|
Eerste
môrelig
|
|||||
|
Teks
uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Wêreld
TADSLIGGIES
word selfs in liedere besing. Bloemfontein se ligte wat in die verte
brand—daaroor kan ons oupas en oumas miskien nog nostalgies neurie.
En in sy Ballade vir ’n Stadskind het Koos du Plessis vertel
van die somber soeke na die "neonboog se punt". Stede
is ligte, stede is lewe, maar dis ook baie ander dinge. Dit beteken
verskeidenheid: talle beroepe, rolle, geleenthede, goed om te koop,
goed om te sien, plekke om heen te gaan, mense om te ontmoet. Dis
hierdie dinge wat die meeste mense vandag na ons stede toe aanlok. En
dis stellig ook van dié dinge wat duisende jare gelede tot die
ontwikkeling van stede gelei het. |
|||||
|
Kunswerk word tot openbare besit (“in the public domain”) gereken vanweë die verval van kopiereg weens ouderdom |
|||||
|
Eerste
stede
•
DIE wêreld se oudste stad—Jerigo—is waarskynlik reeds teen
8000 v.C. gebou. Argeoloë
sluit
egter nie die moontlikheid uit dat selfs ouer nedersettings nog gevind
kan word nie.
Foto: BiblePictureGallery.com
Oorblyfsels
in die Tigris-Eufraat-vallei van die huidige Irak toon dat stede in dié
streek teen 3500 v.C. betreklik goed georganiseer en bestuur is. Sowat
500 jaar later het stede uit die gehuggies in die Nylvallei begin
groei en ná nog 500 jaar volg die ontstaan van stede in die
Indusvallei. Net
soos boerdery spontaan in verskillende wêrelddele ontwikkel het, het
stede ook in verskillende tye van die wêreldgeskiedenis onafhanklik
van mekaar ontstaan. Wat
die stadslewe meegebring het
• STEDE het aan hul inwoners beskerming gebied—teen natuurrampe soos vloede en teen gevare soos aanvalle deur indringers. By baie van die wêreld se oudste stede is vandag steeds die ruïnes te sien van hoë mure wat die vyande moes uithou.
Daarby
het stede die belofte van persoonlike vervulling gebied. Mans en vroue
kon gespesialiseerde beroepe beoefen. Geskoolde ambagte het die ou
menslike hunkeringe na die mooi dinge en die ontwikkeling van kuns en
kunsvlyt aangewakker. Die
behoefte aan die een of ander soort beheer oor die stadsbewoners,
asook oor die boere in die omliggende gebiede, het tot die
ontwikkeling van bestuur- en regstelsels gelei. Metodes
was voorts nodig om groot projekte te organiseer, soos die bou van
stadsmure, paleise en graanskure, asook lang waterleidings. Namate
gemeenskappe gegroei het, het maatskaplike status belangriker geword,
soos blyk uit die swierige besittings wat reeds by antieke
stadsbegraafplase opgegrawe is. Miskien
is skrif die belangrikste nalatenskap van die ou stede van weleer. Toe
die mens eers geleer het om met die gesproke woord of simbool te
kommunikeer (nagenoeg 3500 v.C.), was sy voorgeskiedenis verby. Klipmonumente
•
DIE eerste boere van Wes-Europa het hul huise van hout gebou en
nie veel daarvan het dus behoue gebly nie. Maar hul gedagtenis is darem in klip verewig—monumente wat wissel van alleenstaande regop rotsblokke (menhirs) tot groepe klippe wat in rye, sirkels of halfsirkels gerangskik is, en indrukwekkende kliptafels (dolmens).
Die
vroegste van hierdie klipmonumente dateer uit omstreeks 3500 v.C.
Tweeduisend jaar lank is hulle oor ’n groot deel van Wes-Europa en
later ook in die Ooste opgerig. Die
meeste was vermoedelik grafmonumente, maar die doel van baie ander bly
’n raaisel. Was hulle blote veekrale of tempels vir die son, maan of
gode? Sterrewagte miskien? Die polemiek duur voort. Hoe
ook al, die bou van monumente was ’n belangrike voorwaartse stap in
die beskawingsgroei. Om
sulke dinge te maak was reeds ’n fenomenale prestasie as ’n mens
in ag neem dat die bouers geen metaalgereedskap of voertuie met wiele
gehad het nie. Hulle moes sien kom klaar met kliphamers, pikke wat van
herthorings gevorm en grawe wat van die beendere van beeste gemaak is. Die
klippe moes oor enorme afstande vervoer word. Mensekrag moes dit alles
vermag, miskien gehelp deur osse, sleë wat van boomstompe gemaak is
en die aarde se swaartekrag. En
dan verteenwoordig die klipmonumente ook ’n bewustelike poging om
iets blywends tot stand te bring. Bronstyd
Foto van ’n departement van die Amerikaanse federale regering by exchanges.state.gov
•
DIT is moeilik om presies te sê wanneer die Bronstyd begin
het.
Sover ons kennis strek, is brons
die eerste keer omstreeks 3500 v.C. in Mesopotamië gebruik. Sowat 100 jaar later is dit ruim in Europa en China gebruik, tot omtrent
1500 tot 1000 v.C., toe ontdek is hoe om met yster te werk. Brons
is ’n harde, duursame mengsel van tin en koper of arseen en koper.
Koper is wel voorheen gebruik, maar meestal vir ornamente omdat dit te
sag vir gereedskap en wapens is. Een
van die groot voordele van brons
is dat dit makliker as koper vloei wanneer dit gesmelt is en dus
makliker gegiet word. Gietvorms is aanvanklik in klip uitgekerf en met
die gesmelte metaal gevul. Die algemeenste bronsartikels was onder meer ornamente, beelde, gereedskap, vase en wapens.
BO: Brons-wapens en -ornamente, Roemenië.
Illustrasie word in die Wikipedia-ensiklopedie op die wêreldwye web aangedui as ’n werk van die Roemeense regering en as openbare besit (“in the public domain”).
Ystertyd
Krediet: Kopiereg het weens ouderdom verval (sogenaamd openbare besit—“in the public domain”)
•
DIE heel eerste verskyning van yster in die geskiedenis was in
die derde millennium vC, toe die metaal bra skaars en dus baie
waardevol was. Dis
trouens lank as van groot waarde beskou, selfs nog teen 1323 vC toe
’n seremoniële dolk met ’n lem van yster, saam met ’n
goue mes, in Toetankamen
se grafkelder geplaas is. Die
smelting van ystererts was egter nog nie bemeester nie, en baie van
die vroeë eksemplare is van meteorietyster. Van
omstreeks 1100 vC af is die probleme rondom ysterbewerking opgelos en
het die metaal se gebruik vinnig versprei om die Ystertyd in te lui.
Yster het volop geraak en sy waarde het gevolglik afgeneem. Yster
is veral gebruik om gereedskap te vervaardig. Erdewerk en
bronsgereedskap is egter steeds gemaak.
BO: By die smeltoond...
MSKARG
|
|||||
|
Klik hier om terug te keer na die hoof-inhoudsblad van die Mieliestronk-werf |