTAD: Beijing (eers Peking genoem deur Westerlinge wat die naam ook s geskryf het. Vroe Europers wat op groot skaal op China toegesak het, het die klanke wat hulle gehoor het volgens hul eie taalrels probeer neerskryf, maar dit was nie gegrond op Mandaryns, die amptenaarstaal en belangrikste taal in die land nie. Die Chinese het self werk daarvan gemaak en die sogenaamde Pinyin-stelsel ontwikkel om vir Westerlinge en ander aan te dui hoe Peking en ander name eintlik uitgespreek en geskryf behoort te word. Di stelsel is in 1979 op n internasionale konferensie wreldwyd aanvaar).

 

REGS: Stadsprofiel van Beijing. Die ou stad (destyds Peking genoem deur Westerlinge) is wel versigtig bewaar, maar pas vandag binne-in n veel groter moderne stad met talle ho geboue.

 

Foto: GSFC / NASA

Stadsprofiel van Beijing

 

   AMPTELIKE TAAL: Chinees (Potonghua- of Mandarynse dialek in die meerderheid, met plaaslike dialekte in die suide en suidooste, bv. Kantonees). Nog tale is Mongools, Tibetaans en ander minderhede.

 

   VOLKSLIED: Mars van die Vrywilligers.

 

   GELD: Yuan.  

  

Meer oor die geskiedenis van China

DIE ou Europers was destyds nog skaars besig om die kwantumsprong te maakom van jagters en soekers van veldkos tot primitiewe boere te vorder.

Plek-plek het hulle mekaar steeds met brons- en ysterbyle doodgehak of raaiselagtige klipmonumente by hul dooies se grafte opgerig. En as die nood geroep het, is hulle sommer die veld inmet n handvol mos as "toiletpapier''.

Nou nie juis vreeslik "beskaaf'' in die moderne sin van die woord nie.

Wat meer s, van die geordende beskawing wat toe reeds in die Ooste gebloei het, het die antieke Europers, volgens alle aanduidings, geen benul gehad nie.

Hierdie ou beskawing was di van die antieke Chinese.

China se geskiedenis begin meer as twintig eeue voor die geboorte van Christus, maar niemand weet presies waarvandaan die Chinese oorspronklik gekom het nie. Hulle het waarskynlik uit Midde- en Suidoos-Asi soontoe verhuis. 

Hier het hulle spoedig n staatkundige en kulturele eenheid gevorm. Trouens, van die tweede millennium vC was daar reeds Chinese dinastie, wat tot vroeg in die twintigste eeu sou bly voortbestaan, en wat oor l groter dele van die huidige China sou regeer.

Al was hulle in hul isolasie eeue lank van ander wrelddele afgesny, sou die Chinese hul stempel baie duidelik op die geskiedenis afdruk.

S is China die tuiste van die wreld se oudste onafgebroke skryftradisie, reeds sedert die Shang-dinastie (1570?--1045? vC). Die vroegste Chinese letterkundige werke is al tydens die Westelike Zhou-dinastie (1045?--771 vC) geskryf.

Die ou Egiptenare het wel n skryfmedium van die papirusriet vervaardig, maar krediet vir die uitvinding van papier in 105 nC kom ook niemand anders as die Chinese toe nie. Die eintlike uitvinder was glo ene Cai Lun, hoof van die keiserlike werkwinkels.

Papier is eers van ou lappe gemaak, maar later is ander veselrige stowwe soos bamboes, hennep en die bas van die moerbeiboom gebruik.

En terwyl die kuns van drukwerk met behulp van los letters nog lank nie in Europese denkers se wildste drome bestaan het nie, was die Chinese al ywerig besig om geskrifte op di manier te druk.

Volgens sekere geskiedkundiges behoort die eer van "die groot pionier van die drukkuns'', wat ons so dikwels aan die Duitser Johann Gutenberg (ca. 1400--1468) gee, eintlik aan die Chinese drukker Bi Sheng van die negende eeu nC.

Dan was daar ook nog die benutting van die sy van die sywurm. Volgens oorlewering is di gesogte kledingstof reeds in die 27ste eeu vC in China gebruik, waar die sywurmmot inheems was. Dertig eeue lank is die geheim jaloers deur die Chinese bewaar tot 300 nC toe Japan, en later Indi, deur die verskansing kon breek en agtergekom het waar sy in der waarheid vandaan kom.

Maar daar hou die Chinese vindingrykheid nog lank nie op nie. Ook die magnetiese kompas, buskruit, vuurwerk, papiergeld, porselein en selfs vliers, sambrele en die kruiwa is onder die string uitvindsels uit China wat die wreld n ander plek gemaak het.

n Mens kan tereg vra wat die wreld sonder China sou gewees hetal wou China self so lank weinig van die res van die wreld weet.

Die omskepping van die Chinese staat in n Kommunistiese diktatuur het tot een van die groot konfliksituasies van die twintigste eeu gelei en, al is die sogenaamde Koue Oorlog tussen Oos en Wes verby, is die vonk van konflik hier nog lank nie geblus nie.

Hierdie gespanne toestand duur reeds dekades lank. Verswak deur interne opstande en buitelandse indringing is China se laaste dinastie, die Qing, in 1911 omvergewerp. Die verskeurde land is deur n burgeroorlog geteister wat in 1949 deur die Kommuniste gewen is. Hul Nasionalistiese teenstanders het na die eilandprovinsie Taiwan gevlug, waar hulle, danksy Amerika se steun, n tyd lank as die eintlike, wettige regeerders van China beskou is.

Di situasie bestaan egter nie meer nie. Amerika het in die jare sewentig erkenning aan die Kommunistiese regime gegee en slegs Rooi China beset vandag die Chinese setel in die Verenigde Nasies. China en Taiwan l steeds oorhoop.

   BEVOLKING: 1 313 973 713, volgens n raming vir Julie 2006. Die Chinese regering is lankal hoogs bekommerd oor die oorbevolking en het allerhande stappe ingestel om dit teen te werk. Mans mag byvoorbeeld slegs trou n die ouderdom van 22 en vroue n 20. Mense word aangemoedig om eers in hul laat twintigerjare te trou en nie meer as een kind te h nie.

 

Die opvallendste kenmerke van die Chinese is hul geel velkleur, skrefieso en die gebrek aan baard by die mans. Die Noord-Chinese is in die rel groter gebou as hul volksgenote in die suide.

 

Lank nie alle inwoners van China is egter Chinese nie. In die bergagtige gebiede in die suidweste is n aantal klein bergstamme en byna elk van di volke het sy eie taal.

 

China se bevolkingsdigtheid is iets ysingswekkends. Hoewel dit vir die land as geheel reeds n ongemaklike meer as 130 mense per vierkante kilometer is, kan dit in stedelike gebiede gebeur dat 2200 en meer mense ingeprop moet saamlewe in n gebied van een by een kilometer. Vergelyk dit met die Suid-Afrikaanse gemiddelde van slegs omtrent 36 mense per vierkante kilometer.

 

   GODSDIENS: Amptelik atesties, maar sekere van die godsdienste en filosofie wat wel beoefen word, is Confucianisme, Daosme en Boeddhisme.

 

   REGERING: Ingevolge die grondwet van 1982 is China n sosialistiese diktatuur van die proletariaat, gelei deur die Kommunistiese Party en gegrond op n verenigde front wat ander demokratiese partye insluit. In die praktyk is die Kommunistiese Party egter ten volle in beheer van die nasionale politieke werksaamhede.

 

Die afgevaardigdes van die regering se Nasionale Volkskongres word vir vyf jaar gekies deur die volkskongresse van die 22 provinsies, vyf outonome provinsies en drie munisipale provinsies, en deur die Volksbevrydingsler. Die Kongres kies n vaste komitee, n president (vir vyf jaar) en n staatsraad (of kabinet) wat almal aan die Kongres verantwoording doen.

 

Die Chinese Kommunistiese Party het elke vyf jaar n kongres. Die partykongres kies n sentrale komitee, wat op sy beurt n politburo kies, en die effektiewe mag berus by hierdie twee liggame.

 

   GEOGRAFIESE EN STAATKUNDIGE GESKIEDENIS: Die China van vandag is nie die China van gister nie. Dis nou aardrykskundig gesproke.

 

Net duisend jaar gelede, word vertel, was die hawestad Shanghai en omstreke byvoorbeeld onder die see. Die Yangtze-rivier, wat in die Tibetaanse Hooglande ontspring, het laag op laag slik in die gebied neergel totdat die grondvlak so hoog was dat mense daar kon woon.

 

En die berugte Huang He (of Geel Rivier), wat ook uit die Tibetaanse Hooglande vloei en in die Geel See uitmond, het met verloop van tyd al verskeie kere sy lope verander.

 

Boonop was Suid-China en n deel van die Noorde, wat nou n miernes van mense is, eenmaal deur manjifieke woude bedek.

 

Maar ook op politieke terrein is China vandag ingrypend anders as in die verlede. En dit geld veral die afgelope iets meer as n halfeeu. Van n oorspronklike nedersetting in die vallei van die Geel Rivier het die Chinese oor die afgelope vierduisend jaar hul kultuur en oorheersing verbreed totdat die reus n die groot omwenteling van 1949 in n Kommunistiese land verander het.

 

Die Rooi Chinese het die Nasionaliste oorwin en Zhongua Renmin Gongheguo, of die Volksrepubliek van China, in die lewe geroep. Die Nasionaliste het na die eiland Taiwan gevlug en hul eie regering daar gevestig. Die Kommuniste glo dat Taiwan ook n deel van hul grondgebied moet wees.

 

   GEOGRAFIE: Daar is agt hoof-landstreke:

 

(1)  Die Tibetaanse Hooglande in die suidweste bestaan uit n plato begrens deur die magtige Himalaja in die suide, die Pamir in die weste en die Kunlun in die noorde.

 

n Groot deel van Tibet is n rotsagtige en uiters koue en dro woesteny. Gewasse word slegs in die laagste gebiede gekweek, en die jak (n swartbruin hoefdier) verskaf kos en vervoer.

 

(2)  Die Xinjiang-Mongoolse Hooglande is n enorme woestyngebied in Noordwes-China. Hoewel daar baie minerale is, is dit yl bevolk weens die afgesonderdheid en gure klimaat.

 

Na die ooste l die Ordos-woestyn en n deel van die Gobi-woestyn. In die suidweste is n laagte wat op 154 m onder die seevlak die laagste plek in China is.

 

(3) Die Mongoolse Grens-Hooglande l tussen die Gobi-woestyn en die Oostelike Laaglande. In die noorde is die ruwe Groot-Hinggan-gebergte, waar slegs n geringe mate van boerdery moontlik is. Die suidelike deel van hierdie streek is bedek met loess, n fyn, gelerige, windverwaaide sand. Die Huang He-rivier het baie loess in suspensie.

 

(4) Die Oostelike Hooglande sluit in die beboste heuwels van Oos-Mantsjoerye en die Shandong-skiereiland, n heuwelagtige gebied met goeie hawens. Hout en steenkool is belangrike produkte.

 

(5) Die Oostelike Laaglande tussen die Mongoolse Grens-Hooglande en Oostelike Hooglande bestaan uit die golwende heuwels van die Mantsjoeryse Vlakte, die Noord-Chinese Vlakte en die Yangtze-riviervallei. Almal is vrugbare landbougebiede.

 

Steenkool en ystererts word op die Mantsjoeryse Vlakte ontgin. Die Noord-Chinese Vlakte l in die vallei van die Huang He. Waar dit vroer vir hewige oorstromings verantwoordelik was en trouens "China se Verdriet" genoem is, word die rustelose rivier van ouds nou deur n reeks damme en dyke vasgevat.

 

Die Yangtze-vallei is een van China se voortreflikste boerderygebiede. In n gebied genaamd die Vrugbare Driehoek tel die landvolk meer as 1900 per vierkante kilometer.

 

(6) Die Sentrale Hooglande sluit die Qin Ling-gebergte in, wat n groot invloed op China se klimaat uitoefen deur die vogtige suidewinde en stowwerige noordewinde te stuit. Koring aard goed in die noorde en rys in die suide.

 

(7) Die Sichuan-bekken, waar vier riviere in die Yangtze loop, bestaan uit heuwels en valleie omring deur ho berge. Dit is n uitstekende landbougebied en die meeste gewasse  word op terrasse gekweek. Die riviere het diep klowe in die gebied ingesny, wat die verkeer beperk.

 

(8) Die Suidelike Hooglande in Suidoos-China bestaan uit heldergroen heuwels en berge en sluit die eiland Hainan in. Min van die grond kan bewerk word. Die Xi Jiang-rivier vorm egter n delta by sy monding en die vrugbare grond daar maak dit n baie produktiewe boerderygebied.

 

In die middel van die streek is een van China se skouspelagtigste natuurtonelegesoleerde kalksteenheuwels wat van 30 tot 180 m hoog is.

 

   EKONOMIE: Laat in 1978 het die Chinese leiers die ekonomie begin verskuif van n dooierige, sentraal-beplande ekonomie soos di van die destydse Sowjet-Unie na n meer vryemark-georinteerde stelsel, volgens die World Factbook van die Amerikaanse CIA. Terwyl die stelsel binne die politieke raamwerk van streng Kommunistiese beheer fungeer, het die ekonomiese invloed van nie-staatsorganisasies voortdurend toegeneem.

 

Die owerheid het van die ou kollektivisasie na n stelsel oorgeskakel waar huishoudings en dorpies die verantwoordelikheid vir die landbou oorgeneem het. Die gesag van plaaslike amptenare en fabrieksbestuurders is ook vergroot en n groot verskeidenheid van klein ondernemings is toegelaat. Die ekonomie is ook vir groter buitelandse handel en beleggings oopgestel.

 

Die gevolg was dat die bruto-binnelandse besteding sedert 1978 meer as tienvoudig toegeneem het. In 2001, met ver meer as duisendmiljoen mense en n bruto-binnelandse besteding van slegs $4300 per kop, het China reeds die naasgrootste ekonomie n die VSA gehad (gemeet aan die koopkrag).

 

Daarteenoor het die leierskap dikwels in sy gemengde stelsel die ergste resultate van sosialisme (burokrasie en traagheid) en kapitalisme (meevallers en toenemende ongelykhede in inkomste) ervaar. Beijing het dus periodiek teruggegekrabbel en die sentrale klem van tyd tot tyd weer aangedraai.

 

Tog bly buitelandse beleggings n sterk element in China se merkwaardige opgang in die wreldhandel en was dit n belangrike faktor in die toename van stedelike werkgeleenthede. (Suid-Afrika en ander handelsvennote het egter al terde agtergekom dat hulle versigtig moet wees om nie hul eie nywerhede te benadeel deur massas goedkoop Chinese goedere ten koste van plaaslik vervaardigde produkte in te voer nie.)

 

Chinese boere kweek natuurlik steeds rys op n enorme skaal. Ander landbouprodukte is koring, aartappels, sorghum, grondboontjies, tee, millet, gort, katoen, oliesaad en varkvleis. Vis is nog n belangrike produk.

Rysland in Suid-ChinaREGS: n Rysland in Suid-China.

Foto: George Saxton, NESDIS, NOAA

 

 

Daar is beduidend baie minerale en fossiel-
brandstowwe in die bodem, en doeltreffende ontginning sal stellig steeds belangriker  word. Nywerhede is gemoeid met die verwerking van yster en staal en met steenkool, masjienbou, wapentuig, tekstielgoedere en klerasie,
petroleum, sement, kunsmis, skoene, speelgoed, kosverwerking, motors, elektroniese goedere en telekommunikasie.

Maar die moderne China het steeds twee verskillende gesigte. Aan die een kant is daar die landelike, die behoudende, die amperse statiese, waar eeue-oue tradisies so ingeburger bly dat byna lyk of die tyd self stilgestaan het.

Aan die ander kant is daar die meganisasie, die verstedelikings, die dolle gejaag na groter welvaarten die verskriklike besoedeling weens die massas steenkool wat die ratte van die mega-staat aan die draai moet hou. China het groot steenkoolneerslae.

In die moderne China l die antieke en die eietydse vreemd vervleg oor n landoppervlakte wat net effens kleiner as die Verenigde State van Amerika is.  

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie reeks oor toonaangewende lande van die wreld


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad