|
Rooi vleis
|
||||||||||
Daar
is ’n omvattende artikel oor skape in Mieliestronk se databasis, wat
jy kan lees deur hier te klik. In die artikel
wat jy egter nou voor jou oop het, kyk ons na bees-, skaap- en bokvleis in die algemeen,
terwyl onderaan iets meer oor varke vertel word. Toe
die eerste Europeërs in ons land aankom, was hier reeds skape van die
vetsterttipe in Suid-Afrika. Maar geweet daar was al voor die geboorte
van Christus skape in ons wêrelddeel? ’n Argeologiese navorsingspan
van die Universiteit van Kaapstad het skaapbeendere uit die antieke tyd
by Die Kelders, naby Hermanus in die Wes-Kaap, uitgegrawe. Vandag
word tien miljoene rande se skaapwol en -vleis jaarliks verkoop. Daar
was volgens ’n raming ’n tyd gelede sowat 30 miljoen skape in
Suid-Afrika. Boerbokke, Angorabokke en ’n betreklike klein hoeveelheid
melkbokke tel ook onder die Suid-Afrikaanse kleinvee. In
die geval van die boerbok was die diere aanvanklik van ’n swak
gehalte, maar deur ’n opgraderingsproses is die Veredelde Boerbok
ontwikkel—’n gesogte slagdier onder baie bevolkingsgroepe in die
land. Angorabokke
word hoofsaaklik in die Oos-Kaap aangetref waar die sybokhaarbedryf tot
’n selfstandige bedryf ontwikkel het. Geleerdes reken dat die mens al sowat 25 000 jaar gelede in Europa en Asië begin het om die bees mak te maak. Dit wil egter vir sekere navorsers lyk of al vandag se mak beeste afstam van so min as tagtig diere wat sowat 10 500 jaar gelede in die Midde-Ooste uit wildes getem is. Nou die dag nog het Suid-Afrika ’n
geraamde dertien miljoen beeste in sy totale veestapel gehad. Met die
sensus toeka in 1891 was daar reeds meer as
twee miljoen beeste in die destydse Kaapkolonie en altesaam Die Afrikanerbees het ’n groot rol in ons land se geskiedenis gespeel, natuurlik ook as trekos in die Groot Trek.
Wáár
in SA boer hulle met wát? IN
ons land word plek-plek met verskillende soorte vee geboer omdat die
klimaat en plantegroei verskil. •
Beeste wei op die groot en oop binnelandse grasvlaktes en leef
van die gras, struike en peule wat in die veld groei. Waar die reënval
hoër en die grond vrugbaar is, word gras vir beeste en skape in lande
aangeplant. •
Skape, wat kort grasvelde en struike verkies, wei op groot
vlaktes soos veral in die Karoo. • Bokke, wat met hul tande bossies en struike veel korter as skape kan afvreet, kom wyd en syd voor.
Rooi
vleis: die pad na jou bord
Foto: U.S. Department of Argriculture BOERE boer op plase met diere wat geslag word. Verskillende tipes boerdery kan gemeng op een plaas voorkom. ’n Boer kan byvoorbeeld mielielande op sy plaas hê, terwyl die res van die plaas deur beeste, bokke en skape bewei word. Wanneer
die vee gereed is vir die mark, word hulle met voertuie (per spoor of
pad) van die produsent (boer) na die abatttoir (slagpale) gebring. Die
diere word geslag, waarna die vleis geïnspekteer en geklassifiseer
word. Daarna
word die karkasse op ’n veiling deur handelaars gekoop. Die handelaar
stal sy vleis in die vleismark uit om dit aan ons, die verbruikers, te
verkoop. Uiteindelik beland dit op jou bord: die kos van konings. Hoe
vleis bewaar kan word
VLEIS
kan bevries, gesout en gedroog (biltong), vakuumverpak of gepekel en
berook word. Dit kan ook in blikkies bewaar word, soos byvoorbeeld
soutvleis (bully beef). Die vleis kom van karkasse wat ook by die
abattoir gekoop word. Iets meer oor die vark
Party noem hulle morsige otte en ander praat van
vieslike swyne, maar moenie die varke op hul gewoonte takseer om in die
modder rond te ploeter nie… VARKE behoort tot die familie Suidae, waarvan die genus Sus die belangrikste is. Ons moderne rasse, Sus domesticus, stam van wilde tipes af. Volgens geleerdes van die
University of Durham in Brittanje, wat die
resultate van ’n navorsingprojek in 2005 bekend gemaak het, is varke
minstens sewe keer mak gemaak deur mense wat dit regoor die wêreld
onafhanklik van mekaar gedoen het. Die ontdekking is gedoen deur die
DNS van plaas-otte met dié van wilde swyne te vergelyk. Bestaande argeologiese getuienis dui daarop dat varke moontlik 9000 jaar gelede die eerste keer in Oos-Turkye getem is. Hulle is om en by dieselfde tyd ook in China mak gemaak. Maar volgens die Durham-studie het temmings ook onafhanklik van mekaar in Sentraal-Europa, Italië, Noord-Indië, Suidoos-Asië en miskien selfs die eilande van Suidoos-Asië plaasgevind. Alle mak varke in
Europa— en
ons kan dus aanneem ook Suid-Afrika— stam van die Europese wildevark af.
Foto: Kapt. Thomas J. Maher / NOAA (gewysig)
Foto: U.S. Department of Agriculture Omdat
die vark ’n omnivoor is, vreet hy voer van plantaardige sowel as
dierlike oorsprong. Die
wyfievark word ’n sog (meervoud sôe) genoem en die mannetjievark ’n
beer. Die sog is sowat 114 dae dragtig, waarna gemiddeld nege varkies
gebore word. By
’n kommersiële varkboerdery is die hoofoogmerk dat die vark vinnig
moet groei, sy voer so doeltreffend moontlik in spiere omgeskakel en baie
min vet neergelê moet word. Die vark is nie ’n herkouer nie, maar het
’n enkele maag. Hy kan dus nie veselagtige voer, byvoorbeeld hooi en
weidings, baie goed benut nie. Varke met ’n massa van minder as 20 kg word speenvarkies genoem. Hulle is ideaal geskik vir spitbraai. Varke met ’n massa van meer as 21 kg word vir vars vleis gebruik. Ons koop die vleis by die vleismark. Die
swaarder varke word spekvleisvarke genoem. Die vleis word gebruik vir
die maak van spekvleis (“bacon”), ham, ens. Worsvleisvarke weeg
swaarder as 90 kg en die vleis word Die
gewildste rasse vir vleisproduksie is die Groot Wit en die Landras. Maar varke word ook nie net vir hul vleis geteel nie. Ofskoon ’n groot deel van die varkkarkas eetbaar is, word ook die oneetbare gedeeltes ten volle benut. Die bloed word vir die maak van bloedwors en bloedmeel (veevoer) gebruik. Oortollige vet word as varkvet verkoop of in sommige nywerhede gebruik. Dinge soos borsels en stoffers word van die varkhare gemaak, en bene en ander liggaamsdele word fyngemaal tot been- en karkasmeel (veevoer). En dan is varkmis ook nog ’n belangrike bemesting. Die vark is hoeka nie so ’n vieslike ding as die vernuftige varkboer kyk hoe sy otte die rande laat inrol nie. |
||||||||||