|
||
|
Die grillige, maar soms selfs deerniswekkende oorblyfsels van mense van lank, lank gelede... wat dalk juis in hul dood beroemd geraak het... |
||
|
IN
DIE suur moerasse van Noord-Europa kon die lyke nie ontbind nie, ook nie
in die sneeu van die Alpe, die ys van die Noordpoolsirkel of intensief
gebalsem aan die snikwarm oewers van die Nyl nie. En
baie jare of selfs millenniums later is die dooie liggame weer op
die verskillende plekke opgespoor—om vandag in ons gesofistikeerde
museums ’n laaste rusplek te vind. Hier lê hulle in hul nuwe,
tegnologies gevorderde koelkaste, wat hulle voortaan verder teen enige
bederf moet beskerm. Intussen
skuifel nuuskierige mense—party dalk hul eie nasate, wie weet?—in lang toue by
hulle verby. Die museumgangers kyk met belangstelling en ontsag, maar
ook selfs met ongeërgdheid na die eeue-oue kadawers. Want
dit bly vir baie van die kykers moeilik om aan hierdie reste as lyke te
dink. Dis eerder vir hulle blote kuriositeite. Hierdie liggame het
immers so lank gelede reeds hul laaste asem uitgeblaas dat ’n mens jou
skaars kan voorstel dat hulle ook eenmaal soos jy asemgehaal het. Totdat
’n museumgids jou miskien uit jou gevoelloosheid skok—deur in
grafiese besonderhede te vertel hoe die mummie voor jou moontlik aan sy
einde gekom het... |
||
![]()
REGS:
Warmpies
geklee vir sy tog na die hiernamaals is hierdie oorskot van ’n Eskimo-babaseuntjie,
wat in 1972 by ’n ruwe krans in Groenland gevind is. Nog sewe kadawers
is by die pop-agtige lykie van die ses maande oue kind gekry. Almal is
na berekening omstreeks in die laaste kwart van die 1400’s dood—en
hul gevriesdroogde liggame het verstommend onder ’n oorhangende krans
behoue gebly. |
||
|
Vir
die ou Egiptenare was mummifisering sowel ’n intrinsieke deel van hul
godsdiens as ’n diep gewortelde kuns. Aanvanklik is lyke deur die
droë woestynklimaat ontwater en in mummies verander (foto ONDER), maar
later het die natuurverskynsel in ’n kulturele religie verander.
Die dooie liggaam moes nougeset gebalsem word, want—só het hulle geglo—die oorledene se ge |
||
|
REGS:
Steeds duidelik herkenbaar mens, al is hy anderhalwe eeu gelede
reeds oorlede: die mummie van die Engelse matroos John
Torrington. |
||
![]()
Gekrimp in die dood...
Die
krimp van koppe was al erg genoeg—die grieselige gebruik van
inboorlinge in die digte woude van Suid-Amerika om hul doo |
||
|
Het Ötzi min of meer só gelyk?
BO:
Ötzi se kop in die voorstelling van hom in
Museum Bélesta (Ariège), Frankryk, een van verskillende rekonstruksies
en voorstellings wat reeds van die Ysman
gemaak is. Maar die kunstenaars wat hom probeer
uit
|
||
|
DIE
moeraslyke ("bog bodies'') word hulle genoem—honderde kadawers wat
reeds in die swart turf van ou moerasse in Noordwes-Europa gevind is.
Party is weliswaar in stukke of blote geraamtes, maar daar is ander wat
besonder goed behoue gebly het. Hierdie
dooie liggame het oor ’n lang tyd in die suur moerasse beland, maar
die meeste dateer van die laaste eeue voor Christus se geboorte en die
eerste aantal eeue daarna. Dis juis die suur van plant-reste en die
suurstofloosheid in die moerasse wat die ontbinding van die lyke
teengewerk het. Hoe
hulle daar beland het, is nie altyd duidelik nie. Party het heel
waarskynlik per ongeluk in die moerasse beland en toe ’n aaklige dood
gesterf. Ander was moontlik offerandes vir gode. Dit kon selfs ’n
groot eer gewees het om jou einde op dié manier te vind. In
sekere gevalle is daar egter tekens van uiterse geweld wat op
teregstelling of moord dui. Sulke kadawers is dié van die Grauballe-man
en die Tollund-man van Denemarke, en die Lindow-man wat in Cheshire,
Engeland, gevind is . . .
|
||
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad |