|
Die wonderlike
wêreld van
Die teks van hierdie interessante skoolprojek is deur PIETER LOUW van die Paarl aan Mieliestronk.com gestuur, wat dit so interessant gevind het dat ons hom gevra het om ook sy grafika aan ons te stuur. Dis immers noodsaaklik is om optiese illusies te illustreer. Ons het 'n klompie van Pieter se grafika hier gebruik en 'n paar illustrasies uit ander bronne bygevoeg. Ongetwyfeld sal hierdie projek baie grootmense ook besonder fassineer... 1. INLEIDING 1.1 Betekenis KOM ons kyk eers na die woord optiese illusie -- wat beteken dit? Volgens die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) beteken die woord opties "betreffende die manier waarop iets hom aan die gesig (oë) voordoen" en die woord illusie beteken " 'n droombeeld wat jy graag verwesentlik wil sien, of 'n droombeeld wat nie verwesentlik kan word nie". Dus, as ons die twee woorde saamlees, kan die woord waarnemingsbedrog net sowel gebruik word, want wat jy sien en wat werklik bestaan, is twee verskillende dinge. Illusies word gevorm wanneer die brein inligting wat dit ontvang, op 'n manier verkeerd vertolk. Illusies word waargeneem wanneer die brein sensoriese informasie op so 'n manier interpreteer dat dit nie die werklikheid weergee nie. Illusies is eienaardighede wat absoluut merkwaardig is omdat die brein gewoonlik so volstrek betroubaar is. Baie keer is ons bewus dat wat ons sien verkeerd is, maar ons het nie die vermoë om dit te verander nie. Ons kan as.'t ware sê ons oë en ons brein verwar mekaar. 1.2 Kamera en die menslike oog DIE gebruik van 'n kamera is algemeen en ook 'n heel eenvoudige instrument. Die lens van die kamera word op die voorwerp gerig en 'n knoppie word gedruk wat die sluiter aktiveer, lig word vir 'n breukdeel van 'n sekonde deur die lensopening gelaat wat die beeld op die film vaslê. Die menslike oog werk basies op dieselfde prinsiep. Die verskil is egter dat daar nie 'n sluiter of film is nie. Die beeld wat ons met die oog waarneem, word deur die pupil na die oogsenuwee oorgedra wat op sy beurt weer die seine deur middel van elektriese impulse via die optiese senuwee aan die brein oordra. Die brein, op sy beurt, vertolk hierdie seine en vorm dan die optiese waarneming of anders gestel, die prentjie wat ons sien. 1.3 Sien is glo AL gehoor van die gesegde "sien is glo"? Wel, dit is wat ons glo, want wat ons sien, is wat ons uit ondervinding weet is waar, dan nie? Elke dag van ons lewe maak ons staat op ons oë om ons deur die dag met al sy vele gevare te kry, ons staan byvoorbeeld op die straathoek en kyk links, regs en weer links om te sien of dit veilig is om die straat oor te steek en of ons moet wag vir verkeer. As ons nie ons waarneming kan vertrou nie, is dit onwaarskynlik dat ons ongeskonde deur die dag sal kom. Is dit werklik die waarheid? Nee, ongelukkig nie! 1.4 Waarnemingsbedrog DIE meeste van ons het al op 'n warm dag in 'n motor op die pad gery en dan in die verte water op die pad gesien, net om uit te vind dat daar niks is wanneer ons by daardie punt kom nie. Hierdie waarneming kan vertolk word as optiese bedrog of, anders gestel, 'n optiese illusie. Mense wat byvoorbeeld in die woestyn verdwaal, sien baie kere drogbeelde van oases met groen bome en helder water, maar wanneer hulle by die plek kom waar die oase gesien is, is daar niks nie -- 'n optiese illusie en dus waarnemingsbedrog. Want dit wat ons graag wil sien, bestaan nie werklik nie. Die vraag kan nou gevra word: hoe word ons beïnvloed deur gesigsbedrog of dan deur optiese illusies en hoe onderskei ons tussen 'n illusie en die werklikheid? 1.5 Kulkuns KOM ons neem die voorbeeld van kulkunstenaars, daar bestaan nie so iets soos towenary nie, dit is kulkuns, want die hand is vinniger as die oog, dus word ons bedrieg om te glo dat die eier verdwyn het, ons het dit dan gesien. Reg? Nee, verkeerd. Dit was slegs waarnemingsbedrog wat die kunstenaar gebruik het om ons te laat glo dat dit wat ons gesien het, werklik is. Kan ons nou nog met eerlikheid sê dat "sien glo" is? En ongelukkig is die antwoord, NEE! 2. OPTIESE ILLUSIES Daar is baie verskillende soorte illusies wat waargeneem kan word en hier volg ‘n paar voorbeelde wat my veral baie geïnteresseer het: 2.1 VERTIKALE-HORISONTALE ILLUSIE
2.2 ZÖLLNER SE ILLUSIE
2.3 MÜLLER-LYER SE ILLUSIE DIE
oog word op 'n ooreenstemmende manier gekul met die 2.4 DIE NECKER-KUBUS DIE oudste bekende voorbeeld van 'n optiese illusie is egter die sogenaamde "Necker-kubus" -- 'n kubus wat om die beurt diékant om en dan weer anderkant om vir die waarnemer kan lê. ONDER is amperse heuningkoek van sulke kubusse -- en as 'n mens hulle goed bekyk, kan die kubusse hulle eweneens óf na buite óf na binne oriënteer. Dit is egter nie die geleerde wat so vindingryk was nie, want soortgelyke vorms is op die vloer van 'n huis in die bouvalle van die ou Romeinse nedersetting Pompeji gevind. Hier het hulle eeue lank onder vulkaniese as begrawe gelê het ná 'n vulkaniese uitbarsting wat die dorpie uitgewis het.
2.5 DIE PENROSE-TRAPPE OOK in die argitektuur is daar voorbeelde van wat op papier moontlik lyk, en heel onmoontlik in die praktyk uitvoerbaar is. 'n Optiese illusie, geteken deur 'n Hollandse argitek by name M.C. Escher, stel 'n totaal onmoontlike stel trappe voor (ONDER). In die fliek The Avengers klim Uma Thurman teen 'n "Penrose Stairway" af en eindig sy waar sy begin het.
2.6 PARALLELOGRAM-ILLUSIE
2.7 DIE KOLSKOOT- ("BULLSEYE"-)ILLUSIE HOEWEL die binnekantse grys oppervlak en die buitenste grys opervlak ewe groot is, lyk die binneste oppervlak baie groter (ONDER).
2.8 DIE JASTRO-ILLUSIE
2.9 'N VIERKANT-IN-'N DRIEHOEK-ILLUSIE 'N SIRKEL binne-in 'n vierkant lyk groter as wanneer dieselfde sirkel 'n vierkant omkring (ONDER).
2.10 DENKBEELDIGE KONTOERFIGURE STRAALVORMIGE lyne se inwaartse punte skep die illusie van 'n sirkel of 'n ander figuur. Die figuur wat gevorm word, het dieselfde kleur as die agtergond, maar vertoon helderder (ONDER).
Geen sirkeltjies is werklik getrek nie, maar hulle kan duidelik gesien word (ONDER).
>>>Klik hier om verder te lees>>> |
|
|