|
’n Laslappie van Mieliestronk |
|
|
MAGNETE EN MAGNETISME: Maak
jou eie kompas of elektromagneet Wat is magnetisme en hoe werk ’n magneet? Sodra jy hier gelees het, kan jy aan die werk spring en selfs jou eie kompas met ’n gemagnetiseerde naald maak! Of wat van’n elektromagneet met’n battery-sel, ’n paar stukkies draad en’n ysterspyker?
Foto: U.S. Library of Congess
DIE
kompas is ’n wonderlike instrument wat vir ’n mens die koers kan
aandui as jy êrens in die vreemde is en glad nie meer seker is waar noord
of suid werklik is nie. In der waarheid is dit ’n vry bewegende
magnetiese naald.
lllustrasie: GSFC / NASA
’n
Kompasnaald wys egter nie na die aarde se ware Noordpool nie, maar na ’n
plek êrens in Kanada wat ’n hele ent wes van die ware Noordpool is. Die
aarde se magnetiese kragte is gedurig effens aan die verander en die
posisies van die magnetiese pole verskuif ook elke jaar. ’n
Kompas is veral belangrik as jy rigting moet hou wanneer jy op die see
vaar. Skeepskompasse is só ontwerp dat hul werking nie deur die deining
van die golwe geraak word nie. Magnete en elektrisiteit OMSTREEKS
1820 het ’n Deense wetenskaplike, Hans Christian Oersted, ontdek dat
elektrisiteit wat in ’n draad naby ’n kompasnaald vloei, die naald van
sy noord-suid-rigting af laat wegswaai. Sedertdien het wetenskaplikes baie
skakels tussen elektrisiteit en magnetisme gevind. Wanneer
elektrisiteit byvoorbeeld deur ’n spoel geïsoleerde draad vloei wat om ’n
yster- of staalstaaf gedraai is, verander die staaf in ’n magneet. Dit
word ’n elektromagneet genoem. Die
elektrisiteit wat deur die stywe windinge van die draad vloei, veroorsaak ’n
sterk magnetiese krag van die een end van die spoel af tot by die ander
end. Hoe meer windinge van die draad hoe sterker is die magnetiese krag. As
die staaf van yster is, bly die yster net magneties terwyl elektrisiteit
deur die draad vloei. Dit is ’n tydelike magneet. Maar as die staaf van
staal is, bly dit magneties selfs wanneer die elektriese stroom afgeskakel
is. Dit is ’n permanente magneet. Maak jou eie kompas WAT
jy nodig het: ’n groot naald, ’n klein stukkie kurk of polistireen, ’n
magneet, ’n piering met water. Eers
moet jy die naald in ’n magneet verander. Dit word die magnetisering van
die naald genoem. Om dit te doen gebruik jy die magneet. Stryk twintig
keer ligweg met een pool van die magneet in dieselfde rigting oor die
volle lengte van die naald.
Die naald bly ’n magneet solank die
deeltjies parallel lê.
Waarskuwing: As jy ’n magneet laat val of kap, versteur jy die metaaldeeltjies sodat hulle nie meer in dieselfde rigting lê nie. Die magneet verloor dus sy magnetiese krag.
DIE illustrasie hieronder is eintlik selfverklarend: ’n ysterspyker word in ’n elektromagneet omgeskep deur ’n elektriese stroom. Sodra die stroom afgeskakel word, verloor die spyker sy magnetisme.
|
|