ín Laslappie van Mieliestronk

MINERALE:
ín Fees van kristalle

 

Minerale van verskillende hardhedeREGS: Minerale van sag tot hard volgens die Mohs-skaal: A talk; B gips; C kalsiet; D fluoriet; E veldspaat; F kwarts; G topaas en H diamant. Die twee minerale op die skaal wat nie op ons fotoís verskyn nie, is apatiet (wat tussen fluoriet en veldspaat inpas) en korundium (ín baie harde mineraal wat net voor die diamant by die skaal inskakel). Die toename in hardheid is egter nie na verhouding nie, want waar byvoorbeeld gips en kalsiet se hardheid nie besonderlik baie verskil nie, is ín diamant in der waarheid meer as tien keer harder as korundium (foto ONDER). 

 

Fotoís: U.S. Geological Survey en ander bronne

  

KorundiumLINKS: Korundium, ook korund genoem, die hardste natuurlike stof nŠ ín diamant. Diť mineraal bestaan uit aluminiumoksied en vorm gewoonlik kristalle of korrels wat grys, grysblou of bruin is. Wanneer dit egter deurskynende kristalle van juweel-gehalte vorm, kry ons saffiere en robyne. Verpoeierde gewone korundium, ook saam met onder meer magnetiet, is ín baie goeie skuurmiddel wat nuttig in slypstene of slypwiele aangewend word.
  

MINERALE is natuurlike stowwe in ín soliede kristaltoestand. Gesteentes bestaan uit verskeie soorte minerale, wat saam die aarde se kors vorm. Daar is meer as 2 000 bekende minerale, maar slegs ín paar, soos marmer en kwarts, word in hul suiwer toestand gevind.

 

Klassifikasies: Een van die algemeenste klassifikasies van minerale is volgens die Mohs-skaal, wat op hardheid gegrond is. Van die sagste  tot die hardste is: 1 talk; 2 gips ; 3 kalsiet; 4 fluoriet; 5 apatiet; 6 veldspaat ; 7 kwarts ; 8 topaas ; 9 korundium ; 10 diamant. Jou vingernael het volgens die skaal ín hardheid van nagenoeg 2.
Die Moh-skaal is in 1812 deur die Duitse mineraloog  Frederick Mohs ontwerp, maar ander skale is sedertdien ontwikkel om die hardheid van minerale noukeuriger te bepaal.
 

MineraalMinerale word geklassifiseer volgens hul kleur, hardheid, splytbaarheid (hul geneigdheid om skoon in gladde dele af te splits) en pletbaarheid (hul vermoŽ om gerek of gevorm te word sonder dat hulle breek).

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad