|
'n Nuttige wenk van Mieliestronk.com Beste prentesoeker Miskien vertel ek vir jou
iets waarvan jy hoeka reeds weet, maar baie webswewers wat na byvoorbeeld
prente vir skoolprojekte soek, weet dit nie. Dit is dat, wanneer jy met Google
Images soek (en jou soekwoorde mooi kies), jy omtrent enige
prent kry wat jy wil hê. Sê maar jy soek prente van plante en die produkte wat uit daardie plante verkry word. Nou weet jy mos plantprodukte is papier uit dennebome, rubber uit rubberbome, meubels uit eikehout, wyn uit druiwestokke, brood uit koring, mieliemeel uit mielies, klere uit katoen, klapper uit kokosneute, dalk selfs aspirien uit die wilgeboom -- die lys is eindeloos. Dan tik jy elke keer net pine tree, paper, rubber tree, rubber, grapes, wine of wat ook al in Google Images se soekvenstertjie -- en daar gaat jy! Lekker soek. Groete Dugeot van Mieliestronk.com |