’n Laslappie van Mieliestronk

    MOEDERLIEFDE:
 
  Sorgsame mammas en onbetrokke ma’s 

 

OlifanteHoekom party diere se ma’s en kleintjies so verknog aan mekaar is, terwyl ander diere se kleingoed blykbaar nie eens weet dat hulle ma’s het nie...
   

 

Skilpaaie

          Samegestelde illustrasiefoto’s: MSKARG x2 (uit foto’s van o.a. HvD en NPS)
   

Baba-alligator ry op ma se rugVERBLUF met sy rooibruin, verkreukelde vel lę die pasgebore olifantkalfie in die Afrika-veld. Strompelend probeer hy orent kom op sy wankele pootjies. Sy ledemate wil-wil hom maar net nie gehoorsaam nie.

 

Die kleintjie leer nietemin vinnig. Ure later staan hy reeds stewig en suip onder sy mamma se pens, en ’n mens sou dalk dink dat hy kort voor lank die lewe alleen sal kan aandurf. Maar moenie glo nie. In die eerste aantal weke moet sy ma hom vrou-alleen versorg, waarna al die koeie in die trop ’n groepsmoederliefde teenoor die kalfie ontwikkel.

 

Eers ná meer as tien jaar se groei en opvoeding is hy ’n volwasse olifantbul uit eie reg.

 

Kyk daarteenoor na ’n arme skilpad wat in dieselfde stuk węreld ronddool. Sy ma het hom as ’n eier verlaat wat sy onder die sand toegekrap en net so gelaat het vir die son om te broei. En vandat hy die eerste lewenslig aanskou het, was hy slegs op homself aangewese.

 

Moederbeskerming het hy nooit geken nie. Maar gelukkig het hy darem daardie harde dop om hom. Dit het hom reg van die begin af oorgenoeg beskerming gebied.

 

Só verskil diere. By party soorte is die kleintjies reeds by geboorte klein volwaardige volwassenes, by ander sorg die ma’s alleen vir die kleintjies of kry hulle dalk ook hulp van ander diere in die trop. By nog ander (baie van die voëls) sorg die ma’s en pa’s so saam-saam vir hul nasate, en dan is daar nog die mannetjies onder byvoorbeeld die seeperdjies wat as alleenouer-pappas moet opsnork. In die natuur is daar geen vaste reël wat vir alle skepsels geld nie.

 

SeeperdjieWat ons “moederliefde by diere” noem, is noodsaaklik vir die oorlewing van die betrokke spesies. Waar dit voorkom, is die kleintjies swak en hulpeloos en het hulle ’n sekere tyd lank nougesette versorging en beskerming nodig. Waar “moederliefde” ontbreek, kan die kleintjies dadelik op eie pote staan en sonder die hulp van enige ouer met die lewe begin.

 

Maar ook liefdevolle dieremoeders en hul kleintjies sal nie altyd aan mekaar verknog bly nie. Daar kom ’n tyd, vroeër of later, dat die kinders afgespeen en selfs “verwerp” word om hul eie potjie te gaan krap. Iets wat ons by die mens vind, maar nie eintlik by baie diere nie, is die lewenslange besef van ’n tere bloedverwantskap wat sal bestaan tot in die dood.

 

Een opvallende uitsondering is die bonobo, ’n sjimpanseeagtige aap van die bedompige woude suid van die Kongorivier in Midde-Afrika. Ook ’n bonobo-mannetjie bly aan sy ma verbind vir solank as wat sy lewe. Trouens, sy hele status in die ape-gemeenskap word deur die sosiale stand van sy ma bepaal.

 

BonoboMoederliefde is dus ’n ingebore eienskap, iets wat die geleerdes instink noem. Selfs by bye, waar die werkers onvrugbare wyfies is wat nooit hul eie kleintjies sal hę nie, kry ons die interessante verskynsel dat hulle hulle letterlik doodwerk vir hul koningin se afstammelinge. En hierdie afstammelinge sal dieselfde doen vir die korf se latere kroos—tot in die verste geslagte.

 

Diere weet instinktief wanneer om te trek (te migreer), wanneer en hoe om mekaar die hof te maak en ook wanneer om hul kleintjies te voed. By die meeste is hierdie vermoëns bloot gedragseenhede, wat aan- en afgeskakel word soos dit die diere pas.

 

Ganse sal byvoorbeeld net in die broeityd—sowat ’n week voor die eierlęery tot ’n week nadat die klein gansies uitgebroei heteiers in hul neste inrol. Op ander tye het eiers vir hulle geen betekenis nie.

 

Entellus-aapMaar teenoor moederliefde kry ons ook kindermoord in die natuur. Die entellus-ape van Indië lewe in troppe wat uit een mannetjie en verskeie wyfies bestaan. Hierdie mannetjie word van tyd tot tyd deur ’n buitestaander uitgedaag en as dié hom kan klop, neem hy oor en vermoor hy gewoonlik al die kleintjies in die tropsodat hy sy eie kleintjies kan genereer om sy gene voort te dra.

 


Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad