|
Die
verstommende uitvindsel van Wilhelm Konrad Röntgen X-strale
’n Kyk in die onsienlike
Meer as 110 jaar gelede is die eerste X-straalbeeld van ’n deel van die menslike liggaam gemaak. Hierdie verbasende manier van binne-in die liggaam kyk, was ’n revolusionêre tree vorentoe in die diagnose van siektes. Sedertdien het hoogs gesofistikeerde X-straaltegnieke die dokters se "siening" van hul pasiënte heeltemal verander. Vandag is die ontleedmes baie minder nodig om vas te stel wat skort... |
|
Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Wêreld Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com Die
meeste van die grafika kom van GSFC / NASA. Die historiese foto’s
Eenkant
het ’n fotosensitiewe plaat gelê, reg om in ’n later stadium van
die eksperiment gebruik te word. Röntgen
het die glasfles met ’n stuk swart karton bedek en die krag
aangeskakel. Tot sy verbasing het ’n afdruk op die fotosensitiewe plaat
langs hom verskyn. Röntgen
het aangeneem dat die Crookes-buis onsigbare strale produseer, maar
omdat hy nie geweet het wat die strale was nie, het hy hulle X-strale
genoem (X is
die wetenskaplike simbool wat gebruik word vir ’n onbekende faktor).
X-strale is later ook Röntgenstrale genoem, ter ere van hom.
Foto deur Y. Trottier, wat die gebruik daarvan vergun in die Engelse weergawe van die Wikipedia-ensiklopedie op die wêreldwye web ingevolge die GNU Free Documentation License, weergawe 1.2 of enige latere weergawe, soos deur die Free Software Foundation gepubliseer.
Geboei
deur sy ontdekking, het Röntgen die proefneming met verskeie stowwe
herhaal. Hy het opgemerk dat die strale maklik deur sekere stowwe dring,
maar deur ander geabsorbeer word. Die
fiskikus, wat ’n professor aan die Universiteit van Würzburg was, het
hom in die volgende sewe weke in sy laboratorium afgesonder en probeer
begryp presies wat dit is wat hy ontdek het. Hy het selfs in die vertrek
geslaap en gelas dat al sy maaltye vir hom soontoe gestuur moes word.
Toe, een aand, vra hy sy vrou, Anna Bertha Röntgen, om binne te kom en haar hand op ’n fotosensitiewe plaat te plaas. Hy het die krag aangeskakel en, ná ’n beligtingstyd van vyftien minute, is die heel eerste X-straalbeeld van ’n deel van die menslike liggaam gemaak—’n wasige foto van mev. Röntgen se hand. Dit was November in die jaar 1895. Kort
ná Kersfees het Röntgen sy bevindings gepubliseer. Die beskeie
professor het geweier om sy tegnieke te patenteer omdat, soos hy dit
gestel het, "die werk van ’n universiteitsnavorser almal moet
bevoordeel, sonder dat daar
aan wins gedink word".
Röntgen
se ontdekking het groot opspraak gewek, nie net in mediese kringe nie,
maar ook by die publiek. In
die eerste week van Januarie het hy meer as duisend gelukwensingsbriewe
ontvang. Die pers het ook te kere gegaan met rare en wonderlike stories
oor wat die nuwe "deurskyn"-tegniek vir die mensdom kan
beteken. Omdat
Crookes-buise vrylik beskikbaar was, het X-straal-"winkels"
oral hul verskyning gemaak. Elkeen op straat wou ’n foto van sy of
haar geraamte hê. Maar
van groter belang was die feit dat dokters nou hierdie wonderstrale in
die geneeskunde kon aanwend. Van 1896 af kon hulle gebreekte beendere en
inwendige groeisels ondersoek sonder om die liggaam oop te sny. In
1901 is Röntgen met die eerste Nobelprys vir fisika vereer vir sy
uitmuntende bydrae tot die mediese wetenskap. Hy het die kontantprys aan
sy universiteit geskenk. Ander
wetenskaplikes en uitvinders het spoedig Röntgen se buis begin verfyn.
In 1896 het die Amerikaanse uitvinder Thomas Edison byvoorbeeld
verbeterings aangebring aan die fluoroskoop—’n toestel waarmee
organe deurlig kan word soos hulle funksioneer. En in 1913 het die
Amerikaanse fisikus
William Coolidge met ’n doeltreffender X-straalbuis vorendag gekom.
Moderne buise is gegrond op Coolidge se apparaat. Ongelukkig
het die
mense destyds nie die potensiële gevaar van X-strale besef nie. Wanneer
’n plant, dier of mens te veel bestraal word, kan sy weefsels beskadig
of selfs vernietig word. Baie mense sou siek word of selfs sterf voordat
’n veilige metode gevind is om met X-strale te werk. Wat
is X-strale? X-STRALE is ’n vorm van elektromagnetiese straling. Voorbeelde
van ander soorte is radiogolwe, sigbare lig en mikrogolwe.
X-strale
word vrygestel deur sterre, waaronder die son, pulsars en ander
hemelliggame. Die atmosfeer keer dat die meeste van hierdie strale die
aarde bereik. Hoe
word X-strale gebruik? X-STRALE word veral in nywerhede, wetenskaplike navorsing en die
geneeskunde aangewend. In
industrieë kan hulle gebruik word om artikels van metaal vir foute te
toets en om die gehalte te bepaal van elektroniese toestelle wat in
massa gepoduseer word. Hulle kan ook aangewend word om vervalste
edelstene en smokkelartikels by doeanepunte op te spoor. Lughawens
gebruik lae-energie-X-strale om bagasie vir gevaarlike voorwerpe na te
gaan. Sekere
soorte plastiekstowwe word aan X-strale
blootgestel. Dit veroorsaak chemiese veranderings in die stowwe, wat
hulle versterk. X-strale
is ook al gebruik om mutasies in die selstrukture van sekere gesaaides
te veroorsaak. Dit sorg vir nuwe variëteite, wat soms in grond kan
oorleef waarin die onbestraalde gesaaides nie kan groei nie. Ook
in die bestudering van die interne strukture van kristalle word X-strale
aangewend. Wanneer die strale deur ’n kristal gestuur word, word
patrone op ’n fotografiese plaat gelaat, wat verraai hoe die atome
gerangskik is. Sterrekundiges
ondersoek die X-strale wat deur hemelliggame vrygestel word deur
ontleedinstrumente die ruimte in te stuur om sodoende ’n beeld van die
heelal saam te stel. X-strale
is voorts van groot nut vir argeoloë, wat daarmee byvoorbeeld mummies
kan bestudeer sonder om hulle uitmekaar te haal. Ook oorspronklike
skilderye is al met X-strale ontdek onder dié wat bo-oor geskilder is. Dokters
kan X-strale gebruik om kwale te diagnoseer deur X-straalfoto’s van die
binnekant van die liggaam te neem. Tandartse kan op dieselfde wyse die
tande ondersoek om gate en ander probleme op te spoor. X-straalfoto’s
word geneem deur X-strale deur die liggaam te stuur na ’n fotografiese
plaat agter die pasiënt. Die
hoeveelheid strale wat deur die verskillende weefsels geabsorbeer word,
hang van hul
digtheid af. Die sagte dele laat die meeste strale deur, wat die
fotografiese plaat donker maak. Beendere, wat baie digter is, absorbeer
baie van die strale, met die gevolg dat die plaat daaragter wit is. In
sekere gevalle kan ’n duideliker foto verkry word deur ’n
X-straal-absorberende stof in die bloedvate in te spuit om sekere organe
beter te laat uitstaan. Probleme soos verstopte slagare kan hiermee
ondersoek word. Die
neiging van X-strale om weefsel te vernietig, kan ook selfs nuttig
aangewend word—om kankerselle te vernietig. Deur ’n gewas op ’n
beheerde wyse te bestraal, word die kankerselle dikwels vernietig sonder
om die gesonde selle te veel te beskadig. Hierdie behandeling word
radioterapie genoem. Maar
die grootste omwenteling in die aanwending van X-strale is die
ontwikkeling van die sogenaamde CT-skandeerder (CT staan
vir "computerised tomography", oftewel gerekenariseerde
tomografie). Hierdie masjien maak gebruik van X-strale om beelde van
dwarssneë, of "skywe", van die liggaam te produseer, wat
dokters in staat stel om bloedklonte, gewasse en ander probleme raak te
sien wat ’n gewone X-straalfoto nie sou wys nie. Die
pasiënt word binne-in die CT-skandeerder geplaas en duisende swak
X-strale word vanuit ’n X-straalbron in die skandeerder deur die
liggaam gestuur. Die bron roteer om die liggaam, sodat die X-strale uit
verskillende hoeke kom.
Rekenaars
meet dan die aantal strale wat deur die verskillende weefsels
geabsorbeer word en vertoon die resultate op ’n TV-monitor. Die
voordeel van die CT-skandeerder is dat dit enige deel van die binnekant
van die liggaam in merkwaardige besonderhede wys.
Foto: GSFC / NASA Verskeie
ander tegnieke is al ontwikkel om binne-in die liggaam te
"kyk" sonder om dit oop te sny, waaronder MRI ("magnetic
resonance imaging") en ultraklank, maar dit was Röntgen se
"toevallige" ontdekking wat heel eerste die vensters na die
liggaam oopgemaak het. |
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad |