|
Vroeë
mense en antieke beskawings (12) Die
geboorte
|
|||
|
Teks
uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Wêreld
Y
naam was Arthur, en hy was een van die kleurrykste figure in die
Britse geskiedenis. ’n Regverdige en dapper man wat met behulp
van sy twaalf ridders die land geregeer en hul grootste besluite
om ’n ronde tafel geneem het.
Krediet: Koning Arthur deur Peter Vischer in Hofkirche (Innsbrück) uit The Book of Knowledge, The Grolier Society, uitgegee in 1911 — Openbare besit (“in the public domain”) vanweë die verval van kopiereg weens ouderdom Maar
of dié verhaal feit of verdigsel is, kan niemand met sekerheid sê
nie. Talle mense weet egter van Arthur, en dat hy volgens
oorlewering êrens in die "Donker Eeue" grootgeword het
sonder die wete dat hy blou bloed in sy are het. Op ’n dag het
hy die wonderswaard Excalibur uit ’n rotsblok getrek en homself
daarmee as die ware koning van Engeland bewys. Vandag
sal baie mense sê dis ’n legende, gegrond op die verhaal van ’n
Britse heerser wat vroeg in die sesde eeu ’n paar oorwinnings
oor Germaanse invallers behaal het. In
die
Middeleeue is die verhaal van koning Arthur egter vir die
heilige waarheid oor- en oor vertel. Later is die legende met heelwat
skeptisisme bejeën, maar Arthur het in die negentiende eeu sy
gewildheid herwin—toe die laaste geslaagde weerstand van die
Romeins/Britse burgers teen die Angel-Saksiese invalle in
herinnering geroep is... Voorgeskiedenis
en Romeinse besetting
•
GELEERDES
sê die eerste getuienis van menslike teenwoordigheid in Brittanje
was sowat 500 000 gelede. Die antieke geskiedenis strek van
daardie tyd af tot met die aankoms van die Romeine in die eerste
eeu n.C. In
daardie tyd het enorme veranderings plaasgevind. Die veranderings
was nie net in die menslike samelewing te bespeur nie—van
jagter-versamelaars tot gevestigde boere—maar ook in die
landskap. Geen
van hierdie ontwikkelings is in geskrifte opgeteken nie, en dit is
net danksy die argeologie dat die gebeurde in hierdie lang tyd in
die Britse geskiedenis saamgeflans en begryp kon word. Brittanje
was aanvanklik deel van die Europese vasteland, en dit was maar
eers teen 6000 v.C. dat die moerassige Noordsee-landbrug uiteindelik
oorstroom en Brittanje ’n eilandgroep geword het.
Die
belangrikste enkele verandering in die ontwikkeling van antieke
Britanje was die aanvaarding van die landbou, wat gemeenskappe in
staat gestel het om hul dolende lewenstyl as jagter-versamelaars
te versaak en hulle permanent te vestig. Baanbreker-landbouers
het stellig hul sade en veestapels oor die Engelse Kanaal gebring
in bote wat van velle gemaak was. Die getal immigrante moet egter
baie klein gewees het, maar hul lewenswyse is spoedig deur die res
van die bevolking aanvaar. Die
Britse kultuur het mettertyd gevorder tot die oprigting van
waarskynlik ritueel-godsdienstige klipstellasies soos dié van Stonehenge,
wat in drie stadiums tussen omstreeks 3200 v.C. en 1000 v.C. gebou is.
Foto: J. Taljaard
Die
koms van die Kelte na Brittanje word verder ondertoe breedvoerig
bekyk. Die
Romeinse inval en verowering van Brittanje in
43 n.C. het verreikende gevolge vir elke aspek van die lewe
gehad. Brittanje was nou ’n provinsie van ’n magtige ryk, en
die volgende 400 jaar sou hy deur Romeine beheer en sou belasting
aan Rome betaal word. Die
Angele, Sakse en Jutte
•
DRIE Germaanse stamme, die Angele, Sakse en Jutte, het in
die vyfde en sesde eeue die Noordsee oorgesteek en Engeland
binnegeval. Koning Vortigern het hulle oorspronklik gevra om hom
te help om Engeland te verdedig teen die nader kruipende Pikte en
Skotte van Skotland. Maar die Britte en die Germane het begin
twis, en die huursoldate het die Britte uit hul eie land geskop. Teen
die einde van die sesde eeu het die Angele, Sakse en Jutte feitlik
die hele Engeland—tot teenaan die Walliese en Skotse grense—verower. Die naam Engeland is juis afgelei van
die
Ou-Engelse woorde Engla en land—die land van die
Angele. Die
Germaanse stamme het die land in sewe koninkryke verdeel—Northumbria,
Mercia, Oos-Anglia, Kent, Wessex, Sussex en Essex. Die
mense het geleidelik opgehou om Latyn
te praat, en die eerste groot nie-Mediterreense letterkunde het sy
verskyning in die Angel-Saksiese gedigte en prosa gemaak. Vandag
is sowat ’n vyfde van die Engelse woordeskat Angel-Saksies. Egbert,
die koning van Wessex, het in 829 n.C. die laaste van die sewe
koninkryke onder sy beheer gebring.
Illustrasie word tot openbare besit (“in the public domain”) gereken vanweë die verval van kopiereg weens ouderdom
In
1066 het die Angel-Sakse uiteindelik hul rieme styfgeloop. Harold,
hertog van Wessex, het Willem van Normandië (in Frankryk) beloof
dat hy hom sou help om die volgende Engelse koning te word. Ná
die dood van die regerende koning, is Harold egter verkies. ’n
Woedende Willem en vyfduisend soldate het die Engelse kanaal
oorgesteek. Hierdie manne, wat as die Normandiërs bekend staan,
was in der waarheid Wikings wat hulle in Noord-Frankryk gevestig
het. Willem het Harold in die Slag by Hastings verslaan, Saksiese Engeland verower, en is as koning van Engeland gekroon.
Na die historiese werk van John Cross (detail) ; kopiereg het weens ouderdom verval en dit word gevolg as openbare besit (“in the public domain”) beskou |
|
REGS: Lindisfarne is ’n gety-eiland. Dit word vandag deur ’n laagwaterbrug met die hoofland verbind, maar twee keer per dag word die verbinding deur die getye verbreek. Die Lindisfarne-kasteel op die eiland (op hierdie foto) is ontwerp deur sir Edwin Landseer Lutyens (1869 – 1944), in sy tyd ’n toonaangewende Engelse argitek. |
![]() |
Foto in die Wikipedia-ensiklopedie op die wêreldwye web deur sy fotograaf, ene “Nommonomanac”, tot openbare besit (“in the public domain”) verklaar
Binne
enkele minute het die woestaards hul pad letterlik oopgekap onder
moontlike teenstanders en soveel waardevolle goed gegryp as wat
hulle kon. Dit wat hulle nie kon dra nie, is aan die brand
gesteek.
Dié
plundertog by Lindisfarne was die eerste van ’n tydperk van
terreur wat Europa se geskiedenis tot omstreeks 1100 n.C. oorheers
het—die Wiking-era.
Die
Wikings was Germaanse stamme afkomstig van drie gebiede in
Skandinawië—Denemarke, Noorweë en Swede. Die naam Wiking is
eers ná dié terreur-tydperk aan dié wrede woestaards gegee. Dit
is vermoedelik afgelei van Vik, ’n gebied in Suid-Noorweë wat
berug was as die vergaderplek van seerowers.
Maar
vir die Europeërs was hulle die Noormanne of die Dene.
Die
hewige oorbevolking van Skandinawië het talle inwoners genoop om
te migreer op soek na woongebied of die een of ander bron van
rykdom. Dié mense het gou agtergekom dat dit makliker is om ander
mense se besittings af te vat, en dit het vir sommige ’n
leefwyse geword.
Die wildste Wikings is die Berserkers genoem. Sommige historici meen dié Berserkers het ’n soort sampioen of een of ander bedwelmende kossoort geëet wat hulle vreesloos gemaak het.
LINKS:
Wild en vreesloos gemaak deur ’n soort sampioen?
Illustrasie word tot openbare besit gereken (“in the public domain”) vanweë die verval van kopiereg weens ouderdom
Die
Wikings het in die driehonderd jaar van hul oorheersing dele van
Engeland, Frankryk, Duitsland, Ierland, Italië, Rusland en Spanje
verower of geplunder, en daar handelsentrums opgerig.
Die
drie Wiking-koninkryke in Skandinawië het uiteindelik gelei tot
die vestiging van drie onafhanklike nasies—Denemarke, Noorweë
en Swede.
Die
Wikings het ook Groenland en Ysland ontdek en gekoloniseer. Hulle
het hulle permanent op Ysland gevestig, en die gemeenskap daar
toon vandag nog tekens van sy Wiking-tradisie.
Die
vreeslose veroweraars het selfs verder as die Engelse kanaal
gevorder. Leif Ericson, ’n bekende
Wiking-ontdekkingsreisiger—of bes moontlik eintlik die Yslandse
handelaar Bjarni Herjólfsson voor hom—het Noord-Amerika sowat vyfhonderd jaar voor Christopher Columbus
"ontdek". Hoe ook al, hoewel Leif
Ericson wel
daar ’n gemeenskap met die naam
Viniand gevestig het, het dié gemeenskap maar min invloed op die
Amerikaanse geskiedenis gehad.
LINKS:
’n Ou foto van ’n standbeeld van Leif Ericson
in Milwaukee, Wisconsin, in die VSA.
Foto: American Memory / U.S. Library of Congress
Maar
die Wikings het ’n blywende indruk op die Europese geskiedenis
gemaak. Hul strooptogte in Wes- en Oos-Europa het die mensdom nog
honderde jare ná die Wiking-era bygebly.
Nogtans
het die Wiking-invalle in Engeland in die negende en tiende eeue
daarin geslaag om die Engelse te verenig en die koninkryk te
versterk. Willem die Veroweraar, wat die Engelse in 1066 verslaan
het, was ’n Wiking-afstammeling.
Maar
moontlik die belangrikste uitwerking van die Wikings—en feitlik
al die barbare—op hul verowerde lande was hul bekering tot die
Christendom. Deurdat hulle van hul veroweraars Christene gemaak
het, het die verowerdes op die ou end die oorwinnaars geword—en
sodoende die bestaan van Europa verseker.
Die
antieke wêreld het gesterf—en die Middeleeue is gebore.
Klik
hier om terug te keer na die hoof-inhoudsblad van die Mieliestronk-werf