|
Waar
die |
|
|
Die helde en gode van die ou Romeine is dood… die helde natuurlik regtig en die mitiese gode soos hulle in die gedagtes van daardie ou kultuurvolk gelewe het. Maar ná al die eeue leef die gode se gedagtenis en dié van sekere ou Romeinse heersers steeds in ons kalender voort. Lees hier waar die maande hul name gekry het… |
|
|
Hierdie maand is genoem na die tweegesig-god Janus, hier afgebeeld op 'n ou Romeinse muntstuk. As god van eindes en beginne sou Janus tegelyk agtertoe en vorentoe gekyk het -- soos 'n mens in Januarie ook agtertoe en vorentoe "kyk" na die ou jaar en die nuwe. |
|
|
Genoem na 'n fees van godsdienstige loutering (Februa) wat in ou Rome gevier is. Hierdie illustrasie is van die Collosseum, die plek van baie feestelikhede. Februarie was eers die laaste maand van die jaar. |
|
|
Genoem na Mars, die god van oorlog. Vir die Romeine was hy 'n kragtige vegter wat tot byna alles in staat was. Maart was oorspronklik die eerste maand op die kalender. |
|
|
Die maand wat die poort van die lente in die Noordelike Halfrond oopmaak, is April -- "die Oopmaker". Omnia aperit!, sou die ou Romeine gesê het, wat beteken: "Dit maak alle dinge oop." Hierdie teorie oor April kon egter blykbaar nog nie bewys word nie. Die naam kon dus ook 'n ander oorsprong gehad het. |
|
|
Moontlik afgelei van die naam van die godin Maia, wie se pa, Atlas, die hele wêreld op sy skouers gedra het. |
|
|
Een van verskeie teorieë is dat hierdie maand genoem is na Juno, godin van die huwelik en vrou van Jupiter. Sy sou rondgery het in 'n strydwa wat deur pronkende poue getrek is. |
|
|
Dié maand is oorspronklik Quintilis genoem (wat op vyf dui, omdat dit toe nog die vyfde maand was), maar dit is hernoem ter ere van Julius Caesar, die beroemde Romeinse veldheer en staatsman.
|
|
|
Keiser Octavius, 'n familielid van Julius Caesar, het die titel Augustus van sy onderdane ontvang, wat "edel" beteken. Hierdie titel word vandag steeds herinnering geroep deur die maand Augustus. |
|
|
September Dié naam kom van septem, wat sewe beteken. Dit is natuurlik heeltemal onjuis -- September is immers die negende maand. Maar moet hierdie benaming nie versmaai nie. Dit is daar om ons te herinner aan die verre verlede toe Maart nog die eerste en September inderdaad die sewende maand was. |
VII |
|
Oktober Soos die naam aandui, was dit oorspronklik die agtste maand. |
VIII |
|
November Soos die naam aandui, was dit oorspronklik die negende maand. |
IX |
|
Desember En
die naam Desember dui in Latyn op tien, maar ons weet natuurlik almal
dis die twaalfde maand van jaar! |
X |