Aspirien |
|
N die twintigste eeu het ons die atoom-eeu begin belewe— én die ruimte-eeu, die tegnologiese eeu, die kommunikasie-eeu, noem maar op. Maar die twintigste eeu was van meet af ook die eeu van die aspirien! Hier in die begin van die 2000’s, ondanks al die moderne wondermedisyne tot ons beskikking, bly ons steeds verknog aan die staatmaker-pynverdower wat ’n Duitser in 1899 geskep het.Die nywerheidschemikus Felix Hoffman se pa het aan ernstige artritis gely en Felix het die middel ontwikkel om sy lyding te verlig. Dit was ’n sintetiese vorm van asetielsalisielsuur, wat later Aspirien genoem sou word deur die Duitse medisynevervaardigers Bayer en kie. Hoewel
dit ’n nuwe ontdekking was, was dit gegrond op ’n aktiewe bestanddeel
waarvan die merkwaardige werkinge reeds in 500 v.C. opgeteken is. Die ou
Griekse geneesheer Hippokrates het naamlik destyds ’n bitter poeier wat
van die bas van die wilgerboom berei is, gebruik om koors en pyn te
behandel.Wat die antieke Grieke nie geweet het nie, was dat salisien die stof is wat die wilgerboombas sy besondere kragte gee. Dié salisien was die regstreekse farmakologiese voorvader van vandag se aspirien. Al is dit nou reeds ietsie meer as ’n eeu dat hierdie pynmiddel ’n blywende plek in miljoene mense se medisynekaste gevind het, word daar boonop steeds nuwe mediese gebruike vir hom ontdek. Vanweë sy vermoë om bloed te verdun, sluk derduisende hartlyers met vernoude are regdeur die wêreld byvoorbeeld daagliks hul halwe pilletjie of wat om bloedklonte te voorkom. Dit lyk selfs of aspirien die gevaar van ingewandskanker kan verminder, in ’n sekere mate nuttig kan wees vir sommige pasiënte met Alzheimer en dalk ook katarakte kan voorkom. Maar hoe moet aspirien eintlik gesluk word? Hoewel die meeste mense dit goed kan verduur, ondanks ’n ligte omgekrampte maag af en toe, kan selfs hierdie maagprobleem baiemaal voorkom word deur:
|
|