ín Laslappie van Mieliestronk

Die Poolster en die Suiderkruis

D

IE ou Europese seevaarders wat om die Kaap en elders op die oseane gevaar het, sou dit nooit kon gedoen het sonder die son en die maan en die sterre nie. As die wÍreld byvoorbeeld gedurig in ín kombers van wolke gehul was, sou dit maar bitter moeilik gewees het om altyd te weet waar oos, wes, noord en suid is. Selfs die kompas is nie altyd betroubaar indien daar versteurings in die magnetiese veld kom nie.

Snags was die seevaarders van weleer pynlik afhanklik van die stand van die sterre om presies te bereken hoe hulle moes vaar. In die Noordelike Halfrond kon hulle altyd hul koers bepaal volgens die Poolster, wat ook die Noordster genoem word. In die Suidelike Halfrond sou hulle hulle weer op die konstellasie Crux (die Suiderkruis) kon verlaat om vir hulle ín betroubare rigtingwyser te wees.

Vir eers die Poolsterówat se ster is dit en waarom word dit sů genoem? Die huidige Poolster is die helder ligtende Polaris, ook bekend as Alpha Ursae Minoris, in die konstellasie Ursa Minor (Klein Beer). Dit lÍ baie ver, sowat 430 ligjare van die aarde, maar skyn met ín lig omtrent 1600 keer so helder as ons son. Eintlik is dit blykbaar ín klompie sterre saam, met Polaris A as die helderste komponent.

REGS: Die Poolster Polaris, soos gefotografeer deur die wentelende Hubble-ruimteteleskoop.

Krediet: NASA

 

Nou weet ons dat die denkbeeldige as waarom die aarde wentel nie loodreg op die vlak van sy wentelbaan om die son staan nie, maar skuins. Die as hel naamlik met ín hoek van 23,5 grade op hierdie jaarbaan oor, en hierdie as wys ook konstant in dieselfde rigting. Die Poolster is die ster waarheen die as korrel indien ons die aslyn tot doer in die ruimte verleng.

Omdat die Poolster so ontsettend ver van die aarde af is, wys die as deurentyd soontoe, dit maak nie saak waar die aarde hom ook al op sy baan om die son bevind nie.

Die Poolster is die enigste ster in die hemelruim wat oŽnskynlik nie van posisie verander nie. Dit kan dus in enige onbewolkte nag as ín gids gebruik word om rigting te bepaal.

Ons in die Suidelike Halfrond kan die Poolster egter nie sien nie, maar by die Noordpool is dit loodreg bokant die kop van enige waarnemer wat daarna sou soek. Vir mense by die ewenaar lÍ die Poolster op die horison.

By enige punt in die Noordelike Halfrond is die hoogte van die Poolster bokant die horison, in grade gemeet, baie naby aan die geografiese breedte waar die waarnemer hom bevind. Waarneming van die Poolster dien dus as ín manier om ín mens se ligging of posisie sowel as die rigting te bepaal.

Tog was Polaris nie altyd die Poolster nie. Die rede is dat, hoewel die aarde se as oŽnskynlik nie van rigting verander nie, dit in werklik tog gebeuróbaie, baie stadig, maar wel. Indien die aslyn die ruimte in verleng word, beskryf dit ín sirkel in die ruimte. Dit is baie soos die gewiegel van die as van ín draaiende speelgoedtol.

Dit duur 25 800 jaar om een sirkel te voltooi, en elke paar duisend jaar word ín ander ster die Poolster, soos byvoorbeeld Alpha Daconis dit in 3000 v.C. was. Wetenskaplikes bereken dat Vega in die verre toekoms weer die Poolster sal word.  Indien daar geen helder ster naby die aslyn is nie, is daar in daardie tyd geen noordelike Poolster nie, net soos daar tans geen suidelike Poolster is nie.

Eintlik korrel die aarde se as nie doodsekuur na Polaris nie, maar na ín punt ín baie klein entjie daarvandaan. Dit is egter so naby dat dit nie waffers saak maak nie.

 
ONDER: Twee illustrasies wat onder meer die sirkel aantoon wat die aarde se as oor ín lang tydperk beskryf óvergelykbaar met die gewiegel van die as van ín speelgoedtol.

Illustrasie heel bo: MSKARG
Illustrasie bo: Robert Simmon / GSFC / NASA

DIE Noordelike en Suidelike Halfrond het byna dieselfde hoeveelheid helder sterre in die hemelruim en albei het helder konstellasies in die vorm van ín kruis, maar ligging- en koersbepalers van die Noorde het, soos ons gesien het, die besliste voordeel dat hulle op die Poolster kan reken.

In die Suide is die naaste ster wat met die helderheid van Polaris vergelyk kan word, byna 15 grade van die Suidpool af. As ons in Suid-Afrika die plek in die ruimte wil vind waar ín denkbeeldige suidelike Poolster sou moes wees, moet ons byvoorbeeld gebruik maak van die Suiderkruis en sy omgewing en dan sekere lyne in die gesternte trek. Die punt waar die lyne mekaar kruis, sou dan naby aan die afwesige ďSuidpoolsterĒ lÍ.

Die Suiderkruis het nietemin so ín beduidende rol in die geskiedenis van skeepvaart gespeel en word sodanig met die suideliike naghemel vereenselwig dat dit verskillende opsigte ín embleem vir die Suidelike Halfrond geword het. Die helderste sterre van die Suiderkruis verskyn byvoorbeeld op die landsvlae van AustraliŽ, BrasiliŽ, Nieu-Seeland, Papoea-Nieu-Guinee en Samoa. 

REGS: Die sterrebeeld of konstellasie bekend as die Suiderkruis of Crux. Ook hier aangedui, is die rooi dwergster Proxima Centauri, in die konstellasie Centaurus. Proxima Centauri is 4,2 ligjare ver en, nŠ die son, die naaste ster aan die aarde.

 

 

BO: Die landsvlag van Nieu-Seeland met die helderste sterre van die
Suiderkruis daarop.    
                             Krediet: World Factbook / CIA