Die Middeleeue (8): Lewe in
ín Middeleeuse kasteel

Klik hier onder op die skakel na enige hoofstuk van jou keuse:

(1)   Die vroeŽ Middeleeue
(2)   Die Kruistogte
(3)   Die latere Middeleeue
(4)   VroeŽ Christen-kerke en Bisantynse en Karolingiese boukuns
(5)   Monnike en kloosters
(6)   Gotiese katedrale
(7)   Konings en kastele
(8)   Die lewe in ín Middeleeuse kasteel
(9)   Die Middeleeuse dorp

Lewe in
ín Middeleeuse kasteel

BO: Die Ludlow-kasteel in Shropshire, England, waar die Middeleeuse verhaal van liefde en geweld hom afgespeel het waarvan in ons artikel hier onder vertel word.

 Skildery deur ín anonieme kunstenaar, 1812

Hoe was die lewe in ín kasteel dan nou werklik? Was dit romanties, soos die ou sages en die sprokies dit wil hÍ, of eerder koud, vol trekke en ellendig? Kom beleef dit self op diť baie interessante toer...


D

IT was ín tyd van liefde en ín tyd van haat, ín trotse epog van trou en ín verraderlike era van ontrou. Vriendskappe en vetes, gemoedelikheid en geweld... alles was deel van die robuuste lewe in die kastele van weleer.

ín Tragiese maar boeiende relaas van ín twis tussen twee families, onbedoelde verraad en die inname van ín kasteel word vir ons oorvertel in die boek Castles of Europe deur W. Anderson.

Dit gee ons ín kykie in die gewelddadigheid van die Middeleeue en hoe die lewe om die kasteel gewentel het.

Dit was, sů lui die ou verhaal, in die tyd van die Engelse koning Henry II (1133-1189), wat die troon in 1154 bestyg het. (Let wel, ons verkies om deesdae byvoorbeeld van Henry te praat, nie Hendrik nie, ten minste sover dit die Engelse koninklikes aangaan.)

Ewenwel, ín jong man, ene Fuik le Brun Fitzwarine, begin by die Ludlow-kasteel in Shropshire as ín kneg vir ín sekere Josse de Dinan werk.

Josse het een groot vyandódie Lacy-familie, wat beweer dat die kasteel wettig aan hulle behoort.

In die jaar 1160 val die Lacys die kasteel aan. Pleks van agter sy sterk mure te skuil, ry Josse die vyand tromp-op tegemoet. Die jong Fuik, wat hom nog nie bevoeg bewys het as vegter nie, kyk saam met Josse se vrou en dogter toe uit ín venster.

Toe hy sien dat Josse skielik deur Lacy en drie ridders omsingel word, gryp Fuik ín byl en helm en snel hom te hulp. Hy maak twee van die ridders dood en neem Lacy en die derde ridder gevange.

Fuik is dadelik ín held en Josse se dogter, Hawise, word hom as bruid belowe.

Nog ín inwoner van die kasteel is ín familielid, Marion de la Bruere, wat hopeloos verlief raak op die gevange ridder, Amold de Lisle. Op ín dag oorreed die ridder haar om hom ín tou met knope te gee, en spoedig ontsnap hy en Lacy.

Die twee families besluit om ín wapenstilstand te handhaaf.

Met die orde herstel, trou Fuik en Hawise, en Fuik se skoonpa vergesel die gelukkige paartjie op ín reis.

Die dolverliefde Marion benut Josse se afwesigheid om Arnold na haar kamer te nooi deur dieselfde venster waaruit hy ontsnap het.

Op die vasgestelde aand klim Amold teen die geknoopte tou op en sluip Marion se kamer binne. Maar agter hom teen die tou klim Lacy en ín paar ander manne.

Terwyl Marion oor haar geliefde swymel, sluip Lacy se manne deur die kasteel, maak die hekwagte dood, maak die hekke oop sodat die res van hul manne kan binnekom en vermoor dan die slapende kasteelbewoners in hul beddens.

Wanneer sy hul gille hoor, besef Marion wat gebeur het, gryp Arnold se swaard en maak hom dood. Dan spring sy deur ín venster en val haar dood op die rotse daaronder...

 

BO: Die Ludlow-kasteel in Shropshire is vandag onbewoon en bouvallig.

Foto deur Herby,
wat dit op hierdie bladsy byWikimedia Commons op die wÍreldwywe web uitgeplaas het en ingevolge verskillende lisensies gelisensieer het, onder meer die Creative Commons Attribution ShareAlike-lisensie weergawe 3.0


Vestings vir die adel

DIE kasteel was bepaald die belangrikste bouwerk van die Middeleeue. Hoewel net ín uitgelese minderheid daarin gewoon het, is elke vlak van die samelewing daardeur geraak.

Vir die adellikes en hul knegte, die instandhoudingspersoneel, asook die klein vredesgamisoen wat permanent in die kasteel gewoon het, was dit ín tuiste en ín vesting.

Dit het ín koning of leenheer in staat gestel om die grond om die kasteel te beskerm. En dit was ín fisieke bewys van sy status in die wÍreld.

Vir die mense wat buite die kasteel gewoon het, was dit ín toevlugsoord in tye van onrus, ín voorraadskuur, ín gevangenis, die setel vir plaaslike regering en ín plek waar belasting van hulle gevorder is.

Dog dit het ook die feodale stelsel gesimboliseer, en in later jare, veral die sestiende eeu, is baie kastele beleŽr en geplunder.


Die lewe in ín kasteel

MAAR hoe was die lewe in ín kasteel dan nou werklik? Was dit romantiesósoos vandag se sprokies dit wil hÍ? Of was dit koud, trekkerig en ellendig, soos ander weer te vertel het? Kom ons gebruik ín bietjie die verbeelding en gaan op ín intessante toer... na ín landelike kasteel en al sy mense in daardie lank vergange tyd.

Ons stel ons voor ons is reisende smouse of minnesangers, of dalk pelgrims wat kos en herberg vir die nag nodig het.

Die edellui op die platteland was bra eensaam in daardie dae, honger vir vermaak of geselskap, en hulle sou besoekers soos ons bes moontlik met ope arms verwelkom het...


O koud is die windjie en skraal...

ONS loop in ysreŽn oor ín krakende ophaalbrug en verby die hekwagte, en word deur ín stugge, gewapende soldaat ontmoet, wat ons na ín binnehof bring. Ons steek dit oor na die ander kant en gaan ín kamer binne.

Dis donker en somber, en die skraal wind gee ons hoendervieis. Maar ons is bly dat ons ten minste hier teen die ysreŽn beskut is.

Die muur is versier met die trofeŽ van jagtogte: die opgestopte kop van ín wildevark, die gewei van ín takbok.

Die heer van die kasteel kom die kamer binne. Sy kleed is van helder gekleurde wol, geborduur met sy familiewapen. Ons skud hande en hy verwelkom ons hartlik. Ons word water en bier aangebied om ons dors te les.

Sy vrou, wat pas toesig gehou het oor die werk in die kombuis, sluit haar by ons aan. Die luim is gemoedelik.

 

 

BO: Die kok in ín Middeleeuse kombuis.

 

Bron: Histories



Kort hierna is dit tyd vir die aandete. Ons word na ín waskamer gelei waar ons ons hande afspoel met water waarin blomblare geweek is, en dan na die banketsaal gebring.

Die mure is met groot geverfde seildoeke behang om die trekke te help keer. Die vloer is met rivierbiesies bedek en die boktafels staan in netjiese, ewewydige rye.

Aan die verste end van die saai is ín verhewe platform. Daarop staan ín lang tafel bedek met wit linne. Daaragter is ín groot vuurherd met ín knetterende vuur.

Knegte maak hul verskyning uit ín aangrensende vertrek. Party steek fakkels aan wat aan die mure geheg is. Ander dra kos: verskillende soorte rooi vleis en pluimvee gekrui met kaneel, naeltjies en gemmer, tesame met peperige souse, gebakte vis, hertpastei, brood, botter en kaas.

Die heer se kinders, familielede en adellike gaste sluit hulle by die verhewe tafel by hom aan. Ons sit by een van die onderste tafels, saam met die knegte en soldate.

Ons eet lustig. Almal gooi hul bene op die vloer sodat die honde dit kan vreet. Ons ook.
 

 

BO: ín Middeleeuse feestoneel.

Digitale verkleuring van ín swart-wit illustrasie uit ín ou boek van 1526


Waterbakke word gebring sodat ons weer ons hande kan was.

Nou kom die nagereg. Vars vrugteslaai, neute en blomblare wat in heuning gepreserveer is.

Met die ete verby, ruim die knegte op en pak die boktafels weg. Hierna word matrasse uitgerol wat met wol gestop is, en soveel moontlik word naby die vuurherd neergelÍ.

Die heer en sy huishouding gaan ontspan in ín stel kamers in een van die torings. As ons minnesangers is, word ons gevra om vir hulle te kom optree. Sou ons pelgrims wees, sal ons hulle straks met die verhale van ons reise kom vergas.

Die gesin gaan nie vanaand bad nieóhulle het mos ín maand gelede sů gemaak. En hulle geniet geen privaatheid nie. Die heer, dame en hul drie kinders deel dieselfde bed.

Die kamer is koud en trekkerig, maar hulle sal darem warm kry as hulle saamslaap.

Later word ín hoek in die banketsaal aan ons getoon waar ons moet slaap. Rook dwarrel in die vertrek rond. Dit walm van mense, honde, brandende lampe, kos en oorskiet op die vloer.

Geen maan- of sterrelig word ooit hier gesien nie. En dis koud.

Maar ons lÍ naby mekaar. Ons is immers geriefliker as die arme landvolk in hul krotte. En aansienlik veiliger.
 

Aanval en verdediging

OORLOGVOERING in die Middeleeue het om die aanval en verdediging van kastele gewentelódramatiese gebeurtenisse met al die durf, dood en droefnis wat daarmee saamgegaan het. As verdedigingswerke was hulle hoogs doeltreffend, want ín garnisoen daarbinne kon ín beleg weerstaanómits die kos en water natuurlik genoeg was.

 

REGS: Gereed vir die strydóín Middeleeuse ridder en sy wapenrusting.

 

Bron: Karenís Whimsy Public Domain Images
 


Aanvallers kon dit eenvoudig nie bekostig om ín ewigheid te wag dat hul ingeperkte slagoffers van die honger sterf of dat die waterputte moet opdroog nie. Boonop kon hulle nog maklik siek word deur te lank in ongesonde toestande rondom die kasteel saam te bondel. En dan was daar altyd die gevaar dat ín ander leŽr hulle kon kom aanval om die kasteel te ontset.

Vanuit kastele kon vyandelike soldate knap onder by die mure ook met brandende kruisboogpyle gepeper word, asook met klippe en Griekse vuur (ín mengsel van olie, nafta, pik en swael wat in breekbare houers aan die brand gesteek en gegooi is).

Die aanvallers se taktiek het gewissel. Nadat ín kasteel omsingel was om sy voorraadroetes af te sny, is probeer om die vesting te ondermyn. Partykeer is ín deel van die grag toegegooi sodat oorlogsmasjiene tot by die kasteel gebring kon word.

Karre met varkvet en droŽ bloed is dikwels teen die hek geplaas en aan die brand gesteek.

Meer gesofistikeerde beleŽringsinstrumente was werpgeskut wat swaar klippe na die mure geslinger en lanseerders wat 3 m lange pyle oor die kasteelmure laat vlieg het.

Slingers is tot die sestiende eeu gebruik om granate te werp.

Sedert die middel van die veertiende eeu is kanonne gebruik. Diť het groot klipballe van ín kort afstand afgevuur en was baie doeltreffend om hekke en mure te verpletter.

Oorgawes was egter dikwels die gevolg van uithongering of interne verraad, of, af en toe, deurdat ín eerbare akkoord met die verdedigers van die kasteel gesluit is.
   

Jy is nou by hoofstuk 8 van Mieliestronk.com se reeks oor die Middeleeue. Klik hier onder op die skakel na enige verdere hoofstuk van jou keuse:

(1)   Die vroeŽ Middeleeue
(2)   Die Kruistogte
(3)   Die latere Middeleeue
(4)   VroeŽ Christen-kerke en Bisantynse en Karolingiese boukuns
(5)   Monnike en kloosters
(6)   Gotiese katedrale
(7)   Konings en kastele
(8)   Die lewe in ín Middeleeuse kasteel
(9)   Die Middeleeuse dorp

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad