|
N
EPAD
NEPAD-logo |
|
EPAD is ’n visie—’n verbeeldingryke en doelgerigte
toekomsplan uit Afrika en vir Afrika. Die naam is ’n letternaam, wat min
of meer saamgetrek is uit die beginletters van The New Partnership for
Africa’s Development. As
sodanig bied NEPAD ’n strategiese raamwerk vir die opheffing en
vernuwing van ons vasteland, sodat Afrika-lande mettertyd en uiteindelik
ook met vervulling en trots hul volwaardige plekke in die ry van
ekonomies gesonde nasies moet kan inneem. Die
beleidsdokument waarin die raamwerk van die visie vervat is, is opgestel
nadat die Organisasie vir Afrika-Eenheid (OAE) ’n mandaat daarvoor gegee
het aan die vyf staatshoofde wat dit geďnisieer het, te wete Suid-Afrika,
Algerië, Egipte, Nigerië en Senegal. Op die 37ste spitsberaad van die
OAE in Julie 2001 is die beleidsdokument formeel aanvaar. (Die OAE is nou
vervang deur die AU, oftewel Afrika-unie.) Die
ontstaan van NEPAD was meer as broodnodig. Geweldige uitdagings wat Afrika
op die oomblik in die gesig staar, moes dringend aangespreek word. Dit is
kwessies soos die eskalerende armoede, onderontwikkeling en die
voortgesette marginalisering van die vasteland. ’n Radikale ingryping
deur Afrika se leiers was dus eintlik gebiedend noodsaaklik. NEPAD
se vernaamste oogmerke is toe as volg aangestip: a) Om
armoede uit te wis; Die
beoogde resultate is: •
ekonomiese groei en ontwikkeling en verhoogde werkskepping; •
verminderde armoede en ongelykheid; • die
diversifisering van produktiewe bedrywighede, verhoogde internasionale
mededingendheid en verhoogde uitvoere; •
verhoogde Afrika-integrasie. Die
bestuur het ten doel om: •
Afrika se vermoë te versterk om die leiding in sy eie ontwikkeling te
neem; • die
vermoë te verseker om onderhandelings te voer oor belangrike
ontwikkelings wat koördinasie oor die hele vasteland verg; • die
implementering te versnel van belangrike samewerkingsooreenkomste vir
ontwikkeling en projekte wat reeds goedgekeur is of onderneem gaan word; •
bykomende buitelandse hulpbronne vir ontwikkeling te mobiliseer. Die
hoogste gesag vir die implementering van NEPAD berus by die staats- en
regeringshoofde van die Afrika-Unie (voorheen bekend as die Organisasie
vir Afrika-Eenheid). State
dien drie-drie as streke saam in die implementeringskomitee, wat jaarliks
aan die leiers van die AU verslag doen. Die bestuurskomitee bestaan uit
die persoonlike verteenwoordigers van die staats- en regeringshoofde en
hou toesig oor die uitvoering van ontwikkelingsprogramme. Die
NEPAD-Sekretariaat koördineer die inwerkingstelling van projekte wat deur
die implementeringskomitee goedgekeur is. Wat
sę ontleders omtrent NEPAD? Daar is universele eenstemmigheid dat Afrika,
om verskeie redes, reeds hopeloos te lank aan die agterste speen moes suig
in ’n węreld waarin ongelyke ekonomiese verdelings en die kloof tussen
ryk en arm elke dag des te duideliker uitstaan. Die
grandiose toekomsplan om daadwerklik iets te doen omtrent die groot
verknorsing van Afrika in die breë, moet dus meer as verwelkom word. Elkeen
wat al deur die fleurige woordrykheid van sulke toekomsvisies moes
worstel, sal egter noodwendig wil wonder in watter mate lugkastele in
werklikhede omgeskep kan word te midde van die oneindig baie
remskoen-situasies wat steeds bestaan. Woorde
wek maar voorbeelde wek, is ’n ou Afrikaanse spreekwoord. Dit beteken
dat dit beter is om ’n voorbeeld te stel as om lippetaal te gebruik. En
om ’n voorbeeld te stel kan ook beteken om jou moue op te rol en hard te werk. NEPAD
kan voortreflik slaag, maar net as ’n kultuur van werklik begeesterde,
ywerige werkers in die veels te rustige Afrika geskep kan word—wat nie
sal vra wat die węreld gaan doen om Afrika te help nie, maar wat Afrika
gaan doen om homself te help. |
|