|
Plus:
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
NS
hele konkrete, geskape werklikheid—alles in die onmeetlike hemelruim
tot by ons eie vingernaels of voetsole en die grond onder of
voete, alles wat tasbaar is of net fisies waarneembaar is (soos die lug
wat om ons rondwaai)—alles is opgebou uit net sowat honderd
"boustene" wat op ontelbaar verskillende maniere bymekaar kan
inskakel om nuwe dinge te vorm.
Daardie
sowat honderd "boustene" word elemente genoem. In hul
kleinste en eenvoudigste vorm staan hulle as atome bekend, en elk
van die stuk of honderd "boustene" het sy eie spesifieke
eienskappe. Wanneer van die "boustene" bymekaar
"inhaak" (met mekaar verbind), vorm hulle egter totaal nuwe
stowwe wat glad nie die eienskappe van die oorspronklikes het nie.
Só
verbind waterstof (’n gas) met suurstof (’n ander gas) en vorm
doodgewone water (’n vloeistof).
Só
verbind ook chloor (’n ontsettend giftige gas) met natrium (’n
vreeslik giftige metaal) en vorm doodgewone tafelsout.
Maar ’n
hele ruk gelede al het wetenskaplikes daardie sowat honderd
elemente (die laaste klompie kan net in laboratoriums berei word, want
hulle is hoogs ontstabiel) ’n hele ruk terug al het wetenskaplikes
daardie elemente op ’n tabel begin rangskik van 1 tot rondom
100 (en selfs verder, hulle trek nou reeds in die rigting van 118
namate nuwe kunsmatig vervaardigde elemente ontstaan wat net kortliks bly "leef" en dan "verbrokkel"
1]
).
Daardie rangskikking
van 1 af tot meer as 100 is ook nie willekeurig gedoen nie.
Dit is gedoen op grond van die atoomgetalle van die verskillende
elemente. Wat is ’n atoomgetal? Om dit te begryp moet ons eers
verstaan hoe die atoom (of die heel, heel kleinste deeltjie
van ’n element) daar uitsien. Ons kan miskien daaraan dink as ’n sonnestelseltjie met
’n son (’n "kern", saamgestel uit
die atoomdeeltjies "protone" en "neutrone") waarom planete
("elektrone") teen duiselingwekkende snelhede wentel.
Die
GETAL ELEKTRONE wat rondom die kern van ’n atoom draai, is die
ATOOMGETAL van daardie atoom en dus ook van die element. Só is die
atoomgetal van die gas waterstof 1, dié van die gas helium 2, dié
van die vaste stof koolstof 6, ensovoorts. By nommer 92, byvoorbeeld,
kry ons uraan.
DIe
atome, gerangskik in die presiese volgorde van hul atoomgetalle, vorm
die PERIODIEKE TABEL, wat in 1868 deur die Russsiese
skeikundige Dimitri Mendelejef opgestel is. Op die aangepaste
Periodieke Tabel wat ons ondertoe plaas, verskyn:
a) Die elemente, aangedui deur hul simbole (byvoorbeeld H vir waterstof, O vir suurstof, Fe vir yster, ensovoorts).
b) Die
atoomgetal vir elke element, van 1 af tot tans reeds by 118, soos hierbo
bespreek.
c)
Groeperings van die elemente in "families" met
ooreenstemmende eienskappe, waaroor ons ondertoe ook so ietsie meer sal
vertel.
Die sogenaamde atoomgewig (of relatiewe atoommassa) van elke element kan ook op só ’n tabel aangedui word, maar moet nie met die atoomgetalle verwar word nie. En, let wel, daardie atoommassa beteken nie massa in gram nie, want sulke syfers sou heeltemal onsinnig wees. Een atoom waterstof weeg naamlik ’n 1,6ste deel van een miljoen miljoen miljoen miljoenste van ’n gram! Vanselfsprekend kan wetenskaplikes nie gerieflik met syfers soos hierdie werk nie. Die skaal wat gekies is, is gegrond op die massa van die volopste soort koolstofatoom, die isotoop koolstof-12. (Isotope van dieselfde element verskil slegs van mekaar deurdat hulle verskillende hoeveelhede van die atoomdeeltjies genaamd neutrone in hul atoomkerne het). As die atoomgewig 12 dan nou vir koolstof-12 gekies word, dan is die atoomgewig van waterstof—die ligste van alle elemente—feitlik 1 (1,00797 om presies te wees), en hierdie feit stel ons in staat om by een te begin op die atoomgewigskaal.
Hoe
ook al, Mendelejef
het ook opgemerk dat daar ’n vreemde reëlmaat in die chemiese en
selfs fisiese verwantskappe van sekere elemente is en hulle toe in
kolomme op sy tabel saamgegroepeer—kruis en dwars in sogenaamde
"groepe"en "periodes" (kyk illustrasie ondertoe).
Daar was tot onlangs groot verwarring met die indeling van die "groepe" in vorige periodieke tabelle waarin twee verskillende stelsels met kombinasies van Romeinse syfers en letters gebruik is. Om die verwarring uit te skakel, word nou net gepraat van Groep 1, Groep 2, Groep 3, ens. Elemente wat in ’n groep teenaan mekaar lę, het soortgelyke fisiese eienskappe ondanks hul beduidende verskille in massa. Aangrensende elemente binne-in ’n periode het soortgelyke massas, maar verskillende eienskappe. Erkenning: Illustrasie van Periodieke Tabel (vertaal en tipografies gewysig deur Mieliestronk.com) met dank uit die vrye ensiklopedie Wikipedia (Engelse weergawe). |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Periodieke Tabel

Alkali-metale • DIE alkali-metale is die elemente in Groep 1 van die Periodieke Tabel (waterstof uitgesluit) te wete litium, natrium, kalium, rubidium, sesium en frankium. Hulle is hoogs reaktief en word selde indien ooit in ’n onverbinde vorm in die natuur aangetref. Die gas waterstof, met sy enkele elektron, word baiemaal bo-aan Groep 1 geplaas, maar is nie ’n alkali-metaal nie. En tog: as die druk uiters hoog is, soos in die kern van die reuse-planeet Jupiter, word waterstof wel metaalagtig en dan gedra hy hom soos ’n alkali-metaal. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Aardalkali-metale • DIE aardalkali-metale is die reeks elemente in Groep 2 van Periodieke Tabel: berillium, magnesium, kalsium, stronsium, barium en radium. Die aardalkali-metale is genoem na hul oksiede, die sogenaamde aardalkali’s waartoe onder meer magnesia en kalk behoort. Die aardalkali’s het weer hul naam gekry omdat hulle wesenlik tussen die alkali’s (die oksiede van die alkali-metale) en die seldsame aardes (die oksiede van die seldsame aardmetale) lę. Die aardalkali-metale is sag, silwerkleurig, het ’n lae digtheid en reageer geredelik met halogene en met water. (’n Oksied is ’n verbinding wat ontstaan uit die kombinasie van ’n metaal met suurstof.) |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Lantaniede • DIE lantaniede-reeks is die veertien seldsame aardelelemente wat van lantaan af tot en by ytterbium op die Periodieke Tabel lę. Hul atoomgetalle begin by 57 en eindig by 70. Die lantaniede word baiemaal as ’n soort voetnota onderaan die tabel geplaas. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Aktiniede • DIE aktiniede-reeks bevat die veertien chemiese elemente wat tussen aktinium en nobelium op die Periodieke Tabel lę en die atoomgetalle 89 tot en met 102 het. Hul eienskappe is soortgelyk aan dié van die elemente in die lantaniede-reeks. Die aktiniede met die hoër atoomgetalle word nie in die natuur aangetref nie en het kort sogenaamde halfleeftye. (’n Halfleeftyd of halveringskonstante is die tyd waarin die helfte van ’n hoeveelheid radioaktiewe stof in onaktiewe eindprodukte oorgaan). Die aktiniede word baiemaal net soos die lantaniede as ’n soort voetnota onderaan die Periodieke Tabel geplaas. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Transisie-metale • DIE transisie-metale vorm ’n netjiese blok in Groep 3 tot en met Groep 12 op die Periodieke Tabel. Transisie-metale is geneig om hoë breekweerstande, digthede en smelt- en kookpunte te hę. Hoe meer elektrone deur verskillende metaalkerne gedeel word, des te sterker is die metaal. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Arm
metale • DIE arm metale of post-transisie-metale is die elemente wat op die Periodieke Tabel tussen die transisie-metale en die metalloďdes (halfmetale) voorkom. Hul smelt- en kookpunte is in die reël laer as dié van die transisie-metale en hulle is ook sagter. Die arm metale is aluminium, gallium, indium, tin, tallium, lood en bismut. Die elemente 113 tot 116 word voorlopig by hierdie familie ingesluit en staan tydelik bekend as ununtrium, ununquadium, ununpentium en ununhexium. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Metalloďdes • DIE metalloďdes staan ook bekend as halfmetale en hul eienskappe is dan ook tussen dié van metale en nie-metale. Boor, silikon, germanium, arseen, antimoon, telluur en polonium behoort tot hierdie familie. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Nie-metale • DIE meeste nie-metale word naastenby regs bo op die Periodieke Tabel gevind. Die uitsondering is waterstof, wat gewoonlik links bo by die alkali-metale geplaas word. Daar is net ’n handvol nie-metale teenoor ’n hele swetterjoel metale, maar hulle is baie belangrik vir die bestaan van die groot aantal lewensvorme op aarde. Waar sou ons gewees het sonder koolstof, waterstof en suurstof? |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Halogene • DIE halogene is die elemente in Groep 17 van die Periodieke Tabel: fluoor, chloor, broom, jodium, astaat... Die woord halogeen het Griekse wortels en is ’n samevoeging vir die woorde vir "sout" and "skepper". Halogene is hoogs reaktief en kan dus in genoeg hoeveelhede baie skadelik of dodelik vir biologiese organismes wees. Sowel chloor as jodium word as ontsmettingsmiddels gebruik omdat hulle bakterieë en ander potensieel gevaarlike mikroörganismes doodmaak. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Edelgasse • DIE edelgasse is die elemente in Groep 18 van die Periodieke Tabel: helium, neon, argon, kripton, xenon, radon... Daar is voorheen na hulle as onaktiewe gasse verwys, maar dié term is nie korrek nie, want etlike van hulle is tog chemies aktief, hoewel hulle nie maklik chemiese verbindings vorm nie. So onlangs as in 2002 is byvoorbeeld vasgestel dat uraan met argon, kripton of xenon kan verbind. Die Periodieke Tabel maak voorsiening vir ’n element onderkant radon, waarvan die atoomgetal 118 sou moes wees, en waaraan die voorlopige naam ununoctium gegee is, hoewel dit nog nie ontdek is nie. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ________________
1] Die "kunsmatige" elemente, wat transurane genoem word, kom nie in die natuur voor nie, omdat hulle almal radioaktief is en lank reeds ontbind sou gewees het as hulle by die totstandkoming van die aarde ontstaan het. Hulle word gemaak deur middel van kernreaksies in kernreaktore of versnellers. Plutononium, wat in ’n reaktor uit uraan gevorm word, is ’n bruikbare kernbrandstof. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Klik
hier vir lyste van die elemente |