|
Rekenaartoestelle |
|
Invoertoestelle
Voordeel: Gegrond op die toetsbord van die tikmasjien, is die rekenaartoetsbord een van die onontbeerlike komponente van enige moderne rekenaar. Soos die sintuiglike organe van ’n mens word inligting hier ontvang en na die “brein” vervoer.
Prys: Van omtrent R60-00 tot sowat R250-00 (vir die een op die foto) en meer.
Muise BENEWENS toetsborde is muise die ander voerders van inligting na die rekenaar—deurdat hulle die beweeglike muispyltjie op die rekenaarskerm rondstuur en die rekenaar by wyse van klikke op ikone of skakels tot verskillende aksies aktiveer.
Balmuis:
Nadeel: Die balletjie moet gereeld skoongemaak word, want allerhande wolletjies en klein afvalstowwe (soos dié wat van slytende klere afskawe) kan die balletjie kort-kort taamlik steeks maak, tot groot irritasie van die gebruiker. Prys: ___________
Optiese muis:
Nadeel: Optiese muise kan in die reël nie op blink of deurskynende voorwerpe funksioneer nie, insluitende sekere soorte muismatjies, met die gevolg dat die muispyltjie op die rekenaarskerm soms koersloos ronddobber. Prys: ___________
Koordlose muis:
Nadeel: Pleks van een apparaat vir die werking van die muis is daar nou twee... en die een kan nie sonder die ander een funksioneer nie. As enigeen van die twee dus onklaar raak, sit die rekenaargebruiker met ’n probleem. Prys: Die stel op die foto kos nagenoeg R279.
|
|
Afvoertoestelle
Drukker
Voordeel:
Teks, foto’s en ander grafika kan deesdae met verstommende
helderheid
Nadeel: Die kasette met ink wat deur sulke drukkers gebruik word, is peperduur. Daar is wel generiese inkkasette op die mark, maar die gehalte word in die reël nie gewaarborg soos die ware Jakob nie. Sulke verdagte soorte ink kan selfs ’n rekenaar beskadig (hoewel daar kol-kol redelik betroubare goedkoop soorte is wat blykbaar uit China kom). Prys: Wisselend, van minder as duisend rand tot R1500-00 en meer.
Nadeel: Rekenaarklanke is bes moontlik dikwels nie so sonoor en welluidend soos dié van goeie musiekspelers wat geen ander funksie het buiten om musiek te speel nie. Prys: Die luidsprekerstel op die foto kos 79-99 dollar in Amerika (in rande omgereken, is dit ongeveer R585-00, maar dit sal feitlik seker hier nog meer as dit kos, want die invoerder sal ook sy deel eis).
|
|
Bergingstelsels
Hardeskyf
Voordeel:
In die baie ou rekenaars was daar nie noemenswaardige hardeskywe nie
en moes inligting en programme met
Nadeel: As hierdie apparaat met soveel data en programme onklaar raak—soos ongelukkig nog te dikwels gebeur—sit die gebruiker met die hande in die hare indien hy of sy nie kopieë elders geberg het nie (sogenaamde “backups” gemaak het nie). Prys: ___________
Foto: Verkleining van veel
groter foto van IBM-hardeskyf (met die metaalbedekking
verwyder)
Voordeel:
’n CD werk met
laserstrale wat inligting (en natuurlik ook musiek) op die blink
skyf inbrand, met behulp van spesiale
Nadeel: Een nadeel van die CD is dat dit betreklik maklik beskadig kan raak. Jy kan per ongeluk op die skoolterrein val met een in jou hand en in ’n kol gruis en klippe beland wat jou hele ensiklopedie in ’n oomblik uitwis! Prys: R3 en meer vir ’n blanko CD (een waarop geen inligting nog geberg is nie). |
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad |