Die geroemde Piëta (1498-1499) van die groot Italiaanse Renaissance-skilder Michelangelo Buonarroti (1475-1564)

Met hierdie meesterwerk (in die Sint Pieters-basilika in die Vatikaan in Rome) het ’n jeugdige Michelangelo op sowat 24-jarige leeftyd reeds al die groot skilders van sy tyd oortref. Vandag dink baie kunskenners steeds dat dié marmerbeeld so ná aan perfeksie is as wat ’n beeldhouwerk kan kom.

Die kleiner foto LINKS van dieselfde beeld toon dit in ’n effens ander lig.

Piëta is van die moeder Maria met die dooie liggaam van Jesus op haar skoot nadat Hy gekruisig is—maar Michelangelo het dit goedgedink om haar nie as die ouer vrou uit te beeld wat sy toe moes gewees het nie dog as ’n jong vrou.

Die beeld met sy dinamiese, vloeiende lyne, hoogs realistiese uitbeelding van die ledemate en die voue in die kleding wek ’n diep emosionele reaksie by die kyker. Soos iemand dit al gestel is: “Ons kom hier van aangesig tot aangesig te staan nie slegs teen pyn as ’n voorwaarde vir verlossing nie, maar eerder met absolute skoonheid as een van sy gevolge.”

 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad