Die Renaissance (7)

 
Goue eeu van die Noorderlinge

 

Die Beloofde Landósů beskryf die vyftiende eeuse geskiedskrywer Philippe de Comines die gebied van die historiese prinsdom Vlaandere in sy Mťmoires. Dit was inderdaad ín wÍreld van kulturele bloei, want die Vlaamse musiek, letterkunde en bowenal die skilderkuns beleef in die 1400ís ín goue era. Ook hier laat die gees van die Renaissance sluimerende talente in hul volle glorie ontwaak...

  Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld

Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

 

D

IS ín wonderwerk as ín kunstenaar van die statuur van Da Vinci, Michelangelo en Raphael gebore word. Maar dis selfs ín groter wonder as sů ín mens die eerste lewenslig aanskou in omstandighede waar alles teen hom telóen hy tog uitstyg om een van die wÍreld se groot meesters te word.

 

Pieter Brueghel die Ouere... vermoedelik ín selfportretSů iemand was Pieter Brueghel die Ouere, wat in uiterste armoede en ellende gebore is. Maar sy natuurlike talent en fyn waarneming van sy omgewing laat hom soos ín arend op ín stygstroom deur die Europa van die Renaissance sweef.

 

Brueghel is een van ín hele klomp kunstenaars buite ItaliŽ wat die gees van die Renaissance in hul werke vasgevang het, maar tog onmiskenbaar die stempel van hul streek daarop afgedruk het.

 

Maak kennis met ín handvol van diť talentvolle pioniers.

 


 

Campin (Meester van Flťmalle)
 

  ē   MERKWAARDIGE skilderwerk in ín heel ander styl as tevore duik in die 1400ís in Vlaandere op, ín historiese prinsdom wat tans deel vorm van BelgiŽ, Nederland en Frankryk (die provinsies Oos- en Wes-Vlaandere in BelgiŽ, die suidelike deel van Zeeland-provinsie in Nederland en die Nord-department in Frankryk).

 

Diť werke is die voorlopers van die Renaissance buite ItaliŽ.

 

Net soos die Italiaanse skilderinge van diť tyd val die fokus sterk op realisme. Klassieke kunswerke is egter skaars buite ItaliŽ, en die Vlaamse kuns ontwikkel in ín eie rigting, beÔnvloed deur die Noordelike Gotiese styl. Die beeldhouagtige kwaliteit van die Italiaanse Renaissance-kuns ontbreek hier heeltemal.

 

Die eerste van diť nuwe werke kom van ín kunstenaar wat homself die Meester van Flťmalle noem.

 

Daar word vermoed dat sy regte naam Robert Campin was. Een van sy beste skeppings is die middelpaneel van die Merode-altaarstuk, wat hy omstreeks 1427 skilder.

 

Hier doen Campin iets wat geen kunstenaar nog gewaag het nie. Hy plaas ín bonatuurlike verskynselódie engel wat aan Maria verskyn om haar te vertel dat sy die Seun van God gaan baaróin so ín konkrete, alledaagse konteksóín Vlaamse huishoudingódat ín mens as ít ware deur die paneel loop en self alles hoor en sien.

 

Hy boet niks van die grootsheid van die oomblik in nie danksy ín tegniek bekend as verskuilde simboliek.

 

Dit beteken dat elke voorwerp in die prent, hoe gering ook al, ín simboliese betekenis kan hÍ, byvoorbeeld die kers, die blomme in die vaas op die tafel en die blink koperpot.

 


 

 BO: Die engel verskyn aan Maria... die middelpaneel van die Merode-altaarstuk, omstreeks 1427 geskilder deur die Meester van Flťmalle. (Olie op hout, nagenoeg 64 x 63 cm, Metropolitan Museum of Art, New York, VSA.)
 


   

Van Eyck
 

  ē   íN JONGER en selfs beroemder Vlaamse kunstenaar is Jan van Eyck, die eerste kunstenaar wat sy naam by sy werk teken. Sy treffendste werk is Giovanni Arnolfini en Sy Bruid, ín simboliese, maar terselfdertyd hoogs realistiese portret wat hy vir ín Italiaanse sakeman in Vlaandere skilder.

 

In die privaatheid van die bruidskamer belowe die jong huwelikspaar trou aan mekaar. Dit lyk of hulle alleen is, maar as ín mens goed kyk, sien jy in die spieŽl agter hulle die weerkaatsing van nog twee figure. Een van hulle is vermoedelik Van Eyck self, want op die muur bo die spieŽl staan in Latyn geskryf: Johannes de eyck fuit hic (Jan van Eyck was hier). Sy rol, dus, is diť van getuie van ín heilige seremonie.

 

Elk van die alledaagse voorwerpe in die toneel het ín hoŽr, simboliese betekenis. Die enkele brandende kers in die kroonkandelaar verteenwoordig die alsiende oog van God. Die hondjie by hul voete is simbool van ewige trou, en hul uitgetrekte skoene herinner ons dat hulle op "heilige grond "staan.

 

Die uitvinding van olieverf word dikwels aan Jan van Eyck en sy broer, Hubert, toegeskryf. Dit is egter waarskynliker dat hulle die moontlikhede van diť nuwe medium so meesterlik ontgin het dat dit lyk of hulle die eerstes is wat dit gebruik het. Hul uitsonderlike gebruik van kleur en lig is twee eeue nŠ hul dood nog die standaard waarna ander kunstenaars streef.

 

BO: Simbolies, maar terselfdertyd hoogs realistiesóJan van Eyck se Giovanni Arnolfini en Sy Bruid. Olie op eikepaneel van drie vertikale borde, National Gallery, Londen, Engeland.


 

Van der Wyden

 

  ē   DIE derde groot meester van die vroeŽ Vlaamse skilderkuns is Rogier van der Weyden. Sy werk is nie so realisties soos diť van Van Eyck nie. Hy streef daarna om die emosionele drama, die patos van sy Gotiese verlede, in sy werke vas te vang.

 

ín Mens sien dit dadelik in sy vroeŽ meesterwerk, Kruisafneming (Jesus se liggaam wat van die kruis afgehaal word), waar sy figure ín baie sterker "geestelike" gevoel as diť van Van Eyck oordra.

 

Sy werk het soveel trefkrag dat hy met sy dood in 1464 die kunstenaar is met die grootste invloed op die Europese skilderkuns noord van die Alpe.

 

BO: Detail van Rogier van der Weyden se Kruisafneming van omstreeks 1435. Olie op paneel, Museo del Prado, Madrid, Spanje.


 

Pieter Brueghel die Ouere

  

  ē   NOG ín merkwaardige Vlaamse meester is Pieter Brueghel die Ouere. Sy skilderwerk word gekenmerk deur tonele uit die alledaagse lewe in Noord-Europa eerder as godsdien≠stige of klassieke temas.

 

Ons weet verbasend min van sy vroeŽ lewe, behalwe dat hy tussen 1525 en 1528 in ín brandarm landboufamilie gebore word. Sy lewe lank voel hy hom die tuisste tussen die kleinboere van sy kleintyd, wat hy in talle van sy skilderye uitbeeld. Tog word hy ín geleerde man en sy kuns gee hom selfs toegang tot die hof van Habsburg.

 

Hy werk van 1550 in Antwerpen, reis tussen 1553-54 in ItaliŽ, keer na Antwerpen terug en vestig hom in 1563 in Brussel nŠ sy troue. Hier woon hy tot sy dood op veertig jaar.

 

Die kere dat Brueghel wel Bybelse tonele skilder, doen hy dit op sy unieke manier asof dit in sy eie tyd in sy eie tuisdorp gebeur. Sy Aankoms in Bethlehem, byvoorbeeld, toon hoe Maria en Josef met ín donkie en os in ín bevrore Vlaamse dorp aankom. Oral om hulle is spitsdakhuise en mense besig met hul alledaagse dinge. Niemand sou kon raai dat die Seun van God binnekort hier gebore word nie.

 

Teen die einde van sy lewe pak Brueghel ín reeks skilderwerke aan waarin hy die tipiese bedrywighede van elke maand van die jaar uitbeeld. Een van die beroemdstes in diť reeks is Die Jagters in die Sneeu, ín panoramiese landskaptoneel waar die jagters en hul honde moeg en in diep sneeu na hul Vlaamse dorpie terugkeer.

 

BO: Pieter Brueghel die Ouere se Die Jagters in die Sneeu (Winter). Olie op paneel, Kunsthistorisches Museum, Wenen, Oostenryk.


 

DŁrer

 

  ē   íN ANDER uitsonderlike kunstenaar van diť tyd

is die Duitser Albrecht DŁrer (1471-1528), wat met sy graveerwerke en houtsneŽ ín besonder groot invloed op die kuns van sy tyd uitoefen.

 

Sy pa, ín goudsmid van Hongaarse afkoms, leer hom vroeg reeds hoe om regstreeks op metaal te graveeróín vaardigheid wat hom goed te staan kom toe hy later ín nuwe proses bemeester waarmee talle afdrukke van ín enkele prent gemaak kan word. Volgens diť tegniek kerf hy sy tekening met ín fyn beiteltjie uit ín koperplaat, vul die groefies met ink en druk dit op ín vel nat papier.

 

Onder leiding van sy talentvolle leermeester Wolgemut word DŁrer ín meesterlike skilder, graveerder en houtsneekunstenaar.

 

Hy besoek VenesiŽ as jong man, waar die gees van die Renaissance ín diep en blywende indruk op hom maak. Die res van sy lewe leef hy die ideaal uit van die kunstenaar as verfynde en humanistiese geleerde.

 

Hy studeer sonder ophou en skryf ín hele klomp verhandelinge oor onderwerpe so uiteenlopend as verskansings, grammatika, die verhoudings van die menslike liggaam, kunsteorie, meetkunde en perspektief.

 

Die Italiaanse invloed is duidelik te sien in sy klassieke figure soos Adam en Eva, wat in ín natuurlike omgewing vol fyn besonderhede uitgebeeld word.

 

Sy werke van plante en diere word vandag nog vir hul fyn dťtail bewonder. Sy Haas, byvoorbeeld, is so realisties dat ín mens feitlik elke haar kan tel, ín weerspieŽling van sy diep ontsag vir die natuur en sy Skepper.

 

DŁrer is baie produktief en laat honderde tekeninge, skilderye, selfportrette, graveerwerke en houtsneŽ vir die wÍreld agter. Daar word gesÍ dat hy nogal ydel was, en in een van sy selfportrette lyk hy baie soos ín Christus-figuur.

 

Hy is op 57 jaar skielik aan malaria dood.

 


BO: Jong Haas deur Albrecht DŁrer (1502). Waterverf en gouache op papier, Graphische Sammlung Albertina, Wenen, Oostenryk.

HEEL BO: Eva (detail) uit DŁrer se Adam en Eva (1507). Olie op paneel, Museo del Prado, Madrid, Spanje.

REGS BO: ín Jaar of drie voor die bogenoemde sorg Albrecht DŁrer vir hierdie gravure van Adam en Eva (1504). Staatliche Kunsthalle, Karlsruhe, Duitsland.

 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van hierdie reeks oor die Renaissance

Klik hier om terug te keer na die groot inhoudsblad van die Mieliestronk-werf