ín Laslappie van Mieliestronk

  

Gesig met lense vir oŽOPTIKA:

Gesigkunde of die leer van die sien

 

Foto ter illustrasieFoto links ter illustrasie: NASA

 

SEWEN-
TIENDE-
EEUSE ontdekkings op die gebied van die optika (gesigkunde of die leer van die sien) het tot ín groter begrip van natuurverskynsels gelei. Die Engelse geleerde Isaac Newton (1642-1727) het getoon dat wit lig ín samestelling van die kleure van die reŽnboog is. Toe hy ín glasprisma teen die lig hou, het hy opgemerk dat die lig in die kleure van die reŽnboog opbreek. Newton het hierdie reeks kleure die spektrum genoem.

 

Die uitvinding van die teleskoop het wetenskaplikes in staat gestel om die hemelruim te bestudeer en op die terrein van die sterrekunde te vorder. Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei Spektrum(1564-1642) het baie proefnemings met die optika gedoen. Hy het die refraksie-teleskoop vervolmaak, wat gebruik is om verafgeleŽ sterre waar te neem wat nie met die blote oog gesien kan word nie.

 

Isaac Newton het die beeldskerpte van hierdie instrument verbeter deur die lens te verander na een met ín geboŽ vorm en sodoende die spieŽlteleskoop uitgevind. Vandag gebruik ons radioteleskope wat elektromagnetiese golwe van die ruimte opvang en ontleed.

 

Isaac NewtonREGS: Isaac Newton.

 

Galileo het ook ín baie eenvoudige mikroskoop uitgevind. Die uitvindsel is later omstreeks 1590 deur twee Nederlandse oogglasmakers verbeter. Die twee, Zacharias en Janssens, was die uitvinders van die samegestelde mikroskoop, wat meer as een lens het.

 

Nog ín Nederlander, die wetenskaplike Anthonie van Leeuwenhoek (1632- 1723), het mikroskope ontwerp wat tot die ontdekking van eensellige organismes soos bakterieŽ gelei het. Die samegestelde mikroskoop gebruik ligstrale en verskeie lense om voorwerpe tot 2500 keer te vergroot. Vandag se elektronmikroskope kan dinge tot miljoen keer vergroot.

 

Wat oogglase of brille aanbetref: dit was ín monnik van Plorence, Alessandro della Spina, wat in die dertiende eeu die eerste paar oogglase gemaak het. In 1775 het die Amerikaner Benjamin Franklin die eerste bifokale lense uitgevind om sowel ver- as bysiendheid te korrigeer. Die eerste kontaklense is in 1887 deur ene Adolf Fick uitgevind, maar dit is eers in 1948 vervolmaak.

 

Edwin HubbleLINKS: Edwin Powell Hubble (1889-1953), beroemde Amerikaanse sterrekundige van weleer, bekyk die sterrehemel deur ín destydse teleskoop. Vandag se teleskope is baie meer gevorderd.

Foto: The Huntington Library, San Marino, KaliforniŽ / GSFC / NASA
Mikroskoop

BO: ín Hipermoderne mikroskoop.

Foto: U.S. National Institute of Health


Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad