|
Tot
lof van private inisiatief: ’n brief wat in eenvoudige taal vertel hoe
slim entrepreneurskap ’n hele gemeenskap van ekonomiese stagnasie gered
het… Liewe
Oupa, wat is profyt? |
|
• Elke
keer wanneer ’n sakeman ’n winsie in sy sak steek, trek iemand aan die
kortste ent. Reg? ’n Hoërskoolseun wat hierdie waarneming gemaak het
en, soos baie ander mense, gepla is omdat die rykes dan al die
ander sou "uitbuit", het ’n brief aan sy oupa geskryf en
hom gevra om asseblief net een vraag te beantwoord: |
My
liewe kleinseun
Ek
sal graag jou vraag beantwoord so eenvoudig as wat ek kan. Profyt is die
gevolg van iemand se ondernemingsgees waarmee hy dinge tot stand bring
vir ander mense sowel as vir homself. Gestel
daar is ’n primitiewe gemeenskap van, sê, 100 mense. Hulle is so dom
dat hulle hulle die hele dag oor ’n mik moet werk om maar slegs die heel
noodsaaklikste dinge te kry om van te lewe. Ons
primitiewe gemeenskap, wat aan die voet van ’n berg woon, moet water hê.
Die enigste beskikbare water is dié van ’n fontein naby die kruin van
die berg, en elke dag moet al 100 mense dus die berg uitklim om daar te
gaan water skep. Dit kos hulle een volle uur net om op en af te klim. Dag
in, dag uit doen hulle dit, totdat minstens een van hulle agterkom dat
die fonteinwater binne-in die berg afvloei, in dieselfde rigting waarin
hy beweeg wanneer hy ondertoe klim. Hy
kry die blink plan om ’n voor in die berghang te grawe,
die hele pad tot heel onder waar hy woon. So
gedink, so gedaan. Terwyl hy spit en swoeg, is die 99 ander mense nie
eens nuuskierig oor wat hy doen nie. Toe,
op ’n dag, laat hierdie 100ste man die fonteinwater in Hy
ontvang dus die opbrengs van 990 minute van die ander
mense se werktyd per dag, wat dit vir hom onnodig maak om sowat 16 uur
per dag te werk om in sy behoeftes te voorsien. Hy
is besig om ’n enorme profyt te maak—maar sy ondernemingsgees het ook
elkeen van die 99 ander mense ’n ekstra 50 minute vir homself gegee. ••• •• • • • • • • • • DIE
entrepreneur, wat nou 16 uur per dag tot sy beskikking het en van nature
nuuskierig is, staan soms en kyk hoe die water teen die berg afvloei. Hy
sien hoe klippies en stukkies hout meegevoer word. Gevolglik ontwikkel
hy ’n waterwiel en uiteindelik, ná baie ure se oorpeinsing en arbeid,
laat hy die waterwiel ’n meule aandryf om sy graan te maal. Hierdie
100ste man besef nou dat hy genoeg waterkrag het om ook die graan van
die 99 ander te maal. "Ek sal julle toelaat om jul graan in my meule
te maal," sê hy vir hulle, "as julle my die opbrengs van een
tiende van die tyd gee wat julle as gevolg daarvan spaar." Hulle
willig in, en nou maak die entrepreneur ’n nog groter wins. Hy gebruik
die tyd waarvoor die 99 ander hom betaal om vir hom ’n beter huis met
baie beter geriewe te bou. So
gaan dit voort namate hierdie 100ste man gedurig nuwe maniere vind om
die 99 ander tyd te bespaar—en hulle ’n tiende vra as betaling vir sy
inisiatiewe. Uiteindelik
hoef hierdie 100ste man glad nie meer te werk tensy hy lus is nie. Sy
kos en klere en huisvesting word deur die ander verskaf. Tog is sy
wakker brein gedurig aan die werk en die 99 ander kry aanhoudend meer
tyd vir hulself vanweë al sy dinkery en sy planne. Hy
merk byvoorbeeld op dat een van die 99 beter skoene maak as die ander.
Hy reël dit so dat hierdie man heeltyd net skoene maak, omdat hy hom
met sy profyte kan onderhou. Die ander 98 hoef nou nie meer hul eie
skoene te maak nie. Die
99ste man hoef nou ook minder ure te werk, omdat ’n deel van die tyd
waarvoor elk van die 89 hom betaal, deur die 100ste man aan hom
toegestaan word. Mettertyd
sien die 100ste man nog ’n enkeling raak wat beter klere as die
ander maak en daar word gereël dat hy al sy tyd aan sy spesialiteit sal
bestee. Ensovoorts. As
gevolg van die insig van die 100ste man word ’n arbeidsverdeling geskep
wat behels dat ál meer mense in die gemeenskap die dinge doen waarmee
hulle die bekwaamste is. Elkeen
het meer tyd tot sy beskikking. Elkeen, buiten die domstes, begin belang
stel in wat die ander doen en wonder hoe hy sy eie posisie kan verbeter.
Die
gevolg is dat elkeen sy regmatige plek in ’n intelligente gemeenskap
vind. ••• •• • • • • • • • • MAAR
gestel dat, nadat die 100ste man sy voor teen die berg af gegrawe en die
99 ander tien minute se verdienste in ruil vir sy water gevra het—gestel dat hulle toe geantwoord het: "Ons is 99 en jy is net een.
Ons sal al die water vat wat ons nodig het. Jy kan ons nie keer nie en
ons sal jou niks gee nie." Wat sou dan gebeur het? Daar
sou geen aansporing meer vir die nuuskierigste brein gewees het op wie
se ondernemende denke daar gebou kon word nie. Die gemeenskap sou glad
nie gevorder het nie en dieselfde onnoselheid wat in die begin daar was,
sou eenvoudig bly heers het.
Het
’n mens dan nodig om iets meer te sê om te bewys dat ondernemingsgees
winsgewend kan wees sonder om enigiets van ander mense weg te vat? Dat
entrepreneurskap die lewe vir almal makliker kan help maak? Ons
moet daarna strewe, ou seun, om te bou pleks van af te breek wat andere
gebou het. Ons moet billik teenoor ander mense wees of die wêreld kan
ons nie billik behandel nie. Liefdegroete Oupa |
|
OP
’N DAG vertel ’n professor in die ekonomie aan ’n kollege in Amerika aan
sy toehoorders dat hy
nog nooit voorheen ’n enkele student laat druip het nie, maar dit
eenmaal met ’n hele klas gedoen het. |