n Laslappie van Mieliestronk

OLIE:
Hoekom olie op water dryf

OLIE dryf om twee redes op water:

1) Ten eerste is water en olie twee vloeistowwe wat in gewone omstandighede nie "mengbaar" is nie, met ander woorde water los nie in olie op nie en olie los ook nie in water op nie. As jy n bietjie olie en n bietjie water in n proefbuis meng, kan jy die mengsel maar skud en skud, maar as jy dit klaar geskud het, sal die twee vloeistowwe net weer van mekaar skei en die een sal netjies bo-op die ander gaan l.

2) Ten tweede dryf die een spesieke vloeistof altyd op die ander eenolie dryf altyd bo-op wateromdat hul digthede verskil. Met digtheid word bedoel die verhouding tussen n stof se massa (gewig) en sy volume (grootte). Hoe groter die gewig na verhouding is, hoe groter is die digtheid. n Kubieke meter lood weeg baie meer as n kubieke meter kurk, en lood het dus n veel groter digtheid as kurk. Trouens, kurk se digtheid is selfs kleiner as di van dieselfde volume water en daarom dryf kurk op water.

Water se digtheid is ook groter as di van olie, maar omdat dit kan vloei,  gaan l dit onder in n olie-water-mengsel.  Olie se digtheid is kleiner as di van water en daarom gaan l dit bo.

(Dit is interessant dat selfs n enorme planeet soos Saturnus in die buiteruimte n digtheid het wat kleiner as di van water is. Dus sou die planeet Saturnus op water kon dryf! Die rede is dat Saturnus meestal uit gas bestaanen gas is vanselfsprekend nie so dig as water nie.)

Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad