Ons wonderlike plante (5): Geslagtelike voortplanting

  
Oor blomme, bye

en ander bestuiwers

   

Kolibrie by blomNeem en gee is n belangrike rel in die natuur. Met sy lang, dun snaweltjie teug die kleine kolibrie (humming-bird) die nektar van n blomen betaal daarvoor deur korreltjies stuifmeel van die een blom na die ander te versprei. Bestuiwing is dus beslis nie net die bye en die wind se werk nie...

 

Foto: Dean E. Briggins / US Fish and Wildlife Service

 


Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Wreld

Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com
   

A

-A-A-TSJOE! Gesondheid! Dis weer daardie tyd van die jaar. Die wreld lyk verruklik van die tere lenteblomme en oral koer verliefdes en duiwe om mekaar. Net arme jy is erg miserabel, want dis stuifmeeltyden jys n hooikoorslyer.

Mense wat nie aan hooikoors ly nie, dink partykeer jy sit aan. Want niemand kan die miljoene stuifmeeldeeltjies sien wat heen en weer in die lug vlieg nie.

 

Ag, nou ja, snuit maar die neus en hou uit. Jy ly vir n goeie doel. Blomme is nie net vir die mooi nie. Hulle is die voortplantingsorgane van plante, en sonder ons groen vriende kan ons en feitlik alle ander lewende skepsels nie bestaan nie.

 

Deur die eeue heen was blomme nog altyd die boodskappers van liefde. En soos die mens maar is, het dit n groot geldmaakstorie geword. Skoonheidshuise gebruik tonne der tonne blomblare vir olies en ekstrakte vir allerlei mooimaaksalwe en parfuum.

 

Ook die dierewreld hou van blomme. n Mens weet nou nie of hulle ook kykgenot uit blomme put nie, maar hulle geniet dit beslis om hul mae se ontwil. Baie insekte, skoenlappers en vols lewe van die stuifmeel, nektar en olie van blomme. Dan praat n mens nie eens van die gulsige kewers wat n hap hier en n hap daar uit blomblare vat nie. Insekte gebruik ook die harsdeeltjies van blomme as boumateriaal.

 

Maar dit is alles bysaak. Die hoofdoel van blomme is om sade voort te bring, wat weer in nuwe plante ontkiem. Omdat die sade binne-in die blomme is, word blomplante bedeksadiges genoem. Hul geleerde naam is angiosperme.

 

Blomme doen hul voortplantingstaak so goed dat hulle vandag die mees wydverspreide en veelsoortige groep plante op aarde is.

 

Bou van die blom
 

Bou van n blomGEEN twee blomsoorte is dieselfde nie. Party se blomblare vorm n riffelrokkie, ander se rande is geskulp of glad of groei ineen om n kelk, koppie of pypie te vorm. Sommige blomme is manlik, ander vroulik, en ander weer tweeslagtig.

 

Hierdie skynbaar oneindige verskeidenheid maak blomme natuurlik n baie interessante studieveld. Maar ons kan tog n paar veralgemenings maak.

 

Plantgroepe word hoofsaaklik op grond van die rangskikking van die blomdele geklassifiseer. Ons gaan die bou van n "tipiese" tweesaadlobbige blomplant van nader bekyk.

 

(n Mens kan nie sommer op die oog af vir seker weet of n blomplant eensaadlobbig of tweesaadlobbig is nie, want die saadknoppe is in die vrugbeginsel weggesteek. Maar tweesaadlobbiges se blomblare en ander -dele kom gewoonlik in groepe van vier of vyf, of veelvoude hiervan, voor. Die eensaadlobbiges sn kom meestal in drie of veelvoude hiervan voor.)

 

Voordat die blom sy mooi blomblare ontvou, is die knop toegevou in groen kelkblare. Die kelkblare saam word die blomkelk genoem.

 

Die blomblare wat uit die blomkelk spruit, is gewoonlik geurig en kleurryk om insekte en ander bestuiwers te lok. Die blomblare saam word die kroon genoem. By party blomme soos tulpe lyk die kelk- en blomblare eenders en dan praat ons van hulle as blomdekblare.

 

Die blomkelk en kroon word saam die blomdek of periant genoem.

 

As jy in n blom se kelk kyk, sal jy n paar regop draadjies sien. Dit is die meeldrade, die manlike deel van die blom. Die draadjie self word die helmdraad genoem en die stuifmeelknoppie bo-op die helmknop.

 

Reg in die middel van die meeldrade staan een of meer steeltjies. Hulle vorm deel van die stamper, die vroulike deel van die blom. Die steeltjie word die styl genoem, en op die styl is n knoppie wat die stempel genoem word. Die stempel is daar om die stuifmeel van die manlike meeldrade op te vang. Aan die onderpunt van die styl (jy kan dit net sien as jy n blom versigtig oopmaak) is die vrugbeginsel waarin die saadknoppe is.

 

Bestuiwing

 

By en blomREGS: Die bye en die blomme... sinoniem met  voortplanting en hernieude lewe.

 

Foto: Jim Cane / ARS / U.S. Department of Agriculture

 

DIE besige by is een van beste bestuiwers in die insektewreld, maar daar is natuurlik ook ander bestuiwers, asook heel uiteenlopende maniere van bestuiwing.

 

Bestuiwing vind plaas wanneer die stuifmeel van die manlike voortplantingsorgane (meeldrade) na die vroulike deel (die stamper) oorgedra word.

 

Bestuiwing kan op verskillende maniere geskied. Sommige blomme bevat manlike sowel as die vroulike dele en kan hulself bestuif. Hierdie blomme is tweeslagtig.

 

Een- n tweeslagtige blomme groei soms aan dieselfde plant. In di geval wil die natuur dubbel seker maak dat die plant sal voortbestaan.

 

Eenslagtige vroulike blomme moet deur die stuifmeel van ander blomme bevrug word. Dit staan bekend as kruisbestuiwing. Soms "reis" die stuifmeel net n klein entjie voordat dit n blom bevrug, maar dit kan ook n lang, ingewikkelde roete volg.

 

Sommige blomplante maak op die wind staat om die stuifmeel te versprei. Daar is ook di wat rendruppels of waterstrome vir bestuiwing gebruik. Die meeste is egter van insekte, vols en ander diere afhanklik.

 

Plante wat deur wind bestuif word, het gewoonlik geen spesiale lokmiddels nie. Hulle het dikwels geen nektar nie en hul blomme is klein en sonder geur.

 

By manlike blomme word die helmknoppe waarin die stuifmeel vervaardig word, gewoonlik op lang helmdrade bokant die blomkelk uitgestoot sodat die geringste briesie die stuifmeel kan versprei. Die stempels van vroulike blomme is weer bedek met haartjies of n klewerige stof om die stuifmeel op te vang.

 

Stuifmeel-animasie
BO: DIE interessantste vorms van stuifmeelkorrels kan onder die elektronmikroskoop gesien word. Die vorm van elke spesie se korrels is net so uniek soos ons vingerafdrukke. Hier is n animasie van die spigtige korrels van een soort. Geen wonder dit is so n irritasie vir die neuse van die arme hooikoorslyers nie!

ONDER: Die stuifmeelkorrel van n sitrusspesie lyk darem nie so formidabel nie.
  

 
Krediet: U.S. Department of Agriculture

Stuifmeel bestaan uit talle piepklein korrels wat kilometers ver gewaai kan word. Omdat windbestuiwing maar n onsekere manier van voortplanting is, word baie groot hoeveelhede stuifmeel geproduseer. Jy sien soms selfs n hele sypaadjie wat met stuifmeel bestuif is.

 

n Klein groepie plante wat in of naby water groei, span die water in vir bestuiwing. Sommige waterplante laat piepklein manlike blommetjies onder die water vry. Dit styg boontoe en dryf op die wateren bestuif hopelik vroulike blomme op hul pad na die see.

 

Ander laat bloot hul stuifmeel op die water val, van waar die strominge dit verder versprei.

 

Dat dit loon om te adverteer, het blomme al lankal agtergekom. Met allerlei kleure en geure, vorms en patrone lok hulle insekte nader. Di moet natuurlik iets kry om die besoek die moeite werd te maaken dis kos.

 

Baie blomme het allerlei strepies en kolle in die kelk. Dit staan bekend as heuningwysers en lei die insekte na die nektar- en stuifmeel-spens.

 

Proefnemings het getoon dat reuk die beste lokmiddel ismaar dis iets wat vroue hulle lankal kon vertel het. Nie dat die reuke altyd aangenaam vir die mens se neus is niein tropiese dele ruik sommige plante nes vrot vleis, maar sekere vlie is dol daaroor.

 

Ander plante, veral orgide, gaan n stappie verderhulle vermom hulle soos insekte. Onder die indruk dat dit moontlik n maat is, besoek die insek die blom. Voordat hy sy fout besef, het stuifmeelkorreltjies al aan sy harige lyfie vasgeklou, net reg om op die volgende blom te val.

 

Bevrugting

SODRA n stuifmeelkorreltjie op n ryp stempel beland, ontwikkel die korreltjie n stuifmeelbuis wat in die styl afgroei totdat dit die eiersel bereik.

 

Die punt van die buis bars oop en stel twee spermselle vry. Een van hulle versmelt met die eiersel en vorm n embrio terwyl die ander een die voedingstowwe vorm waarop die embrio teer.

 

En s word die weg gebaan vir die ontwikkeling van n nuwe plant of plante.

Skakels na al die aflewerings in hierdie reeks:

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad