Die Renaissance (6)

  

 Verspreiding van die Renaissance

 

Geleerdes probeer hulle al lank voorstel hoe Europa sonder die invloed van die Italiaanse Renaissance sou kon ontwikkel het. Die tyd was immers ryp vir ín ontploffing van nuwe ideesólande soos Engeland, Duitsland, Spanje en Frankryk kon net sowel hul eie Renaissance gehad het. Maar sonder ItaliŽ sou DŁrer se gravures hul klassieke bekoring kort, en Shakespeare se Merchant of Venice sou nie sy pond Italiaanse vleis geŽis het nie...

  Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld

Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

 

D

IS ín vleiende aanbod. Die groot Leonardo da Vinci lees die brief weer, maar eintlik het hy klaar besluit. Voorheen het hy net in ItaliŽ gewerk, maar nou word hy genooi om sy vlerke te sprei.

 

Dit is die jaar 1516. Frans I, wat net die vorige jaar die nuwe Franse koning geword het, nooi Leonardo om aan sy hof te kom werk. Die koning is bereid om baie op te dok vir die voorreg om die groot Italiaanse kunstenaar en uitvinder daar te hÍ.

 

LINKS: Frans I, koning van Frankryk. Hierdie werk deur Jean Clouet is in die Louvre in Parys, Frankryk.

 

Op die ou end rig Leonardo maar weinig in Frankryk uit. Hy is al oud, en hy sterf drie jaar nŠ sy aankoms. Maar die belangrikste is dat ín land van buite sy deure vir die kultuurprestasies van die Renaissance oopmaak.

 

Wat meer sÍ, koning Frans I betaal ín hele aantal Italiaanse skilders, humanistiese geleerdes en digters in die eerste helfte van die sestiende eeu om in Frankryk te kom werk.

 

Met die dood van Leo X in 1521 kom die goue eeu van die Italiaanse Renaissance tot ín einde. Gelukkig vir Europa word die vuur wat in ItaliŽ ontbrand het, al gou oor die Alpe gedra.

 

Die Renaissance versprei eerste na Duitsland, aangemoedig deur Maximiliaan I, wat Italiaanse diplomate en briefskrywers aan sy hof gebruik. In Spanje word die Universiteit van Alcala in 1508 met ín doelbewus humanistiese grondslag gestig.

 

Engeland is net so aktief met die "invoer" van die Renaissance-gees. Die Tudor-konings Henry VII en Henry VIII nooi verskeie Italiaanse humaniste na Engeland, wat die Engelse geleerdes daar aanmoedig om die letterkunde en filosofieŽ van die antieke Grieke en Romeine te bestudeer.

 

Later in die eeu tree Elizabeth I op as beskermvrou van groot digters, skrywers en dramaturge soos Edmund Spenser, Christo≠pher Marlowe en William Shakespeare.

 

LINKS: Koningin Elizabeth I van Engeland.

 

Wat was die vonk wat die Renaissance oor die hele Europa laat versprei het, wat diť slapende reus uit sy slaap gewek het?

 

ItaliŽ gons in die vroeŽ 1400ís en 1500ís van diplomate, handelaars, bankiers en jong geleerdes uit lande soos Frankryk, Spanje, Duitsland en Engeland. Boonop val leŽrs van diť lande ItaliŽ ook telkens binne.

 

Die besoekers en invallers verstom hulle aan die prag van die Italiaanse skilderye, beeldhouwerk en argitektuur. Diep onder die invloed van wat hulle gesien en beleef het, keer hulle na hul tuistes terug.

 

Boonop word die idee van los letters in die drukkuns in die middel-1400ís uitgevindótradisioneel deur Duitsland se Johann Gutenberg, hoewel sowel Nederlandse as Franse historici al met baie getuienis vorendag gekom het wat die uitvinding van die Westerse drukkuns aan mense in hul eie lande toeskryf.

 

Hoe ook al, boeke kan nou goedkoop en op groot skaal uitgegee word. Net in die halfeeu van 1450 tot 1500 word meer as 6000 afsonderlike werke gedruk. Kennis van allerlei aard, ook die idees van die Italiaanse Renaissance, versprei vinnig oor die hele Europa.

 

Christelike humanisme

 

  ē   DIE Renaissance-geleerdes van Noord- en Wes-Europa is nie so behep met die studie van die klassieke letterkunde as hul Italiaanse eweknieŽ nie. Hulle spits hulle eerder op die godsdienstige sy van die humanisme toe.

 

Die vernaamste oogmerk van diť geleerdes, wat die Christelike humaniste genoem word, is die uitlegging van die Bybel en die geskrifte van ou kerkvaders soos Ambrosius, Hieronimus en Augustinus.

 

Twee van die invloedrykste Christelike humaniste is Desiderius Erasmus en sir Thomas More. Die vername skrywer en denker Erasmus is in Rotterdam in Holland gebore en studeer in Frankryk. Hy reis oral in Europa rond en maak baie vriende. Deur sy wye netwerk korrespondente help hy baie om die humanisme in Europa te versprei.

 

LINKS BO: ín Portret van 1527 van sir Thomas More deur Hans Holbein die Jongere.

REGS BO: Desiderius Erasmus soos in 1523 uitgebeeld deur dieselfde kunstenaar.

Sy bekendste werk is Tot Lof van die Sotheid, waarin hy die kerkleiers kritiseer omdat hulle so behep is met rituele dat hulle die mens se geestelike behoeftes skoon miskyk. Erasmus is die eerste skrywer wat van die opbrengs van sy boeke geleef het.

 

Sir Thomas More, ín Engelsman en vriend van Erasmus, lÍ hom ook toe op die uitwissing van ongelykhede en die booshede van die kerk. Hy skryf ín boek, Utopia, oor die ideale samelewing gegrond op sosialistiese beginsels soos die gemeenskaplike besit van eiendom, ín idee van Plato wat hy by sy eie tyd aanpas.

 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie reeks oor die Renaissance

Klik hier om terug te keer na die groot inhoudsblad van die Mieliestronk-werf