|
’n Laslappie van Mieliestronk |
||
PERSIË:Die
onstuimige verlede van die
OMSTREEKS
1000 vC het stamme hulle gevestig in ’n deel van die wêreld wat ons
vandag as Iran ken. Dit was die ou Persië.
Die
stad Persepolis was die hoofstad van die ryk sedert die heerskappy van
Darius I. Sy paleis is op ’n verhewe terrras gebou, deur mure omring en
met fonteine en bome verfraai. Die Persiese muntstuk, wat die daricus genoem
is, is wyd gebruik. Cyrus I het die ryk in satrapieë, of provinsies, verdeel. Daar was twintig satrapieë onder Darius I. Die provinsiale goewerneur aan die hoof van elk is ’n satraap genoem. Hy het volle burgerlike, regterlike en militêre magte gehad.
Klik hier om terug te keer na die Laslappie-bladwyser |