|
||
IE
prys van ru-olie styg en petrol (wat daaruit verkry word) raak
noodwendig ook duurder. Natuurlik het alles ’n merkbare invloed op
landsekonomieë oral, want is die moderne industriële beskawing dan nie
grootliks van olie afhanklik nie? Maar waar kom ru-olie eintlik vandaan? Hoe word dit ontgin en
geraffineer? Hoe is dit oor die aarde versprei en wat is die
vooruitsigte vir toekomstige geslagte in ’n wêreld wat sonder olie
moet klaarkom? Olie is so ’n integrerende deel van ons bestaan dat
elkeen van ons ten minste ’n basiese kennis van die olie-verhaal
behoort te hê. Die
ontstaan van ru-olie
WETENSKAPLIKES
reken dat ru-olie, wat in groot hoeveelhede onder die aardoppervlak en
selfs onder die see voorkom, gevorm is in die sogenaamde Kaboon-tydperk
van die aarde, miljoene jare gelede. Aardgas en die meeste van ons
steenkoolreserwes, reken hulle, sou ook toe gevorm gewees het. In die
Karboon-tyd was die land bedek met moerasse vol reuse-bome, varings en
ander plante. Namate die plante gevrek het, het hulle na die bodems van
die moerasse afgesak. Hul reste het lae op lae van ’n sponsagtige stof
gevorm wat moerasturf, turf of veen genoem word. Met verloop van baie
honderde jare is die turf deur sand, klei en ander minerale bedek, wat
in ’n soort gesteente verander het wat afsettingsgesteente of
sedimentgesteente genoem word. Al hoe
meer gesteentes het op die onderste gesteente beland wat dit ál
swaarder laat word en op die turf laat neerdruk het. Die turf is steeds
meer saamgepers totdat dit, met verloop van miljoene jare, in steenkool,
ru-olie of aardgas verander het. Daar is
egter wetenskaplikes wat anders dink. Goed, sê hulle, groot
prehistoriese plante en varings was inderdaad die bron van vandag se
steenkool, maar ru-olie en aardgas kom van piepklein see-organismes wat
diatome genoem word. Diatome
bestaan gewoonlik uit twee dele wat inmekaar pas—byna soos ’n
pildosie en sy deksel. En hulle is so klein dat sowat 25 miljoen in ’n
enkele teelepel sal kan inpas. Hulle is
nie diertjies nie, maar plantjies en as sodanig kan hulle sonlig
regstreeks as opgegaarde energie berg. Nog verbasender is die feit dat
diatome omtrent ’n kwart van die gewig van alle plantelewe op aarde
uitmaak en dat hulle minstens 'n kwart van die suurstof produseer wat
ons inasem. Boonop is
hulle ’n onontbeerlike skakel in die voedselketting in ons oseane.
Hulle vorm ’n baie vername deel van die fitoplankton, waarop die
seelewe berus. En wanneer hulle dood is, reën hulle op die seebodem
neer. Dit sou, volgens sekere wetenskaplikes, ook in oerverlede reeds
gebeur het. Hul olieryke plasma is net soos die reste van die groot
plante begrawe en het in ru-olie verander. Oorliggende
gesteentes het dus die diatome saamgepers en hul skelette kon nie
ontsnap nie. Die koolstof daarin het vanweë die groot drukking en hitte
in olie verander. Namate die aarde verander en die aardkors beweeg en
gevou het, is holtes gevorm waarin die opgegaarde olie versamel het—net om daar uitgepomp en verbrand te word deur vandag se mense wat dit so broodnodig het! Wanneer
het die mens ru-olie OLIE
word reeds vyf- tot sesduisend jaar deur die mens gebruik. Die antieke
Sumeriërs, Assiriërs en Babiloniërs het ru-olie en asfalt
("pik") gebruik wat hulle versamel het van plekke aan die
Eufraatrivier waar baie daarvan uit die grond gesypel het. Die antieke
Egiptenare het olie as medisyne vir wonde en as brandstof vir lampe
aangewend. Die Dooie
See, by die teenswoordige staat Israel, is vroeër die Asfaltites-meer
genoem. Die woord asfalt (die
teer in teerpaaie) is van dié naam afgelei, vanweë die hompe klewerige
ru-olie wat daar uitgespoel het van plekke af waar dit onder die water
uit die aarde gesypel het. In
Noord-Amerika het inboorling-Amerikaners (vroeër Indiane genoem)
komberse gebruik om olie van die oppervlakke van strome en mere af te
skep. Hulle het die olie as medisyne gebruik en om hul kano’s waterdig
te maak. Namate die
wêreld ál meer ontwikkel het, het die vraag na olie as brandstof vir
lampe ook al hoe groter geword. Petroleum het walvisolie begin vervang
omdat dié so ontsettend duur was. Maar dit was die ontwikkeling van die
binnebrandmasjien wat die oliebedryf sy vernaamste inspuiting gegee en
olie vir die mens onontbeerlik gemaak het. Die eerste
petrolaangedrewe masjien is in 1864 deur die Oostenrykse ingenieur
Siegfried Marcus uitgevind. Dit was 'n tweeslagmasjien. Party mense
reken hy was die eintlike uitvinder van die motor omdat hy sy masjien in
’n stootkar met vier wiele geïnstalleer het. Maar ’n
veel groter voorwaartse tree in die geskiedenis van die
binnebrandmasjien was dié van die Duitse ingenieur Gottlieb Daimler.
Dit was toe hy in 1885 die wêreld se eerste geslaagde vierslagmasjien
ontwerp het wat petrol verbrand het. Hy het die masjien getoets deur dit
met die raamwerk van ’n kru tweewiel-motorfiets te kombineer. Daimler
het ’n tweede, groter masjien gebou wat hy in ’n "perdelose
rytuig" met vier wiele geïnstalleer het. Hy die firma
Wimpff-wamakers spesiaal opdrag gegee om die rytuig te bou. Hy het
eenvoudig die disselbome en een van die agtersitplekke van ’n wa laat
verwyder om vir sy masjien plek te maak. Daimler
was heeltemal onbewus daarvan dat ’n mede-Duitser, Karl Benz, reeds
besig was om ’n rytuig te bou wat die perdewa heeltemal moes vervang.
Benz het sy driewiel-motor in sy geheel ontwerp, met ’n ligte raamwerk
en wiele met draadspeke. Hoewel
altwee motors, dié van Daimler en Benz, 'n sensasie veroorsaak het, kon
die publiek eenvoudig nie aanvaar dat hierdie vreemde, nuwe, duur
voertuie 'n toekoms het nie. Die mense was net te huiwerig om hul geld
daarop te "vermors". Teen
die 1890's het motors egter ligter, sterker en vinniger geraak, en die
motorbedryf het stadig op dreef gekom. In
Amerika het verskeie vervaardigers motors volgens die
monteerfabriek-metode begin bou. Een van die grotes wat sy verskyning
gemaak het, was Henry Ford. Die Ford Motor Company is in 1903 gestig, en
spoe Olie-ontginning:
die geskiedenis
|
|
|
SUID-AFRIKA
het self geen kommersieel ontginbare neerslae van ru-olie nie, hoewel
daar ’n sekere hoeveelheid aardgas in die see aan die Suid-Kaapse kus
is. Dan is ons land natuurlik ook ’n wêreldleier in die verwerking
van petrol uit steenkool deur die reuse-maatskappy Sasol, maar dit is
’n ander verhaal.
Sasol kan
egter ongelukkig nie in al ons petrolbehoeftes voorsien nie. Ru-olie
word dus per skip hierheen gebring en in tenks geberg, waarna dit tot
petrol geraffineer (gesuiwer) word vir versending na die verskillende
oliemaatskappye. Uiteindelik, met die ekstra byvoegings van die
verskillende maatskappye, beland die petrol in die petrolpompe en daarna
in ons motors.
Die
basiese raffinering van ru-olie vind in ’n distillasie-eenheid plaas.
Ru-olie, wat uit verskillende koolwaterstowwe bestaan, begin verdamp by
’n temperatuur ietwat minder as die kookpunt van water.
Koolwaterstowwe met die laagste molekulêre gewig verdamp by die laagste
temperature, waarna steeds hoër temperature nodig is om groter
molekules te distilleer. Die eerste bestanddeel wat uit ru-olie
afgestook word, is die deel wat bestem is om petrol te word, met
agtereenvolgens die nafta- en paraffien-bestanddele daarna.
Maar dis
nie al waartoe ru-olie verwerk word nie. Kunsmis vir die boere, sekere
klere wat jy dra, dalk jou tandeborsel, die plastiekbottel waarin jou
melk is en miskien selfs die plastiektoetse daar voor jou op die
rekenaar se toetsbord, alles kan van olie kom—net soos duisende ander
dinge. Trouens, daar is ’n
menigte plastiekprodukte wat van olie
gemaak word.
HOEWEL
ons weet dat die wêreld se oliereserwes onrusbarend
minder raak, is dit ’n ope vraag hoeveel daar nog oor is, want
nuwe ontdekkings kan nog volg. Die bewese reserwes was volgens ’n
betreklik onlangse raming nagenoeg 139 miljard ton. Maar dié kan ná
iets meer as vier dekades opgebruik wees, in die huidige produksietempo
van 3,2 miljard ton per jaar.
Die
oliereserwes is ook nie eenvormig versprei nie. Die Midde-Ooste spog met
65 persent daarvan, meestal in Saoedi-Arabië, Irak, Iran, die Verenigde
Arabiese Emirate en Koeweit. Die naasgrootste ru-olie-reserwes is in
Latyns-Amerika, met Mexiko en Venzuela wat saam sowat twaalf persent tot
die wêreldreserwes bydra. Baie van die oorblywende reserwes is in
Rusland (vyf persent), Amerika (drie persent), Libië (drie persent),
China (twee persent) en Nigerië (twee persent).
Hoewel
Amerika slegs drie persent van die wêreld se bewese reserwes het,
produseer die land tans iets meer as twaalf persent van die wêreld se
olie, net ’n kort kop agter die grootste produsent Saoedi-Arabie (12,5
persent). Rusland is in die derde plek met ’n jaarlikse produksie van
tien persent.
Maar omdat
oliereserwes beperk is (en die produksie boonop beïnvloed word deur
staatkundige woelinge soos nou in Irak) neem die besef toe dat die
mensdom vinnig na alternatiewe energiebronne sal moet soek. Die opsies
is weliswaar min. Ons eie Sasol bied waarskynlik ’n deel van die
oplossing, want daar is nog baie steenkool op die aarde.
Maar
fossielbrandstowwe kos miljoene jare om te maak. Watter verdoemende
aanklag sou toekomstige geslagte nie teen die 20ste- en 21ste-eeuse
mense kon inbring dat ons alles binne ’n eeu of twee weggebrand
het nie?