|
Vroeë
mense en antieke beskawings (2) Kuns
op die klippe:
|
||||||||||||||||||||||||
REGS: Antieke rotstekeninge wat aan ’n wand in die Chauvet-grot in Frankryk gevind is. Van die tekeninge in die grot is so gesofistikeerd dat dit leke sowel as kenners verbyster. Baie mense voel dat ons met nuwe oë na die vroeë Steentyd-mense behoort te kyk—dat ons moet aanvaar dat hulle nie slegs ’n klein trappie bokant diere was nie, maar diep denkende wesens wat ondanks hul hoogs beperkende agtergrond tog ’n onmiskenbare mate van verfyning kon openbaar. Foto: U.S. Department of Energy. |
![]() |
Sowat
70 000 jaar gelede het sekere mense ’n revolusionêre tree vorentoe
gegee—hulle het hul diepste gevoelens deur middel van tekeninge begin
uitdruk, of aanvanklik selfs met verbasend ingewikkelde meetkundige patrone.
Mettertyd het hulle ander intellektuele aktiwiteite begin
beoefen—soos pottebakkery, beeldhouwerk, naaldwerk en weefwerk. Alles
was stappe weg van ’n nomadiese jagter-versamelaar-bestaan na ’n meer gevestigde
lewe...
Teks
uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Wêreld
Foto-kompilasie deur Mieliestronk.com
|
S |
TEL
jou voor jy is ’n jagter van die verste, gryse verlede. Jy’t
reeds
heeldag iets vir jou honger gesin gesoek, maar niks gekry nie. En die
nag kruip nader.
Skielik
kom jy en die res van jou jaggeselskap op die een of ander soort
wildsbok af. Of miskien selfs ’n oeros (nou ’n
uitgestorwe soort buffel) of dalk ’n mammoet (’n prehistoriese
olifant). Met die primitiefste jaggereedskap maak julle hom dood. Nou
kan almal eet.
Jy is dankiebly oor die kos en wil uiting gee aan hierdie dankbaarheid—miskien om te probeer verseker dat die gode jou op jou volgende jagtog sal bystaan. Maar jy kan nie ’n gedig of ’n stuk prosa daaroor skryf nie, want skrif is nog iets van die verre toekoms. Daarom teken jy ’n prent van die jag op ’n grotmuur waar jy weet dit behoue sal bly...
|
Die fassinerende verhale wat in grotte vasgevang is |
|
|
REGS: Grottekeninge wat in die Sahara in Noord-Afrika gevind is, in die streek Tassil-n-Ajjer (Plato van die Afgronde), noord van die oase-dorp Tamanrasset in Suid-Algerië. Die tekeninge hier en elders in die omgewing is deur jagters gemaak wat nog in ’n savanne-wêreld vol buffels, olifante, renosters en seekoeie gewoon het voordat die woestyn oorgeneem het. Die tekeninge bied navorsers ’n besonder volledige beeld van ’n prehistoriese Afrika-kultuur. |
|
|
|
|
Vroeg-vroeg
het die mens die behoefte gevoel om uitdrukking te gee
aan sy idees oor die lewe—’n eienskap wat hom beslis van die diere
onderskei. Op sy omswerwinge het hy baiemaal grotte met tekeninge
versier.
Maar
hierby het dit nie gebly nie
en
die mense van die voortyd het ander intellektuele dinge leer
bemeester—soos om potte en klere te maak, en ook hoe om te boer.
In
hierdie aflewering kyk ons na die vroeë mense se ontwikkelings totdat
boerdery hul hele lewe verander het—en die mensdom op die pad na
beskawingsontwikkeling geplaas is.
•
DIE vroegste bekende kunswerke het volgens argeoloë sowat
70 000 jaar gelede ontstaan, nogal in Suid-Afrika. Dié kuns neem ’n aantal verskillende vorms aan.
Geometriese patrone is die vroegste, dan volg tekeninge en gravures.
Potte en beelde word nog later
vir die eerste keer geskep.
Van die bekendste tekeninge is dié van diere aan die wande en dakke van grotte soos dié van Lascaux en Chauvet in Frankryk en Altamira in Spanje. In Suider-Afrika is verreweg die meeste afbeeldings van mensefigure, hoewel baie diere ook hier afgebeeld is.
|
Diere en doenighede van lank vergange tye |
|
![]() |
![]() |
| BO:
Rotstekeninge van elande deur die San (Boesmans) in ons eie
wêrelddeel. |
|
BO: Diere teen die dak van die Lascaux-grot, Perigord, Dordogne, Frankryk.
Lascaux-tekeninge met vergunning van CNP – Ministère de la Culture, Frankryk / via U.S. Centers for Disease Control and Prevention
Tekenverf
is vermoedelik gemaak van houtskool, verpoeierde mangaanerts, roes,
bloed, eierwit, plantsap en wyn, asook klei wat met diervet gemeng is.
Baie
kleibeelde was van vroue, veral swanger vroue. Die vroeë mense het dit
moontlik met vrugbaarheid verbind.
•
BAIE min is bekend omtrent die kleredrag in die Vroeë en
Middel-Steentyd. In warmer wêrelddele het mense bes moontlik aanvanklik
kaal geloop, maar waar dit koud was, is ruwe liggaamsbedekkings van pelse en
velle gemaak.
Hoewel
die mense van die Laat Steentyd naaldwerk kon doen, het die klere maar
kru gebly. Dit was eers toe skape in die Midde-Ooste en Europa as vee
aangehou is dat mense leer spin en weef het. Teen die Ystertyd het dit
reeds ’n uitvoerige kuns geword.
Liggaamsversierings
was in die ou tyd selfs belangriker as in moderne kulture. Halssnoere
van skulpe en stene is onder meer gedra. Versierings is ook baiemaal in
ruiltransaksies gebruik.
•
BUITEN tekeninge het min ander artefakte behoue gebly om ons te
vertel hoe die prehistoriese mense hul towery en godsdiens beoefen het.
Getuienis uit Europese grafte van tienduisende jare gelede dui daarop
dat hulle toe al aan die hiernamaals geglo het.
Tekens
van verassings in sekere gemeenskappe toon ook hoe belangrik die lewe
hierna vir hulle
was.
Soms is die lyk van die oorledene saam met slagoffers verbrand. Die
beendere is dan, saam met aalmoese vir die hiernamaals, in ondergrondse
kamers geplaas.
Orakels van die oker
LINKS: Sekere wetenskaplikes reken vandag mense het minstens sewentig millenniums gelede reeds abstrakte denke geopenbaar en soos moderne mense opgetree. Enkele jare gelede het Christopher Henshilwood, adjunk-professor aan die Staatsuniversiteit van New York, saam met onder meer die Iziko Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad, ’n belangrike ontdekking gedoen wat volgens hulle die aanname sou staaf. Die span het naamlik twee opsienbarende stukkies oker van slegs sowat vyf en agt sentimeter lank in die Blombos-grot aan die Indiese Oseaan sowat 300 km oos van Kaapstad gevind. Die stukkies oker is minstens 70 000 jaar gelede met ’n komplekse meetkundige motief gegraveer, hoewel die betekenis daarvan onbekend is, sê die geleerdes. Dit kontrasteer met gewone tekeninge van mense en diere, wat later in so baie ander grotte aangebring sou word. Boonop is skulpe in die Blombos-grot gevind wat geperforeer is om vermoedelik as krale ingeryg te gewees het—skulpe wat tienduisende jare ouer is as enige ander antieke persoonlike ornamente wat voorheen geïdentifiseer is.
Foto van gegraveerde stukkie oker van die Blombos-grot deur Chris Henshilwood / persvrystelling deur OLPA / U.S. National Science Foundation
•
AANGESIEN jagter-versamelaars van plek tot plek beweeg het om kos
en water te soek, het hulle geen permanente tuistes gehad nie. Pleks
daarvan het hulle eenvoudige tydelike verblyfplekke langs
varswaterstrome en poele opgerig en onder bosse geskuil.
Daar
is getuienis dat daar in Europa van tyd tot tyd tydelike skuilings
opgerig is. Dié was gewoonlik rond, met ’n raamwerk van takke,
olifanttande, walvisribbe, mammoetbeendere of jong boompies met gras,
blare of velle daarop.
Voordat
die vroeë mense geleer het om vuur te benut, het hulle selde in grotte
gewoon, aangesien dit te donker en klam was.
Met verloop van tyd is meer gesofistikeerde hutte in Suider-Afrika gebou van takke wat met gras of velle bedek is.
|
Khoikhoi-huise REGS:
Die Khoikhoi (Hottentotte), wat
sowat tweeduisend jaar gelede in Suider-Afrika aangekom het, het
draagbare hutte gehad. Dit het bestaan uit ’n raamwerk van takke met
geweefde grasmatte en velle as bedekking |
|
•
DIT was omtrent 8000 jaar gelede, sê die wetenskaplikes, dat
mense geleer het om plante te kweek en diere aan te hou en daarmee ’n
belangrike stap in die rigting van hul beskawing gedoen het. Hulle het
besef dat plante van saad groei en dat hulle hul eie gewasse kon kweek.
Sekere diere is ook mak gemaak, sodat dit nie meer nodig was om oor
berge en dale agter hulle aan te jaag nie.
Die
eerste boere het hulle in die huidige Irak gevestig. Hiervandaan het
boerdery met verloop van tyd na Suidwes-lran, die Griekse skiereiland,
die Nylvallei en die Indusriviervallei versprei.
|
Sekel
van gebakte klei
Foto deur Ancheta Wis, wat kopiëring en modifisering daarvan vergun in die Wikipedia-ensiklopie op die wêreldwye web ingevolge die Creative Commons Attribution 2.0 License |
|
Die
praktyke om plante te kweek en diere mak te maak, het ook selfstandig in
ander wêrelddele soos China en Sentraal-Amerika ontwikkel. Teen 4 000
v.C. was China se Huang He-vallei onder verbouing.
Boeregemeenskappe
het dorpies naby hul landerye gevestig en daar gebly solank die oeste
goed was. Sodra die grond uitgeput was, het hulle getrek en nuwe
nedersettings gevestig.
Die belangrikste plante
was onder meer mielies, rog, sorghum, boontjies, patats, koring, gort,
skorsies, broodvrugte en piesangs, en die diere was beeste, bokke,
varke, skape, hoenders en selfs marmotjies (by die Inkas).
•
DIE koms van boerdery het sekere belangrike implikasies gehad.
Die boere het nou soveel kos geproduseer dat hulle ook ander mense kon
voed, sodat baie nou nie meer nodig gehad om net te jag en kos te
versamel nie en tyd gehad het om hul vaardighede te ontwikkel. Talle
nuwe bedrywe, van weef tot die maak van potte en die dryf van handel,
het ontstaan.
Die
lewe het bestendiger begin lyk. Huise is met roustene, hout of klip
gebou. Heinings is opgerig om wilde diere buite en vee binne te hou.
Om
boerdery makliker te maak is doeltreffender gereedskap ontwikkel.
Nadat
mense geleer het om potte te maak, kon kos en drank op ’n maklike,
duursame en skoon manier geberg word. Die stamper en vysel is gebruik om
graan te maal.
Pottebakkery
REGS: Mense het geleer om potte te maak deur dit met klei te vorm en daarna met vuur hard te bak.
Foto: U.S. National Park Service
Sowat
7000 jaar gelede het besproeiing begin. En ongeveer 2000 jaar
later is die ploeg uitgevind.
Kos
was nou makliker bekombaar, met die gevolg dat die mense se getalle
toegeneem het. En baie van die siekes en oues wat tydens die swerftogte
sou doodgegaan het, het nou bly lewe.
Met
die vermeerdering van die mense het die boeregehuggies dorpe geword. En
namate dié gegroei het, is ’n uiters belangrike verskynsel in die
beskawing van die mens gebore—’n gevestigde stadslewe.
|
|
Ploeg en plaasdiere LINKS: ’n Antieke illustrasie van ’n ou Egiptenaar agter ’n ploeg wat deur getemde diere getrek word. Die ploeg en die tem van diere was twee ontwikkelings in die landbou wat kennelik tot die ontstaan van die eerste beskawings gelei het.
|
|
Illustrasie uit die Wikipedia-ensiklopedie op die wêreldwye web waar dit as openbare besit (“in the public domain”) aangedui word. |
|
Klik hier om terug te keer na die hoof-inhoudsblad van die Mieliestronk-werf