Karrings, vetkerse en konfore...
DIT was die dinge van ons oumagrootjies en oupagrootjies—én van hul eie ouers en selfs baie verder terug in die geslagte. In die dowwe lig van vetkerse... in die skuim van seep gemaak van diervet en die as van bossies... in die rookdampe van bonkige buite-bakoonde op die plase... in die stille gloed van kole in blinkgemaakte konfore... in dit alles herontdek ons ons voorouers se vergange lewenswêreld. Dit was ’n tyd van vasbyt, deurdruk en te bowe kom. Ru en haas onbegaanbare gebiede moes getem word. Steeds verskuiwende voorposte het voortdurend met nuwe uitdagings te kampe gehad. Gereedskap kon baiemaal alleenlik gemaak word uit dit wat die nabye omgewing kon bied. Die gebruiksvoorwerpe van die voorgeslagte is ’n onlosmaaklike deel van alle individue se volkserfenisse... so eie aan uiteenlopende mense se unieke kultuuragtergronde as die oorgelewerde spreekwoorde in hul tale. Om ons eie herkoms nie te vergeet nie, is dit dan ook goed dat ons op hierdie bladsy herinner sal word aan onder meer die botterkarrings en die aambeelde, die blakers en die dompers en die steenkoolstowe van weleer. Min ander dinge getuig immers so kennelik van die rustieke milieu waaruit ons stam, van die landelike eenvoud waarvandaan ons kom, wat so heel anders was as ons moderne tyd met sy selfone, satelliete en superrekenaars... |
||||||
LINKS BO en BO: Die botterkarring berus op die beginsel dat botter verkry kan
word deur room lank genoeg te stamp, draai of skud. Verskillende soorte karrings
is dus geprakseer, soos waar die room met ’n stok in ’n houer geroer is.
Mettertyd is botter egter ook gemaak deur iets soos ’n ysterklitser met die
hand te draai, soos die boervrou op die foto LINKS. |
||||||
|
||||||
|
BO:
’n Voorstelling van onreëlmatig gesnyde stene van tuisgemaakte boerseep...
doodeenvoudig berei uit Plante-as, of potas soos dit genoem word, bevat die chemikalie kaliumkarbonaat, K2CO3. Deur ’n oplossing hiervan in water saam met gebluste kalk (kalsiumhidroksied, Ca(OH)2 ) te kook, vind ’n proses van dubbele omwisseling plaas en word bytpotas (kaliumhidroksied, KOH ) gevorm, terwyl grootliks onoplosbare kalsiumkabonaat ( CaCO3 ) uit die oplosssing neergeslaan word en gevolglik deur middel van filtrasie daaruit verwyder kan word. Die oorblywende kaliumhidroksied kan dan gebruik word vir seepmaak. Seepmaak is egter
ook hoogs gevaarlik, iets wat geen leek of groentjie alleen moet
aandurf nie. Dit het van ons voorsate stellig destyds terdeë besef. Alkalië
soos bytpotas of bytsoda (kaliumhidroksied, KOH, en natriumhidroksied,
NaOH ) kan
immers gate in mensvleis vreet, ’n mens blind maak as dit in jou oë
spat en dodelik wees as iemand (miskien ’n klein kindjie) ’n
oplossing daarvan in die hande kry en drink. Boonop is warm vet
natuurlik ook niks om mee te speel nie. Seep se nut lê daarin dat dit met sowel olie-molekules as water-molekules kan reageer en dus vettighede met behulp van water kan verwyder. Die gebruik van seep het natuurlik al baie lank voor die agttiende eeu begin. Die eerste opgetekende getuienis van die maak van seepagtige stowwe dateer terug tot nagenoeg 2800 v.C. in ou Babilon. Tog het ons voorouers in Suid-Afrika hul eie unieke seepsoorte gemaak deur die toevoeging van kruie en ander stowwe uit die Afrika-omgewing. Dink maar aan die olie uit die giftige sade van die rooiessenhout (Trichilia emetica) waarvan daar, na vertel word, ’n uitstekende seep gemaak kan word. Foto van seepstene: MSKARG. Foto van vroue wat seep kook: U.S. National Park Service |
||||||
|
|
||||||
|
Foto: U.S. Department of the Interior |
||||||
|
Krediet: U.S. National Park Service en U.S. Library of Congress |
||||||