|
Nomade van die wêreld |
|
Nomade van die wêreld (2): Sámi (Laplanders) Klein
mensies
van
BO:
’n Betreklik ou foto van ’n Sámi- (of
Foto openbare besit (“public domain”) omdat kopiereg weens ouderdom verval het
Sedert onheuglike tye oorleef hierdie volk van klein mensies die ysige winters aan die verre noordelike rand van Europa. Vandag is hulle egter vinnig besig om te moderniseer... |
|
Teks
uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Wêreld Soos
die hel Klokke
wat lui. Horings
wat kraak. ’n
Sneeustorm van rendier-hare... HIERDIE
woorde, uit ’n Laplandse volkslied, rep iets van die ruwe raserny van
rendiere wanneer hulle aangekeer word om geslag te word. Die
Laplanders of Lappe (deesdae Sámi of Saami genoem, na dié mense se woord
Sameh
vir hulleself) behoort te weet. Eeue lank volg hierdie geharde mense reeds
die spoor van die rendiere op hul seisoenstrekke, en hul hele bestaan hang
trouens van dié herte af. Van tyd tot tyd maak hulle van die diere dood
vir hul vleis en velle. Daarom dat hulle die slagting so raak kan beskryf.
Die
Sámi woon aan die "bopunt" van Europa, of dan wel in die
noordelikste uithoeke van Noorweë, Swede, Finland en die Kola-skiereiland
van Rusland, in ’n streek wat Sámiland genoem word (vroeër
Lapland). Dit is nie ’n land op sigself nie, maar ’n gebied. Oorsprong
NIEMAND
weet vir seker waarvandaan die Laplanders oorspronklik gekom het nie.
Hulle is beslis nie verwant aan die groot, blonde mense wat die
Skandinawiese skiereiland ten suide van hulle bewoon nie, want hulle is
klein—op sowat 1,5 m onder Europa se kortste mense—en taamlik donker
van kleur. Hulle
het prominente wangbene, breë neuse en reguit, donker hare. (Baie het
egter reeds met Swede, Finne en Noorweërs getrou en hul voorkoms is aan
die verander.) Hul
taal toon ’n groot mate van ooreenkoms met die Finse en Hongaarse taal,
waarvan die herkoms ook ietwat onseker is. Die Lapse taal bestaan egter
uit ’n aantal dialekte wat soveel verskil dat die sprekers mekaar nie
kan verstaan nie. Die dialekte kan dus byna as verskillende tale beskou
word. Die
Laplanders het waarskynlik ’n paar duisend jaar gelede (dit kan dalk net
2000 jaar gelede wees) uit Asië gekom. Soos die Eskimo’s het hulle
omstreeks 1000 nC
met
die Wikings kennis gemaak en met hulle handel gedryf. Die
Laplanders het toe nog die grootste deel van Finland en ’n groot deel
van die noordelike Noorweë en Swede bewoon, maar toe die Finse setlaars
later opdaag, is die Lappe noordwaarts na hul huidige woongebied gedwing. Tradisionele
leefwyse
IN
die lente raak die toendra (die boomlose gebied in die verre noorde)
moerasagtig en swerms
insekte
verskyn. Die mos wat die rendiere vreet, verdor. Dit dwing die rendiere om
noordwaarts na vars weivelde te trek—en die Laplanders om hulle te volg.
Foto deur Anthere (Florence Nibart-Devouard), wat dit op hierdie bladsy in die Wikipedia-ensiklopedie op die wêreldwye web uitgeplaas het en kopiëring vergun ingevolge die Free Documentation License, weergawe 1.2 of enige latere weergawe, soos deur die Free Software Foundation gepubliseer.
Hulle
laai hul besittings op óf sleë óf pakrendiere wat klokke aan hul nekke
het. Die meeste mense het ook ’n hond as troeteldier wat hulle gebruik
om die rendiere te help aankeer. Hulle
trek gewoonlik snags wanneer die sneeu ferm is. Bedags vertoef die gesin
in ’n tentjie—’n houtraam wat met rendiervelle bedek is. ’n Vuur
word in die middel gemaak en die rook ontsnap deur ’n opening bo-aan die
tent. Wanneer
die Laplanders die somerweivelde bereik, bou hulle houthuisies met pelse
aan die mure en vloere om dit nog warmer te maak. Soos by die tente is
daar ’n opening bo waardeur die rook ontsnap. Die
vroue bestee baie tyd aan die voorbereiding van kos vir die winter en aan
naaldwerk, terwyl die mans na die troppe omsien. Ekstra benodigdhede soos
aartappels, hooi en gort kan van vissersdorpies in die gebied verkry word. Wanneer
die somer einde se kant toe staan, slag die Laplanders party van hul diere
en verkoop die vleis aan kopers uit die suide. Nadat
hulle eindelik vir die winter na die suide teruggekeer het, woon die
Laplanders in klein boomstomphuisies, elk met ’n enkele vertrek. Hulle
vertoef egter nie lank hier nie, omdat hulle soveel tyd op die trekpad
deurbring terwyl hulle die rendiere na die lente- en herfsvelde volg. Vandag
se Laplanders
DIE
Lappe het mettertyd ’n mengsel van gevestigde en deels nomadiese mense
geword. Sedert die helfte van die twintigste eeu het ál meer hul
tradisionele leefwyse versaak om werk in die stede en groot dorpe binne én
buite Lapland te vind. Die
plattelandse Laplanders kan in drie kulturele hoofgroepe ingedeel word:
die berg-, see- en woudmense. Die
berg-Lappe is vandag die grootste nomade, maar ook die kleinste groep.
Hulle hou rendiere aan om hulle van vleis, klere en gereedskap te voorsien
en om hulle te vervoer. Hulle volg die diere wanneer dié op trek gaan. Sleë
is tradisioneel gebruik om die rendiere aan te keer, maar vandag gebruik
hulle meestal sneeumobiele en motors. Die
see-Lappe is die grootste groep Laplanders. Hulle woon aan die kus waar
die meeste vissers is. Vroeër was hulle deels nomadies en het rendiere,
ander soogdiere en voëls op hul seisoensmigrasies gevolg. Die
woud-Lappe woon in nedersettings in woude. Baie werk as houtkappers, ander
boer met rendiere, beeste en skape. Baie woon aan die oewers van riviere
of mere en maak ’n bestaan van visvang. Die
moderne lewe het wel deeglik sy stempel op Lapland afgedruk.
Bevolkingsdruk en die ontginning van minerale het die tradisionele
weivelde verklein. Dit het ook noodsaaklik geword om die kinders moderne
skoling te gee. Maar die Lappe het by hul regerings aangedring om hulle te
help om hul taal, gebruike en leefwyse te bewaar. Die
vakansietyd begin met die aanvang van die lente wanneer die troppe noord
migreer. Die kinders kan dus hul ouers op die trek vergesel, die nomadiese
leefwyse leer ken en met die gebied vertroud raak. Die skole heropen eers
in die begin van die winter, wanneer die troppe terugkeer. Een
van die mees dramaties veranderings in Lapland in betreklik onlangse jare
hou ook verband met die rendiere. Moderne
geriewe en artikels soos fabriekskos en -klere, TV-stelle, videomasjiene,
motors, sneeumobiele en motorbote, en die sug na statussimbole, het
veroorsaak dat daar ’n behoefte aan harde kontant by die Laplanders
ontstaan het. Rendiere
is ál meer as ’n bron van kitsgeld beskou. Die gevolg was egter dat te
veel diere geteel is vir die beskikbare weiding. Nog
’n probleem was dat die Laplanders die troppe met sneeumobiele en
helikopters veel vinniger oor die land aangejaag het as wat natuurlik is.
Die diere het stres gekry, vermaer, is met parasiete besmet en die vleis
het oneetbaar geraak. ’n
Ondersoek wat ’n aantal jare gelede ingestel is, het getoon dat duisende
rendiere op die trek van maagsere gevrek het. |
|
Nomade van die wêreld |