|
Vroeë
mense en antieke beskawings (14) [SLOT]
Inkas Kinders
van die son
BO: Machu Picchu, sonstad van die Inkas.
Foto (effens gewysig): Clive Ruggles / NASA
Ál langs die weskus van Suid-Amerika lê die oorblyfsels van die Inkas se glorieryke verlede versprei: imposante vestings, hutte van klip, forse tempels en hangbrûe. Terrasmure, soos by Machu Picchu, het as stutmure gedien, terwyl die Inkas ook graan op die terrasse geplant het. Maar die ware bloeityd van die Inkas was van korte duur. Hoewel die volk vroeër bestaan het, het hul beskawing minder as ’n eeu lank gefloreer...
BO: Bouval van Ingapirca, ’n Inka-sontempel in Ecuador.
Foto met vergunning van Ambassade van Ecuador, Washington / via U.S. Library of Congress (digitale verkleuring van ’n swart-wit foto)
Teks
uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Wêreld
Foto: GSFC / NASA
N
sy paleis word Capac, keiser van die Inkas, in sy vorstelike
bedrywighede gesteur. Dit is boodskappers wat belangrike nuus
bring. Op die strand het ’n groep "koddige
vreemdelinge" aangekom, hoor hy. "Hul
gesigte is wit en hulle het baarde en hulle is van kop tot tone
geklee," stamel die verbysterde beriggewers. "Hulle lyk
soos regte wildewragtigs. En hulle het in groot houthuise oor die
see gekom." Capac—só
lui die verhaal uit die jaar 1526—word so ontstel deur hierdie
tyding dat hy hom in sy kamer terugtrek en daar bly totdat dit nag
word. Hy
het rede om bekommerd te wees. Die Inka-ryk met sy sowat twaalf
miljoen siele staan voor ’n aanslag waarteen dit heeltemal
weerloos sal wees... Geskiedenis
van die Inkas
•
SOOS die Asteke was die Inkas ’n betreklik resente volk
van die Nuwe Wêreld. Hul beskawing het minder Omdat
die Inkas geen skrif van watter aard ook al gehad het nie, is baie
min omtrent die vroeë geskiedenis van hierdie Suid-Amerikaanse
Indiane bekend. Hulle het begin as net een van baie Peruaanse
stamme en ontwikkel tot ’n magtige volk in ’n enorme ryk aan
die Suid-Amerikaanse kus wat meer as 4000 km ver gestrek het. In
1438 het Parachuti Inka Jupancui, die negende heerser van die
Inka-volk, sy gebied daadwerklik begin uitbrei. Hy en sy seun Topa
Jupancui was uitmuntende organiseerders en onder hul leiding het
die Inkas die heersende mag in die Andes geword. Hulle het die
grootste dele van Peru en Ecuador en groot dele van Bolivia, Chili
and Argentinië beheer. Topa
is opgevolg deur sy seun Huayna Capac—die keiser wat die
nuus
van die Spanjaard Francisco Pizarro se aankoms in die Nuwe Wêreld
ontvang het. Met Capac se dood in 1527 het ’n burgeroorlog
tussen die volgelinge van sy twee seuns uitgebreek.
Historiese skildery word tot openbare besit (“in the public domain”) gereken vanweë die verval van kopiereg Huasca
was die regmatige troonopvolger, maar sy broer Atahualpa het nie
so gereken nie en hom in 1523 verslaan om die nuwe keiser te word.
Atahualpa het later gelas dat sy broer doodgemaak word. Die
Inka-ryk is erg deur die burgeroorlog verswak. In hierdie stadium
het Pizarro en sy manne die land meedoënloos binnegemarsjeer.
Berede Spanjaarde met vuurwapens het die Inka-leër bestorm en
Atahualpa gevange geneem. Sy ontsenude vegters het op die vlug
geslaan. Atahualpa
is opgesluit. Omdat
hy
geweet het dat die Spanjaarde hul siele vir rykdom sou verkoop,
het hy aangebied om sy tronksel met goud te vul en nog twee kamers
met silwer in ruil vir sy vrylating. Die Spanjaarde het die
losprys aanvaar—en toe Atahualpa nogtans doodgemaak. Die
gedemoraliseerde Inkas het nou geen erkende leier meer gehad nie
en was dus maklike prooie vir die Spaanse veroweraars. Die
Inka-ryk het verbrokkel en die mense het Spaanse onderdane geword. Wat
die Inkas vermag het •
DIE duur van die Inka-beskawing was weliswaar kort, maar
dit was glorieryk. As
’n mens vandag in Peru, Bolivia, Ecuador, Chili en Argentinië
reis, is die oorblyfsels van die eens manjifieke kultuur nog
duidelik te sien. Oral teen die berghange is terrasse waar gewasse
intensief verbou is. Imposante vestings staan soos brandwagte teen
die heuwels.
Machu Picchu. die Inka-vesting wat in 1911 deur die Amerikaanse ontdekkingsreisiger Hiram Bingham herontdek is, is ’n goeie voorbeeld van die Inkas se ingenieursvernuf. Dit is tydens die Spaanse verowering as toevlug vir vlugtende Inkas ontwerp. Daar was ’n sentrale plein met die paleis aan die een kant, ’n sontempel, talle openbare geboue, ’n beskermende muur en ’n doeltreffende waterstelsel wat baddens en fonteine gevoed het.
Foto: Allard Schmidt (Nederland), wat dit in die Wikipedia-ensiklopie op die wêreldwye web tot openbare besit (“in the public domain”) verklaar het
Die
Inkas het gebou deur klippe opmekaar te stapel. Messelklei was
daar nooit nie, maar die klippe is geduldig afgewerk, geskuur en
gepas sodat ’n mes glo nie tussen hulle ingedruk kon word nie. Inka-vakmanne
het vele mooi skatte soos gode-beelde asook alledaagse werktuie
van goud, silwer, erd en ander stowwe gemaak. Boonop
is katoen- en wolstowwe geweef—vaardighede wat vandag nog in die
poncho’s en fyn afgewerkte tekstielgoedere van
Inka-afstammelinge op die hoëvelde van die Andes te sien is. Al
was daar geen skrif nie, het die Inkas natuurlik mondelings, asook
deur middel van boodskappers en rookseine gekommunikeer.
Daarbenewens het hulle die hemele bestudeer en die jaargetye
voorspel. Hulle het sekerlik ook van wiskunde gebruik gemaak om
hul paaie, geboue en terrasse te bou. ’n Spesiale koord met
knope van verskillende lengtes en kleure is gebruik om dinge aan
te teken. ’n
Studie van die beskawing van die Inkas is werklik fassinerend. ’n
Mens kan nie help om te wonder hoe dit kon ontwikkel het as dit
toegelaat sou gewees het om ongehinderd voort te bestaan nie.
Foto: NASA / GSFC / METI / ERSDAC / JAROS en U. S./Japan ASTER Science Team
REGS: Die Moche, in die noorde, en die Nazca, in die suide, was beskawings wat reeds voor dié van die Inkas in Peru in Suid-Amerika bestaan het. Daar word gemeen dat die Nazca, wat tydgenote van die ou Romeine was, verantwoordelik was vir reusagtige, raaiselagtige lyne, patrone en tekeninge van tot 200 meter lank, wat soos gegraveerde orakels op die landskap aangebring is. Op hierdie foto is van die reguit lyne soos hulle selfs uit die ruimte waargeneem is!
Ná baie eeue weet niemand meer rêrig waarom hulle hier op die landskap gegraveer is nie en, wat meer sê, dit was maar eers met die koms van vliegtuie vroeg in die twintigste eeu, toe mense oor die gebied begin vlieg het, dat die bestaan van die vreemde strepe en vorms herontdek is.
Nou blyk dit dat hulle ook uit die ruimte sigbaar is. Dit gee vanselfsprekend skietgoed vir verbeeldingryke mense wat hoeka met ’n vonkeling in die oog wonder of die lyne nie eenmaal landingstroke vir buite-aardse ruimteskepe was nie!
Dan was die tekeninge op hul beurt seker daar om die vlugpassasiers (almal groen mannetjies, natuurlik) te vermaak! Klik
hier om terug te keer na die hoof-inhoudsblad van die Mieliestronk-werf |