Ons wonderlike plante (3): Stingels en stamme


Die stam-storie
 

BoomstammeStingels en stamme en stele... bring water na plante se kele... Drie name, maar eintlik een en dieselfde ding. En dis hierdie deel van die plant wat ons hieronder gaan ontdek...

 

Foto: Olympic National Park  / U.S. National Park Service



Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

    

O

Vlas ó die plant en sy veselsMDAT die mens so ín nuuskierige streep weg het, peuter en torring hy aan al wat voorkom. En kort voor lank vind hy uit: maar met diť ding kan ek dit of dat doen.

 

Sů was dit ook met die ou Egiptenare. Baie lank gelede, 3000 v.C. al, het hulle agtergekom as hulle die stingel van die vlasplant in water week, die vesels uitmekaar haal, droog maak en dan spin, kry hulle ín soort materiaal.

 

Hierdie materiaal noem ons vandag linne. Die Egiptenare het dit gebruik om hul dooies in toe te draaióen vandag gebruik ons dit om spoggerige klere en gordyne van te maak.

 

Die vroeŽ Europese ontdekkingsreisigers het weer op ín ander ding in die Amasone afgekom. Hulle het opgelet dat die inboorlinge nie malaria kry as hulle ín brousel van die bas van die kinaboom drink nie.

 

Later, in die negentiende eeu, het wetenskaplikes dit reggekry om die aktiewe bestanddeel in die bas, naamlik kinien, te isoleer. Nou kon hulle mensgemaakte medisyne met dieselfde samestelling ontwikkelónie alleen het dit malaria voorkom nie, maar dit het ook nie die onaangename newe-effekte van kinien gehad nie.

 

Kruiehelers in Europa en die medisynemanne van die Indiane in Noord-Amerika het weer ín ander ding ontdek: ín brousel van die bas van die wilgerboom verlig die pyn en inflammasie van artritis. Die aktiewe bestanddeel in die bas is salisien, en hiervan het wetenskaplikes die algemeen bekende pynstiller aspirien gemaak.

 

Die mens het ook ín legio ander gebruike vir stingels en stamme ontdek. Uit die bas kry ons looisuur (tannien), kleurstowwe, kleefmiddels en geneesmiddels. Van die sap, gom en hars maak ons kleefstowwe, vernis, medisyne, drukkersink, verf, skoenpolitoer en plofstowwe.

 

Boomstompe word gebruik vir fineerhout, houtskool, pik en houtteer. Daar is ook papierhout, wat verwerk word tot papier, sneespapier, karton, sellofaan, plastiek en fotografiese papier.

 

En dan is daar nog ín eindelose lys van alles wat ons met die hout kan maak: omtrent enigiets van ín vuurhoutjie of ín tandestokkie tot ín telefoonpaal.

 

Stingelstories

  
PLANTSTINGELS moet sorg dat die blare sonlig en lug kry, hulle moet die blomme sů hou dat hulle bestuif kan word, en dan moet hulle water van die wortels na die blare vervoer en kos van die blare na die res van die plant.

 

ín Jong kunstenaar werk aan ín eie siening van die steel en bloeiwyse van ín sonneblom (waterverf)REGS: ín Jong kunstenaar werk aan ín eie siening van die steel van ín sonneblom. ín Blaar en die bloeiwyse is reeds geteken (waterverf).

 

Foto: Childrenís Wildflower Art Classes / U.S. National Park Service

 

Groen stamme bevat chlorofil (bladgroen) en kan daarom die blare help om kos deur fotosintese op te bou.

 

Sommige stingels is ook vir ín paar ander take toegerus. By baie kaktusplante is die stingel as 't ware ín opgaardam. Hulle is ook verantwoordelik vir fotosintese, want pleks van blare is daar net dorings en stekels.

 

Party stingels (en wortels) het opgeswelde dele wat knolle genoem word. Hierdie knolle is die spens, want voedingstowwe word hier geberg. ín Goeie voorbeeld van sů ín knol is die aartappel. Sommige wortelstokke (stingels wat horisontaal onder die grond groei) soos diť van die iris berg ook voedsel.

 

Daar is ook stingels wat vir voortplanting toegerus is. Die bekende lopers van die aarbeiplant is eintlik takkies van die hoofstingel wat Šl met die grond langs kruip. Babaplantjies ontwikkel uit die knope van die lopers.

 

Die meeste stingels staan stewig en regop, maar ín paar mors geen energie om ín stewige stingel te vorm nie. Diť luies klim sommer op die stingels van ander plante.

 

Dan is daar ook "gewapende" stingels. Hulle het dorings om plantvretende diere af te skrik. Bekende voorbeelde hiervan is sekere soorte lemoen- en suurlemoenbome.

 

Hoe lyk dit binne?
 

STINGELS kry jy in alle groottes en vorms. Een reusagtige mammoetboom, die grootste plant op aarde, het ín stam soos ín massiewe suil van meer as 80 m hoog. Paddaslyk, weer, het ín delikate draadjie van ín stingel.

 

Stingels wat sag en groen is, word kruidagtige stingels genoem. Diť wat hard en onbuigsaam is, staan bekend as houtagtige stingels.

 

Die stingel en sy takke bestaan aan die buitekant uit knope en litte. Blare kom by die knope uit. Die stingel en takke eindig in eindknoppe, wat eintlik die groeipunte is.

 

Ander knoppe ontwikkel in die oksels van die blare. Ons noem hulle okselknoppe. Wanneer ín tuinier rose of vrugtebome snoei, sny hy die takke net bokant die knoppe af. Dit stimuleer die plant om nuwe takkies te laat uitgroei.

 

Houtagtige stingels is aan die buitekant met ín kurklaag bedek en bevat asemopeninge wat lentiselle genoem word.

 

Die meeste stingels lyk omtrent dieselfde aan die binnekant. Die uitsondering is ín ware houtagtige een soos diť van die eikeboom, wat ons gaan ondersoek.

 

Dwarssnit van ín houtagtige stamDie growwe bas aan die buitekant is die boom se pantserkleed. Nes ín mens se vel beskerm die bas die lewende weefsel aan die binnekant, want bome word aan baie gevare blootgestel: die mens wat hulle met byle bykom, vandaliste wat hul name daarop uitkrap, brande, wind en ysige koue.

 

Het jy geweet dat ín boom kan bloei? Wanneer die bas gewond word, sypel sap soos hars of gom uit en verseŽl die "seerplek" sodat organismes wat siektes veroorsaak nie daar kan inkom nie.

 

ín Mens sien ook baiemaal sekere "geswelde" ringe aan bome. Wanneer ín tak afbreek, bedek die boom die wond met "eelte" Šl om die rand.

Net onder die bas lÍ die floeŽm. Hierdie laag is die "kospyp": dit vervoer die suiker wat die blare deur fotosintese opbou na die ander dele van die boom.

Onder die floeŽm lÍ die baie belangrike kambium. Hierdie dun lagie is so te sÍ die hartslag van die boom, want dit maak al die selle wat die boom laat groei. Die boom groei gelyktydig in twee rigtings: die selle wat na buite verdeel, word uiteindelik die bas, en die selle wat na binne verdeel, word deel van die binneste kern.

 

Die volgende laag is die xileem, die "waterpyp", wat die grootste deel van die stam vorm. Die xileem bestaan uit twee dele: die buitenste ligkleurige jonghout wat water van die wortels na die blare vervoer, en die binneste kernhout of pithout.

 

Tientalle meters skei soms ín boom se wortels van die hoogste blare. Die boom het geen hart wat die water kan pomp nie. Hoe word die water dan vervoer? Die reis begin diep onder die grond by die wortelhare, waar water deur osmose opgeneem word. Dit veroorsaak verhoogde druk in die selle van die wortelhare en die water word boontoe "gedruk". Die water word as 't ware van sel na sel "aangegee" totdat dit deur die hele boom versprei het.

 

Jaarringe
 

JaarringeJY het seker al gehoor dat ín mens ín boom se ouderdom kan bepaal deur die ringe in die stam te tel.

 

Die jaarringe word in die "waterpyp"ódie xileemógevorm. Baie bome vorm twee ringe in een jaar: wanneer die boom in die lente vinnig groei, word ín ligkleurige ring gevormódit word voorjaarshout genoem. In die laatsomer wanneer die boom stadiger groei, ontstaan ín donker ring. Dit het die naam najaarshout gekry. Albei hierdie ringe, die ligte en die donker een, vorm saam een jaarring.

 

Die breedte van die ringe vertel jou hoeveel reŽn die boom in ín sekere jaar gekry het, hoeveel sonlig daar was, hoe warm of koud dit was, of daar insekplae, brande of mededinging met ander bome was.  

 

Mieremaniere Laaste ďsteelfotoĒ!

 

REGS: ín Plantsteel kan straks ín nuttige brug oor diep waters vir klein skepseltjies vorm soos hierómaar ín mens kan nie help om te wonder hoe hierdie twee ywerige miere by mekaar gaan verbykom as nie een van hulle bereid sou wees om in sy spore om te draai nie!

 

Net ín flousfoto van MSKARG

 




 

 

Skakels na al die aflewerings in hierdie reeks:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad