OË:
Die
oë van waterdiere

BO: Die groot ekstra
“oë” agter op lyf van die vieroog-vlindervis is nie werklike kykers
nie. Hulle is kolle wat sy roofvyande moet flous, want dit laat hom baie
meer formidabel lyk—soos die vals oë wat ook op die vlerke van sekere
skoenlappers voorkom. Vlindervisse is tropiese seediere wat naby
koraalriwwe hou.
Foto:
Chris Huss / NOAA
Diere
het allerhande soorte oë... kykers met ’n duisternis lense of dalk net
twee. Party se oë is dié kant toe gedraai, ander weer anderkant toe,
sommige sien goed en ander sien sleg. Maar o, watter wonderlike goed bly oë
darem nie... ook dié van die kreature wat onder die water lewe!
JOU
eie oë—en dié van honde, katte, roofvoëls en ander roofdiere—sit
vooraan die kop. Jy kan nie agter jou sien nie, want jy’t mos nie nodig om
dit te kan doen nie. Wat vir jou saak maak, is om dinge duidelik te kan
onderskei en afstand te skat.
Prooidiere
se oë sit aan die kante van die kop. Hulle sien nie dinge in sulke fyn
besonderhede nie, maar hulle kan reg rondom hulle sien om naderende
roofvyande te gewaar.
Soogdiere
het net twee oë. Spinnekoppe het meestal agt, hoewel party geen oë het
nie, of twee, vier of ses. Insekte het tot 60 000. Onder die water is dit
weer ’n heel ander storie. Lees hieronder oor die verrassende oë van
visse en ander waterdiere.
Visoë
LINKS:
Ou grootoog by die koraal.
Foto: NOAA
DIE
oog van ’n vis verskil bra van die oë van gewerweldes wat op die land
woon. Die meeste visse het oë aan weerskante van die kop, maar hoewel hulle
die hele tyd in alle rigtings kan kyk, kan hulle nie terselfdertyd met albei
oë op een voorwerp fokus nie.
Boonop
kan visse nie hul oë knip of toemaak nie, omdat hulle nie ooglede het nie.
Pleks daarvan hou die water wat daaroor vloei die oë vogtig.

BO:
’n Diepsee-vis met oë soos teleskope.
Illustrasie:
NOAA
REGS:
Nog ’n diepsee-skepseltjie met baie opmerklike oë.
Foto:
NOAA
Naby
die oppervlak is daar gewoonlik baie lig en die visse kan sonder moeite
sien. Maar ondertoe, in die skemer dieptes, het baie soorte visse groter oë
om meer lig op te vang. Nog verder ondertoe, in die stikdonkerte, het visse
eintlik nie oë nodig nie (kyk die onderafdeling So blind soos ’n vis).
As
jy ’n vis uit die water haal, sien hy weinig meer as ’n dowwe prentjie
voor hom. Maar nie die anableps, of vierogige varswatervis, van Suid- en
Sentraal-Amerika nie. Hierdie merkwaardige skepsel het twee oë wat elk
horisontaal in twee verdeel is.
Die
vis swem vlak onder die wateroppervlak, met die boonste helfte van sy oë bo
en die onderste helfte onder die water. Die onderste helfte kyk uit vir
klein swemmende diertjies wat hy kan vreet. Met die boonste helfte word die
wêreld klaarblyklik bespied vir roofvyande soos watervoëls, sodat die
anableps gou kan wegswem as gevaar dreig.
So
blind soos ’n vis
DIERE
wat in die gitswart wêreld van ondergrondse grotte of diep onder in die see
woon, het kwalik nodig om te kan sien. Baie visse wat in hierdie hou-gebiede
lewe, het óf net oë waarmee hulle tussen lig en donker kan onderskei óf
glad geen oë nie.
Maar
waar hulle ’n gebrek aan sig het, is die ander sintuie soos die reuk- en
tassin weer sterk ontwikkel. Daar is blinde grotvisse met ’n goed
ontwikkelde vermoë om die trillings van prooidiere in die water op te
spoor.
Seekat
DIE
seekat het twee groot, ronde oë wat in baie opsigte soos die mens se oë
werk. Een vername verskil is dat hulle net behoorlik funksioneer op ’n horisontale
vlak. Die seekat hou dus sy pupille horisontaal, ongeag die houding van die
res van sy liggaam.
Met
die oë kan hy reg rondom hom sien en sy gunsteling-prooi soos mossels,
krappe en seeslakke selfs in die nagdonkerte onderskei.
LINKS:
Elke duiker wat al ’n seekat gesien het, sal weet dat daar iets sinisters
is aan die manier waarop die dier met net een starende oog na verbygangers
loer.
Foto:
NOAA
|