|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Hy kon nie geweet het dat die voorgeskiedenis van die mielie oor sowat 8000 jaar strek nie. Boonop sou hy dalk verleë gewees het as hy destyds die voorkennis gehad het oor vandag se gewildheid van ’n plant wat ontwikkel is deur mense wat hy as arm en onbeskaaf beskou het. As hy tot in ons tyd kon gelewe het, sou hy bepaald verbaas gewees het oor die geweldige omvang van mielie-verbouing—en hoe dit kosproduksie en bevolkingsaanwasse regdeur die wêreld beïnvloed het. REGS: ’n
Mielieplant met sy verskillende dele. Die mielie [Zea
mays ssp. mays] is
’n eenjarige somergraangewas en ’n lid van die grasfamilie. Blomme word
in afsonderlike bloeiwyses op dieselfde plant gedra. Die manlike blomme
kom voor in syare in ’n pluim aan die punt van die stam. Die mieliekop,
die vroulike bloeiwyse, word op ’n kort sytak gedra wat uit die oksel
van ’n
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
REGS: Die mieliepit is ’n tipiese grassaad—dit bevat ’n enkele saad. Verskillende varieïteite wissel aanmerklik in grootte, vorm en kleur. As ’n mens die pit in die dwarste deursny, vind jy: (1) die perikarp of vrugwand, wat die pit omhul; (2) die aleuronderlaag, ’n sellaag wat ryk aan proteïenes is; (3) die endosperm, wat die grootste gedeelte van die pit vorm en meestal stysel asook ’n bietjie suiker bevat; (4) en die kiem of embrio, wat ’n nuwe plant sal word as ’n mens die pit plant. Hierdie kiem is ryk aan proteïenes en olie. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
DIE MIELIEPLANT, ’n soort reuse-gras, se spreekwoordelike wortels lê doer in die gryse verlede in tropiese Mexiko. Die mielie is blykbaar reeds uit ’n wilde gras veredel nog voor die opbloei van die pre-Spaanse beskawings in Amerika—dus lank voordat die Spanjaarde hulle in daardie wêrelddeel gevestig het. Een kenner het al selfs na die mielie verwys as ’n kulturele artefak, ’n egte mensvervaardigde voorwêreldlike plant wat nie in die vrye natuur bestaan nie en slegs kan oorleef as die mens dit saai en beskerm. Daarteenoor het die kulturele kompleksiteit van die pre-Spaanse beskawings ook sterk op die verbetering van die mielieplant gesteun. Die eerste graansoort wat deur die vroeë sogenaamde Mesoamerikaners "mak gemaak" is, was egter blykbaar nie die mielie nie, maar so min of meer ’n familielid van kanarievoëlsaad. Maar teen 1400 vC is mielies al tot aan albei kuste van Mexiko verbou en was die kulturele ontwaking van die mense in daardie streke onderweg. Vir die Maja, Inka en Asteke van Sentraal- en Suid-Amerika was die mielie ’n stapelvoedsel. Dit was prominent in hul kunste en godsdienstige seremonies. Uitbeeldings van mielies is in die bouvalle van hul stede gevind en mieliepitte in hul grafte gekry. Die Asteke het selfs die praktyk van bemesting verstaan en het buitengewoon goeie graanoeste gehad. Die Indiane van Noord-Amerika het so vroeg as 700 nC mielies in die suidwestelike deel van die vasteland geplant. Die graansoort het daarna stadig noord- en ooswaarts onder die Indiane versprei. Vroeë Europese ontdekkingsreisigers het dié graan van die Nuwe Wêreld na Spanje, Frankryk en Italië gebring. Christophorus Columbus het eerste die Europeërs daarmee laat kennis maak. Later is die lewens van die eerste Europese koloniste in Amerika gered deur vriendelike Indiane wat in 1607 mielies na die doodhonger setlaars by Jamestown gebring het. Die Indiane het die witmense geleer hoe om mielies in hopies te plant deur dooie visse as bemesting te gebruik. Die vinnige groei van die Amerikaanse kolonies was in ’n groot mate aan die kweek van mielies te danke. Die mielie is deur seevaarders en ander reisigers oor die wêreld heen versprei en was teen die einde van die sestiende eeu regoor die grootste deel van die ontwikkelde wêreld ’n bekende gewas. ’n Chinese tekening van ’n soort mielie dateer uit 1597. Die bydrae wat dit in Suid-Afrika as voedsel gelewer het, is op sigself onberekenbaar. Wat sou talle van ons mense vandag nog gedoen het sonder hul porsie lekker mieliepap in die oggend? |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
MIELIESAAD word in die reël op reën-benatte landerye gesaai waar dit met ploeë in die
klam grond ingeploeg word. As dit hierna nog verder lekker reën, kan die jong mielieplante
mooi ontluik.
Foto: Scott Bauer / USDA /ARS |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
DIE
mielieplant het ’n menigte gebruike. In ons land is selfs die blare vroeër dae gebruik om matrasse op te stop voordat klapperhaar algemeen in gebruik gekom het. In Amerika, die mielie se land van oorsprong, is slaapmatte, mandjies en selfs skoene ("mocassins") deur die ou Indiane van mielieblare gevleg. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
DIE
Amerikaners praat van die mielie as c o r n , ’n term wat op
baie ander plekke ter wêreld slegs vir koring gereserveer word. Daar
praat die mense van die mielie as maize. Ons eie benaming vir hierdie
graansoort kom van ver af—uit Portugees milho, ’n woord wat in
sekere stadiums ook
vir manna en later sorghum gebruik is. Die woord hou waarskynlik verband met
die Latynse woord mille, meervoud mil(l)ia, "duisend(e)", na
aanleiding van die duisende saadkorreltjies in ’n aar van byvoorbeeld
manna. By ons het Van Riebeeck al oor die mielie geskryf. Hy het
dit milie of mily gespel. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
VERGELYKENDE syfers
van ’n k;ompie jare gelede van mielieproduksie oor die wêreld heen
in
duisende metrieke ton verskyn
hieronder. Kyk onder meer die geweldige verskil in die oeste van
Suid-Afrika en die VSA. Ons trek nagenoeg gelyk met Kanada. China is
die naasgrootste mielieprodusent, gevolg deur die Europese Unie en
Brasilië.
Syfers soos beskikbaar op 16 Mei 2003
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||