|
Vroeë
mense en antieke beskawings (8) Ons
Griekse
As
iets spreekwoordelik vir jou Grieks is, begryp jy dit glad nie. Maar
danksy nagelate geskrifte, kunswerke en bouwerke van die ou Grieke
verstaan ons vandag baie van hul destydse lewenswyse. Dit was ’n lewe
van die markplein, van die teater en die tempel, maar ook van digters en
dromers, wat meegehelp het
om die fondamente vir die Westerse beskawing te lę...
Teks
uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Węreld
IE
węreld van die ou Grieke bestaan lank nie meer nie. Die dade van
Alexander die Grote het deel geword van die legendes; die groot
tempels staan leeg; die voortreflike kunswerke van weleer het hul
geheime aan geslagte van argeoloë verklap en versier nou museums in
verskillende dele van die węreld. Die
ou volksverhale van die antieke Grieke is deel van ons letterkundige
skat van mites: die dapperheid van Achilles, die krag van Hercules,
die wysheid van Odysseus... Maar hulle het baie meer as slegs ’n
versameling stories vir ons agtergelaat. Hul nalatenskap is ook te
sien in byna elke faset van die moderne lewe. Die
Westerling se begrip van demokrasie en ’n groot deel van sy
politieke denke, die wortels van diepsinnige filosofiese gedagtes,
basiese beginsels van die moderne wiskunde—alles het van die ou
Grieke na ons toe gekom. Hulle het ons alfabet help skep, standaarde
vir die argitektuur neergelę wat vandag nog geld, en ons die
kunsvorms tragiese drama en epiese poësie gegee. Drama
en teater
•
EEN van die vernaamste bydraes van die Grieke tot die węreldkultuur
is die drama. Die glorietyd hiervan was die vyfde eeu v.C. in Athene.
Elke jaar is ’n groot opelugfees gehou ter ere van Dionysus, die god
van wyn en die drama, en die feestelikhede het danse, plegtighede en
wedywerings tussen dramaturge ingesluit.
Die
eerste Griekse teaters was natuurlike laagtes tussen heuwelhellings.
Houtsitplekke het bygekom en dié was na die verhoog gedraai. Latere
teaters is van klip gebou. Skrif
en letterkunde
• DIE Grieke het skrif van die Feniciërs gekry en dit verander deur byvoorbeeld klinkers by te voeg. Uit die Griekse alfabet—en dié van die Etruskers, die hoogs beskaafde oerinwoners van Italië—is die Romeinse alfabet ontwikkel waarop ons hedendaagse alfabet berus. Die woord alfabet kry ons juis van die Grieke—hul eerste twee letters was Alpha en Beta. Epiese
gedigte soos die Ilias en die Odyssee is deur die Grieke
as opvoedkundige en sedebouende werke beskou en dus mondelings van
geslag tot geslag oorgedra. In
die Griekse mitologie en legendes was ’n wye versameling van verskillende
godsdienstige
gelowe, tradisies en gebruike vervat. Dit het die verhale van die
Griekse gode en helde vertel.
Boerdery
•
HOEWEL hulle op die politieke en kulturele terreine heel
bedrywig was in die stadstate, was boerdery die vernaamste bedryf van
die ou Grieke. Meer as die helfte van hulle het ’n bestaan gemaak
deur varke, bokke of skape aan te hou of koring, gars, olywe en druiwe
te kweek.
Foto: J.L. Hansen / ARS / U.S. Departement of Agriculture Oortollige
olyfolie, wyn en wol is uitgevoer en vir slawe, graan, hout en metale
geruil. Die in- en uitvoer is knap deur inspekteurs beheer wat moes
nagaan of behoorlike mate en gewigte gebruik is, die pryse redelik was
en belastings betaal is. Eerste
Olimpiese Spele
•
SPORT het in Ou Griekeland uitmuntende hoogtes bereik. Groot
skares het saamgekom om na stoei, boks, spiesgooi, skyfwerp, wedlope
en strydwa-renne te kyk of daaraan deel te neem.
Selfs
oorloë is vir hierdie fees onderbreek sodat elkeen dit kon bywoon.
Wenners is nie met rykdom beloon nie, maar met kranse van olyfblare.
Om só bekroon te word het egter lewenslange roem beteken. Geneeskunde
Krediet: U.S. National Library of Medicine
•
DIE ou Grieke het hul ontdekkings omtrent die menseliggaam in
verskeie werke aangeteken. Om die werkinge van die liggaam te
ondersoek is nie net lyke nie, maar selfs lewende liggame ontleed. Die
Hippokratiese skool vir geneeskunde is op die Egeďese eiland Kos
gestig. Vandag nog lę dokters die sogenaamde Hippokratiese eed af
waarin hulle onderneem om altyd die hoogste etiese norme teenoor hul
pasiënte na te kom.
•
DIE bekendste van Ou Griekeland se uitmuntende fllosowe was
moontlik Sokrates, wat self geen geskrifte nagelaat het nie, maar wie
se gedagtes deur sy briljante student Plato en die geskiedkundige
Xenophon opgeteken is. Plato
het onder meer die Akademie in Athene gestig waar mans en vroue hulle
aan die strewe na kennis gewy het. Die Akademie het negehonderd jaar
bly bestaan.
Plato se ewe beroemde opvolger, Aristoteles, het byna elke aspek van die mensekennis beredeneer en alle Europese denke beďnvloed met sy nadruk op wetenskaplike ondersoek as die basis van alle kennis.
Wetenskap
•
DIE ou Grieke het met natuurverskynsels geëksperimenteer en
hul bevindings wetenskaplik getoets. Hulle het proefnemings met
magnetisme gedoen, verduidelik hoe hefbome werk, die teorie van
weerkaatsing en refraksie geformuleer, ’n stoommasjien ontwerp en
selfs aangevoer dat materie uit atome bestaan. Plant-
en dierkunde
•
TEEN 330 v.C. het Aristoteles die studie van plante en diere op ’n
behoorlike en georganiseerde grondslag begin plaas en die węreld se
eerste navorsingsentrum in die lewe geroep. Die
Griekse plantkundige Theophrastus het bome en struike geklassifiseer
as vrugdraende, blomlose, immergroen of bladwisselende soorte en
daarmee die botaniese taal begin wat vandag nog gebruik word. Wiskunde
|