Ons wonderlike plante (2)
WeŽ van die wortel

Wortels van ín wortelboom (mangrove) bo en onder die wateroppervlak

BO: In ín wortelboommoerasódie wortels van ín wortelboom (mangrove) bo en onder die wateroppervlak.

Foto: National Oceanic and Atmospheric Administration (NOAA) / US Department of Commerce
       


Gedink wortels is altyd net so groot of klein soos die plant bo die grond? Moenie glo nie. Een plantkundige het selfs ontdek dat, as al die wortels en wortelhare van ín enkele klein rogplant aanmekaargelas word, hulle van Johannesburg af halfpad Kaapstad toe sal strek! En wortels is werklik wonderlike plantdele. Hulle verrig nie net allerhande take vir plante nie, maar doen dit boonop soms met ín ongelooflike "ywer". ín Mens kan byna sÍ, waar daar ín wil is, is daar ín wortel...

ē   " ín Deel van die saad ... het op klipbanke geval ... en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog."óMatt. 13:5,6.


Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com


A

S jy iemand vertel waar Dawid die wortels gegrawe het, sÍ jy hom goed die waarheid. Die wortel van alle kwaad, sÍ die Bybel, is geldgierigheid. Daar is ook die vierkantswortel van wiskunde wat vrees in die harte van syferdommes laat wortelskiet.

Wortels van allerlei aard is goed in die taal geanker, en nie om dowe neute nie. Hulle is die lewedraers van plante, die spyskanale wat deur die donkerte van die aarde boor op soek na voedingstowwe en water.

Hoofdele van ín wortelEn groei, diť kan hulle. ín Aantal jare gelede is ín wildevyeboom by die Eggogrotte naby Orighstad uitgegraweódaar is gegrawe en gegrawe. En weer gegrawe. Want die wortels het ín verstommende 120 m diep die aar≠de ingeboor. Diť wildevy het selfs vir hom ín ereplek in die Guinness Book of Records ingewurm as die plant wat hom die diepste in Moeder Aarde ingegrawe het. Voorwaar ín boom wat jy nie sommer met wortel en tak uitroei nie.

Omdat wortels so buite sig groei, is ín mens geneig om te dink hulle is net so groot of klein soos die plant bo die grond. Maar dit kan misleidend wees. Doodgewone plante, die pampoen byvoorbeeld, se wortels kan gesamentlik oor ín yslike afstand strek.

In die Indiese Botaniese Tuin in Kalkutta het ín baniaanboom vir hom ín plek in die prestasieboek van plante oopgegroei deur regop gehou te word deur 1775 stutwortels. Die boom en sy wortels se deursnee? ín Ontsagwekkende 412 m.

Die lang wortels van lusern wat in ín kweekhuis gekweek isLINKS: ín Biologiese tegnikus met die wortelsóelk tot omtrent vier meter lankóvan lusern wat in ín kweekhuis gekweek is. As sulke wortels aanmekaar gelas sou word, sou hulle oor enorme afstande strek.

En een ywerige plantkundige het ontdek dat ín enkele klein rogplant amper veertien miljoen wortels en meer as veertien miljard wortelhare het. As al die wortels en wortelhare aanmekaargelas word, sal hulle van Johannesburg af halfpad Kaap≠stad toe strek!

Al diť indrukwekkende statistiek ten spyt is wortels seker die mees obskure deel van die plant. Al is hulle gewoonlik die eerste deel van die plant wat uitkom wanneer ín saad ontkiem, draai hulle onmiddellik weg van die lig en verdwyn in die donker dieptes.

Wortels is nie net belangrike voedselgaarders vir die plant nie, maar dien ook as voedsel vir die mens. Daardie lekker soet geelwortel is in werklikheid ín vlesige penwortel met opgebergde voedsel. Beet, aartappels, rape en uie is almal knolle, wat eintlik ook maar wortels is.

Wortels is vroeŽr, voor die koms van sintetiese kleurstowwe, ook as kleurstof gebruik.

In oupa en ouma se tyd is talle wortels as medisyne gebruik, en vandag nog word hoesmedisyne, hartstimulante en ontwateringsmiddels daaruit vervaardig.

Wortels verrig nog ín belangrike funksie wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Hulle stabiliseer die grond en voorkom erosie.

Boomwortels ontbloot deurdat ín deel van die wal weggekalwe hetREGS: ín Boom langs ín oewer wat ín watervloed nie kon hanteer nie en waarvan die wortels ontbloot is toe dele van die wal deur die stroom meegesleur is. Maar bome soos hierdie wat wel nog staande bly tydens oorstromings, help keer steeds met hul wortels dat gronderosie plaasvind en dat vrugbare grond elders heen weggespoel word of naderhand selfs in die see beland.

Foto: U.S. Geological Survey 

Op steil plekke waar plante en bome op groot skaal uitgeroei is, spoel tonne kosbare bogrond weg en grondstortings vind maklik plaas, dikwels met rampspoedige gevolge.

Maar nie net die mens en die plant is van wortels afhanklik nie. Dink maar aan die ontelbare diertjies wat onder die grond van wortels lewe en selfs swamme wat in simbiose met wortels bestaan.

Wortelknoppies vol bakterieŽ wat stikstof uit die lug bind
Stikstofbinding deur bakterieŽ
in die wortelknoppies van
peulgewasse

LINKS: Plante het stikstof nodig om proteÔene te vorm en kry in die reŽl hul stikstof van nitrate in die grond. By die wortels van peulgewasse soos ertjies en boontjies vind ons egter ín uiters belangrike simbiotiese wisselwerking tussen die plante en sekere bakterieŽ wat in die grond aanwesig is. Die piepklein (2 mm groot) ronde orgaantjies op hierdie foto is wortelknoppies vol gespesialiseerde bakterieŽ wat stikstof uit die lug vasvang (ďbindĒ) en dit met die peulplant ruil vir suikers wat die plant produseer. Interessant genoeg kom die ietwat pienkerige kleur van ín verbinding wat soortgelyk is aan die hemoglobien in menslike en dierlike rooi bloedselle.

Foto: Markus Dubach / ARS / U.S. Department of Agriculture

Wat wortels doen

WORTELS het twee hooffunksies: om water en voedingstowwe uit die grond op te neem en na die stam te vervoer, en om die plant te anker.

ín Ander funksie van baie wortels is om as "spens" van die plant op te tree en voedingstowwe te berg, byvoorbeeld geelwortels en beet.

Wortels verrig soms ook ander funksies, byvoorbeeld diť van moerasbome wat boontoe groei om suurstof op te neem, en die hegwortels van klimoppe wat die plant aan voorwerpe heg.

ín Wortel-warboel

Twee soorte wortelstelselsDAAR bestaan twee soorte wortelstelsels: ín penwortelstelsel met ín enkele hoofwortel wat reguit in die grond afgroel en waaruit talle sywortels spruit (soms vergroot die penwortel en dien as "spens"); en ín bywortelstelsel waar die hoofwortel afsterf en talle wortels bo of onder die grond uit die stingel ontwikkelódiť wortels is gewoonlik ewe groot en talle sywortels kan weer uit hulle groei.

Die meeste groentesoorte het penwortels, terwyl bywortels weer algemeen by grasse en graangewasse voorkom.

Waterplante se wortels neem die nodige mineraalsoute regstreeks uit die water op. Soms bevat hulle ook chlorofil en neem die taak van fotosintese van die blare oor.

StutwortelsDaar bestaan ook stutwortels wat plante in sanderige of moerasgrond regop hou, byvoorbeeld diť van die mielie en die moerasboom. Laasgenoemde se wortels groei boontoe en steek bo die modder uit.

Sommige plante soos klimoppe met swak stingels ontwikkel klein hegworteltjies wat ín soort gom afskei wanneer dit met ín stut in aanraking kom. Daar bestaan ook lugwortels, byvoorbeeld diť van tropiese orgideŽ wat hoog in bome en takke groei. Die lugwortels anker die plant stewig aan die takke en neem waterdamp uit die lug op.

Hoe werk ín wortel?

Die bou van ín wortelDIE wortel se voorste punt dra ín beskermende mussie. Die selle aan die buitekant van die mussie verslyt gedurig vanweŽ wrywing met die gronddeeltjies, maar word aanhoudend deur nuwe selle aan die binnekant vervang. Die wortelmussie is buitekant met slym gevoer sodat dit makliker ín pad deur die gronddeeltjies kan baan.

Onder die wortelmussie is ín klein gebied, die meristeem, waar die selle gedurig verdeel. Hierdie selle word later die verskillende wortelweefsels. Net agter die meristeem is die verlengingstreek van die wortel. Die selle hier verleng baie vinnig en stoot sů die wortelpunt verder deur die grond. Die meristeem en verlengingstreek vorm saam die groeistreek.

Die buitenste laag selle van die wortel word die epidermis genoem. Baie van hierdie selle verleng om duisende fyn wortelhaartjies te vorm. Hulle is as ít ware die kosinsamelaars, want hul hooftaak is om water en minerale uit die grond op te neem. Die delikate haartjies het maar ín kort lewe, maar word gedurig deur nuwes aangevul.

Binne die epidermis is die korteks, die stewige "liggaam" van die wortel, en in die middel hiervan loop die "kanale" waardeur water en voedingstowwe vervoer word.

Wanneer water met opgeloste voedingstowwe deur die wortelhare en ander epidermale selle opgeneem word, vul dit die selholtes (vakuole) tot barstens toe vol. Die water word van sel tot sel aangegee totdat dit die "waterkanale" in die korteks bereik.

Van hier gaan die water deur die stam na die blare... maar dis ín storie vir ín ander aflewering in hierdie reeks.

Skakels na al die aflewerings in hierdie reeks:

   


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad