Die Mieliestronk-lys van meer as
51
500 Afrikaanse woorde
 Plus 
Aanwysings hoe om dit in ’n program te gebruik wat jou help om blokkiesraaisels op te los (of self saam te stel)

DIE woordelys wat jy hieronder kan aflaai, is onafhanklik gegenereer en nie gegrond op enige van die ander Afrikaanse woordelyste wat tans op die Web beskikbaar is nie. 

Omdat dit basies bedoel is vir die samestelling van geprogrammeerde blok(kies)raaisels, is al die woorde in hoofletters. (As jy alles in kleinletters verkies, kan jy dit maklik met MS Word verander. Selekteer die hele lys, kopieer dit en plak dit bloot in MS Word. In MS Word selekteer jy dan weer alles, waarna jy die SHIFT-knoppie en F3 saam druk om alles kleinletters te maak. Kopieer en plak die lys dan weer in jou "text file".)

Die lys is ook gestroop van alle kappies, deeltekens, aksenttekens en koppeltekens, omdat dié nie in blokraaisels gebruik word nie. Voorts is daar enkele woordgroepe wat aanmekaargeskryf is (volgens die gebruik in blokkiesraaisels), bv. ATLANTIESEOSEAAN pleks ATLANTIESE OSEAAN (leidraad: Een van die wêreld se seë [10, 6]). Die lys bevat ook ’n aantal afkortings, natuurlik sonder punte, en ’n paar chemiese simbole.

  • As jy die lys wil gebruik om jou te help om blok(kies)raaisels op te los of self saam te stel, is daar ’n baie nuttige programmetjie wat jy kan aflaai by:
    Dictionary creation software (Wincross)
    Klik op daardie webblad op die skakel wincross.zip om die aflaaiery te bewerkstelig. 

Skep ’n bêrekoevert ("folder") waarin jy die afgelaaide item "unzip". Daar sal nou twee intems wees, te wete ’n programmetjie genaamd WINCROSS en ’n "Text Document" genaamd ENGLDICT.TXT.

  • Laai vervolgens die Mieliestronk-woordelys af en "unzip" dit in dieselfde bêrekoevert. Die nuwe ontmaskerde item se naam is AFRWDE.TXT.

As jy nou die WINCROSS-programmetjie loop, kan jy sonder meer Engelse woorde soek. Vir Afrikaanse woorde moet jy egter eers ons AFRWDE.TXT in sy geheue inlaai wanneer hy jou in die begin die opsie gee om dit te doen.

Die soekproses is baie eenvoudig. ’n Asterisk ( * ) staan vir enige onbekende groep letters en ’n vraagteken ( ? ) vir enige onbekende enkele letter. 

Gestel jy soek ’n woord of woorde waarvan die eerste letter ’n t, die vierde letter ’n u en die sesde letter ’n e is, met enige getal letters daarna. Dan voer jy die volgende in: 

t??u?e*

Oombliklik spoeg die programmetjie sy lysie vir jou uit:

 tabuleer       
 terugreis     
 treurend      
 troubelofte  
 trouregister

Goed. Hier gaan jy. Laai nou die Mieliestronk-lys hier af: