Teks uit Huisgenoot se
Ons Wonderlike Wêreld
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com
RUGTE—dis
van die min lekker dinge in die lewe wat goed vir jou is, al het dit
die mens daar doer in die begin lelik in die versoeking gelei.
Dis
nie om dowe neute dat vrugte so lekker smaak en lyk nie. Die doel van
die verleidelike verpakking is om die sade versprei te kry, verkieslik
ver van die moederplant af.
As
ons van vrugte praat, bedoel ons gewoonlik iets wat ons kan eet. Maar
eintlik bring alle blomplante vrugte voort. ’n Vrug is die
eindstadium in die ontwikkeling van die vrugbeginsel (die vroulike
deel van ’n blom).
Dus is nie net perskes, pere en papajas vrugte
nie, maar ook ’n koringkorrel, die gevleuelde vruggie van die
esdoringboom en die fyn valskermvruggie van die perdeblom en die
seidissel.
 |
LINKS: Die perdeblom se geel bloeiwyse ontwikkel in ’n ronde bossie
valskermpies... met saadjies wat deur die wind weggedra word.
Foto
gewysig. Oorspronklike foto van U.S. National Park Service
|
Daar
is ook vrugte wat eintlik sade is. Die aarbei, byvoorbeeld, is die
geswolle blombasis van die plant. Die klein skurwe knoppies aan die
buitekant is in werklikheid die vrugte, elkeen met ’n saadjie
binne-in.
In
party eetbare vrugte soos die perske en kersie word die saad deur ’n
klipharde dop (ons noem dit die pit) beskerm.
REGS:
Die perske met sy saad binne-in ’n harde dop (die pit).
Foto:
ARS / U.S. Department of Agriculture
Blomplante is nie
verniet
die suksesvolste plantegroep nie. Die meeste sade is juis ontwerp om
allerhande temperatuuruiterstes te oorleef totdat die weer net reg vir
ontkieming is.
Die
funksie van die vrug is om die sade binne-in te beskerm en om te help
met die verspreiding daarvan. As ’n plant se sade sommer reguit
grond toe sou val, sou al die jong plantjies mekaar gou verdring het.
Hulle
sou met die moederplant om lig, water en voedingstowwe meeding. En sou
daar ’n bosbrand wees, sal al die plantjies én die moederplant op
een slag uitgewis word.
Dit
is dus belangrik dat die sade versprei word, want dan is hul kanse op
oorlewing soveel groter. Sade is baie vindingryk as dit by
verspreiding kom. En hulle span selfs die mens in om hulle te help.
Die
windreisigers
LINKS:
’n Saadjie van ’n anderlandse plant wat as “rabbit brush”
bekend staan, sweef deur die blou hemel om wie-weet-waar te land en
wortel te skiet.
Foto:
U.S. National Park Service
SOMMIGE
saadjies is so piepklein dat die geringste luggie hulle meevoer.
Orgideë, byvoorbeeld, se miljoene stofklein saadjies word maklik 100
km ver gewaai.
Baie
vrugte is spesiaal vir windverspreiding toegerus. Die vruggies van die
denne- en esdoringboom het vlerkies waarmee hulle op die wieke van die
wind reis. Die perdeblomvruggie het, soos ons reeds verder boontoe in
hierdie artikel gesien het, weer ’n ragfyn“valskerm”
waarmee hy die wind skep.
Daar
is ook vruggies met allerhande pluime, vere en hare, alles bedoel om
die wind te skep.
Die
tolbos is een van die skouspelagtigste windreisigers. Wanneer die sade
ryp is, breek die blom-”balle” van die moederplant af en rol vir
die vales oor die veld—en oral tuimel sade uit.
Die
rylopers
SOMMIGE
“slim” sade gebruik voëls, soogdiere, insekte en selfs
die mens om oor die weg te kom.
Die
vrugte van hierdie sade is gewoonlik lekker en sappig. Wanneer diere
dit vreet, beland die sade in hul spyskanaal. Gewoonlik is die sade
darem taai genoeg om die sterk verteringsappe te oorleef. Later word
hulle in die ontlasting uitgeskei, hopelik op ’n ander plek as waar
die vrug gevind is. Hierdie proses voorsien die ontkiemende saad selfs
van ’n bietjie bemesting!
REGS:
’n Vruggie van ’n bekende heiningplant, met ’n
oopgebreekte vruggie en sy saadjies langsaan (heelwat
vergroot). As byvoorbeeld voëls die vruggies vreet, word die
saadjies later elders in hul mis uitgeskei—waar dit kan
ontkiem as die toestande gunstig is.
Foto:
MSKARG
Ander
plante het vrugte wat “rylopers” is. Wanneer diere of mense
verbykom, haak die weerhakies of stekeltjies in hul pels of klere vas
en só “ryloop” die sade na die een of ander onbekende bestemming.
Seker die bekendste“ryloper” is daardie lastige, klewerige
klitsgras wat so graag aan ’n mens se kouse klou.
Party
sade word klewerig wanneer hulle nat is. Dan klou hulle aan die pote
van waadvoëls of diere vas. Hulle klou selfs ook aan jou stapskoene
of motorbande.
Baie
diere soos eekhorinkies en spegte maak vrugte en sade bymekaar vir die
maer tye. Dikwels bêre hulle dit op plekke waar die toestande gunstig
vir ontkieming is.
Insekte
soos miere hou van olierige of soet sade en dra dit na hul neste aan.
Al
werk bogenoemde metodes almal goed, is die mens eintlik die grootste
verspreider van sade. Ons
oes
saad, verkoop dit en plant dit in ons tuine en parke.
Die
watervaarders
HET jy al gewonder waarom daar altyd ’n
klapperpalm (kokosboom) is in die
tekengrappies van die man op die eiland? Dis omdat die kokosboom by
uitstek op die see staatmaak om sy nageslag te versprei. Kokosbome
groei gewoonlik langs die kus. Wanneer die kokosneute (klappers) ryp is, val
hulle in die water en dryf saam met die strome na verre lande. Omdat
die dik, harige omhulsel met lug gevul is, dryf die kokosneut maklik
genoeg.
Ander
watervaarders is die vrugte van die waterlelie, waterbiesie en
lotusplant. Hulle is gewoonlik goed toegerus vir die lang reis met
lugspasies en weefsel van kurk of spons om te dryf, asook ’n stewige
dop en baie kos.

LINKS: Ook die sogenaamde “seebone” is
watervaarders. Hulle kom van bome en slingerplante wat
regoor die wêreld langs tropiese kuste en in
reënwoude groei. Die sade val van hul ouerplant in
waterweë, soos die Amasonerivier, en drywe dan na die
mondings en beland vervolgens in die see. Hierna drywe
hulle met die seestrome totdat hulle êrens op ’n
strand uitgespoel word, dalk duisende kilometers van
waar hulle gekom het. Die
seeboon op die foto word die seehart-seeboon genoem.
Foto:
U.S. Fish & Wildlife Service |
“Ontploffende”
vrugte
SOMMIGE plante sorg self vir
hul
verspreiding en doen dit
op
’n nogal dramatiese manier: die
vrug “ontplof”
en skiet die sade hot en haar.
Gewoonlik
verdroog en krimp dele van die peul of vrug in verskillende tempo’s.
Dit veroorsaak spanning totdat “breekpunt” bereik word. Dan bars
die vrug oop en die sade word in alle rigtings uitgeskiet.
Voorbeelde
van “plofbare” plante is peulgewasse soos ertjies, boontjies en
pronk-ertjies.
“Slapende”
sade
EEN van die merkwaardigste dinge van sade is dat hulle vir
lang
tye rustend kan wees. Die meeste sade kan langer as ’n jaar oorleef.
Veral dié in koue klimaatstreke oorwinter as ’t ware in hul
beskermende doppe totdat die weer net reg vir ontkieming is.
Net
om vir jou ’n idee te gee van hoe lank sade kan bly lewe: In 1954 is
sade van die Arktiese lupien tydens mynboubedrywighede in bevrore slik
in Kanada opgediep. Koolstofdatering dui daarop dat die sade ongeveer
8.000 tot 13.000 vC deur lemmings (poolknaagdiertjies soos rotte)
begrawe is.
Die
sade is in ideale laboratoriumtoestande vertroetel—en jou werklik,
party van die sade het ontkiem en gesonde plante geword!

|