|
’n Laslappie van Mieliestronk |
|
METAMORFOSE
GEDAANTEVERWISSELING,
of metamorfose, is in die biologie die verandering wat insekte en sekere
ander diere in hul lewenskringloop
ondergaan. By
insekte vind volkome gedaanteverwisseling by die meeste tweevlerkiges, by
miere en vlinders plaas: eier
> larwe
of maaier of ruspe > papie > volwassene In die eerste fase vorm ’n embrio binne-in ’n eier. Wanneer die eier uitbroei, verskyn ’n larwe, wat op sy beurt in ’n papie verander. Aan die einde van die papiestadium kruip die volwasse insek uit die papie. Ander diere benewens insekte wat op hierdie manier ontwikkel, sluit baie soorte visse en weekdiere in. Paddas
ondergaan ’n ander soort volkome gedaanteverwisseling. Uit die eier verskyn
’n paddavissie, wat in die water lewe, met kieue asemhaal en ’n stert
het. Namate die paddavis groei, ontwikkel longe en pote, en die kieue en
stert word in die liggaam opgeneem. Uiteindelik verlaat die volwasse padda
die water en lewe hoofsaaklik op die droë grond. Onvolkome gedaanteverwisseling |