|
8000 plus |
| DIE Afrikaanse woordelys
wat ondertoe op hierdie bladsy as 'n teks-item ("txt file")
oopgemaak kan word, is gegrond op 'n
enigsins onafgewerkte lys van 12.000 Nederlandse woorde.
Die Nederlandse lys is blykbaar lukraak saamgestel en
bevat letterlik honderde herhalings. Dié is in ons
verwerking geskrap. Woorde wat blykbaar in Nederlands
algemeen is, maar duidelik in Afrikaans 'n lae
verbruiksfrekwensie het, is ook uitgehaal. Daarbenewens
is honderde Afrikaanse woorde wat hier te lande vry
algemeen voorkom, tot die lys toegevoeg. Die Nederlandse
en Suid-Afrikaanse milieu verskil immers aanmerklik. Alle woorde is daarna, danksy vandag se rekenaartegnologie, netjies alfabeties gerangskik. Uiteindelik bevat die lys onses insiens ten minste grotendeels die kern van standaard-Afrikaans op 'n semi-formele gebruiksvlak soos ons dit in die koerante en in die meer stemmige sosiale omgang sal vind. Die waarnemer sal dadelik opmerk dat 'n menigte meervoude en verboë vorms naas die lemmas in die lys opgeneem is. In so 'n frekwensielys is dit uiteraard nodig. Elke verbuiging of meervoud moet tog as 'n alleenstaande woord beskou word. In enkele gevalle verskyn selfs net die meervoudsvorm (bv. riglyne) of slegs die verbuiging (bv. die adjektief militêre), omdat die woorde waarvan hulle afgelei is, volgens ons eie waarnemings veel minder in die taal voorkom as die afleidings. Waar meervoude willekeurig met -s of -e gevorm mag word, het ons in die meeste gevalle die s-uitgang verkies (bv. proefnemings i.p.v. proefneminge), aangesien e-uitgange in moderne Afrikaans dikwels as te plegtig beskou word. Let ook asseblief daarop dat lemmas en hul verbuigings of meervoude, vanweë die streng alfabetiese volgorde, dikwels ver van mekaar op die lys kan staan (soos bv. by mot en motte). Ons lys pretendeer hoegenaamd nie om honderd persent wetenskaplik te wees nie. Dit is trouens onmoontlik om so iets op eie houtjie saam te stel, aangesien elke taalgebruiker anders sal voel oor presies hoe algemeen baie woorde in sy taal voorkom. Leerders kan die bestaande lys op hul drukkers uitdruk en dan
Afrikaans bo! |
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad (c) Mieliestronk.com |